{"id":1098,"date":"1983-09-29T14:47:41","date_gmt":"1983-09-29T12:47:41","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1098"},"modified":"2012-01-05T14:55:54","modified_gmt":"2012-01-05T12:55:54","slug":"skoonste-kaap-september-1983","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1983\/09\/skoonste-kaap-september-1983\/","title":{"rendered":"Skoonste Kaap September 1983"},"content":{"rendered":"<p>Die plek: Kaappunt; die tyd: agtuur; &#8220;Een &#8230;. twee &#8230;. drie &#8230;. VUUR!&#8221; Nee, dis nie een of ander Midde-Afrika vuurpeleton nie, maar die benoude aansporing vir &#8216;n paar meer brawe manne wat die vraatsige kees van ons eerste oggendbrood probeer verwilder -terwyl die dames veilig en droog (dit was mistig) in die bus sit en toekyk. Di\u00e9 onwelkome lid van die Beukes-familie is gelukkig voordat \u00e1l die broodjies verwoes kon word, verwilder en na &#8220;wat die oog nie sien nie &#8230;.&#8221; is daar tentatief broodjies uitgesoek en kon ons begin opstap na die beroemde Punt van Afrika.<!--more--><\/p>\n<p>Asof sy aarbeikonfyt-ontbyt nie goed genoeg was nie, moes Ta tydens ons stappie terugkeer om hom te help aan Enna Steenkamp se sleepille! Nou ja, op s\u00f3 &#8216;n goeie begin kon daar net verbeter word en alle tekens was daar, dat Kriel en Bester se &#8220;Vetpret Toere Edms Bpk&#8221; nog verskeie noemenswaardighede sou oplewer.<\/p>\n<p>Teen die tyd dat ons begin stap het, het die son reeds verskyn, en het ons visioene begin sien van &#8216;n re\u00ebnlose week. Tot middagbrood het ons &#8216;n amperse Gala-stap, al langs die strand gehad. Veldblomme het die w\u00eareld vol gestaan, &#8216;n lus vir die o\u00eb. Pieter Muller, die aanvoerder van die Naweektoeriste het ons rus-rus in sy bakkie gevolg.<\/p>\n<p>&#8220;Toer onderhewig aan veranderinge&#8221; het onder aan die kennisgewing gestaan en ons het dit deeglik ondervind. By Sirkelsvlei was daar nie diere nie, terwyl daar by die Theefontein-slaapplek &#8216;n oorvloed van vlie\u00ebnde insekkies was (lyk asof die vlie\u00ebnde Hollander aangete\u00ebl het). Aanvanklik was almal egter heel opgeto\u00eb oor die terrein, opgewonde oor die wilde arend en later heel opgeswel van die bye! Waar wie gesteek en wat deur wie ges\u00ea is, sal ons nie nou s\u00ea nie. Daar was egter net een uitweg: &#8216;n ander slaapplek!<\/p>\n<p>Mnr Wright, die baie vriendelike Fauna &amp; Flora-man, het ons gelukkig gou gehelp en ons kon ons op &#8216;n eksklusiewe piekniekterrein vestig vir die aand en oorstaandag. Die gesteektes kon hier hul wonde lek, daar is kos gemaak, geskiet, ge-item, geslee en geslaap.<\/p>\n<p>Sondagoggend het aangebreek met &#8216;n paar dik lippe en tot &#8216;n opgeswelde oog. Gelukkig het niemand kwaai nagevolge oorgehou nie en Riaan Cloete, wat s\u00f3 deurgeloop het dat hy nie kon slee nie (gelukkig vir die Bachies) was weer blomfris.<\/p>\n<p>Met Tobie Beukes in die nabyheid, het byna elke toerlid een of ander tyd di\u00e9 vraag gehoor: &#8220;Kan jy brug speel?&#8221; Jan Bester het die oggenddiens gelei en daarna moes ons net wag dat die hoenders in die pot hul l\u00ea kry, voordat ons kon aansit vir &#8216;n feesmaal. (Raai wie was een van die kokke?). Intussen het Kosma Henri\u00ebtte de la Bat en Voorsitter Neels Muller voortdurend geheimsinnige toggies onderneem na die oewer van die spruitjie.<\/p>\n<p>Die fiksheid-maniak, Pieter Kriel, het ons na ete vinnig deur die pre-Elsa-oefeninge geneem en daarna het ons so sit-sit sit en Elsa eet. &#8216;n Ondervinding wat gelukkig vir minder-maniakke, hoogstens een maal per toer voorkom! Net n\u00e1 ete is ons vertel van die WORTELVROTTE. Dit het s\u00f3 gebeur: Neels het ons diplomaties meegedeel dat ons ni\u00e9 van die stroompie se water moes gebruik nie; ons sou glo die volgende dag sien hoekom nie. Pieter M. het dit \u00f3f nie gehoor nie \u00f3f dit &#8216;n vet &#8216;ig&#8217; gekap en het w\u00e9l sy bord in die genoemde stroompie gaan was. Die reuk het hy afgemaak as &#8216;wortelvrot&#8217;. Di\u00e9 wortelvrot, kan egter praat, soos Neels M. en Pieter K. tydens hul &#8220;reckie&#8221; agtergekom het. &#8220;Angus, bly nou stil, mammie wil praat!&#8221; Afleidings? Gevolgtrekkings? Maak jul eie oor wie of wat WORTELVROTTE is!<\/p>\n<p>Di\u00e9 wat nie al brug-spelende agter die skadu aangetrek het, of heel oukapapee was na Elsa nie, het die middag na Scarborough gestap. Dis nou nie dat die water daar koud was nie, maar daar was maar net &#8216;n p\u00e1\u00e1r vuiles wat dit nodig geag het om te swem. Die res het hul enkels gebaai en di\u00e9 wat nie vervoer gehad het nie, het teruggestap want vyf dames is die maksimum wat &#8216;n sekere geel bakkie kon behartig, na &#8216;n stuk of agt mans geen indruk op hom kon maak nie!<\/p>\n<p>Teen Maandagoggend was Sondag verby en had almal van ons nekdoeke. Die naweek-toeriste het ons reeds vroeg verlaat, maar die &#8216;verbrande&#8217; Priscilla Botha kon darem eers &#8216;n splinternuwe nekdoekie kry.<\/p>\n<p>As opvolger vir genoemde pre-Elsa-oefeninge het die Du Preez Gimnasium met sy verpligte verslankingskursus begin &#8211; &#8216;n Werklike opknappertjie so vroeg in die oggend. Gelukkig raak bestuurders nie opgewonde as sommige mense voor die pas-gevatte bus instap nie.<\/p>\n<p>Ons is Boskloof op, Vlooiberg verby en het met verlangende o\u00eb gestaar na heerlike sleemateriaal op Kommetjie se plaaslike ashoop. Tobie se naz\u00efsties-georienteerde o\u00eb het geskitter ten aanskoue van Kobrakamp &#8211; daterend uit die Tweede W\u00eareldoorlog. In &#8216;n kanonstelling het ons middagbrood geniet en ons tweede groot lag van die toer gehad. Ons was nog rustig die mooi vuurtoring aan die bewonder toe benoude gilletjies vanuit die huisie opgeklink het. &#8220;Seker een van die middagbroodjies.&#8221; N\u00e1 &#8216;n rukkie verskyn die verle\u00eb gesig van Jaap de Lange, die onvlie\u00ebnde Hollander in &#8216;n opening en hy vertel ons toe dat hy ge-wha! het vir &#8216;n niksvermoedende bruin seuntjie. Di\u00e9 het seker gedink dit was sy laaste oomblik op die planeet. Foeitog!<\/p>\n<p>Op Kommetjie het Andr\u00e9 Bester en Arnold Muller reeds hul draaie geloop gehad en &#8216;n onskuldige meisie, soos twee ware voornemende bedienaars, na haar huis vergesel. Die poskantoortannie was duidelik be\u00efndruk met Neels se gehawende, betjapte nekdoekie en ons kon almal een tjappie ryker word.<\/p>\n<p>By die Von Jurhoff-karavaanpark het ons ons eerste warm water kon belewe. Nadat die kool gehaal en gekook is, het almal behalwe sommige welriekende stokers, met skoon lywe en blink gesiggies in die slees ingespring. Weliswaar kon Catherina Neethling, teen alle Coke-weddenskappe in, ni\u00e9 daarin slaag om vir Tobie (wat belowe het) wakker te hou nie! Teen slapenstyd het Jaap de Lange sy goedjies gepak en huiswaarts vertrek. Tot ons ontsteltenis moes ons ontdek dat slakke &#8216;n voorliefde vir bagasie het en het ons vieserig ander slaapplekkies moes kry.<\/p>\n<p>Teen Dinsdag se opstaantyd het Amanda du Plessis met we\u00ebmoed moes erken dat sy &#8216;n arme slakkie vergruis het in haar slaap. Nie almal het haar simpatie gedeel nie. Dit was &#8216;n prag van &#8216;n dag en die strandstap het mooi skatte opgelewer: die Kakapowrak en &#8216;n groot swerm flaminke. Na n\u00f3g &#8216;n onderonsie met &#8216;n kees, het ons Chapmanspiek bestyg.<\/p>\n<p>Bo-op, uit die wind uit, is die meriete van konfyt vs Bovril bespreek, maar w\u00e1t die brood ook opgehad het, alles het in &#8216;n oogwink verdwyn.<\/p>\n<p>Pieter wat voorgestap het, se &#8220;al met die kontoer langs, tot bo-op die nekkie&#8221; het die mense aan die &#8220;praat&#8221; gehad. Gelukkig het Tobie darem &#8216;n verdwaalde doedelsakspeler gehad om hom af te koel. Naby Silwermyn het Neels en Alba ons begroet met welkome nuus. Ons is geneem vir &#8216;n rustige stappie om die dam en vir elke denkbare behoefte is daar langs die pad vertoef. Gelukkig kon ons daar slaap; wys jou net, soms moet jy juis ni\u00e9 deur die regte kanale werk nie!<\/p>\n<p>Na &#8216;n laterige aandete is daar ywerig geslee en ge-item en weereens moes &#8216;n oningeligte eerstetoeris met Napoleon kennismaak. Gelukkig het niemand probeer om &#8216;n olifant te was of sy tande te borsel nie!<\/p>\n<p>Die koel weer van die vorige nag het ons gewaarsku en Woensdag se &#8220;Oooopstaan!&#8221; het al die tentloses (darem droog) in die bus aangetref. So in die eendeweer moes ons inpak en &#8216;n oggendpappie afsluk. As ons t\u00f3\u00e9 geweet het wat ons twaalf en &#8216;n half uur daarna geweet het, sou alle moontlike busbestuurders gelyk aangebied het om die bus om te neem na Tafelberg.<\/p>\n<p>So in die mistigheid is ons verdwaal &#8211; verdwaal weg van Silwermyn en na &#8216;n paar &#8216;omkere&#8217; kon ons in &#8216;n flou sonnetjie verder stap. Ons toggie het langer geneem as waarop ons begroot het en na middagbrood was die &#8216;sports&#8217; oor en het die klimmerasie begin.<\/p>\n<p>Skeleton gorge sou ons sekerlik ge\u00efntimideer het as ons nie verskeie aanmoediging gekry het nie: &#8220;You still have to go up quite a long way&#8221; van &#8216;n Engelse dame en &#8220;Golly&#8221; en &#8220;Heck!&#8221; van &#8216;n bruin seun.<\/p>\n<p>Mens word darem dors van so &#8216;n gestap en nadat Neels, ten spyte van dreigemente nie die verlore koeldrank kon opspoor nie, moes hy die hand in eie boesem steek en self die drinkgoed aanmaak.<\/p>\n<p>Skemer het ons nog altyd op pad gevind. Oom Tjaain was nie meer opgewonde oor die uitsig nie, en grappies het begin opraak terwyl die aanhangers van die &#8220;Ons haat Pieter Kriel-Agentskap&#8221; gegroei het. As mens by &#8216;n lopende neus, seer voete, koue vingers, &#8216;n le\u00eb maag en verskuilde gate in die pad kon verbykyk, was dit eintlik &#8216;n mooi aand. Glukkig het elke BT-Kaner twee voltydse beskermingsengeltjies byderhand en toe Neels teen negeuur die Bergklubhut se deur oopskouer, was dit n\u00e9t betyds. Sug &#8230;. sug! Warmte, r\u00e9gte matrasse en &#8216;n dro\u00eb plekkie.<\/p>\n<p>Binne rekordtyd is die kos gekook en so al slapend het niemand agtergekom dat die twee kilogram rys drie maal aangebrand het en dat die Toppers &#8216;n ekstra smakie gehad het nie. Tot die groentehaters het met genot weggeval aan die wortels en ertjies. Met hangende ooglede het niemand nog kans gesien vir slee nie en die meeste het net aan die on-prosa\u00efse &#8220;stewels-uit&#8221; gedink.<\/p>\n<p>Geen stoere Calvinis sou &#8216;n reguit gesig kon handhaaf toe daar tydens aandgodsdiens &#8216;n rustige gesaag van &#8216;n moe\u00eb BT-Kaner opgeklink het nie. Aan kampverdeling is daar min of meer gehoor gegee en net Neels, Pieter en Jan Bester het vollyf, en Arnold van der Spuy half-lyf in dameskamp geslaap. S\u00f3 met &#8216;n toon naby &#8216;n kop of met &#8216;n knie in die rug het almal darem &#8216;n plekkie gekry en nie eens vir die kleinste snorkie was daar &#8216;n plek nie!<\/p>\n<p>Van die beloofde &#8220;liggies kyk voor slapenstyd&#8221; het daar niks gekom nie. (Almal was lights-out na die stap!).<\/p>\n<p>Die laaste dag het aangebreek en na Oats met al die oorblywende botter in, het ons opgeruim en met gevoelige voete die laaste entjie aangepak. T\u00f3\u00e9 eers kon ons sien dat ons engeltjies werklik gisteraand &#8216;n besige tydjie moes gehad het. Oral langs die pad was daar tekens van Wortelvrotte en Carel Schnetler het geduldig al hul gemors loop en optel.<\/p>\n<p>Bo-op die berg het ons weer met &#8216;mense&#8217; kennisgemaak en n\u00e1 &#8216;n saamgesqueezde groepfoto is ons in twee sarsies na onder. Om Marienne de Bruyn se kapitalistiese stelling te gebruik &#8220;Ons moet vir elke kyk 10c vra, dan word ons vinnig skatryk!&#8221; Mens het naderhand begin wonder of ons vuil was of iets &#8230;.! (Sommiges van ons kon egter al na &#8216;n uitgestorwe ras begin lyk het).<\/p>\n<p>Koppe het geknik-knik op pad terug Stellenbosch toe. Die toer was verby en die spore gel\u00ea vir nog Vetprettoere in die toekoms.<\/p>\n<p>Hoop net hulle sien die regte vlie\u00ebnde Hollander.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Catherina Neethling<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n<p><strong>Twee besondere natuurgedigte &#8211; oor die &#8220;Kaapse Dokter&#8221;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Boerneef sien die Suid-oos so:<\/strong><\/p>\n<p>Hoe waai die Sedoos oor Tafelberg<br \/>\nso lieflik wit maar alte omgesukkel &#8211; mensag!<br \/>\nOns murmureer verniet, ons moet dit maar<br \/>\nverduur<br \/>\nas Sedoos so rondrol so sy nou daar rond<br \/>\nrol rol rol<br \/>\nmoet ons dit maar amelewe verduur<br \/>\nSedoosse wolk is so wit soos sneeu<br \/>\ndie see meeu hang wit en swets teen die wind<br \/>\nSee meeu wit teen Sedoos wolke se wit<br \/>\nis wit wat kantelwaai en swets innie wind<br \/>\nen sedoos wolke is so wit soos sneeu<br \/>\nmaar dat hy nou so omge\u00ebllie waai<br \/>\nen mens en meeu so bitter laat pelielie<br \/>\n&#8211; Mensag ons!<\/p>\n<p><strong>Suidoos<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">Ek druk die skiereland se groot hol kas<br \/>\nvan berge en valleie teen my vas<br \/>\nen pluk daaruit die diep dreun klanke<br \/>\nen tussen se\u00eb en los misbanke<br \/>\nTrap ek so lekkerlyf my askoek pas<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong><em>(D.J. Opperman)<\/em><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die plek: Kaappunt; die tyd: agtuur; &#8220;Een &#8230;. twee &#8230;. drie &#8230;. VUUR!&#8221; Nee, dis nie een of ander Midde-Afrika vuurpeleton nie, maar die benoude aansporing vir &#8216;n paar meer brawe manne wat die vraatsige kees van ons eerste oggendbrood probeer verwilder -terwyl die dames veilig en droog (dit was mistig) in die bus sit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1098","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1098","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1098"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1098\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1103,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1098\/revisions\/1103"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1098"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1098"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1098"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}