{"id":44,"date":"2010-08-18T08:56:50","date_gmt":"2010-08-18T08:56:50","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/"},"modified":"2010-10-04T16:30:18","modified_gmt":"2010-10-04T16:30:18","slug":"humor","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/humor\/","title":{"rendered":"Humor"},"content":{"rendered":"<p>Humor in jeugliteratuur (as deel van <a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/10\/kultuur-diagram.pdf\">kultuur<\/a>) hou baie waarde in vir die tienerleser, waaronder die volgende (vgl. <a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/09\/Humor-in-kinderverhale-vN-en-vdW.pdf\">Van Niekerk en Van der Westhuizen<\/a>, 2004):<\/p>\n<ul>\n<li>Humor bied \u2019n uitlaatklep vir spanning; \u2019n dosis aggressiewe humor, veral as dit gekombineer word met fantasie, help dikwels om grieselrige en bedreigende dinge te laat verminder of verdwyn.<\/li>\n<li>Humor help die kind om angste en probleme te oorkom en te oorwin, omdat \u2019n humoristiese benadering dikwels die intensiteit van probleme kan relativeer.<\/li>\n<li>Lag werk bevrydend ten opsigte van vele verbode dinge en beperkinge wat in die daaglikse lewe aan die kind opgel\u00ea word. Met humor kan die grense van die toelaatbare afgebaken word. Deur kattekwaad en grappe kan kinders byvoorbeeld agterkom hoe ver hulle kan gaan.<\/li>\n<li>Deur speelse aggressie sneuwel taboes, soos die lees of uitspreek van &#8220;verbode&#8221; woorde.<\/li>\n<li>Humor stimuleer kreatiwiteit. Fantasie en verbeelding, wat sleutelbegrippe is by humor, bied \u2019n kind moontlikhede om die werklikheid kreatiewer en weerbaarder tegemoet te gaan.<\/li>\n<li>Humor is ook \u2019n middel tot sosialisering; \u2019n kind wat \u2019n goeie of fyn sin vir humor het, is dikwels meer popul\u00ear as kinders wat bot is. Die suksesvolle integrering van humor in die individu se algehele ont-wikkeling dra by tot \u2019n positiewe selfkonsep. Wat interaksie met ander betref, kan humor bydra tot positiewe en suksesvolle inter-persoonlike verhoudinge.<\/li>\n<li>Humor in jeugtekste kan verder ook tieners se <a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/10\/Kulturele-geletterdheid-Combrink-1997.pdf\">kulturele geletterdheid <\/a>ontwikkel.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Skrywers van humoristiese jeugtekste in Afrikaans sluit in <a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/09\/Philip-de-Vos..pdf\">Philip de Vos<\/a>, Janie Oosthuizen, Leon de Villiers, <a href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&amp;cause_id=1270&amp;news_id=92983&amp;cat_id=1536\">Jaco Jacobs, Nelia Engelbrecht\u00a0en Fanie Viljoen<\/a>. Lees gerus\u00a0<a href=\"http:\/\/www.storiewerf.co.za\/grootmense\/resensies.htm\">resensies\u00a0<\/a>van hierdie skrywers se tekste. Ook die vertaalde werke van <a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/09\/Humor-Roald-Dahl-Janette.pdf\">Roald Dahl<\/a> is immergewild. En nou het ons ook &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.huisgenoot.com\/videos\/Voorskou-Hanna-Hoekom\">film<\/a> wat gebaseer is op Marita van der Vyver se <em>Die ongelooflike verhale van <\/em><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/09\/Hanna-Hoekom-Yolanda1.pdf\"><em>Hanna Hoekom<\/em><\/a><em>. <\/em>Koos Kombuis se <em><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/files\/2010\/09\/RAKA-die-roman-Marisa.pdf\">Raka die roman<\/a><\/em> sorg vir vele humoristiese situasies en uitlatings.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Humor in jeugliteratuur (as deel van kultuur) hou baie waarde in vir die tienerleser, waaronder die volgende (vgl. Van Niekerk en Van der Westhuizen, 2004): Humor bied \u2019n uitlaatklep vir spanning; \u2019n dosis aggressiewe humor, veral as dit gekombineer word &hellip; <a href=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/humor\/\">Continue reading <span class=\"meta-nav\">&rarr;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1048,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":4,"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-44","page","type-page","status-publish","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/44","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1048"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=44"}],"version-history":[{"count":21,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/44\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":257,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/44\/revisions\/257"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/boekwurm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=44"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}