{"id":1227,"date":"2021-09-28T11:44:04","date_gmt":"2021-09-28T09:44:04","guid":{"rendered":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/?p=1227"},"modified":"2021-09-28T11:44:04","modified_gmt":"2021-09-28T09:44:04","slug":"library-receives-noseweek-donation","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2021\/09\/28\/library-receives-noseweek-donation\/","title":{"rendered":"Biblioteek ontvang Noseweek-skenking"},"content":{"rendered":"<p>Die hele reeks van 250 uitgawes van die Suid-Afrikaanse ondersoekende tydskrif, <em>Noseweek<\/em>, is vroe\u00ebr vanjaar deur die Open Media-trust aan die Universiteit Stellenbosch (US) Biblioteek- en Inligtingsdiens geskenk.<\/p>\n<p>Die skenking sluit fisiese eksemplare van die tydskrif asook \u2019n volledige digitale argief in.<\/p>\n<p>Ongelukkig het <em>Noseweek, <\/em>wat uitgegee is deur Chaucher Publications, se laaste gedrukte uitgawe in Maart vanjaar verskyn. Die publikasie het sedert Junie 1993 maandeliks verskyn met Martin Welz as redakteur.<\/p>\n<p>Die publikasie beskryf homself as \u201cSuid-Afrika se enigste ondersoekende tydskrif en bied oneerbiedige, onafhanklike, eerstehandse inligting oor die sakew\u00eareld, beroepe, politiek en die samelewing in Suid-Afrika [\u2026] dit is noodsaaklik vir enigiemand wat wil weet wat in die re\u00ebnboognasie aan die gang is\u201d (<em>Noseweek<\/em>, 2021).<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-1239\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/09\/Noseweek-frm-Engl-text-frm-MSW-23-Aug-2021-png-300x81.png\" alt=\"\" width=\"552\" height=\"149\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/09\/Noseweek-frm-Engl-text-frm-MSW-23-Aug-2021-png-300x81.png 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/09\/Noseweek-frm-Engl-text-frm-MSW-23-Aug-2021-png.png 602w\" sizes=\"auto, (max-width: 552px) 100vw, 552px\" \/><\/p>\n<p>Die tydskrif se voorganger het as <em>Nose <\/em>bekendgestaan en is in 1983 deur Martin Welz op die been gebring met prysgeld wat hy as parlement\u00eare korrespondent van die <em>Sunday Express <\/em>ontvang het vir \u2019n onthulling oor \u201cdie korrupsie van dokters en openbare gesondheidsdienste deur \u2019n farmaseutiese groep\u201d (Welz, 1996). <em>Nose <\/em>is tot 1987 uit Welz se motorhuis uitgegee en dit is belangrik dat sommige van hierdie vroe\u00eb getikte en gekramde uitgawes deel uitmaak van die fisiese versameling wat aan die Biblioteek geskenk is.<\/p>\n<p><strong>Ryk bron<\/strong><\/p>\n<p>Die <em>Nosweek-<\/em>versameling is ongetwyfeld \u2019n ryk bron van navorsing oor die hedendaagse Suid-Afrikaanse geskiedenis, politiek, regering, samelewing, sakegebeure en joernalistiek.<\/p>\n<p>Volgens prof Lizette Rabe, voorsitter van die Departement Joernalistiek aan die US, is dit \u201cte danke aan die joernalistiek, veral ondersoekende joernalistiek\u201d dat Suid-Afrika se brose demokrasie beskerm is. \u201c<em>Noseweek <\/em>sal ryk materiaal vir verdere navorsing bied, danksy die dapper werk van Martin Welz oor die verloop van so baie dekades \u2013 vanaf die donker dae van apartheid v\u00f3\u00f3r die demokrasie en, sedert die koms van demokrasie, die ongelooflike verskeidenheid korrupsie, bedrog en staatskaping\u201d.<\/p>\n<p>Die versameling verryk ook ons manuskripversamelings wat die afgelope paar jaar uitgebrei is danksy die byvoeging van meer moderne versamelings soos die Frederik van Zyl Slabbert-versameling, die IDASA-versameling en die digitale <em>Vrye Weekblad<\/em>-versameling. Ons het onlangs ook die Suid-Afrikaanse Skuldkrisis 1985\/86-versameling ontvang wat op 7 Mei vanjaar bekendgestel is. Hierdie belangrike versameling is \u2019n betekenisvolle stuk in die legkaart ten opsigte van die pad na demokrasie in Suid-Afrika en die einde van apartheid.<\/p>\n<p>As \u2019n onafhanklike publikasie, het <em>Noseweek <\/em>\u201csonder om te blik of te bloos vir die onderdruktes en lydende partye geveg, die waarheid onthul en daarin geslaag om teen alle verwagting in vir 28 jaar te oorleef\u201d (Welz, 2021). Die tydskrif het dikwels met lynskets-spotprente deur die gevierde digter, uitgewer, spotprentkunstenaar en apteker, Gus Ferguson (1940-2020), gespog.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-1240\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/09\/Picture1-frm-Eng-text-frm-MSW-23-Aug-2021-300x169.png\" alt=\"\" width=\"655\" height=\"369\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/09\/Picture1-frm-Eng-text-frm-MSW-23-Aug-2021-300x169.png 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2021\/09\/Picture1-frm-Eng-text-frm-MSW-23-Aug-2021.png 602w\" sizes=\"auto, (max-width: 655px) 100vw, 655px\" \/><\/p>\n<p>Volgens radiojoernalis John Maytham het <em>Noseweek <\/em>\u201ctalle groot stories vir die eerste keer aan die lig gebring wat daarna sonder erkenning aan <em>Noseweek <\/em>in die hoofstroommedia verskyn het en het \u2019n waardevolle rol in ons media-ekostelsel [gespeel]\u201d. Hy beskryf dit ook as \u2019n \u201cidiosinkraties\u201d belangrike publikasie wat nie gekonformeer het nie\u201d (Maytham, 2021).<\/p>\n<p>Prof Janis van der Westhuizen, voorsitter van die Departement Politieke Wetenskap aan die US, beskryf die belangrikheid van die hulpbron soos volg: \u201c\u2019n Lewendige en aktiewe burgerlike samelewing is die hart van \u2019n demokrasie, met \u2019n vrye en onafhanklike mediasektor wat \u2019n sleutelrol speel om regeringsleiers verantwoordbaar aan die land se mense te hou. As \u2019n klein publikasie wat nie gehuiwer het om sy stem te laat hoor nie, het <em>Noseweek <\/em>\u2019n uiters belangrike rol daarin gespeel om korrupsie en die misbruik van mag gedurende Suid-Afrika se onlangse verlede bloot te stel. Daarom het dit \u2019n aansienlike bydrae gelewer tot die skepping van wat die filosoof Karl Popper as \u2018\u2019n oop samelewing\u2019 in Suid-Afrika beskryf. Hoewel \u2019n mens dus hartseer is oor die sluiting van klein, onafhanklike mediahuise soos <em>Noseweek, <\/em>is dit as sodanig bemoedigend om te weet dat die volledige <em>Noseweek<\/em>-versameling nou tot navorsers en toekomstige geslagte se beskikking sal wees deur die SUNDigital-versameling.\u201d<\/p>\n<p>Die Biblioteek voel ge\u00eberd om hierdie joernalistieke skat vryelik aan navorsers en die bre\u00ebr publiek beskikbaar te stel deur die digitale versameling op ons digitale erfernis-bewaringsplatform, die SUNDigital-versameling te huisves. Toegang kan tot die versameling verkry word by <a href=\"http:\/\/digital.lib.sun.ac.za\/handle\/10019.2\/16692\">http:\/\/digital.lib.sun.ac.za\/handle\/10019.2\/16692<\/a>. Al 250 uitgawes kan hier in PDF-formaat gesien en nagevors word.<\/p>\n<ul>\n<li>Vir enige verdere navrae of meer inligting, stuur asb \u2019n e-pos aan Mimi Seyffert-Wirth by <a href=\"mailto:mseyf@sun.ac.za\">mseyf@sun.ac.za<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Verwysings:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Maytham, J. 2021. Noseweek set to close down. [Interview]. Kry toegang by: <a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/the-john-maytham-show\/noseweek-set-to-close-down\">https:\/\/omny.fm\/shows\/the-john-maytham-show\/noseweek-set-to-close-down<\/a><\/li>\n<li>Noseweek, 2021. Noseweekonline. Kry toegang by: <a href=\"https:\/\/www.noseweek.co.za\/index.php\">https:\/\/www.noseweek.co.za\/index.php<\/a><\/li>\n<li>Welz, M. 1996. All the names in Noseweek [excerpt]. Publikasie onbekend. Frederik Van Zyl Slabbert-versameling, Manuskripte-afdeling, Universiteit Stellenbosch Biblioteek.<\/li>\n<li>Welz, M. 2021. Noseweek as a print publication is unlikely to survive. <em>The South African<\/em> [online]. Kry toegang by: <a href=\"https:\/\/www.thesouthafrican.com\/news\/noseweek-as-a-print-publication-is-unlikely-to-survive\/\">https:\/\/www.thesouthafrican.com\/news\/noseweek-as-a-print-publication-is-unlikely-to-survive\/<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<p><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die hele reeks van 250 uitgawes van die Suid-Afrikaanse ondersoekende tydskrif, Noseweek, is vroe\u00ebr vanjaar deur die Open Media-trust aan die Universiteit Stellenbosch (US) Biblioteek- en Inligtingsdiens geskenk. Die skenking sluit fisiese eksemplare van die tydskrif asook \u2019n volledige digitale argief in. Ongelukkig het Noseweek, wat uitgegee is deur Chaucher Publications, se laaste gedrukte uitgawe &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2021\/09\/28\/library-receives-noseweek-donation\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Biblioteek ontvang Noseweek-skenking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":10039,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1227","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/10039"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1227"}],"version-history":[{"count":23,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1227\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1258,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1227\/revisions\/1258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1227"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1227"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}