{"id":722,"date":"2020-05-29T14:06:26","date_gmt":"2020-05-29T12:06:26","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/?p=722"},"modified":"2020-09-01T14:11:57","modified_gmt":"2020-09-01T12:11:57","slug":"unique-ethnobotanical-collection-donated-to-stellenbosch-university","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2020\/05\/29\/unique-ethnobotanical-collection-donated-to-stellenbosch-university\/","title":{"rendered":"Unieke etnobotaniese versameling aan Universiteit Stellenbosch geskenk"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Besonder waardevolle, ryk en unieke manuskripversameling is onlangs aan die Universiteit Stellenbosch se Biblioteek- en Inligtingsdiens geskenk. Die <strong>Maguire San etnobotaniese versameling<\/strong> bestaan uit data wat tussen 1954 en 1972 deur mnr Brian Maguire, in noue samewerking met die Ju|\u2019hoan (voorheen bekend as !Kung of !Khu) en \u01c3Xo\u00f5 (voorheen bekend as !K\u00f5)-gemeenskappe in die Kalahari.<\/p>\n<p>Volgens dr Judy Maguire het haar man, Brian Maguire, in die 1960\u2019s professor Raymond Dart van &#8220;Australopithecus&#8221;-faam se veldassistent geword en navorsing gedoen oor die potensi\u00eble voedselplante van vroe\u00eb hominiede. \u201cGedurende hierdie tyd het hy vergelykende studies onderneem van die !K\u00f5 versamelaar-jagters in sentraal-wes-Botswana, veral aangesien hierdie groep geen jaarlikse, stoorbare stapel- plantvoedsel gehad het waarop hulle kon staatmaak soos die manketti-neute van die !Kung (!Khu) nie, en ook geen permanente waterbron nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-726 alignright\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-207x300.jpg\" alt=\"\" width=\"324\" height=\"469\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-207x300.jpg 207w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection.jpg 398w\" sizes=\"auto, (max-width: 324px) 100vw, 324px\" \/><\/p>\n<p>\u201cHonderde foto\u2019s is in hierdie tyd geneem, in die konteks van voedselversameling, die plantgemeenskappe van ekonomies belangrike voedsel, medisinale plante, die plante self sowel as die eetbare dele. Die voorbereiding van voedsel is ook afgeneem. Dit was reeds duidelik dat akkulturasie besig was om sy tol te eis.<\/p>\n<p>\u201cVoor dit het Maguire ondervinding opgedoen as etnobotanikus vir die Brock-Harvard-Peabody mediese en die Marshall etnologiese ekskursies na die !Kung van SWA gedurende die 1950\u2019s. Dit was \u2018n stadium waar byna niks rondom voedsel en medisinale plante van inheemse bevolkingsgroepe opgeteken was nie.<\/p>\n<p>\u201cBrian Maguire het daarna (1978) sy MSc (cum laude) voltooi met die titel <em>The Food Plants of the !Khu Bushmen of North Eastern South West Africa (Namibia).<\/em> Toe die werk onderneem is, was baie min bekend oor die bestaansekologie van die Kung en waarnemings is gemaak in \u2019n tyd toe daar minimale akkulturasie en invloede op hul voedselversamelpraktyke was. Hy is ontydig dood terwyl hy besig was met sy PhD oor die bestaansekologie van die !K\u00f5 en met die finalisering van die werk oor die potensi\u00eble groentedieet van vroe\u00eb hominiede in die destydse Transvaal.\u201d<\/p>\n<p>Die versameling, bestaande uit manuskripte, tikwerk, sketse, diagramme, gedrukte foto\u2019s, wit-en-swart negatiewe, kleurskyfies, veldnotaboeke en registers van plantversamelings is van groot wetenskaplike, navorsings- en erfeniswaarde. Dit was wyle mnr Maguire se wens, en ook di\u00e9 van dr Judy Maguire, dat die versameling \u2019n bruikbare hulpbron moet word wat met jonger geslagte gedeel kan word. Dit bied die geleentheid om van ons voorouers te leer oor die volhoubare gebruik van ons inheemse plante in \u2019n Afrika-konteks.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-725\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-2-300x166.jpg\" alt=\"\" width=\"678\" height=\"375\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-2-300x166.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-2-1024x566.jpg 1024w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-2-768x424.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/files\/2020\/05\/example-maguire-collection-2.jpg 1466w\" sizes=\"auto, (max-width: 678px) 100vw, 678px\" \/><\/p>\n<p>\u2019n Beduidende deel van die fisiese versameling is gedigitaliseer en hierdie digitale rekords sal openlik vir navorsingsdoeleindes in die Biblioteek se digitale erfenisbewaarplek, SUNDigital Collections, beskikbaar gestel word. Die toevoeging van die versameling sal ideaal gesien die ander digitale erfenis- en natuurerfenisversamelings wat reeds in die bewaarplek is, aanvul. Voorbeelde van sodanige versamelings is die Rudolf Marloth versameling van botaniese sketse en die James Walton versameling van streeksargitektuur, wat inligting en beelde van verskeie artefakte van Suider-Afrikaanse inheemse bevolkings insluit.<\/p>\n<p>Die fisiese versameling sal mettertyd in die Dokumentesentrum van die Afdeling Spesiale Versamelings in die Biblioteek gehuisves word. Hier sal dit ook huidige versamelings, soos di\u00e9 van Robert Broom, John Muir, BIC van Eeden en Jan Anthonie Engelbrecht verryk en aanvul. Hierdie versamelings hou almal verband met inheemse plantkunde, dierkunde, tale en vroe\u00eb gebruike.<\/p>\n<p>Dr Maguire glo dat die kennis wat in die versameling opgesluit is, gebruik kan word om \u201cdie natuurlike uitvloei van inheemse kennisstelsels te bepaal en om die konteks van kennisoordrag beter te verstaan \u2013 die verband met bv. taalverlies (plantname) en om te verstaan watter faktore kan help om die kennis te bewaar voordat dit verdwyn as gevolg van toenemende modernisasie en akkulturasie van gemeenskappe.\u201d<\/p>\n<p>Die omvattende, noukeurig gedokumenteerde versameling is onder die Biblioteek se aandag gebring deur dr Kerry Jones, navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch en postdoktorale navorser in taalwetenskap aan die Rhodes-universiteit. Dr Jones het saam met Dr Maguire gehelp met die sorteer en digitalisering van die versameling.<\/p>\n<p>Skakel met Mimi Seyffert-Wirth, Adjunkdirekteur: Digitale Akademieskap (Biblioteek- en Inligtingsdiens), by <a href=\"mailto:mseyf@sun.ac.za\">mseyf@sun.ac.za.<\/a><\/p>\n<p><em>Mimi Seyffert-Wirth<\/em><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Besonder waardevolle, ryk en unieke manuskripversameling is onlangs aan die Universiteit Stellenbosch se Biblioteek- en Inligtingsdiens geskenk. Die Maguire San etnobotaniese versameling bestaan uit data wat tussen 1954 en 1972 deur mnr Brian Maguire, in noue samewerking met die Ju|\u2019hoan (voorheen bekend as !Kung of !Khu) en \u01c3Xo\u00f5 (voorheen bekend as !K\u00f5)-gemeenskappe in die &hellip; <\/p>\n<p class=\"link-more\"><a href=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/2020\/05\/29\/unique-ethnobotanical-collection-donated-to-stellenbosch-university\/\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Unieke etnobotaniese versameling aan Universiteit Stellenbosch geskenk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":10039,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-722","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/10039"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=722"}],"version-history":[{"count":41,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/722\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":859,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/722\/revisions\/859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/bibnuus\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}