[:en]

Oor ons kortkursusse

Die Departement Afrikaans en Nederlands bied verskeie kredietdraende nagraadse kortkursusse binne die terrein van taalpraktyk en taalverwerwing aan. Hierdie kursusse strek elk oor een akademiese semester, en word aangebied as afstandsonderrig, maar wel met twee verpligte kontaksessies per semester op die Stellebosch-kampus. Die kursusse is dus veral geskik vir diegene wat verdere vaardighede wil verwerf, maar nie voltyds nagraads kan studeer nie. Kortkursusstudente wat alle asseserings suksesvol voltooi sal ’n bevoegdheidsertifikaat van die Universiteit Stellenbosch ontvang.

Vrae en kontakbesonderhede

As jy enige vrae oor ons kortkursusaanbod het, kontak gerus vir me Maret Blom de Wet. Andersins kan jy die Universiteit se kortkursusblad besoek deur HIER te klik.

Kursuskoördineerder: Me Maret Blom de Wet
Tel: +27 21 808 2160
Stuur e-pos: shortcourse2@sun.ac.za

​[:]