[:en]

Oor ons voorgraadse modules

Die Departement Afrikaans en Nederlands bied voorgraads twee strome aan: Afrikaanse Taalaanleer and Afrikaans en Nederlands. Afrikaanse Taalverwerwing is vir studente wat nie Afrikaans Huistaal op skool gehad het nie, maar wat belangstel om Afrikaanse taal en kultuur te bestudeer. Afrikaans en Nederlands is vir studente wat Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal op skool gehad het en wat Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en taalkunde wil bestudeer.

 

​Voorgraadse aansoeke vir 2025 maak Maandag 1 April 2024 oop en sluit Woensdag 31 Julie 2024.

Klik HIER vir ’n aansoekprosesgids. Klik HIER om op SUNStudent aansoek te doen.

[:]