{"id":411,"date":"2019-07-29T15:40:41","date_gmt":"2019-07-29T13:40:41","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/?p=411"},"modified":"2019-07-29T15:40:41","modified_gmt":"2019-07-29T13:40:41","slug":"renowned-su-art-and-book-restorer-dies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2019\/07\/29\/renowned-su-art-and-book-restorer-dies\/","title":{"rendered":"Bekende US kuns- en boekrestourateur oorlede"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-409\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/Henri-Wirth-Picture-191crpd3jpg-300x165.jpg\" alt=\"\" width=\"680\" height=\"374\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/Henri-Wirth-Picture-191crpd3jpg-300x165.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/Henri-Wirth-Picture-191crpd3jpg-768x423.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/Henri-Wirth-Picture-191crpd3jpg-1024x564.jpg 1024w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/Henri-Wirth-Picture-191crpd3jpg.jpg 1817w\" sizes=\"auto, (max-width: 680px) 100vw, 680px\" \/><\/p>\n<p>Die welbekende Henri Wirth, kuns- en boekrestourateur, is op 1 Junie 2019 oorlede. Henri het in sy leeftyd \u02bcn legende geword. Deur sy bekwame werk is van Suid-Afrika se belangrikste kultuurerfenisse vir die nageslag bewaar. Werke van kunstenaars soos Pierneef, Thomas Baines, Hugo Naud\u00e9 en Maggie Laubser is deur hom van algehele verweer en vernietiging gered en is tans deel van die US se kunsversameling.<\/p>\n<p>Henri is in 1941 in Fulda, Oos-Duitsland gebore en het opleiding in die boekbind- en restourasiekuns te Fulda in Wes-Duitsland ontvang. In 1964 emigreer hy na Suid-Afrika om \u02bcn pos as boekrestourateur by die Carnegie Biblioteek van die US te aanvaar. Hy het in 2009 afgetree.<\/p>\n<p>Henri is algemeen erken as \u02bcn vakman van die hoogste orde en hy het w\u00eareldwyd aansien geniet. Ten tyde van sy aanstelling sou hy veral op die bind van waardevolle boeke en ge\u00efllustreerde werke konsentreer. N\u00e1 sy aanstelling het hy hom egter ook toegel\u00ea op die restourasie van \u02bcn verskeidenheid ander biblioteekmateriaal soos landkaarte, dokumente, manuskripte, grafiese werke en skilderye. Dit sluit waardevolle antikwariese landkaarte in, waarvan die oudste uit 1672 dateer.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-410\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/AfricaeTabula-Nova-map-27-300x238.jpg\" alt=\"\" width=\"638\" height=\"506\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/AfricaeTabula-Nova-map-27-300x238.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/AfricaeTabula-Nova-map-27-768x609.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2019\/07\/AfricaeTabula-Nova-map-27-1024x812.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 638px) 100vw, 638px\" \/><\/p>\n<p>Van sy belangrikste werk sluit in die restourasie van al Maggie Laubser se skilderye wat na haar afsterwe aan die US bemaak is, en waarvan \u02bcn deel in haar motorhuis in die Strand ontdek en so beskadig was dat dit skaars hanteer kon word. Ander belangrike werk was die restourasie van die 168 akwarelle in die Solomon Ceasar Malan-versameling.<\/p>\n<p>Ander werk van Henri het ingesluit die verdere ontwikkeling van die tegniek van sogenaamde \u201cconservation framing\u201d vir die bewaring van kunswerke en oorspronklike kaarte, en die ontwerp van die <em>Pro Bene Merito<\/em> medalje, wat vir buitengewone diens aan die US toegeken word. Twee televisieprogramme is oor sy werk gemaak en talle koerant- en tydskrifartikels is oor sy werk gepubliseer.<\/p>\n<p>In 1996 is hy met die erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir sy uitmuntende werk. Die toekenning is beskou as \u02bcn gepaste gebaar aan iemand wat oor die voorafgaande dekades \u02bcn onskatbare bydrae gelewer het tot die bewaring van onvervangbare Suid-Afrikaanse kultuurerfenisse.<\/p>\n<p>Henri was ook twee keer die ontvanger van \u02bcn studiebeurs van die Kaapse Drie Eeue Stigting, wat hom in staat gestel het om verdere opleiding in die restourasie van boeke en dokumente in Europa te ontvang.<\/p>\n<p>\u201cDaar\u2019s net een manier, en dis die regte manier\u201d, was Henri se woorde, en di\u00e9 instelling teenoor die lewe het soos \u02bcn goue draad deur sy 45 ononderbroke diensjare by die Universiteit geloop. Die Universiteitsbiblioteek en die US kampus het as gevolg daarvan \u02bcn baie mooier plek geword. Sy nalatenskap sal lank voortleef.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die welbekende Henri Wirth, kuns- en boekrestourateur, is op 1 Junie 2019 oorlede. Henri het in sy leeftyd \u02bcn legende geword. Deur sy bekwame werk is van Suid-Afrika se belangrikste kultuurerfenisse vir die nageslag bewaar. Werke van kunstenaars soos Pierneef, Thomas Baines, Hugo Naud\u00e9 en Maggie Laubser is deur hom van algehele verweer en vernietiging &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2019\/07\/29\/renowned-su-art-and-book-restorer-dies\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bekende US kuns- en boekrestourateur oorlede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":10039,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-411","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/411","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/10039"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=411"}],"version-history":[{"count":12,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/411\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":423,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/411\/revisions\/423"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=411"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=411"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=411"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}