{"id":1150,"date":"1980-04-04T17:52:46","date_gmt":"1980-04-04T15:52:46","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1150"},"modified":"2012-01-05T21:21:25","modified_gmt":"2012-01-05T19:21:25","slug":"koue-bokkeveld-visgat-april-1980","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1980\/04\/koue-bokkeveld-visgat-april-1980\/","title":{"rendered":"Koue Bokkeveld-Visgat April 1980"},"content":{"rendered":"<p><strong>Vrydag, 28 Maart:<\/strong><br \/>\nDeon se &#8220;tafste maar ook mooiste Bolandse toer&#8221; laat jou maag knop staan en jy wonder of die stukkie bergpaddraffie gaan help en as jy dink aan daai rugsakstap &#8230;. dan raak jou knie\u00eb lam en jy sluk net en wonder maar net.<\/p>\n<p>Die vooraf skuifies het hierdie bangheid nog steeds laat wik en weeg: lilo ry en koue water enne dalk nog natre\u00ebn &#8211; dit of die akademie. En uiteindelik bangoog, knypoog verloor die akademie en begin jy verlangend uitsien na daai iets besonders en daai stukkie ekstra wat &#8216;n kwartaal se swot en dinge sommer so in &#8216;n japtrap kan wegtoor.<!--more--><\/p>\n<p>En natuurlik herhaal ook hierdie toer toere vantevore se BTK-tradisie. Die wa wat stiptelik elfuur sou vertrek, vertrek toe eers +drie-uur en party ou-toeriste se bolletjies en rolletjies wat agtuur by die stoor moes wees, moes dringend plekkry op J.J. se bussie se dak en in Bossie se motor.<\/p>\n<p>Om en by half ses is die laaste van die vyf-en-veertig van ons op pad: die waryers met flappende en lastige seile en Neels en Marietjie se bytjie-stones om die stappendes wakker te hou. Bussie J.J. met Wessie aan die stuur swaai esse en draaie (gelukkig padlangs) en sorg dat elke passasier bene syskop sit en met uitpeulo\u00eb die volmaan dophou vir welkome afleiding. Die drie Wyses, dis nou ek, Louise en Karen, het vrywillig en wyslik besluit om liewer rustig saam met vriend Bossie te ry.<\/p>\n<p>Toe Bossie en sy drie Wyses die pad deur Ceres en Dennebos na die wagtende waryers en hul vuurtjie kry, word daar uit alle rigtings gekoning sodat die naburige Tygerberg rugbyboeties se monde vir &#8216;n oomblik stil is. Dis ma Bets wat eerste J.J. se bussie sien (wonder hoekom) en toe&#8217;s dit weer net &#8216;n gekoningry en die Tygerbergboeties is die res van die aand heeltemal oorbluf en besonder stil.<\/p>\n<p>Ons twee Radio Matie Medies IS toe by ons en Wim die Bielie van die Blikwassers is s\u00f3 gretig om te stap dat Andr\u00e9 Wildste (L) en Kie hom daaraan herinner dat hy wel sy rugsak mag afhaal en eers moet gaan slaap voor ons regtig m\u00f4re eers begin stap.<\/p>\n<p>Ma Bets vra dringend dat daar asseblief nie in die kospotte geloer moet word terwyl die kokke nog besig is om te kook nie, want dit (die kos?) is nie lekker nie. Andr\u00e9 Wildste (L) wil nie ophou &#8220;wen&#8221; sing nie voordat almal nie saam met hom (in)val nie (in die kospotte?). En daar heers chaos, &#8216;n regte BTK-chaos. Oom Bethel maak dit &#8216;n blaas-oppie toer en Hendie vra beangs dat die toer asseblief nie nou-al opgeblaas moet word nie.<\/p>\n<p>En steeds is daar die afwagting. Tussen al die gelag en rumoer raak jy stil en kyk elkeen een vir een deur &#8211; sommige nog so vreemd vir mekaar en oor &#8216;n paar dae is hul ou bekendes. Dan kyk jy weer diep in die rooiwarm, brandoog rookvuurtjie en jy hoor Louise se kitaar en bekende BTK-liedjies en jou gedagtes dwaal ver. Jy ruik die bekende vuurtjie en jy weet dis hier, die lang uitsien is hier!<\/p>\n<p>Na oom Bethel se aandgodsdiens braai &#8216;n paar van ons nog laataand vleisies, terwyl die ander inkruip vir m\u00f4re. Daarna vir oulaas warm stort en jy geniet dit sommer ekstra want van m\u00f4re af is dit net koue water, maar lekker soet bergwater. Na wikkel-wikkel-nesskop in jou slaapsak en wanneer jy uiteindelik jou l\u00ea kry, dwaal jou o\u00eb boontoe en oe, dis net sterre en sterre so helder en blink en o so mooi, net waar jy kyk. Tussen die dennetakke deur loer die grootoog volmaan en hier onder in die Dennebos trippel die opgewonde kabouters en wink vir jou: kom kyk, kom kyk na Sy Skepping. Dis onbeskryflik, wondermooi! Dan sien jy weer die geel volmaan en jou gedagtes dwaal ver weg en jy geniet die stilte. Ek kom kabouter, wag, ek kom!<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 29 Maart:<\/strong><br \/>\nTrippel, trippel, trip-trip. Neels se vroe\u00ebre Kennis van die Aand het ontwikkel in &#8216;n beangste Tentekomitee O Tentekomitee! Die paar skrikmaakdruppels laat party van die slapendes rondskarrel vir &#8216;n l\u00eaplekkie in die tent om dan maar weer verder te slaap. Ander verkies hul soete slaap bo die paar druppels en laat hul grondseile die werk doen. Dan hou die trip-trip op en daar heers weer &#8216;n slapende stilte.<\/p>\n<p>Die troue-mense, dis nou Lesley-hulle, het intussen aangekom en word met oom Bethel se vroegoggend pap welkom geheet: &#8220;Goed eet mense, veral die eerste toeriste. Dis &#8216;n lang dag. Wat van nog &#8216;n bietjie pap?&#8221; Daarna is dit net bolletjies en rolletjies en die walaaiers doen hul werk. Die eerste toeriste hoor van &#8220;Die Hoogland is ons woning&#8221;, maar soos alle ander eerste toeriste snap hulle nie die helfte nie en die walaaiers moet hulle net weer herinner aan die soetheid van die WRAAK.<\/p>\n<p>En dan begin ons stap. &#8216;n Lekker vrymaak, losmaak stap en jy kyk om jou rond en begin alles weer sien met nuwe o\u00eb. Stap en stap en stap die kortasem bultjie uit. Jy mik en asem die vars lug diep in en voel die sonnetjie bak in jou nek. Langs die pad proe jy die soet, koel bergwater en jy ruik dit sommer orals in jou gesig, in jou nek en die ou bekende bruisende gevoel van dis lekker om te leef bring weer &#8216;n sagtheid in jou o\u00eb en vrede om jou mond. Jy weet sommer net dis hier, jy&#8217;s besig om weer mens te word.<\/p>\n<p>By Koekedoudam dreig Katstraat en sy mede-pligtiges om Alet wetsuit of te not in die water te gooi en sy moet net mooi praat. Net hierna is dit eerste smoke break by &#8216;n koelte poeletjie. Karen wou so graag ingegooi wees, dat sy toe sommer self inval. Nou&#8217;s dit peanut-gallery en ONS word lastig geval deur klipgooier-natmaak betogers wat toe self byna in die water beland. Daarna is dit aparte dames en mans &#8220;talk&#8221; voordat ons weer stap al met &#8216;n kronkelslootjie deur &#8216;n natmaakstroompie, deur &#8216;n groot pienk heideveld met heide en heide en nogmaals heide met hier en daar &#8216;n mooikyk-goedkyk sewejaartjie. Rondom jou l\u00ea die grys Skurweberge met hul wyd uitgestrekte golwende vlaktes. En as jy terugkyk en mooi kyk kan jy amper tot d\u00e1\u00e1r onder sien waar ons vanoggend vroeg nog was.<\/p>\n<p>Die Het-u-probleme-gaan-na-Marietjie-Janson-kliniek se bytjies het meteens woedend geraak en veral vir Edwin (leier van die Akwawraakkoor) en Mossie Maar Man toegetakel. By die volgende smoke-break moes hul net gedokter word teen bysteke. Dis ook hier waar Bossie &#8216;n gly vang in die klippe en Karen se vroe\u00ebre voetspore volg binne-in die water. (Het di\u00e9 tweetjies dit vooraf so afgespreek?).<\/p>\n<p>Met middagbrood land ons in &#8216;n amper Noord-Vrystaatse grasvlakte met groen gras waar jy kyk en &#8216;n paar skape doer onder in die vlakte. &#8216;n Stukkie beskawing met &#8216;n lekker ho\u00eb wal plaasdam. Terwyl volunteers brood smeer, swem die ander en Deon neul hy wil &#8216;n ma(e)rmeit op sy broodjie h\u00ea. Na middagbrood neem die dames inisiatief om agter die ho\u00eb damwal te gaan aantrek. Daar het toe noodwendig &#8216;n bloedstollende angsgillende botsing plaasgevind.<\/p>\n<p>Na ons middagbroodplekkie is dit net appels en appels waar jy kyk &#8230;. en ons dagstapsakkies word net swaarder. En al kouende stap ons aan tot &#8230;. O gonna hier kom die boer en sy bakkie &#8230;. wat toe baie vriendelik en mededeelsaam ons &#8216;n kort pad deur sy appelboord wys.<\/p>\n<p>Na nog &#8216;n break by &#8216;n dun wierstroompie begin ons steil klim, padlangs, tot heelbo waar jy amper verder kan sien as wat jy op die Pieke kan sien en jy sien die Land van Waveren doer onder l\u00ea. Dan begin die afdraand totdat jou jellieknie\u00eb begin klap en jy eers &#8216;n kort appel break moet vat voordat jou lam kniekoppe jou tot heeltemal onder dra.<\/p>\n<p>Erik se wa neem ons deur Tulbagh na Charl-hulle se Mont Rouge waar ons weer kiste en kiste druiwe kry om te eet. Voorwaar &#8216;n land van appels en heuning (ekskuus druiwe). M\u00f4re is oorstaandag en ons wikkel en woel om te settle en sommer gou is dit aand en dis WRAAK. Die akwawraakkoor dwing vir Jakkals om aanmekaar vir Gansie vir ete te nooi totdat Bossie en Hendie dit nie meer kan vat nie en hulle met le\u00eb bekers die skrik op die lyf probeer jaag. Maar verniet, want van Jakkals en Gansie is net einde niet &#8230;. they were marching to Pretoria. Toe&#8217;s daar stilte en dis uiteindelik WRAAK. Van ons het toe heelwat later gaan slaap as wat ons aanvanklik beplan het om te doen.<\/p>\n<p><strong>Sondag, 30 Maart:<\/strong><br \/>\nDis oorstaandag. Ons slaap &#8216;n bietjie laat tot half agt wanneer die eerste-toeris fe\u00ebtjie en kaboutertjie koffie en beskuit in jou hand stop. Met dikgeslape skrefieso\u00eb word die w\u00eareld vanuit &#8216;n maagl\u00ea-posisie bekyk om dan maar weer kort-kort kopknik in te sluimer en dan meteens weer helder wakker te skrik. Dis mos kerkdag. Nou&#8217;s dit vere regskud en Deon, die dames h\u00e9t onthou om rokke saam te bring vir die geleentheid. Ook maar goed, want Tulbagh se moederlike tannies sou hulle net bejammerend moet vergaap aan die dames se rooihaal flenterbene.<\/p>\n<p>Ons vier kerklose kokke en stokers, saam met ma Bets en Louise, l\u00ea &#8216;n bietjie later as die ander, want sien daar&#8217;s vandag besondere woelinge by die kookvuur wat in kerktyd al moet geskied.<\/p>\n<p>Intussen vertrek die res na Tulbagh met die wa. Die dames met waaiende rompe en rokke en die mans uitgevat in kerkdrag wat wissel van T-shirt en plakkies tot tradisionele BTK-hemde. En elkeen dra sy rooi en wit kolletjies nekdoekie m\u00e9t sy tjappies.<\/p>\n<p>Ds Van Der Merwe stel die wantrouige Tulbagh tannies gerus en wil net weet waar&#8217;s sy vriend oom Bethel dan. Di\u00e9 het kerk gebank en sit met klein Richard by die dokter om di\u00e9 woelwater se enkel reg te laat dokter. Die diens verloop rustig, miskien te rustig, want toe Alet se kamera val, skrik almal weer wakker. N\u00e1 kerk neem Charl die vaal BT-Kaners op &#8216;n besigtigingstoer deur die dorp en hulle skrik sommer so skielik wakker toe hulle &#8216;n kafee sien. En ons kerklose tuisblyers moes ons toe maar dro\u00ebbek en dikbek troos met ELSA, want niemand het toe aan ons gedink nie. Na die kafee-treat raak hulle meer kultuurbewus en bewonder Tulbagh se gerestoureerde straat voordat Erik hul met sy wa oplaai.<\/p>\n<p>Dis ELSA-dag en almal raak ELSA-mal. Reeds in kerktyd word daar by die rivier gebrou en gemeng en gemeng totdat kerklose elmbo\u00eb diep staan in die ELSA. Later sit ons soos tevrede (en dikgevrete) katjies in die son ons ELSA arms en aflek.<\/p>\n<p>Sou Lesley en sy tentekomitee &#8216;n voorgevoel gehad het? Waarom moes die dames se GT Pouhok met lugre\u00ebling en uitsig op die berg skielik v\u00f3\u00f3r ete staan?<\/p>\n<p>Met middagbrood probeer elkeen &#8216;n plekkie b\u00eare vir di\u00e9 ekstra spesiale lekkerte en toe&#8217;s dit tyd vir ELSA. Die kerkloses verdwyn rivier toe om hul kosbaarheid op maat van die geel panther nader te bring terwyl die res in afwagting met Wessie se ELSA-oefeninge probeer plek maak vir di\u00e9 variteit. En toe&#8217;s dit que, maar &#8230;. wie eerste is, sal laaste wees en die agterstes proe eerste ELSA. Wessie se geel rivier se walle laat sy geel joggertjie nog geler lyk, terwyl Deon se kop byna onverklaarbaar &#8216;n geel pastavorm kry. En toe van ons wou lekker mieliepap, lekker hawerpap, lekker matabella-pap is daar geen prooi binne trefafstand nie &#8211; almal het net skielik verdwyn.<\/p>\n<p>Die middag verloop heel rustig. Party gaan maak &#8216;n swempie in die dam, ander haal verlore slaap in. Party van die mans stig &#8216;n hi\u00ebrargiese ondergrondse beweging terwyl van ons dames titivate by die riviertjie met sy koue waterpypstort. En heeltyddeur hou jy skelm en onrustig m\u00f4re se berg dop en dan geniet jy die lostydjie sommer ekstra en probeer jy vergeet dis m\u00f4re rugsakstap. Gaan ek (en my voete) hou?<\/p>\n<p>Laatmiddag word die kos vir rugsakstap verdeel in vyf hopies. En toe&#8217;s dit skiettyd. Is dit damesskiet? En daar&#8217;s dan twee bachie&#8217;s. Louise en ek sien kan vir twee, terwyl Gustav, Mossie en Wessie wedywer om die guns van nommer een of nommer twee. En toe blaas die fluitjie en dis ni\u00e9 damesskiet nie.<\/p>\n<p>Bachie Andr\u00e9 Willer en sy medicmaat Wim die Blikwasser saai verwoesting en dit re\u00ebn net sleepille in die sleekring. Richard en klein Charles troos Neels met &#8216;n Koos is oop kom koop, kom koop, maar Katstraat is &#8216;n kat van &#8216;n ander kleur en gaan haal gou nog van sy spares. Asof een Katstraat nie genoeg is nie, is daar ook nog &#8216;n lastige swart katjie wat sommige se lastige lagspiere net te veel prikkel. Deon en Bets en Gronel Wingerd bring &#8216;n bietjie rustigheid met hul musiekitems en kort voor lank is ons almal n\u00e1 nag dames in droomland want &#8230;. m\u00f4re is rugsakstap.<\/p>\n<p><strong>Maandag, 31 Maart:<\/strong><br \/>\nSommer donker nog is ons aan&#8217;t roer en na oggendbrood begin die ligdag breek. Die tentekomitee vee met &#8216;n oogwink oor die terrein terwyl die walaaiers al wat leef aanjaag met hul &#8220;bolletjies en rolletjies op die groen seil. Ons laai oor tien minute.&#8221;<\/p>\n<p>Vir oulaas &#8216;n paar druiwekorrels instop vir daai ekstra kraggie en toe&#8217;s ons met rugsak en al op Charl se broer se lorrie. Vang die hoogste wind nou die meeste bome? Al koes-koes ry ons soos biddende Boeddhiste verby lae boomtakke en sommige voel die wingerd se koue spruit in hul blaaie. Die akkerbome gooi ons vir oulaas met sy akkers en dis veral Andr\u00e9 Wildste (L) wat hoog in die takke, druiwetrossie in die hand, die slegste daarvan afkom.<\/p>\n<p>Toe&#8217;s dit &#8216;n totsiens vir Lesley en &#8216;n baie dankie vir Charl en Hermien voor ons begin klim. Goosie Gustav ontmoet van sy goosse langs die pad en dis veral die grote wat die meeste aandag kry. Aanstap en klim. Deur einabossies en lang toemaar-troosgrassies, deur &#8216;n modderpappery, deur kaboutertonneltjiebome, opwaarts. En steeds klim ons. &#8216;n Kortasem klim en jou rugsak word sommer skielik swaarder as vroe\u00ebr vanoggend daar doer onder by Mont Rouge en haai, daar onder is die dam.<\/p>\n<p>Voor Nooientjies-verdriet eers &#8216;n groepfoudie (sommer ook agterstevoor). Goosie Gustav nael met Katstraat (slegs blankes) kort op sy hakke, want hy&#8217;t vergeet waterspeletjies is nou verby.<\/p>\n<p>Toe klim ons weer die kronkelslangpaadjie, ho\u00ebr en ho\u00ebr, sodat oom Bethal later dink dis &#8216;n slangetjie en leertjie speletjie. En uiteindelik, na baie kortasem blasies, is ons bo. Daar onder l\u00ea Sneeugat en middagbrood met sy yskoue koelte-poel. Nou&#8217;s dit moedskep en &#8216;n vinnige kort afdraandjie en toe&#8217;s ons daar. Honger-mae verslind die gerantsoeneerde broodrolletjies en skyfiekasies en ons drink gulsig aan ons Game.<\/p>\n<p>Net &#8216;n paar dapperes (waarvan die meeste dames), koel af in die yspoel terwyl die ander Bangjan sit en staar en dink en moedskep vir daai groot klim hier bokant jou wat jou kniekoppe doodseker sommer dae lank sal laat timmer.<\/p>\n<p>Toe begin die klim en ons klim tot jy naderhand hier in jou agterkop begin dink jy&#8217;t weer &#8216;n malperd opgesaal. Maar aanhou en moedhou. En bo? &#8216;n Alles-die-moeite-werd uitsig tot d\u00e1\u00e1r ver. Met jou vinger teken jy die landskap: Kyk, daar l\u00ea veertien strome, hier&#8217;s Groot Winterhoekpiek reg voor jou en daar&#8217;s Porterville en die Witzenberge.<\/p>\n<p>Nou gaan dit sommer vinnig en maklik en toe ons ons o\u00eb uitvee is dit afpak en ingrawe vir &#8216;n sagte l\u00eaplekkie tussen die graspolle. Die dames titevate en bad totdat die mans ongeduldig begin roep. Hul vuurtjie is reg en die kos amper gaar.<\/p>\n<p>Groep drie en vyf deel dieselfde vuur en daar ontstaan skielik &#8216;n onderlinge hegte mededeelsaamheid toe groep vyf begin soek na sy smashdief. Ons groep drie lag lekker in ons mou. Di\u00e9 mededeelsaamheid &#8211; was dit dalk ons gewete? Almal drink milkshakes vir poeding en oom Bethal-hulle moes glo alles drink -wat het geword van hul frikkadelle?<\/p>\n<p>Na aandete speel almal volkspele, kamtig om te wag vir volmaan. &#8216;n Paar van ons raak byna been-af tussen die graspolle en toe skielik heers daar &#8216;n Babelse verwarring &#8211; dis dameskiet! Kort hierna volg die chaotiese deurmekaar items. Dr Naaktgeboren se pienk mannetjies raak deurmekaar met die geel budjie en die koper kapel. Oom Bethal re\u00ebl intussen &#8216;n hele seremonie en Gustav en Neels moet op die daad trou voordat die vierkantige mnr Smit dreig om sy skoonma in Worcester te gaan haal. Medic Andr\u00e9 Willer se deurmekaar paddatjie maak ons nog verder deurmekaar, sodat ons na &#8216;n brgeiergige hekeltyd, met Gronel en die bytjies in die hoofrol, moeg en tevrede gaan inkruip.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 1 April:<\/strong><br \/>\nOns eet in die skemerte &#8216;n April-fool oggendbrood tot groot vermaak van die papkokers &#8211; &#8216;n hele uur vroe\u00ebr as wat Deon ons vir vorige aand belowe het. Toe raap en skraap ons maar ons<br \/>\ngoedjies om ook &#8216;n uur vroe\u00ebr te begin stap. Gustav verjaar skielik en wil h\u00ea almal moet hom gelukwens. Maar ons hou ons nie &#8216;n tweede maal vir die gek nie en hy beland met dreigemente &#8216;n hele ent verder in &#8216;n ysige poel water. Redakteur Wessie troos hom deur hom te verseker dat sy foto sekerlik die bladjie se voorblad sal haal.<\/p>\n<p>Ons boulder-hop toe verder tot by die eerste amptelike smoke break. Dis vir oulaas waterbottels volmaak en Mossie Maar Man moet verslag lewer van die vorige aand se slee, want Gronel loop dan vanoggend met &#8216;n knieverband. Bossie en Karen loop steeds slot. Was hulle dalkies nooit nie stout gewees nie?<\/p>\n<p>En nou pak ons die lang Kameelperdnek met mening. Dis &#8216;n lang en steil stap en ons kielie hom aan sy voorkant en dan weer op sy rugkant, eers op die een kol en dan op &#8216;n ander. Sy horinkies en flikkerogies loer daar ver en wink jou nader om dan maar weer skelmpies te verdwyn. En uiteindelik gryp ons hom met albei hande aan sy horinkies en ons kyk saam met hom ver &#8211; die Sederberge aan doerie oorkant met Piketberg links en Sneeukop sommer hier naby ons.<\/p>\n<p>Ons hou &#8216;n Game break en Karen en Bossie hoor haar van rooi en geel en groen amara. Neels en Lientjie se mondelinge kont(r)ak laat die opgewonde Neels net sleepille uitdeel en toe&#8217;s dit weer &#8216;n groepfoudie, eintlik Neels en Lientjie se troufoudie.<\/p>\n<p>Dan&#8217;s ons skielik in die Sederberge &#8211; al is dit net &#8216;n katspoegie ver. Sewejaartjies, wye grasvlaktes, skurwe stapelritse met selfs sy eie Wolfbergskeure. Hier hou ons middagbrood en oom Bethal wil alles in buisies h\u00ea. Net &#8216;n paar dapperes waag dit hygend in die koue swempoel en na &#8216;n uur-break is ons weer oppad.<\/p>\n<p>En nou&#8217;s dit stukke rotsklim en afklim en gly en val op die glyplankgrassies tot ons uiteindelik knie\u00ebklappend heelonder in &#8216;n amper stukkie Suidwes Canyons tot stilstand kom. En toe vat ons dapper en stapper die laaste stukkie pad met mening en uiteindelik is ons amper daar. Van ver hoor jy al die gille en water spat en dit gooi jou sommer in &#8216;n flat spin totdat jou klere waai en jy ook deel word van die nat gillendes. Ons swem onderwater deur &#8216;n tonneltjierots, bollemakiesie of sit net lui in die son en droog word. En dan dink jy met genoegdoening en &#8216;n slaak van verligting aan die rugsakstap &#8211; dis verby en dit was toe eintlik nie so erg nie en m\u00f4re is oorstaandag. Die gedagte laat jou nog verder wegsink, wegsink &#8230;. totdat &#8216;n paar rou Engelse skoolboeties vanuit die bosse hul skielike verskyning maak en windmaker probeer om ons ou tannies te charm. Die mans is reeds lankal weg om die kamp te help settle en ons moet vrou-alleen ons man staan. Ons wys hulle sommer gou ons is nie van hier rond nie en dit laat hul druipstert sommer gou die hasepad kies.<\/p>\n<p>Net voor aandete verras Sassie, Joos en sy nege minute ouer boetie ons met Marius die Bobaas Koper Kapeller en sy Alta. Ons koning hulle met blye oorgawe.<\/p>\n<p>Die kokke en stokers pan en oom Bethal lei die pitspoegkompetisie. Die ou en nuwe BTK-bestuurslede verloor hul status en word blikwassers en Wim die Bielie van die Blikwassers glimlag stil en slaak &#8216;n suk van verligting. Toe&#8217;s dit nesskop en regskuif om die kampvuur en almal wag in afwagting, want &#8230;. dis Marius en sy koper kapel. Joos self moet sy lag wegsluk terwyl ons ander skater van die lag. En toe ryg Marius en Joos die items uit &#8211; een vir een &#8211; en elkeen kielie ons lagspiere totdat ons uitasem gaan l\u00ea. Dis mos &#8220;item&#8221; man. Na oom Bethal se nag dames maak baie min aanstaltes om te gaan slaap en slee tot laatnag om die kampvuur want m\u00f4re is oorstaandag.<\/p>\n<p><strong>Woensdag, 2 April:<\/strong><br \/>\nTipies van &#8216;n oorstaandag oggendbrood ons heelwat later as gewoonlik. Joos, Lieb en Marius vertrek op hul oggendtrippie, poelwaarts, af in die Visgat Canyons, terwyl die res luilekker en tydsaam begin regmaak vir di\u00e9 swem van die toer. Louise en Amanda kan egter hul nuuskierigheid nie b\u00eare vir m\u00f4re nie en m\u00f3\u00e9s &#8216;n entjie rivierlangs om &#8216;n paar skaam disas te sien.<\/p>\n<p>Neels en Gustav benut hul laaste oomblikke van die toer deeglik en werf &#8216;n paar aanhangers om nie-baaibroek dames in die rivier te dompel. Oggendbroodjie Lientjie was eerste en sy wil toe net van Neels skei. En wie&#8217;s toe op die ou end lankal eerste by die groot swempoel? Die dames natuurlik. Grootmond Neels en Gustav moes kastig eers pak en weer moes ons vir die soveelste maal simpatie betoon &#8211; hulle verlaat ons dan ongelukkig vandag. Moes van ons huil of bly wees(!?). En die oorblywende minute by ons word kort-kort afgetel.<\/p>\n<p>Die oggend stap aan. Ons swem, ry lilo (het van ons geweet hoe lank ons m\u00f4re sou ry, het ons seker toe heelwat minder gery) of l\u00ea net lui-lekker in die son en gesels ou-geselsies.<\/p>\n<p>Kort voor middagbrood betoog Wessie en sy amper-vertrekkende medepligtiges vir middagbrood by die swempoel, en dit word na vele onderhandelinge en oorweginge deur kosma Bets toegestaan. Louise maak intussen Game en broodjies en gee dit vir Neels, Gustav, Helmie, Bossie en sy Karen voordat hulle met die skaam boerseun op sy bakkie vertrek. Gustav moes natuurlik elke meisie omtrent vyf maal soen voor hy vertrek, en sommige soen hy tot binne-in die houtkis &#8211; voorwaar &#8216;n vryer van formaat. &#8216;n Skielike stilte daal tydelik op ons neer. Goedhartige Hendie sou sop met sy lilo neem vir die sonbaaiers op die oorkantste wal, maar praktiese ma Bets keer gelukkig. Na middagbrood is dit ook totsienss\u00ea vir Marius, Alta, Sassie, Joos en Lieb sodat &#8216;n paar dames dro\u00ebbek sug: nou&#8217;s daar al weer spinnies. Oom Bethal skep gou &#8216;n tjoek-tjoek lilo treintjie en die groot swempoel word gou gekleur in gewillige lilo-ryers.<\/p>\n<p>En is die diepe slaap &#8216;n wondersoete ding! Ek word &#8216;n uur later voor die kos wakker met &#8216;n sterk lampolie reuk vlak by my neus. Lampeman Wessie troetel sy lampe, die groenteskillers is reeds lankal aan&#8217;t skil vir die stew terwyl die res soos miere rondbeweeg om die kostent. Skuldig begin ek toe maar sing. Ons sing van die apie wat sit en droom in die mik van &#8216;n moerbeiboom en ryg die BTK-liedjies een vir een in totdat ons later keelseer en uitasem moet hoor dis komitee-items vanaand. Toe&#8217;s dit mooidink en bontstaan, want die tyd is min en daar&#8217;s &#8216;n nie-van-hier-rond-nie karamel kondensie op die spel.<\/p>\n<p>Aandete. Dis toe weer nie dameskiet nie en die kokke en stokers pan weer. &#8216;n Paar eerste toeriste tref dit gelukkig om &#8216;n stew-beentjie te kry en spog toe ook daarmee aan hul nekdoekies.<\/p>\n<p>Itemtyd. Van ons getanker-getanker in die stof en die trein vanuit die vier windrigtings wat na Pretoria march kom daar dadels van. Die walaaiers stap uiteindelik weg met die kondensie en almal is dit eens &#8211; ons het ons gebreek. Pieter Kriel, hoe lank het jy geoefen om so met knakkende kniekoppe ho\u00eb sopraan te sing?<\/p>\n<p>Hekeltyd moet die Bielie van die Blikwassers verslag lewer oor die aard van sy eers skurwe en nou gesonde lippe: E ja oom Bethal, ja e ja dit is so, e ja oom Bethal. Wessie suig net kwaai aan sy pyp, blykbaar die plaasvervanger vir Sabet.<\/p>\n<p>Moeg, maar tevrede gaan ons inkruip, elkeen met sy eie gedagtes. En almal wonder oor m\u00f4re se lilo ry.<\/p>\n<p><strong>Donderdag, 3 April:<\/strong><br \/>\nOggendbrood eet ons r\u00e9gte Matabelepap en weer stew van gisteraand. Van ons hou die vinnig naderende wolke dop. D\u00edt lyk mos na re\u00ebn. Waar bly die son dan vanoggend? Moet ons di\u00e9 tyd van die oggend lilo ry in daai koue water? Dan maar eerder my toon s\u00f3 seer stamp dat ek verplig word om heeldag saam met Erik wa te ry.<\/p>\n<p>Dis weer bolletjies en rolletjies, lilo opblaas en toe&#8217;s ons gereed. Uitgevat in lilo klere (dis nou &#8216;n swembroek, jogger, klewende hempie, kouse en tekkies) nader ons dapper, maar bang-bang die koue water. Wessie gee eers &#8216;n paar taktiese lilo oefeninge en wenke voordat die eerstes om half agt gillend die koue, en tog nie so koue water op hul lilo tref. Roei, r\u00f3\u00e9i op jou maag, af met die eerste watervalletjie, stroomaf. Gou uitklim en &#8216;n stukkie droogstap tot by die eerste groot poele wat doer ver onder vir jou donker l\u00ea en loer. Dis hoog. Maar o\u00eb toeknyp en afspring en spook om weer op jou drywende lilo te ry. En s\u00f3 gaan dit heeloggend. Uitklim, lilo onder die arm en stukkies boulder-hop op onvaarbare plekke om dan weer kort daarna bibberend en tandeklappend op jou lilo in die koue water verder te ry. Plek-plek gooi jy saam met die watervalletjies sulke gladde esse om dan weer later klotsend rustig en stil te dryf om jou te verkyk aan die weerskant ho\u00eb kranse en sy skaam disas.<\/p>\n<p>By die eerste smoke break moet die Skilpad in die Pad en Roer die Meid se Ghoema ons warm hou terwyl ons vir die slotte wag.<\/p>\n<p>Met middagbrood is ons nog nie halfpad nie. Ons eet bibberend nat brood en probeer warm en droog bak in die yl sonnetjie. Lilo ry raak ook nie meer lekker nie en van ons probeer om, anders as vanoggend, dit op allerhande maniere vermy. Drie uur die middag is ons eers halfpad en begin droogstap, rivierlangs. Die slotte vorder stadig en eers teen sterk skemer begin ons die steil berghelling uitklim. Dis gevaarlik en pikdonker. Oral is los klippe en rotse en die doringtakke en bosse steek ons kaal bene stukkend en seer. Ons Beskerm-engel wys Deon die moeilike pad en help ons veilig tot bo waar ons eers &#8216;n loflied aan Hom wy voordat ons in veiligheid verder stap. Erik se liggie verwelkom ons reeds van ver en die maanskynstappie verander in &#8216;n singstappie totdat ons doodmoeg uiteindelik tienuur die aand ons kampplek bereik. Snoepie Koos maak geld soos bossies, ma Bets omskep die kool in koolslaai, die kokke en stokers jaag die vuurtjie en toe eet ons vaak-vaak. Geen sle\u00ebry nie, dankie tog, en net voor ons gaan slaap dank ons Hom weer vir Sy genade om ons almal in veiligheid te bring.<\/p>\n<p><strong>Vrydag, 4 April:<\/strong><br \/>\nOggendbrood eet ons weer van ons kits laataand slaai en daarna is dit kiste was en kamp opruim. Tienuur hou oom Bethal vir ons &#8216;n Goeie Vrydag kerk met sy eie boomstomp diaken en ouderlingbanke. Die klem val op die spanning tussen lig en duister, en veral met verwysing na gisteraand se stap vra hy ons om steeds dankbare kinders van die Lig te wees.<\/p>\n<p>Die wa neem ons tot by Koue Bokkeveld waar J.J. se bussie by die mooi kerk vir ons wag. Vir oulaas koes-koes ons vir die takke, kyk ver uit doer na die Sederberge en maak skelmpies &#8216;n onthou-prentjie van elkeen op die wa.<\/p>\n<p>J.J. se bussie het Pierre se lekker-toer-poskaart in sy bek en di\u00e9 word eers opgewonde gelees voordat die waryers en J.J. bussieryers Stellenbosch toe vertrek. Die waryers skommel en slaap strykdeur tot voor Ceres se kafee. Intussen het dit begin re\u00ebn en ons busryers stig &#8216;n Sucker Beatle groep en speel met vrylekkers tot Lientjie moet afklim by Wellingtonstasie. J.J. se pap wiel hou ons &#8216;n bietjie langer op Wellington, maar ook nie lank nie, toe ons o\u00eb uitvee, koning die waryers ons by die stoor in Neelsie.<\/p>\n<p>Terwyl elkeen sy bondeltjie neem en groet, kry mens tyd om weer terug te dink en dan wil ek saamstem met die oggendbroodjies vroe\u00ebr vanoggend: die toer was kort, maar kragtig!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Hannetjie Marais<\/strong><\/em><br \/>\n(waarnemende Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrydag, 28 Maart: Deon se &#8220;tafste maar ook mooiste Bolandse toer&#8221; laat jou maag knop staan en jy wonder of die stukkie bergpaddraffie gaan help en as jy dink aan daai rugsakstap &#8230;. dan raak jou knie\u00eb lam en jy sluk net en wonder maar net. Die vooraf skuifies het hierdie bangheid nog steeds laat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1150","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1150","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1150"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1150\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1197,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1150\/revisions\/1197"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1150"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1150"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1150"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}