{"id":1140,"date":"1980-06-12T17:30:08","date_gmt":"1980-06-12T15:30:08","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1140"},"modified":"2012-01-05T17:32:33","modified_gmt":"2012-01-05T15:32:33","slug":"oranjerivier-junie-1980","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1980\/06\/oranjerivier-junie-1980\/","title":{"rendered":"Oranjerivier Junie 1980"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><em>05 &#8211; 12 Junie 1980<\/em><\/p>\n<p><strong>Saterdagaand:<\/strong><br \/>\n&#8216;n Gewone begin vir &#8216;n ongewone toer: vertrek nege-uur in plaas van agtuur, laaste oproepe en dinge en op pad was dit maar &#8216;n geslapery in alle denkbaar moontlike posisies \u00e9n peanuts om die pad korter te maak. Langs die pad vir Ilse Mostert en later ook vir Tobie opgelaai en toe maar net gery om daar te kom.<!--more--><\/p>\n<p><strong>Sondag<\/strong>:<br \/>\n&#8211; aankomsdag by Augrabies Waterval is eintlik eerste toerdag: &#8216;n klomp vaak, vreemde busryers gaan bewonder die waterval terwyl die res so druppel-druppel aankom, elkeen uit sy eie windrigting. Die bus ry twee-uur om; daar&#8217;s enn-baie kos om saam te dra, maar nou ja, sal dit afstap ook!<\/p>\n<p>Die middag word daar saam met Deon na die Tweeling-waterval gestap vir baie water en baie kranse en &#8216;n baie dors agterna &#8211; wat jy nie eens kan les met bier nie!<\/p>\n<p>Sing bietjie, &#8216;organize&#8217; bietjie, eet bietjie en sommiges bekommer bietjie oor die buswegbringers &#8211; werk glad ure uit (en raai wie sou dit wees?). Tannie Miems en Alet kry hul eerste waarskuwing van die water wat wag &#8211; en &#8216;n ydele dreigement was dit toe ook nie &#8230;. Dis vroeg inkruip vir m\u00f4re se douvoordag-fluitjie (wil nog sien wie sewe-uur gaan stap!), maar daar&#8217;s darem nog &#8216;n paar energieke ouens om die kookvuurtjie wat warm, mooi meisies soek vir saamsing.<\/p>\n<p><strong>Maandag<\/strong>:<br \/>\nDonker-opstaan vir &#8216;n regte blou Maandag, ons stap die Voortrekkers sommer op die eerste draai van die klipspringerpaadjie verby ewe vol moed vir ons Oranje-stappie. By eerste smokebreak se canyon hou ons voorstellingsparade met &#8216;n &#8220;galery&#8221; \u00f3p die klip (in plaas van daar\u00e1gter, vir &#8216;n verandering!). Daar&#8217;s &#8216;n boerpampoen wat met pampoentjies boer en &#8216;n troepie met &#8216;n smile wat belowe dat i\u00e9mand &#8220;gefloor&#8221; gaan word.<\/p>\n<p>&#8216;n Dag van eerste dinge: eerste suffer, eerste provita, eerste groepie-eet en &#8216;n eerste klasomie wat ons rondry met sy lorrie. Ons klim oor op buurman se plaas, wag vir die tweede wa-vrag en eet solank lemoene vir Afrika. Dis &#8216;n gewip en &#8216;n stamp, dis &#8216;n genip en &#8216;n gestaat, dis opdraand en afdraand en draaie en dinge. En &#8216;n groot groot verrassing in KWV-bokse word opgelaai by die Van Niekerks.<\/p>\n<p>Een ongeval vir die dag: Myrtle Walters bly agter by Burmeisters en groep vyf is &#8216;n blikwassertjie kwyt.<\/p>\n<p>In die middel van die n\u00earens wil die vragmotors nie verder nie en dis nagstap tot by &#8216;n sommer-iewers kampplek. So amper-amper eet ons Muesli maar die hongeres wen en die kokke moet maar kook.<\/p>\n<p>Na ete hou ons dadelik aandgodsdiens en toe roep die slaapsakke sterk; niemand oorweeg eers &#8216;n bad nie, want Pierre se ou gag-poeletjie klink nie baie aanloklik nie (ook maar goed, anders het iemand hom dalk misgis met die diepte!).<\/p>\n<p><strong>Dinsdag<\/strong>:<br \/>\nSjoe, wat &#8216;n windtie spul! Dis wind in jou hare en sand in jou o\u00eb en stof in jou muesli maar gelukkig is die pompwater daar om die ekstra tan af te was. Ons loop vir die eerste rukkie deur die landerye, dan&#8217;s dit weer &#8216;n stofpaadjie al met die rivier langs tot by &#8216;n sandkol &#8216;gamebreak&#8217; waar &#8216;n klomp swemlustiges gister se stap afbad.<\/p>\n<p>Nou kry die toer sy Kalahari-kleur: kameeldoring en bossie-veld en beesmis en rooskwarts. Af in &#8216;n dro\u00eb lopie tot by die water vir middagbrood &#8211; die nimlike provita, en vissies en sand.<\/p>\n<p>Na-middagbrood-stap eindig by die Bassons wat sowaar twee moviese potte sop gekoop het, net vir ons! (Adriaan: &#8220;vanaand item ons weer Bubbles II&#8221;) en ons koning hulle dankie. Hier moet ons vir klein-Marietjie en die twee Smitte los met die vooruitsig om hulle Donderdag weer te sien by oom Frikkie.<\/p>\n<p>Vanaand se kampplek is &#8216;n fees teen gisteraand s&#8217;n: &#8216;n wydoop dro\u00eb rivierloop met wydoop badplek en yyyskoue badwater.<\/p>\n<p>Met skiettyd kies &#8216;n paar dames die hasepad &#8211; met buro-gevolge in sommige gevalle. Dis die eerste toerissies se item-aand en almal se kennismaking met die gevreesde Bachies (wie&#8217;t tog \u00f3\u00f3it &#8216;n Spinnie weggewens?). Daar&#8217;s darem hier en daar belofte by die items: &#8220;dis rem hier en die eerste toeris-liedjie en dis ook al &#8211; maar die wraak was soek: met hekeltyd hoor die manne dat hulle hulle storie moet ken en toe Gustav wil weet hoe, word hy uitgenooi vir &#8216;n demonstrasie. Onnodig om te s\u00ea &#8211; na die volgende aand se slee het hy \u00f3\u00f3k verkoue gehad vir die res van die toer!<\/p>\n<p><strong>Woensdag<\/strong>:<br \/>\nAlweer bult-op, bult-af en die slinger-sandpaadjie met BTK-spore word deel van jou elke-dag. Dis &#8216;n helderblou son-dag, net reg vir die tradisionele waterige spulletjie by gamebreaks. Soos gewoonlik slaan Tobie Alet se voete onder haar uit en sy&#8217;s kop eerste die water in. Die sondes van die kinders word toe besoek aan die moeders want Neels laat vir tannie Miems deurloop en nog is dit nie al nie &#8211; in elk geval nie vir Antoinette nie.<\/p>\n<p>Vandag begin die nood al druk wat pleisters betref &#8211; die tonekonvenor het haar beslis misreken met die aantal seervoeters, maar nou ja, hoe s\u00ea hulle? What will be will be.<\/p>\n<p>Middagbrood in &#8216;n Moses-plekkie: dis toe die middag waar die Varkasems maar salami moes eet, want hul kasies het verdwyn.<\/p>\n<p>Dis sowaar &#8216;n woelige Woensdag: na die middag se stap deur die takke is dit sandwal af vir swem&#8221;break&#8221; en tannie Miems en kie. neem hul kans waar om almal te terroriseer. As mens in swemklere is, het jy mos die voordeel.<\/p>\n<p>Slaapplek is gisteraand s&#8217;n &#8216;n dagstap verder en terwyl die grootkoppe koukus oor presies waar, kry ons so &#8216;n ou volkspeletjie in. Die badplek is darem bietjie meer privaat en daar&#8217;s lekker baie tyd vir tittewyt. Die kookvuur bly die sosiale geleentheid van die dag, maar die manne moet hulle ingrawe ken, want koskook laat die kokke goed rondspring.<\/p>\n<p>Itemnuus is Neelsie en Gustav se &#8216;honeymoon&#8217; en Willem wat so byna sy sleeppille verloor met sy toneelkuns want vanaand se Bachies is weer op hulle stukke. (Sies, jou galpil!). Na hekeltyd en aandgodsdiens kry tannie Miems haar sin: ons sing die slapers wakker, daar word forel gebraai en mal gegaan, want m\u00f4re is mos kortstap.<\/p>\n<p><strong>Donderdag<\/strong>:<br \/>\nOggendstap begin sommer al met koppieklim, terwyl &#8216;n klompie beeste die klomp wandelende rugsakke buierig beloer.<\/p>\n<p>By gamebreak word daar groepfoudies geneem en hier en daar is daar al weer &#8216;n klomp waterlustiges wat net wil natgooi. Vandag se slotte is Dani\u00ebl-hulle wat weer wil visvang met hulle muesli-aas, maar toe kom daar nie veel van nie.<\/p>\n<p>Stap en stap: weer &#8216;n keer deur &#8216;n koeikamp met amper-katastrofiese gevolge want die bul sien die &#8220;dier in Tobie&#8221; as &#8216;n uitdaging, maar Tobie spring agter &#8216;n tak in en die bul raak verward.<\/p>\n<p>En uiteindelik: ons halwe oorstaandag by die keerwal en die riete. Lekker plek vir tan en harewas, vir ingooi en broekwas, bietjie droom, baie nonsenspraat, flukses wat die koppie uitklim, luies wat slaap.<\/p>\n<p>Kosmaaktyd kom oom Frikkie-hulle met die braaivleis en Minka en Irma wat weer wil saam.<\/p>\n<p>Aandete isj &#8216;n feesj, sjommer baaaie lekker geweesj &#8230; en natuurlik word die dames vir damesskiet gevang toe die meeste manne \u00f3\u00f3rkant die vuur staan en braai. Die items is beproefd (en beproewend): dr Naaktgeboren se pasi\u00ebnt weet met de duwweltjies en zijn rug niet meer reg raad. Laataand moet ons afskeid neem van &#8216;n hele handvol seervoeters: tannie Audrey, Lyn\u00e9, Marieta, Karen, Marietjie, tannie Miems en Alet.<\/p>\n<p><strong>Vrydag<\/strong>:<br \/>\nAlmal maak reg vir Maandag se soort taf-stap; vasbyt en vinnigstap. Daar&#8217;s eers &#8216;n smoke-break; toe &#8216;n gamebreak en by laasgenoemde kom ons agter dat die waterdraers nie agtergebly het nie. Die voorsitter en ondervoorsitter kry elkeen &#8216;n stort (blykbaar namens tannie Miems-hulle) wat natuurlik met middagbrood dubbel en dwars terugbetaal word.<\/p>\n<p>Namiddagete se skof bring ons by &#8216;n vaal stofkol met bont tente en wit badkamers: die warmbronne! Eerste word die kafeetjie gestroop van sy koeldrank en Wilson-toffies, daarna beland die spul in die warmwater &#8211; en die badjie wil net bars. Onverwags word daar &#8216;n woordjie laat val en die uiteinde: hoekom stop ons nie net hier nie? Daar was &#8216;n paar kranige stappers wat wou afstig, maar nou ja, die meerderheid het seker maar die s\u00ea. Daar word salig gebad en gejol terwyl Wessie-hulle die bus gaan haal en met kosmaaktyd moet al die manne gaan help bus stoor, maar die liewe ou Kerrie-toppers kom toe darem gaar.<\/p>\n<p>En amper moet die musiekmakers bach, want hulle hoor nie die fluitjie nie.<\/p>\n<p>Vanaand se aand is di\u00e9 aand. Adriaan is op sy stukke; Richard item en Jeremahia-bullfrog is nommer een op Top Twenty. N\u00e1 &#8220;nag dames&#8221; kom dinge eers regtig aan die gang: wors, roosterkoek, marshies, kitaar en bekfluitjie, lekkerrr! En heelwat later wil die manne gaan swem en n\u00f3g later besluit die laaste slee\u00ebrs om te gaan slaap.<\/p>\n<p><strong>Saterdag<\/strong>:<br \/>\nWeer &#8216;n donker-opstaan, want dis ver ry vandag. Ons moet wag vir &#8216;n paar swemmers en toe weer uitklim want die paadjie is nou en die takke laag. Toe&#8217;s ons op pad en ons luukse bus toon &#8216;n verskeidenheid van vermaaklikhede: Navratilova se tenniswedstryd, rugbykommentaar op vanmiddag se toets, uitwysing van die piramides en &#8216;n hardlopende sfinks op regterhand en &#8220;your captain Finkelstein&#8221; stel die angstige busryers gerus. Op Pofadder kry ons die Kombi en tannie Audrey-hulle en ons stop eers vir allerhande goed om te eet &#8211; klaar met Provita vir &#8216;n laaang tyd! &#8211; En net daar, op die tweede verdieping van Pofadder se handelshuis ontdek ons die verruklikste, verloklikste BTK-tafeldoek &#8211; net reg vir die Berghut!<\/p>\n<p>Terugry verder is soos net &#8216;n toer se terugry kan wees: hou &#8216;n heel intellektuele vasvraery, Poker met vuurhoutjies en sing in die donker tot op die goeie ou Stellenbosch.<\/p>\n<p>&#8216;n Suffer-toer by tye, met heelwat stof tot nadenke maar mense: Oranjerivier, hier kom ons weer!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Ilse Krige<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>05 &#8211; 12 Junie 1980 Saterdagaand: &#8216;n Gewone begin vir &#8216;n ongewone toer: vertrek nege-uur in plaas van agtuur, laaste oproepe en dinge en op pad was dit maar &#8216;n geslapery in alle denkbaar moontlike posisies \u00e9n peanuts om die pad korter te maak. Langs die pad vir Ilse Mostert en later ook vir Tobie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1140","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1140","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1140"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1140\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1142,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1140\/revisions\/1142"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1140"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1140"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1140"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}