Gala 2007

Donderdag 22 November

Die Neelsie-parkeerterrein moes al getuie wees vir vréémde goed. Maar jy dink die jaarlikse saamtrek van BTKaners op pad gala toe moet onder die vreemdstes tel. Ongeveer 120 studente, uitgeput na ’n jaar en ’n eksamen sak op ’n bestemde tyd op die parkeerterrein toe met bagasie van wisselende grootte en vorm, en kort voor lank begin hul ’n vreemde versameling kiste en tente en pale en kombuistoerusting ook inlaai. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. Read More

Doringrivier September 2007

Vrydag 7 September

Ou toeriste wat bekommerd was dat dinge dalk op hierdie toer anders sou werk, word gou gerusgestel. In die BTK verander dinge nie sommer net so nie. Die bus is laat. Sommer baie. Laat genoeg dat julle eers koffie in die Neelsie kan gaan drink. Toe die Adams-bus uiteindelik opdaag, word daar vinnig gelaai en julle is gou oppad na Clanwilliam vir die Doringriviertoer van 2007. Read More