{"id":1096,"date":"1983-06-28T14:44:07","date_gmt":"1983-06-28T12:44:07","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1096"},"modified":"2012-01-05T14:47:27","modified_gmt":"2012-01-05T12:47:27","slug":"kougaberge-1983","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1983\/06\/kougaberge-1983\/","title":{"rendered":"Kougaberge 1983"},"content":{"rendered":"<p>Die vakansie het al so op sy hurke gaan sit en gereed maak om op sy rug te gaan l\u00ea toe ons klompe Brawe Trotseerders van Koue tradisioneel-stiptelik sowat &#8216;n uur en &#8216;n half laat uit Stellenbosch vertrek. Oor die wenslikheid van die winter-uitstappie van ons &#8211; so reg na al die storms in die Kaap &#8211; is heelwat gedebateer en almal van ons is nie ewe vol vertroue hier weg nie. Die winter-sonnetjie het gelukkig besluit om sy kop uit te steek en ek het selfs begin kans sien om my serp te laat agterbly.<!--more--><\/p>\n<p>Uiteindelik was alles darem gelaai &#8211; \u00f3ns inkluis &#8211; en kon die toerlys gelees en die bus aangeskakel word. Met &#8216;n bus vol nuwe toeriste het die naamvraery sommer met die eerste draai van die wiel begin en net so buite Stellenbosch was ons almal al klaar weer &#8216;n hele paar nuwe vriende ryker.<\/p>\n<p>Die singery wou maar net nie lekker op dreef kom nie, ten spyte van die feit dat elke toeris met &#8216;n sangboekie toegerus is. Meeste van ons het ons maar liewer bepaal by die uitsig deur die busvenster wat regtig die moeite werd was na die baie re\u00ebn net die week tevore. Met &#8220;meeste van ons&#8221; sluit ek beslis die manne agter in die bus uit &#8211; hulle o\u00eb was vasgenael op hande vol vierkantige kaartjies (nie di\u00e9 tipe wat Deon van Niekerk subtiel aan ons ander probeer afpers het nie).<\/p>\n<p>Net voor ons kon begin moeg word vir busry was ons by tannie Magriet en oom Gys Muller (ons geagte voorsitter se ouers) op die plaas. Na &#8216;n lekker beker koffie en stukkie beskuit of twee was ons reg vir die lang pad. So elke hier en daar het ons nog voornemende toerlede opgelaai. Op Oudtshoorn is behoorlik &#8216;n soektog op tou gesit na Leslie Hibbert wat teen daardie tyd alreeds sy l\u00eaplekkie vir die nag by Twee Riviere uitgesoek het. Oom Behtal het met al die omswerwinge al begin dink ons ry Kango-grotte toe, maar met boodskappe op die regte plekke gelaat, was ons spoedig weer op pad.<\/p>\n<p>Die manne (veral Tobie) het omstreeks di\u00e9 tyd met weemoed besef dat hulle groot held, Magnum, besig was om sy streke sonder hulle uit te haal. By gebrek aan &#8216;n toestel in die bus, om di\u00e9 aand se episode dop te hou, het hulle maar besluit om hulle eie een op te voer &#8211; nie dat daar veel van gekom het nie!<\/p>\n<p>Toe die nag al klein-uurtjies se kant toe begin staan, kom ons op die plaas Twee Riviere aan &#8211; waar ons kampplek vir die volgende twee nagte sou wees. Die beste verwelkoming was die warm vuurtjie wat die manne, wat voor ons daar was, aangepak het.<\/p>\n<p>Kosma Bessie het dadelik koffie en broodjies begin organiseer en nie baie lank daarna nie, was die meeste van ons in droomland.<\/p>\n<p>Party van die manne was die volgende oggend minder gewild oor die &#8220;luisterryke&#8221; wyse waarop hulle die nagrus gevier het. (Ek verneem Gustav Sahlertz het die &#8220;Tjaain-saw&#8221; goeie kompetisie gegee.)<\/p>\n<p>Sondagoggend is ons wakker gemaak deur feetjies en kaboutertjies met koffie en beskuit. Wat &#8216;n manier om &#8216;n toer te begin! Die sonnetjie het saamgespeel en sy spesiale strale uitgepak toe ons begin nader staan vir kerk. Met die warmte teen jou rug en die mooi uitsig voor jou, tesame met oom Bethal se besielende boodskap kon geeneen onaangeraak bly nie. &#8220;Ag man! dis lekker in die Kouga!&#8221; (apologie aan S.G. Toere Beperk).<\/p>\n<p>Die voorstellingsparade is n\u00e9t na kerk gehou. Die &#8220;Peanut Gallery&#8221; was weer vol idees &#8211; hulle kon selfs daarin slaag om arme Marthesia se naam na &#8216;n vrot verkoue te laat klink (of Trix de Wet en Ernst Conradie, die wat die w\u00e1re Jakob kon getuig, saam geglimlag het, sal ek nou nie kan s\u00ea nie.)<\/p>\n<p>Na die ordentlikheidspraatjies het die dames seker gemaak dat die manne geensins onder &#8216;n wanindruk verkeer nie. Die ernstige wan-balans van dertien rose teenoor drie-en-dertig dorings sou geen verskil aan die sterkte van teenwoordigheid maak nie. Die manne is vriendelik gewaarsku: &#8220;Julle dink miskien julle gaan &#8216;bach&#8217;, maar ons gaan vir julle &#8216;catch&#8217;!&#8221;<\/p>\n<p>Net hierna het Johan Basson (Pannetjies) saam met sy ouers gearriveer en as eerste toeris was hy &#8216;n bietjie oorweldig deur die &#8220;Koning&#8221; wat die vriendelike ou toeriste uitgepak het.<\/p>\n<p>Kokke en stokers is nader geroep en &#8216;n begin is met middag-ete gemaak. Ondertussen het oom Behtal, Neels Muller en Gustav so stil-stil verdwyn na Prof. Versveldt (baas van die plaas) se huis toe. Hulle het teruggekom met berigte van skaapboud en gebakte poeding &#8211; maar wie verruil nou BTK-kos vir iets so onoorspronkliks! Gelukkig nie ons nie!<\/p>\n<p>&#8216;n Paar ouens het jukskeie \u00earens vandaan gehaal en was gou in &#8216;n hewige stryd gewikkel. Die res van die manne het besluit om vir di\u00e9 stukkie geskiedenis op die toer te sorg en \u00e1l die groente te skil. Dit was nou, wat &#8216;n mens noem, &#8216;n gesig der gesigte!<\/p>\n<p>Ten spyte van &#8216;n beweerde parafiensmaak in die aartappels, het ons baie lekker ge\u00ebet en lui-lui in die middagson die pit-spoeg kompetisie onder aanvoering van Piet Kriel dopgehou. Behalwe vir oom Bethal en oom Tjaain se dapper pogings was daar niemand wat kans gesien het om op Barry de Wet se kampioen-poging te probeer verbeter nie. (Miskien kon Jaap de Lange nog &#8216;n kans staan, was dit nie vir die probleem met sy rigting nie.) (&#8216;n Mens moes meer as net &#8216;n kat-spoegie uit sy pad uitbly.)<\/p>\n<p>Eerste toeriste het na ete met die werklikheid van &#8220;hol&#8221; en &#8220;bol&#8221; kennis gemaak toe borde gespin word. Arme Anneke Pansegrouw het spoedig met sowel deelnemers as nie-deelnemers se borde gesit &#8211; maar so leer mens maar op die harde manier by die BTK!<\/p>\n<p>Van die agter-middag kan ek nie veel rekenskap gee nie. &#8216;n Rustige middagslapie was my idee van tydverdryf en ek weet van &#8216;n hele paar ander wat di\u00e9 gedagte gedeel het.<\/p>\n<p>Sondag-aand was maar koud en die items wou net nie aan die gang kom nie. Net Piet Kriel het seker nie veel van &#8216;n probleem gehad nie &#8211; met sy &#8220;nuwe&#8221; pak klere aan het hy aan die beweeg gebly.<\/p>\n<p>Tee en koekies saam met hekeltyd was n\u00e9t die regte aansporing vir &#8216;n paar manne om nog tot lank na &#8220;nag dames&#8221; saam met Les en sy kitaar te sing.<\/p>\n<p>Maandagoggend is die rugsakke finaal gepak en was ons gereed vir die stap, maar nie voordat ons die enigste goeie Ikey, Prof. Versveldt wie se plaas dit is, ontmoet het nie.<\/p>\n<p>Sommer met die eerste dag se stap het die baie water ons al opgeval &#8211; iets waaroor sommige lede van die toer later minder opgewonde sou raak as ander. Ten spyte van die eerste kloof se onrusbarende benaming &#8211; &#8220;Diepte van Ellende&#8221; &#8211; het dit darem nie so moeilik gegaan om die vakansie-luiheid uitgestap te kry nie.<\/p>\n<p>Reeds vroegoggend het ons die eerste van Piet Kriel se gewaarborgde Boesmantekeninge ontdek. Elkeen wat enigsins vertroue in sy kamera het, het di\u00e9 rariteit probeer vasl\u00ea. Ons ander sou sommer maar net bly sit en eerstehands daarna kyk.<\/p>\n<p>Die middag het nog nie te ver gevorder nie, toe is ons al in die Twee Riviere kloof en ywerig aan die aandete voorberei. Almal is welliswaar nie ewe handig met billies op stofies nie &#8211; sommiges moes selfs dri\u00e9 keer van vooraf begin sopwater kook. (Om verleentheid te voorkom, wil ek graag die name van Gustav Sahlertz en Neels Muller verswyg.) Na so &#8216;n bietjie gesukkel was die honger darem gestil en die borde in baie gevalle vir oulaas skoon. (Dani\u00ebl Jacobs se plastieksakkie-patent kan dalk op die terrein van &#8220;skoon borde sonder moeite&#8221; nog groot opgang maak.) Die ou toeriste was gemaklik in die slees en die tafel was gedek vir &#8216;n eerste-toeris-item-aand.<\/p>\n<p>Aan talent was daar geen tekort nie: Ons is saam met die Duitsers en Engelse deur die oorlog, het saam deur verskeie &#8220;stinkhout-bankie&#8221;-items geworstel en is selfs beloon vir ons geduld deur troebadoer Arnold van der Spuy. Soos die aand gevorder het, het die groot stilte oor die eerste toeriste begin daal &#8211; die komende WRAAK het swaar op gemoedere gel\u00ea. Net betyds om deel aan die groot gebeurtenis te h\u00ea, het Anna-Linda de Wet en Piet Muller hulle by ons aangesluit. Wie nou eintlik die verbaasste was om wie te sien toe die lampe aangeskakel word, sal &#8216;n raaisel bly!<\/p>\n<p>Heelwat later het &#8216;n klompie bleek, maar verligte eerste toeriste elkeen met &#8216;n nuwe rooi doekie om die nek, gestaan en glimlag oor die voorreg om nou w\u00e1re BT-Kaners genoem te word.<\/p>\n<p>Dinsdagoggend het almal vol moed weggetrek vir die entjie se klim waarteen Neels so ligweg gewaarsku het, maar soos Tobie Beukes ges\u00ea het: Vir party van ons het die rus later maar klim-klim gegaan. Bo is ons verwelkom deur &#8216;n geniepsige windjie, maar terselfdertyd ook &#8216;n lieflike uitsig oor die klowe.<\/p>\n<p>&#8216;n Paar minder-nuuskieriges het die rugsakke opgepas terwyl die res van ons Saptoukop uit is. Dit was &#8216;n onbeskryflike ervaring om die berge soos blou-olifant-slurpe langs mekaar te sien l\u00ea. Ek moet s\u00ea, van daar af het die groen kloof wat Neels as slaapplek vir die nag uitgewys het, maar taamlik ver ondertoe gelyk.<\/p>\n<p>Gly-gly is ons in Saptou-kloof af tot onder verby Mooipoele en Rooielswaterval op pad na Rotsplaatkamp toe. Anna-Linda was in &#8216;n rekord-tyd swart gesmeer deur die gebrande stokke waardeur ons moes loop. Dit is juis met een van hierdie gebrande stokke wat Joos van der Merwe &#8216;n geveg wou aanknoop. Soos &#8216;n wafferse kenner probeer hy toe mos die beroemde &#8220;Boerseun-volstruisskop&#8221; uitvoer. Ongelukkig vir hom het die stok in die uitdaging die botoon gevoer en vir die res van die toer moes hy met &#8216;n seer been rondloop.<\/p>\n<p>Om alles te kroon beseer ons enigste Medic (Piet M.) toe ook nog sy hand &#8211; gelukkig was daar geen verdere voorvalle nie.<\/p>\n<p>Damesskiet was di\u00e9 aand vir die eerste keer in &#8216;n lang tyd geen probleme nie. Hoewel ons dames maar beskeie en skaam was, was daar soveel manne om van te kies dat elkeen geholpe moes raak! Die items was maar minnerig, want die skraal windjie het aanhoudend gedwing om almal binne die slees te hou. Die wind het die hele nag lank &#8216;n hele paar harte nie net &#8216;n bietjie onrustig laat klop nie, maar Woensdagoggend toe ons stroof-af begin stap was alles vergete. Die baie water het die begrip &#8216;droogte&#8217; oor die res van die land amper ondenkbaar laat voorkom. Ons het ook twee rotsklimsessies &#8211; kompleet met tou en al &#8211; in di\u00e9 dag se stappie deurgemaak. Nie heeltemal sonder voorvalle nie, moet ek s\u00ea &#8211; ek weet byvoorbeeld van &#8216;n groep wat na een van di\u00e9 sessies nat sjokolade en nat koffiesakkies moes saamdra.<\/p>\n<p>Vir middagbrood het ons uitgespan langs &#8216;n reuse krans waar summier besluit is om die groep-foto n\u00e9t daar te neem. Pa en seun Muller het vir ons gewys hoe hulle mekaar aanvul as dit by lewenservaring kom. Dit is nou oor hoe &#8216;n mens &#8216;n meisie bedank as sy vir hom &#8216;n GROOT guns gedoen het. &#8216;n Dankbare Ernst het sy verlore ligmeter teruggevind &#8211; vandaar di\u00e9 demonstrasie.<\/p>\n<p>Daarvandaan is ons stroom-op met die Sipresrivier tot in Buffelskloof waar ons die volgende dag sou oorstaan. In Swaeltjiekamp het ons behoorlik nes geskop vir di\u00e9 okkasie.<\/p>\n<p>Te midde van weddenskappe tussen Riaan Cloete en Neels Muller oor die moontlikheid van re\u00ebn al dan nie, het die res van die geselskap hulself oorgegee aan Volkspele. Baie gou was almal vuurwarm gespeel &#8211; geen wonder dat die items so lewendig was nie. Terwyl &#8216;n hele paar o\u00eb angstig die stryd tussen wolke en sterre dopgehou het, het items soos &#8220;Fifi&#8221; en &#8220;Die Hoenderhen&#8221; in volle glorie herleef.<\/p>\n<p>Deon en Betsie van Niekerk was ongetwyfeld die minste bekommerd van ons almal &#8211; hulle het immers veilig in hulle tentslee gel\u00ea. Laat-aand het die minder-slaaplustiges rondom die seder-vuurtjie gestaan en flou grappe vertel. Josua Louw het die situasie net betyds gered deur ons onkundiges beter in te lig oor die verskillende boomsoorte wat ons deur die dag gesien het.<\/p>\n<p>Donderdagoggend was dit die lekkerste van lekkerstes om die rugsakke agter te los en koers te kies veld in. Nie eers die dreigende grys wolke kon ons afskrik nie. &#8216;n Mens kon jou verstom aan die baie sederbome en elke ou wat enigsins iets skerps byderhand gehad het, was spoedig aan die kerf aan een of ander potensi\u00eble aandenking.<\/p>\n<p>Ons het ook verbaas bly staan oor die doodsveragtende lere wat die Boesmans teen die steil kranse gebou het om by die heuning uit te kom. Hulle moes sowaar, behalwe vir die hare op die tande, &#8216;n baie groot liefde vir soetheid op die tand gehad het.<\/p>\n<p>Die re\u00ebn het uiteindelik, na verskeie probeerslae, ons teruggejaag kamp toe, waar &#8216;n paar meer verstandiges agtergebly het. In verskillende grade van natheid (nie almal veroorsaak deur re\u00ebndruppels nie) het ons by die kamp uitgekom &#8211; dankbaar vir die son wat wou-wou uitkom en die warm sop wat middag-brood-vooruitsig was.<\/p>\n<p>Teen dag-einde se kant het &#8216;n paar manne dit met luide gejuig na die koue water gewaag. Selfs eerste, tweede en derde koulikstes, te wete Piet Kriel, Neels Muller en Joos van der Merwe het in di\u00e9 rigting verdwyn. Ons ander het di\u00e9 aff\u00eare maar so sit en beluister &#8211; veilig warm naby die vuur.<\/p>\n<p>Damesskiet het vir &#8216;n paar manne groot verrassing ingehou. Selfs die geharde Tobie Beukes wou nog glo hy &#8220;bach&#8221; toe het Gina al lankal vir hom &#8220;gecatch&#8221;.<\/p>\n<p>Gustav en Neels was die aand baie ywerig aan die item en sleepille afpers van dames wat wou seker maak dat damesskiet op &#8216;n end was. Wilna Theron se besondere geur (kerrie) lekkertjies het egter \u00e9\u00e9rs die vlam aangeblaas en di\u00e9 twee manne was vir die res van die aand glad nie op die bek geval nie. Hekeltyd was vol wind in die seile en oom Tjaain het later opgemerk dat di\u00e9 toer besonder goeie hekels opgelewer het.<\/p>\n<p>Vrydagoggend was vir minstens een van die dames op die toer &#8216;n dag waarna lank reeds uitgesien is. Trix de Wet het sommer vroegdag al begin mooi lyk vir die gas wat ons te wagte was.<\/p>\n<p>Ons het al langs die rivier afgestap en weereens baie mooi en duidelike voorbeelde van Boesmantekeninge te\u00ebgekom. Vir middagbrood het Neels halt geroep by seker een van die mooiste plekke in die Kouga berg. Die rotsformasies bokant die lieflike poele wat groen toegegroei staan en die witkruis arend wat soos &#8216;n heerser daar bo sirkel, het &#8216;n mens klein laat staan voor die grootsheid van &#8216;n skepping soos di\u00e9.<\/p>\n<p>Daarvandaan is ons by nog heelwat prentjieagtige poele verby en deur verskeie lopende stroompies tot by Groot Brak, &#8216;n ou Boesmankamp waar ons die laaste aand sou deurbring. Hier het Trix se Johan hom by ons aangesluit &#8211; net betyds om die laaste bietjie lekker saam met ons uit die toer uit te haal.<\/p>\n<p>Vanuit die sleekring kon &#8216;n mens opkyk deur &#8216;n reuse sirkel, gevorm deur die kranse, na &#8216;n spel van die sterre om helder deur die wolke te skyn. Ek het meteens onthou wat oom Bethal Sondag vir ons gelees het: &#8220;Leer ons om ons dae so te tel dat ons &#8216;n wyse hart mag bekom!&#8221; (Psalm 90:12) en ek was dankbaar vir ons almal se gesonde jong lewens en die voorreg om hierdie wondere in ons jonkheid te ervaar.<\/p>\n<p>Die items het op &#8216;n spontane manier bygedra tot die amperse gewyde bewondering wat die nag afgedwing het. Daar is nog tot laat rondom die kampvuur gestaan en sing, maar nadat Gustav en Joos die dames al vir die derde keer &#8220;Goeie-nag&#8221; toegesing het, het almal maar slaapsakwaarts gekeer.<\/p>\n<p>Saterdagoggend wou Neels vroeg-vroeg roer, maar iewers het &#8216;n verlore billie hom gekniehalter. Ten spyte van ernstige dreigemente kon die arme ding n\u00e9t nie &#8216;n baas kry nie. Iemand het gelukkig die hart gehad om hom aan te neem, en hy het veilig by die bus aangekom.<\/p>\n<p>Die stappie bus toe, was maar taamlik haastig, maar die ongelooflike rotsformasies het steeds die oog bly vang. Halfpad was ons vir &#8216;n vinnige inloertjie by mnr en mev Rover op hulle plaas aan. &#8216;n Paar Duitse liedjies later (spesiaal vir mev Rover) en met &#8216;n nuwe vriendskap stewig gevestig was ons gou weer goed op dreef (of liewer, op bult) Twee Riviere toe.<\/p>\n<p>Die walaaiers het sommer dadelik na middagbrood ywerig begin laai en dit was so amper-amper of ons was betyds vir ons afspraak met mnr en mev Jonker. Ons geledere was al so effens uitgedun toe ons op die Jonkers se plaas aankom. Nietemin het die tannie dadelik al wat &#8216;n teenwoordige man was, se hart direk en dwarsdeur sy maag gewen met die heerlike eetgoed wat as verrassing saam met die tee en koffie gewag het.<\/p>\n<p>Van die terugreis kan &#8216;n mens net s\u00ea dat as daar enigsins iemand was, wat wou probeer slaap, hy te midde van die opgewondenheid van die kaartspelers reg in die middel van die bus, dit beslis nie kon regkry nie.<\/p>\n<p>Saterdag het ook al amper Sondag geword toe ons weer in Stellenbosch aankom. In &#8216;n rekordtyd is die bus afgelaai en was almal op pad na &#8216;n bad en &#8216;n bed (of minstens een van die twee).<\/p>\n<p>Na so &#8216;n besonder aangename toer kan daar nie een enkele Kougabergtoeris wees wat nie lus is vir die nuwe semester nie en buitendien, soos Langenhoven tereg s\u00ea: &#8220;Hou moed: die tweede helfte het al &#8216;n helfte agter; die eerste had nog &#8216;n helfte voor!&#8221;<\/p>\n<p>Sylvia Vorster<br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vakansie het al so op sy hurke gaan sit en gereed maak om op sy rug te gaan l\u00ea toe ons klompe Brawe Trotseerders van Koue tradisioneel-stiptelik sowat &#8216;n uur en &#8216;n half laat uit Stellenbosch vertrek. Oor die wenslikheid van die winter-uitstappie van ons &#8211; so reg na al die storms in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1096","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1096","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1096"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1096\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1097,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1096\/revisions\/1097"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1096"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1096"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1096"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}