Knysna-Plettenbergbaai-Keurbooms April 1937

“Ons gaan nou sonder sorg op toer,
Wat sal ons langer in boeke boer?
Weg na die velde wat ons trek
En weer nuwe lewe in ons wek.”

So voel ‘n toeris voor ‘n naderende toer, as die boeke-kennis hom begin oormeester en hy met verlange uitsien na die “wydheid van die velde” en die “blou van hemel bo”, wat van hom weer mens gaan maak. Read More

Die Wemmershoekkamp Maart 1937

Omtrent dertig jolige BTKaners het Donderdagmiddag van die Uitspan vertrek, per lorrie, na Wemmershoek. Die Toergees is sommer daar en dan in die lorrie gebore toe ons begin het met “Morgen muss Mein Schatz verreisen”. Na die vrolike rit oor ‘n lekker stamperige pad het ons mnr Du Toit se plaas bereik waar ons sou kamp. Read More