{"id":1121,"date":"2021-03-29T12:37:20","date_gmt":"2021-03-29T10:37:20","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/?p=1121"},"modified":"2021-03-29T12:41:10","modified_gmt":"2021-03-29T10:41:10","slug":"research-data-management-adventure-game-launched","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2021\/03\/29\/research-data-management-adventure-game-launched\/","title":{"rendered":"Avontuurspeletjie vir Navorsingsdatabestuur bekendgestel"},"content":{"rendered":"<p>Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie aan. Die NDB speletjie is &#8216;n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens &#8216;n navorsingsprojek ondervind word. Dit is &#8216;n aanlyn speletjie waar spelers hul eie avontuur kies deur &#8216;n gesimuleerde navorsingsprojek wat die volgende stappe dek: navorsingsdatabeplanning; inwin van data, organisering van data, beskrywing van data en publikasie. Tydens die spel word navorsingsuitdagings telkens te\u00ebgekom. Die speletjie is tussen 2017 en 2020 in samewerking met die Universiteit van Bath Biblioteek deur Alex Ball en Nushrat Khan (Universiteit van Bath) en Samuel Simango (Universiteit Stellenbosch) ontwikkel. In Januarie 2021 het die adviesraad vir opkomende navorsers van die Welcome Trust die speletjie onderskryf deur dit by hul hulppakket,\u00a0<a href=\"https:\/\/think.f1000research.com\/ecrab-data-sharing\/\">Wellcome Open Research early career researchers pack<\/a>, in te sluit wat dit dus as &#8216;n nuttige hulpmiddel vir navorsers erken.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-1130\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/03\/RDM-adventure-game-252x300.png\" alt=\"\" width=\"252\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/03\/RDM-adventure-game-252x300.png 252w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/03\/RDM-adventure-game.png 726w\" sizes=\"auto, (max-width: 252px) 100vw, 252px\" \/><\/p>\n<p><strong>Doel van die Speletjie<\/strong><\/p>\n<p>Die doel van die NDB speletjie is om goeie praktyke in terme van navorsingsdatabestuur te demonstreer en te leer, en om navorsers te help om hierdie praktyke te verstaan. Die spesifieke leeruitkomste fokus op die volgende aspekte:<\/p>\n<ol>\n<li>Databestuurbeplanning<\/li>\n<li>Ontwerp van inligtingstukke vir deelnemers aan navorsing en toestemmingsvorms<\/li>\n<li>Kies van toepaslike toerusting vir navorsingsprojekte<\/li>\n<li>Verkryging van geskikte derdeparty data<\/li>\n<li>Organisering van navorsingsdata<\/li>\n<li>Veilige stoor van navorsingsdata<\/li>\n<li>Analise en dokumentering van navorsingsdata<\/li>\n<li>Voorbereiding van data vir argivering<\/li>\n<li>Publikasie van navorsingsdata<\/li>\n<\/ol>\n<p><strong>Die Gehoor<\/strong><\/p>\n<p>Die NDB speletjie is op nagraadse studente en navorsers in die vroe\u00eb stadium van hul loopbane gemik. Enige persoon wat egter belangstel in hoe NDB op &#8216;n praktiese vlak werk, bv. navorsingsondersteuningspersoneel sal ook baat vind by die spel.<\/p>\n<p><strong>Die Spel<\/strong><\/p>\n<p>Die speletjie neem spelers deur die verskeie stadiums van die navorsingsdatabestuursiklus waar hulle telkens met &#8216;n databestuursuitdaging gekonfronteer word. Dit stel hulle dan in staat om besluite te neem wat die sukses van hul navorsingsprojek kan be\u00efnvloed. Spelers beweeg deur die spel deur eenvoudige bin\u00eare keuses of deur raaiselopsies te werk. Deur hierdie proses word die effektiwiteit van spelers se besluite getoets. Die toon van die speletjie is lig om die element van vermaak te behou ten spyte van die feit dat dit &#8216;n ernstige spel is.<\/p>\n<p>Aangesien die spel die totale navorsingsdatabestuursiklus simuleer, kan navorsers die gevolge van besluite in &#8216;n veilige omgewing ervaar wat hul toelaat om foute te maak en daaruit te leer, sonder om die re\u00ebele gevolge in &#8216;n werklike omgewing te ervaar. Spelers kan kies om die hele speletjie te speel of om slegs op spesifieke fases van die siklus te fokus.<\/p>\n<p><strong>Vind meer uit en speel<\/strong><\/p>\n<p>Die NDB speletjie is in Desember 2020 by die Universiteit van Bath bekendgestel. Die speletjie is onder die\u00a0<em>Creative Commons<\/em>\u00a0(CC BY-NC-SA) lisensie uitgegee en word ook op GitLab gehuisves. Klik\u00a0<a href=\"https:\/\/rdm-games.gitlab.io\/rdm-adventure\/\">hier<\/a>\u00a0om die speletjie te speel.<\/p>\n<p>Vir meer inligting, kontak gerus vir Samuel Simango by\u00a0<a href=\"mailto:ssimango@sun.ac.za\">ssimango@sun.ac.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Addisionele leesstof<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Ball, A. 2020. Fancy a Game of Research Data?\u00a0<em>University of Bath: Library News<\/em>. Available:\u00a0<a href=\"https:\/\/unibathlibrary.wordpress.com\/2020\/12\/01\/fancy-a-game-of-research-data\/\">https:\/\/unibathlibrary.wordpress.com\/2020\/12\/01\/fancy-a-game-of-research-data\/<\/a><\/li>\n<li>Ball, A and Simango, S. 2018. Serious Gaming: Creating a Research Data Management Adventure.\u00a0<em>15th Stellenbosch University Library Symposium<\/em>. Available:\u00a0<a href=\"https:\/\/conferences.sun.ac.za\/public\/conferences\/53\/presentations\/rdm.pdf\">https:\/\/conferences.sun.ac.za\/public\/conferences\/53\/presentations\/rdm.pdf<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<p><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch kondig met graagte die Navorsingsdatabestuur (NDB) Avontuurspeletjie aan. Die NDB speletjie is &#8216;n teksgebaseerde, interaktiewe en fiktiewe ernstige spel met elemente van rolspel. Die speletjie is gebaseer op uitdagings met databestuur wat tydens &#8216;n navorsingsprojek ondervind word. Dit is &#8216;n aanlyn speletjie waar spelers hul eie avontuur kies deur &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2021\/03\/29\/research-data-management-adventure-game-launched\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Avontuurspeletjie vir Navorsingsdatabestuur bekendgestel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":10039,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1121","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1121","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/10039"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1121"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1121\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1136,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1121\/revisions\/1136"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1121"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1121"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1121"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}