{"id":113,"date":"2011-10-21T18:50:17","date_gmt":"2011-10-21T16:50:17","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=113"},"modified":"2012-08-05T11:47:22","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:22","slug":"bainskloof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/10\/bainskloof\/","title":{"rendered":"Bainskloof"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/10\/bainskloof\/bainskloof_2011\/\" rel=\"attachment wp-att-109\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-109\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2011\/11\/Bainskloof_2011.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"450\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2011\/11\/Bainskloof_2011.jpg 600w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2011\/11\/Bainskloof_2011-300x225.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/a>Die weer vooruitsigte het nie baie goed gelyk met die aanvang van die Bainskloof naweek van 15 en 16 Oktober nie. Saterdagoggend was dit bewolk en koud en die moontlikheid van re\u00ebnerige naweek het al hoe meer \u2018n realiteit geword. Die groep van 10 het 07:00 die Saterdagoggend by die Neelsie bymekaar gekom en van daar is ons met twee voertuie deur na Bainskloof net buite Wellington. Soos wat ons Bainskloof pas op gery het, het ons deur die wolk lyn beweeg en \u2018n mens kon skaars 20 meter voor jou in die pad sien.<!--more--><\/p>\n<p>Nie lank nadat ons by die Eerste Tol bo-op die berg aangekom het nie, het daar \u2018n ligte bui begin uitsak. Gelukkig het ons onder dak gebly en die moontlikheid dat ons kos en klere sou natre\u00ebn was nie \u2018n probleem nie. Na ontbyt het die weer bietjie begin opklaar en ons het maar besluit om die eerste staproete van die naweek aan te pak. Dit was nog lekker koel en die fynbos veld het vars geruik met die re\u00ebn wat onlangs daar geval het. Ons het gestap tot by Gawie se water wat nogal iets is om te beleef. Dit is \u2018n kanaal wat in die 1800\u2019s gegrawe is om water vanaf die Witte rivier oor die berg te lei vir die boere in Wellington. Hierdie kanaal bepaal of die water in die Witte rivier uiteindelik in die Atlantiese &#8211; of Indiese Oseaan opeindig.<\/p>\n<p>Ons is daarna terug na die hut waar ons middagete ge\u00ebet het. Na middagete het die wolke oopgetrek en die son het bietjie begin om die landskap op te warm. Ons het weer die berge ingevaar en met die terugkomslag is daar besluit om te swem in die poele van die Witte rivier, al was die water besonders koud. Die aand is het ons vuur aangesteek en daar is lekker gekuier en gebraai. Teen die tyd wat die son onder was het al die wolke al oopgetrek en daar is besluit om onder die sterre te slaap.<\/p>\n<p>Die Sondag was \u2018n winderige dag, maar gelukkig het die son lekker geskyn. Na daar ontbyt ge\u00ebet is, het ons die laaste roete van die naweek aangepak. Die eerste deel van die roete was dieselfde as die een wat ons die Saterdag gedoen het, maar na \u2018n ent se stap het ons afgedraai na die Witte rivier. Ons het rivier langs terug gestap tot ons by \u2018n lekker swempoel gekom het wat as Baalgat bekend staan. Daar het ons middagete gemaak en di\u00e9 wat braaf genoeg was om die koue bergwater aan te pak, het bietjie geswem. Van daar het ons verder met die rivier af beweeg tot ons weer by die kampplek aan gekom het. Ons het so drie-uur vanaf Bainskloof terug gery Stellenbosch toe. Dit was \u2018n besonderse naweek.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">&#8212; Pieter Retief<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die weer vooruitsigte het nie baie goed gelyk met die aanvang van die Bainskloof naweek van 15 en 16 Oktober nie. Saterdagoggend was dit bewolk en koud en die moontlikheid van re\u00ebnerige naweek het al hoe meer \u2018n realiteit geword. Die groep van 10 het 07:00 die Saterdagoggend by die Neelsie bymekaar gekom en van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-113","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=113"}],"version-history":[{"count":20,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1893,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/113\/revisions\/1893"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}