{"id":1086,"date":"1984-04-24T14:21:37","date_gmt":"1984-04-24T12:21:37","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1086"},"modified":"2012-01-05T21:24:55","modified_gmt":"2012-01-05T19:24:55","slug":"visgat-toer-april-1984","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1984\/04\/visgat-toer-april-1984\/","title":{"rendered":"Visgat-Toer April 1984"},"content":{"rendered":"<p>Die koekoekhorlosie wat saamgegaan het, het agtuur aangekondig toe ons by die kampterrein in Ceres aankom. Dit beteken dat ons definitief ni\u00e9 om vyfuur kon gery het nie. Maar met reg ook! Hoe kon ons die paar eerste toeriste di\u00e9 belangrike tradisie van nie-betyds-ry-nie, laat misloop!<\/p>\n<p>Vrydagaand het rustig verloop. &#8216;n Tent m\u00f3\u00e9s opgeslaan word volgens regulasies. Almal was egter so bly om van vier mure te ontsnap, dat die kostent toe maar staangemaak is.<!--more--><\/p>\n<p>Net na &#8220;nag dames&#8221; het Neels en Alba M\u00fcller kom kuier. Sing-sing het dit slapenstyd geword daar om die vuur.<\/p>\n<p>Donker-oggend word ons wakker met nege minute grasie voor ontbyt. Di\u00e9 wat nog nie geweet het nege minute BETEKEN nege minute nie, het aanvanklik rustig wakker geword, maar met oggendgodsdiens was hulle die wakkerste geskrik.<\/p>\n<p>Kort voor lank was ons in die pad. Skielik verstar almal. Hekke met slotte, gevaarborde, &#8220;Ceres-Munisipaliteit-gebied, bly buite&#8221;, begroet ons. Maar waarvoor is ons BT-Kaners? As ons dan nie \u00f3m die berg kan stap nie, gaan ons maar bo-oor! Ander kant afkomend al op die waterpyp langs, wag die &#8220;spietkop&#8221; ons in. As hy geweet het wat Pieter Kriel so pas vir Tobie toegevoeg het, sou hy liefs nie ingemeng het in die voorsitter se planne nie. Op die &#8220;spietkop&#8221; het dit skynbaar dieselfde uitwerking as op Tobie gehad, want ons is voort asof n\u00edks ons \u00f3\u00f3it wou keer nie. Ek sou net graag wou weet w\u00e1t die man gedink het toe Pieter hom ges\u00ea het ons is op pad Tulbagh toe.<\/p>\n<p>Tussen &#8216;n heideprag durf ons toe die langpad aan. Oor waterstroompies, gelyktes, bulte en deur bosse hou ons UITEINDELIK &#8220;game break&#8221; bo-op &#8216;n knoppie &#8211; in die bloedige son! Miskien verklaar dit die volgende afleiding:<\/p>\n<p>&#8216;n Verlowing word gelykgestel aan &#8216;n seisoenkaartjie (na aanleiding van Jan en Maretha se aandoen by &#8220;Computicket&#8221; die vorige week). Ewe droog vra Jaap de Lange of die klem op &#8220;sei-(sy?)&#8221; of &#8220;soen&#8221; val? Toe ons weer sien, doen &#8216;n buisie Lip-ice die ronde. Dit laat &#8216;n mens dink, n\u00e9?!<\/p>\n<p>Na n\u00f3g &#8216;n ewigheid kom ons op twee bronne af. Dit word toe die uitspanplek vir middagbrood. Toe ek agterna na my foto&#8217;s kyk, sien ek eers hoe dit gewerk het. Andr\u00e9 Bester en Ernst Conradie het gehelp smeer en roer, maar die voorsitter het gesit en kyk. Die arme paar wat die naaste aan die broodjies gesit het, het die minste te ete gekry soos hulle moes aangee. Almal was behoorlik honger &#8211; selfs s\u00f3 honger dat Jaap se &#8220;trifle-brode&#8221; aftrek gekry het.<\/p>\n<p>Skaars was ons weer in die pad toe daar skielik &#8216;n plaasdam uit die niet verskyn. Tipies man, trek die ouens hul hemde en skoene uit; reguit water toe. Asof uit &#8216;n koor kap al wat vrou is, te\u00eb. Hoekom moet ons altyd kyk hoe die ouens swem? Gelukkig het die dam &#8216;n draai gemaak, en vinnig is kampverdeling gehou. Die vergadering gaan in camera. Vanwe\u00eb my eenslagtigheid weet ek nie wat \u00f3m die draai gebeur het nie, maar duskant &#8230;.?! Sjoe, dit was lekker! Al wat behoue gebly het n\u00e1 die episode, is foto&#8217;s en voorstelle van BTK-swembroeke. (Navrae kan by die voorsitter en Griet Page gedoen word.)<\/p>\n<p>Traag vir n\u00f3g stap na s\u00f3 &#8216;n lekkerte het ons die laaste bult van die dag bestyg, net om maar weer &#8216;n l-a-n-g afdraand te vat. Krap-krap tussen gebrande bosse deur en gly-gly op los klippers het ons darem ook weer &#8216;n gelykte gekry. Energie-tekort was skynbaar nie &#8216;n probleem nie, want die bus is met &#8216;n naelloop bestorm.<\/p>\n<p>As die Steinthal-kinders gewonder het wat hulle hier sien, het hulle seker nie meer gewonder nadat Gawie, Hans en Ernst die toggie dorp toe op die bus se dak gery het nie. Die kafee op die dorp is met dorstige kele en leepo\u00eb begroet. Blikkies en botteltjies is in rekordslukke leeggemaak. Net jammer party ouens wou so graag &#8216;n blikkie &#8220;kraak&#8221;, want Piet was onverbiddelik oor di\u00e9 idee. Hulle moes maar stilbly, want hulle het seker nie geweet waarvan hulle praat nie.<\/p>\n<p>Op Mont Rogue is die kostent weer eens die enigste wat staan gemaak word. Die res het net akkers uit die pad gevee, en net daar onder die bome nes geskop. (Di\u00e9 wat na die twee nagte onder die akkerbome n\u00f3g nie Maties is nie, het &#8216;n skrale kans om \u00f3\u00f3it te word, behalwe as jy s\u00f3 maer is dat hulle nie anders kan as om jou mis te val nie!!).<\/p>\n<p>Net voor ete het Robert Geyser se ego &#8216;n geweldige knou gekry toe hy by die jonge juffrou Du Plessis (+5 jaar) wou ingrawe en di\u00e9 geweldig aan die huil gegaan het. Miskien was sy ook maar net eerlik. Terwyl die ander solank in hul slees klim, het &#8216;n nagtelike bad in die plaasdam plaasgevind. Miskien is dit wat Tobie gedink het hy doen weer die Sondagmiddag &#8230;. maar laat ek nie die storie vooruitloop nie. Dis in di\u00e9 tyd wat oom Bethal en die Rabbeda-Rabbedoe-I&#8217;ll-rub-you ook by die toergroep aansluit. Na &#8220;nag dames&#8221; het oom Bethal in sy bed gaan slaap!<\/p>\n<p>Sondag, 1 April, is begin met &#8220;veels geluk liewe maatjie&#8221;. Wie was toe &#8220;April fool?&#8221; Jan en Maretha bedien heerlike koffie en beskuit. Almal l\u00ea en kuier nog laterig in die bed (het seker intu\u00eftief geweet wat nog voorl\u00ea!). &#8216;n Spanpoging vind plaas rondom die hoenderontbenery, sodat almal kan kerk toe gaan. So byna het meer as net Jaap die bus verpas.<\/p>\n<p>In die kerk op Tulbagh word oom Bethal en sy geselskap, &#8220;wat volgens hul klere na BT-Kaners lyk&#8221; (hy moes ons geruik het), gevra om te help bou aan die gemeenskap. Oom Bethal het so &#8216;n oog oor die groep gesaai.<\/p>\n<p>Terug by die kamp het operasie kosmaak begin. Party het gaan swem. Party het byna rampspoedig gaan swem. Johan het amper die inlooppyp met sy kop verskuif. (Miskien maar goed het hy net nie, want wat sou Tobie d\u00e1n gedoen het.)<\/p>\n<p>&#8216;n Heerlike middagete is met Ernst en Priscilla se &#8220;piffelpoeding&#8221; afgesluit. Daarna het operasie opruim en inpak begin. Die kos is uitgedeel en die bus gelaai, reg om Visgat toe te vertrek sodra die res van die geselskap by ons aangesluit het.<\/p>\n<p>Intussen: &#8220;Jy bars as jy dit in die skets skryf. Dis nie &#8216;n dreigement nie, maar eerder &#8216;n profetiese waarskuwing.&#8221; Sal ek my daaraan steur? Nee wat. Miskien net dit s\u00ea: Tobie het eers sonder swembroek geswem en toe later met Liesbet s&#8217;n. Ek het gewonder hoekom sy dit soos &#8216;n Tom Sawyer sakkie-aan-&#8216;n-stok gedra het. Ek sou miskien ook! Vir volledige navrae kan Gawie en Griet gekontak word. Ons simpatie l\u00ea by Liesbet.<\/p>\n<p>Ondertussen het die M\u00fcllers uit Sabie, die Andrag(s) en Hanekoms uit Stellenbosch en die De La Batte uit die Paarl en Hofmeyer-hulle by ons aangesluit (voortaan word na hulle verwys as die &#8220;MADS&#8221;). Die bus is gou klaar gepak en die konfooi is weg Visgat toe.<\/p>\n<p>Die eerste toeriste is eenkant toe geroep. Die ou toeriste het outomaties saamgekom. Na &#8216;n koning is &#8220;die prosedure&#8221; aan die gang gesit. Dit het later aand geword. Al die vroue het gehelp smeer en daar is heerlik gesing totdat die twee geslagte teen mekaar begin sing het. Die meisies kies toe maar koers plaashuis toe. Die &#8220;opmaak&#8221; was hartroerend.<\/p>\n<p>Nog later was dit nag &#8230;.<\/p>\n<p>Maandagoggend was dit nog donker toe ons opstaan. Francois het die fossiele met sy bakkie weggevat. Later die wa-laaiers met al die rugsakke ook. Nog later is almal opgelaai en na die voet van die berg geneem. Met die aanvang van die stap\/klim, was die meeste nie-wa-laaier-ouens geologiestudente. As gevolg van die tekort aan pen en papier, het almal &#8220;prakties&#8221; gedoen.<\/p>\n<p>Nooientjiesverdriet (nie Hondjiesverdriet nie, Spyker!) was die eerste steilte se naam. Die ouens het ook maar gesweet, hoor! By die eerste stop het ons die agterhoede van die MAD-geselskap net-net om die draai sien verdwyn. &#8216;n Mens wonder hoekom, maar hier het Piet besluit die De La Batt-spesie is &#8216;n indringer-plant, en dat dit as geheel uitgeroei moes word. Dit het hom taamlik nat te staan gekom. Wraak is uitgespreek, en sover vasgestel kon word, het dit ook net daarby gebly.<\/p>\n<p>Ons was skaars bo, toe sak ons weer af in Sneeugat. By Grand Falls is middagbrood gehou. Die ouens het WEER EENS van die nodige ontslae geraak en ingeduik. Mariette, Anneke, Priscilla en Maretha het darem ook &#8216;n kans gekry om lyf nat te maak.<\/p>\n<p>Na middagbrood het oom Ritzema ons probeer bemoedig met &#8220;toemaar, dis net hierdie sielkundige halfuur n\u00e1 middagete &#8230;.&#8221; Dit was donker toe ons kamp opgeslaan het! Sonder &#8216;n gebaande weg, op en \u00f3p, teen skuinstes, af en \u00e1f, het ons intussen die MADS verloor, maar net voor die l\u00e1ng af, mekaar darem weer gevind.<\/p>\n<p>Poot-uit het ons die aand kos gemaak op die klippe &#8211; sommer b\u00ednne-in die rivier. Ons sou nie slee di\u00e9 aand nie, maar party h\u00e9t! So tussen slangbosse en graspolle deur is daar di\u00e9 aand, van alle aande, ge-&#8220;plathond&#8221;. Oom Bethal en Braam Hanekom het hulle gate uit geniet! (Party ander, minder). Johan Taute het ook al sy dae met die lig gehad. Dit het in almal se o\u00eb geskyn, en was &#8216;n groot &#8220;nuisance&#8221;. Ernst het ook sy bes gedoen om die mol ge-&#8220;item&#8221; te kry. Later het hy te veel vars m\u00f4relug ingeasem na party mense se mening en is probeer om hom te kelder. Griet en Henri\u00ebtte het selfs &#8216;n stel tennis probeer speel om hom gekniehalter te kry.<\/p>\n<p>Terwyl die meeste van ons so gekruldraai probeer slaap het, het Tobie, Johan, die Louwrense en andere hul lang asems langer gerek.<\/p>\n<p>Dinsdagoggend het ons maar styf-styf en sukkel-sukkel opgestaan. Na ontbyt het ons die tog aangepak. Priscilla het &#8216;n slang gesien, maar haar gil moes hom verwilder het. Dit was &#8216;n taai stuk klim wat net nie wou eindig nie. Eindelik het ons begin daal. Mari\u00ebtte se retoriese vraag van &#8220;hoe ver nog?&#8221; is ewe retories beantwoord met &#8220;nog net &#8216;n entjie&#8221;. Kort voor lank was dit dan ook middagbrood. Hoe welkom! Weer eens het net die ouens geswem. Priscilla was redelik ontsteld toe sy sien hoeveel poele benut kon geword het. Jy weet wat ek bedoel, n\u00e9!<\/p>\n<p>Na ete het party manne se manlikheid sterk na vore gekom. Dirk, Ritzie de la Bat en Ernst het letterlik handgegee waar dit nodig was. So al singende aan al wat &#8216;n musiekprent is (My Fair Lady, Oklahoma, Sound of Music, ensovoorts) het die pad darem meer draaglik geword. Jaap het weer by &#8216;n poel ingeduik en die naastes met &#8216;n baardstort afgekoel.<\/p>\n<p>Met die laaste berg aan die afgaan, het tannie Hester haar skouer uit potjie geval. Hans het letterlik gehardloop om te gaan hulp soek. Gelukkig was ons dokter, tannie Jansie, byderhand. Almal het help plan maak, kos gekollekteer en die agtergeblewenes se rugsakke is verdeel. &#8216;n Paar sou op die berg agterbly. Taamlik swaarmoedig is die res die berg af.<\/p>\n<p>Dit was donker toe almal in die kamp was. Tannie Hester se arm het vanself in potjie geglip en agterna beskou, besef &#8216;n mens eers h\u00f3\u00e9 &#8216;n groot wonderwerk dit was. Die Here se genade oor ons was regtig groot.<\/p>\n<p>&#8216;n Nagbad het weereens plaasgevind.<\/p>\n<p>Dit was asof ons t\u00f3\u00e9 eers vlam gevat het. Di\u00e9 aand was die items van hoogstaande gehalte en die hekels skerp, of hoe, Gawie? Daar is selfs uit toere van dertig jaar gelede gehekel. Dit was regtig l\u00e9kker om die BT-Kaners van &#8216;n vorige geslag by ons te kon h\u00ea. Oom Ritzema met sy item\/skets vir die dowes het ons laat l\u00ea soos ons lag.<\/p>\n<p>&#8220;Nag dames!&#8221; het gekom en vir party gegaan. Johan, Robert, Tobie, Dani\u00ebl en Arnold, Erika, Heleen, Griet en Liesbet se g\u00f4&#8217;s het nog lank gehou. Toe die meisies bed toe gedra is, wat dit omdat hulle te moeg was om te loop; of was dit omdat die ouens van hulle ontslae wou raak om s\u00e9lf te gaan slaap?<\/p>\n<p>Woensdagoggend was party mense uiteraard traer om op te staan as ander. &#8220;Tone&#8221; was voltyds aan die gang. Dankie, Priscilla!<\/p>\n<p>So teen elfuur is die (\u00bdM)ADS en Andr\u00e9 weg. Gawie en Spyker het sop gekook vir middagete, terwyl die groente-brode provitas gesmeer het. Die dag is verder met swem en sang deurgebring. Ons wag n\u00f3\u00fa nog vir Susan om van die klip af te spring, maar ek sien op &#8216;n foto dat sy darem toe w\u00e9l daar af is.<\/p>\n<p>Net voor &#8220;kom queue&#8221; word volkspele gedoen en tot klein Fritz-klits gooi sy draai. Selfs in Priscilla se afwesigheid word dit dameskiet. &#8220;Boy-o-boy&#8221;, wat &#8216;n aand! Arnold probeer, maar Priscilla wys vir hom h\u00f3\u00e9 die item van die &#8220;rooi lippies&#8221; werk. Dit moes lekker gewees het, want Johan wou &#8216;n &#8220;action replay&#8221; doen.<\/p>\n<p>Donderdagoggend is daar met gemengde gevoelens opgestaan. Siek Dirk, verple\u00ebr Robert, kok Heleen en Maretha het agtergebly, terwyl die res van ons die rivier met ons &#8220;tjoeps&#8221; aangedurf het met &#8216;n oe! en aa! is daar \u00f2f sagkens op &#8216;n &#8220;tjoep&#8221; sit gemaak, \u00f2f op &#8216;n maag eenvoudig neergeplons.<\/p>\n<p>Na slegs &#8216;n halfuur was almal potblou en gevries. Ons arme voorswemmer het seker die swaarste gekry met sy latlyf, want hy het na &#8216;n lugboor in aksie gelyk. Sjokolade is uitgedeel en uitgedeel en uitgedeel. Dempsey, Jaap en Ernst was van die voorste eters! Volkspele is op die ongelykste rotse gespeel &#8211; alles pogings om te ontdooi. Baie traag is die water weer aangedurf. Oom Bethal was skelm (of slim!). Hy het \u00f3p &#8216;n lang opblaasmatras in sy duikpak gel\u00ea! Oom Peter het weer vir Fritz op sy rug gehad. Of dit dieselfde effek as &#8216;n duikpak gehad het, wonder ons.<\/p>\n<p>Die pragtige omgewing, grootse rotskranse en tuimelende watervalle was &#8216;n belewenis. Selfs drie rooi disas is opgemerk. Middagbrood het bestaan uit pap, provitas en vrugtere\u00ebnbo\u00eb, maar dit was LEKKER!<\/p>\n<p>Die steilte op, het &#8216;n mens laat wens dat die rivier daar was, maar kort voor lank w\u00e1s ons terug in die water. Die groepfoto is in die Visgat geneem. Piet s\u00ea dis waar hy sy laaste knou gekry het.<\/p>\n<p>Sop is spoedig bedien. Die barbier het geopen. Dani\u00ebl se hare, snor en baard is deur Anneke ge-&#8220;trim&#8221;, maar met sterk leiding deur Jan van der Merwe. Robert het sy kundigheid op Tobie se baard beoefen. Vir die eerste keer is ingrawe-liedjies om die haresnyery, en nie om die kookvuur nie, gesing. Heleen ken die ontvlugtingstrategie as dit by ingrawe kom, en Robert het mos die dag nie verniet by die huis gebly nie. Arme Dani\u00ebl!<\/p>\n<p>Vir oulaas is daar lekker geslee (party warmes, kaalvoet, soos Johan vroe\u00ebr aanbeveel het). Die volgende oggend is opgepak en gelaai. By elke driffie moes almal eers uit, maar ons het darem op Stellenbosch gekom. Die bus is binne &#8216;n rekordtyd afgelaai. Die oplaaiers kan gerus hier kom lig opsteek het.<\/p>\n<p>Al die minder positiewe vrae was nie &#8216;n uiting van &#8216;n negatiewe gesindheid nie, maar soos Dani\u00ebl ges\u00ea het: &#8220;Gelukkig hoef ons net vakansies te BTK. Dink net as ons dit die hele jaar moes doen!&#8221;<\/p>\n<p>NS: &#8216;n Aanbeveling: Nooi weer ouer BT-Kaners. Dit maak &#8216;n toer LEKKER (en help ons om die dowes beter te leer ken!)<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Anneke Pansegrouw<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n<p><strong>TOERISTE<\/strong>:<\/p>\n<p>(1) = Eerste toeris.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Pieter Kriel (Toerleier)<br \/>\nOom Piet M\u00fcller<br \/>\nTannie Hester M\u00fcller<br \/>\nPriscilla Botha<br \/>\nJohan Taute<br \/>\nElizabeth Rohwer<br \/>\nDirk Grobbelaar<br \/>\nMaretha Agenbag (1)<br \/>\nFritz M\u00fcller<br \/>\nArnold van der Spuy<br \/>\nAndr\u00e9 Bester<br \/>\nOom Ritzema de la Bat<br \/>\nGriet Page<br \/>\nCecile Thom<br \/>\nTobie Beukes<br \/>\nJack Botha<br \/>\nErika Lourens (1)<br \/>\nDempsey M\u00fcller (1)<\/td>\n<td>Oom Bethel M\u00fcller (Toervader)<br \/>\nGawie de la Bat<br \/>\nAnna-Linda de Wet<br \/>\nHenri\u00ebtte de la Bat<br \/>\nHans M\u00fcller<br \/>\nAnneke Pansegrouw<br \/>\nSpyker Bothma (1)<br \/>\nJan van der Merwe (1)<br \/>\nJaap de Lange<br \/>\nErnst Conradie<br \/>\nDani\u00ebl Jacobs<br \/>\nBraam Hanekom<br \/>\nTannie Mietsie Andrag<br \/>\nHelene Lourens<br \/>\nSusan Bester<br \/>\nRobert Geyser<br \/>\nViljoen Bester (1)<br \/>\nMari\u00ebtte Hanekom<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die koekoekhorlosie wat saamgegaan het, het agtuur aangekondig toe ons by die kampterrein in Ceres aankom. Dit beteken dat ons definitief ni\u00e9 om vyfuur kon gery het nie. Maar met reg ook! Hoe kon ons die paar eerste toeriste di\u00e9 belangrike tradisie van nie-betyds-ry-nie, laat misloop! Vrydagaand het rustig verloop. &#8216;n Tent m\u00f3\u00e9s opgeslaan word [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1086","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1086"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1086\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1088,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1086\/revisions\/1088"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}