{"id":1163,"date":"1978-04-02T18:43:50","date_gmt":"1978-04-02T16:43:50","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1163"},"modified":"2012-01-05T18:46:50","modified_gmt":"2012-01-05T16:46:50","slug":"sederberge-maart-1978","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1978\/04\/sederberge-maart-1978\/","title":{"rendered":"Sederberge Maart 1978"},"content":{"rendered":"<blockquote><p>Veldskoenvoorneme<br \/>\nmet my ou vasbyt Woeperdallers<br \/>\noubaas se lekker loslyfkallers<br \/>\nsal ek di\u00e9 w\u00eareld se girtsgruis<br \/>\nnog so knarsspat stap<br \/>\ndeur Eselbank se harde sand<br \/>\ntot ver in die land by Heuningvlei se kerk<br \/>\nsal di\u00e9 ou paar taaiers<br \/>\nnog fluks vir oubaas werk.<\/p><\/blockquote>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>-Deon-<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Wupperthal, Eselbank, Heuningvlei &#8211; wat &#8216;n w\u00eareld, wat &#8216;n w\u00eareld! Sandveld en hardepad is hy, treurignat kan hy word en skitterblink kan hy wees. Propvol Seders en wa-bome. Wat &#8216;n w\u00eareld om van te leef.<!--more--><\/p>\n<p>Reeds meer as &#8216;n jaar voor die tyd is opgewonde gesels oor die gedagte aan &#8216;n Re\u00fcnie &#8211; &#8216;n fees van &#8216;n geleentheid waar jare se ervarings in een naweek geprop moes word. Daar is aan die werk gespring: adresse versamel, mense in kennis gestel, gelag vir BTK-antwoorde wat terugkom en reeds uitgesien om di\u00e9 kreature van naderby te bevestig. Spesiale hemde is laat maak en Wupperthal-skoentjies met \u00e9gte goue lettertjies onder.<\/p>\n<p>Wat was die trots groot toe ons Donderdagmiddag die swart wyserbordjies in hul volle glorie Driehoek se kant toe sien wys: &#8220;BTK-Re\u00fcnie&#8221;. Die eerste persoon wat ons stormloop is arme Charlie met &#8216;n &#8220;nee Meneer, ek het probeer wys en s\u00ea en beduie, maar toe ek weer sien het die hele klomp sommer ingetrek!&#8221; Wel, niemand het juis ontuis gelyk nie! So is onse BTK-maniere mos: waar jy kom is jy tuis.<\/p>\n<p>Hier en daar is &#8216;n laggie gehoor, hier en daar &#8216;n huiwerige storietjie vertel. Dit was of die hele kamp nog op iets gewag het wat ontbreek. Toe die wa-ryers luidkeels arriveer, moeg van volkspele en ander wa-ry-aktiwiteite, word die oud-BT-Kaners gekoning.<\/p>\n<p>En soos miere voor die re\u00ebn krioel dit skielik van mense en lag en gesels dit. &#8220;De machtige koning van storm en van wind&#8221; het die ys gebreek. Terwyl die wa afgelaai word, word vriendskappe hernu. &#8220;My magtag Elsa, lyk jy nou so!&#8221; (Lukie) en &#8220;Twintig jaar! Dis nooit waar nie.&#8221; en &#8220;Nee, hy&#8217;t nou r\u00earig vooruitgegaan.&#8221; Nie baie lank daarna nie, daag ook die bus op en word deur onder andere ook geesdriftige oud-BT-Kaners gekoning. Wat &#8216;n eer! Om eenuur slaap die ongeveer drie-honderd-en-vyftig Re\u00fcnie-BT-Kaners hul BTK-slaap.<\/p>\n<p><strong>Vrydag, 24 Maart:<\/strong><br \/>\nReeds teen halfses word ons gewek deur vrolike kinderstemmetjies! Dis Goeie Vrydag en oom Eben Odendaal neem die BTK-diens waar. Hebre\u00ebrs 9:19 word vir ons weer nuut. Net voor middagbrood volg die gewone ordentlikheidspraatjies deur chaperone Siertske en toerpa oom Tjaain. Teen twee-uur se kant word daar afgesit swemplek toe met die wa en die bus. N\u00e1 &#8216;n heerlike swempie, word daar gereed gemaak vir die eerste groot kook van die BTK-Re\u00fcnie. Met die splinternuutontwerpte kookysters gaan alles voor die wind en ons eet soos gewoonlik heerlik. In &#8216;n mate het almal egter gewag op die aand se verrigtinge en waar dit by item kom, het die oud-BT-Kaners ook nie op hulle laat wag nie. Ons het naamlik ook die eerste episode in &#8216;n uitmuntende &#8220;Serial&#8221; gesien: &#8220;Theo jaag vir Elsa&#8221;. Di\u00e9 aand het so &#8216;n vryery egter vir oom Theo te moeg gemaak, en n\u00e1 &#8216;n paar draaie om die vuur agter Elsa aan, het hy moed opgegee.<\/p>\n<p>Oom Willie Cilliers het ontpop in &#8216;n &#8220;mighty king&#8221; en het die &#8220;mighty pope&#8221; uitoorl\u00ea. Oom Jan Kloppers sluit die aand af met aandgodsdiens en &#8216;n spontane vertellinkie van hoe hy sy vrou in die berg gevang het.<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 25 Maart:<\/strong><br \/>\nBTK-chaos. Uiteindelik het elkeen tog by sy groepie uitgekom nadat deurdringende gille van alle kante opgeklink het. Op die program staan die volgende: &#8220;Die volgende uitstappies is moontlik en volgens fiksheid of belangstelling kan u by enige groep aansluit.&#8221; Eersgenoemde vereiste is egter in die wind geslaan. Di\u00e9 dag het menige oud-BT-Kaner nie net vir ons nie, maar ook seker hulself verstom deur hul eie uithouvermo\u00eb. Dit is miskien een van die blywendste kenmerke wat jy selfs n\u00e1 twintig jaar nie afleer nie: uithou! In menige groep was die kindertjies die voorbokkies en moes ons draf om by te hou. Meer as een keer het ons dan ook met &#8216;n glimlag &#8216;n gedempte geveggie agter ons aangehoor van wie mag voor stap en wie te sleg is daarvoor. Deur die loop van die dag het elkeen egter vir hom of haar &#8216;n stapplekkie gemerk, en d\u00edt was sy eer!<\/p>\n<p>Daar was uitstappies na die Wolfbergskeure en -boog, die Maltese Kruis, Duiwelsgat, Tafelberg, Stadsaalgrotte, Sneeuberg, Driehoek na Rifplaas en Middelberg oor Uilgatnaalde. Dit was &#8216;n tevrede klomp BT-Kaners wat weer bymekaar aangesluit het. Ongevalle: slegs &#8216;n gestuite enkel en gesnyde duim.<\/p>\n<p>Di\u00e9 aand was dit weer kampvuur en items. Nadat die vise-rektor (oom Mike) vir ons &#8216;n blymaak-storietjie vertel het met betrekking tot die berghut, het hy &#8216;n paar dronkheidstoetse gedoen. Tannie Miems van der Vyver het deur die Kalahari getrek en daar was selfs Boesmans en nog later volstruise ook. Kompleet met stertvere en al! Om darem vir die kulturele sy van die aand ook te sorg, voer die oud-BT-Kaners &#8216;n flopera oppera. Hier ontaard die &#8220;runners&#8221; (Hendrik en Pierre) se &#8220;run&#8221; toe in &#8216;n mini-plathond. (Min het ons geweet dat laasgenoemde &#8216;n voorspel was tot die waarste plathond wat ons nog ooit aanskou het, naamlik di\u00e9 van Willem en Boeka!). Zing sorg dat hy in ere herstel word en oom Theo kom di\u00e9 aand tot die besef dat hy baie meer romanties te werk sal moet gaan om Elsa se hart te verower.<\/p>\n<p>Oom Theo en nog ander vertel dan ook staaltjies wat by hulle opkom en dit is vir ons goed om te kan luister en te kan verstaan. &#8216;n Groot dankbaarheid kom l\u00ea ons harte vol vir di\u00e9 mense wat so baie gedoen het sodat ons vandag kan BTK. Meer nog besef ons &#8216;n verantwoordelikheid om in hulle voetsprore te volg. Intussen speel drama op drama hom by die kookvuur af en soos deur besetenes word bakke en bakke met &#8216;n geel inhoud rivier toe gedra. Ons wonder &#8230;<\/p>\n<p><strong>Sondag, 26 Maart:<\/strong><br \/>\nErediens om tienuur. Emile is aan die woord en voor die diens wonder ons wat die simboliek van die draak op die preekstoelbehangsel is, en of dit nou die draak van Openbaring is. Ons kom egter gou agter dat Emile nie die draak wil steek nie.<\/p>\n<p>Die verdere verloop van die dag volgens programaanduiding, was: &#8220;&#8216;n BTK-Sondag met gesels, stap en doen wat u wil.&#8221; Ons het egter gou agtergekom dat hierdie aanduiding onjuis was, omdat ons n\u00e1 middagete nie kon doen wat ons wou nie: ons m\u00f3\u00e9s gaan slaap -uitgeput en moeg van oefening en Elsa-eet! Ook die oud-BT-Kaners is almal uitgenooi om te deel in ons tradisionele ete met die voorafgaande ritueel gelei deur Rotjie. En ons sou gou sien dat Elsa-eet in &#8216;n BT-Kaner se bloed is, reeds van kleins af. Of jy dit nou dwarsoor jou gesig smeer dat slegs &#8216;n handjievol in jou mond kom, en of jy dit nou heerlik tussen die vingertjies fynvryf, so eet ons Elsa! Op &#8216;n groot omgekeerde sinkbad vertel Elsa vir ons die geskiedenis van Elsa, en spreek sy haar verbasing uit dat dit so &#8216;n groot &#8220;hit&#8221; geword het.<\/p>\n<p>Sondagaand was dit weer kampvuur en hierdie keer was die Le Roux-broers aan die beurt met &#8220;Huppelkind&#8221;. Ons kry die indruk dat in die Smit-huis hierdie plaat of boekie &#8216;n baie gewilde tydverdryf is. Ook die rassistiese Jonas-items word voortgesit deur Kosie en Hendrik. Die Arme Swart Katjie (Sapa) probeer denksielkunde toepas op Joos en Rotjie, maar laasgenoemde twee se pogings tot konstruktiewe denke ontaard in &#8216;n kwasi-plathond. Nadat die Arme Swart Katjie se koppie eers &#8216;n paar maal gestreel is, gryp Joos hom sonder veel ontsag aan die nekvel en is die twee daar weg. Dit sou ook onvanpas wees om die ou toeriste nie die Koperkapel te laat sien nie, en die Crous-broers oortref hulself weereens. Dit is dan ook di\u00e9 aand dat oom Theo tot die besef kom dat hy nie vir Elsa wil h\u00ea nie. Hierna volg &#8216;n interessante geselsie van die kant van die Sekretaris van Bosbou, oom Danie Ackerman, en ons kry &#8216;n groot bewondering vir sy siening van en respek vir die natuur. Vir menigeen was sy woorde ook stof tot nadenke met betrekking tot ons eie optrede in die natuur, al is ons BT-Kaners.<\/p>\n<p><strong>Maandag, 27 Maart:<\/strong><br \/>\n&#8220;&#8216;n Daguitstappie soos vir Saterdag kan onderneem word en die kamp eindig. Die terrein op Driehoek is nog die hele week tot die BTK se beskikking en nie-toeriste kan bly en nog uitstappies onderneem. Toergroep vertrek Maandagoggend met &#8216;n rugsakstap op pad na Wupperthal met &#8216;n veldslaap na Langkloof.&#8221; S\u00f3 lui die program.<\/p>\n<p>Dis rugsakpak, etetjie, wa-laai, puffelgat toespring, ou toeriste groet en padvat. Reeds van vroeg di\u00e9 m\u00f4re af loop en huil tannie Miems oor sy nie kan saam nie. En met die groet en die dankie-s\u00ea en die maan toe stuur, is menige o\u00eb maar nat. En weereens: &#8220;O die dae gaan so snel verby &#8230;&#8221; Tog is hierdie nog &#8216;n herinnering &#8230;<\/p>\n<p>En toe suffer ons Tafelbergpad uit. Maar dit is mooi en dis goed om &#8216;n slag moeg te word. Onder die bakkrans by die Welbedachtgrot middagbroodjie ons in verskillende groepies. Hierna, soos ook deur die hele naweek, word die nuwe toeriste dreigend toegesing. &#8220;Oor graf van menig held&#8221; word met besondere klem gesing. Hier skei die groep se we\u00eb egter. Die een groep stap agter Deon aan en die ander agter die goeie ou G\u00e9ne aan. En op die paadjie onder hoor ons hulle roep van Tafelberg af. Sing-sing en hout-optel-hout-optel stap ons verder. En ons weet: net hier kan die lug s\u00f3 blou wees en die rotse s\u00f3 afge\u00ebts.<\/p>\n<p>Op Langkloof aangekom, word daar eers l\u00ea en gesels onder die groot ou bome. Toe die Tafelbergers arriveer, word daar begin met die kosmaak. In twee lang rye pryk die billies en die stokers doen hulle werk. Daar word gespin en geskiet en die aand is verder die nuwe toeriste s&#8217;n. Hannes probeer powerig om die klomp te laat item, maar hy kwyt hom so swak van sy taak dat die ou toeriste hul verplig voel om elke nou en dan in te gryp en te probeer verbeter op &#8216;n karige itempie. Hannetjie se oefeninge vind algehele byval en sommer gou-gou rys &#8216;n hele klomp bene die lug in. En toe: W &#8211; R &#8211; A &#8211; A &#8211; K!<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 28 Maart:<\/strong><br \/>\n&#8221; &#8211; stap na Wupperthal.&#8221;<\/p>\n<p>Dis langpad, dis sandpad en klippad en warmpad. &#8216;n Gebruiklike stapstilte heers. Dis toe die BT-Kaners water ruik dat alles begin. Elke nuwe aankomeling word van agter &#8216;n rots met &#8216;n volskoot water verwelkom te Eselbank. Lydia onderskat egter Adriaan se goedhartigheid en kom bedro\u00eb (of sal ek s\u00ea benat) daarvan af. En op die wal eenkant staan en speel Emile met sy woorde: verstommend vernuftig &#8211; dit moet &#8216;n gawe wees! Die mense ondertoe word gewaarsku teen die &#8220;voetsame&#8221; water. Die nat Boeka weer word gewaarsku dat sy skoolkinders hom vir &#8216;n &#8220;drup&#8221; sal aansien. Die provita en sardiens gaan goed af en ons neem weereens die rugsakke op. Di\u00e9 keer stap ons oor Eselbank. Dis warm, maar ons is verstom oor die baie water wat oral loop. Agter die donderweerwolke aan loop ons en dink sommer of bespiegel oor die herkoms van rugsakname of loop sommer net. Pierre wat di\u00e9 dag voor stap, ken sy stap. Hy slaan &#8216;n kortpaadjie in deur die veld en ons sien waar di\u00e9 w\u00eareld sy Sandveldnaam vandaan kry. Toe sien ons Wupperthal groenig en in al sy glorie l\u00ea! Dis nog eers &#8216;n lang klippad \u00e1f voor ons daar kom, maar ons loop hom met die loop van iemand wat weet waar sy pad hom bring.<\/p>\n<p>Nie lank n\u00e1 ons nie, arriveer ook die wa en daar word kamp gemaak. By die vinnig-lopende watervoortjie met die heerlikste water, vergryp ons ons aan die inhoud. Die inhoud hiervan kon die meeste van ons later egter nie inhou nie.<\/p>\n<p>Daar word swemgat toe gery saam met die wa, en by die Wupperthalse klok laat geld Adriaan homself vir die eerste maal werklik op die toer. Nouja &#8211; ons was dit te wagte &#8230; Die gevolg van die swemmery: Die stokers staak, die kokke kan nie voortgaan met hul taak nie, en ons eet laat!<\/p>\n<p>Di\u00e9 aand slee ons onder die groot ou bome met die lang stamme.<\/p>\n<p><strong>Woensdag, 29 Maart:<\/strong><br \/>\n&#8221; &#8211; oorstaandag &#8230;&#8221; Di\u00e9 m\u00f4re gaan ons Wupperthal se dorp toe. Oom Hans B\u00fcttner, wat reeds al die vorige aand saam met ons geslee het, vertel vir ons daar voor die kafeetjie wat alles oor die lange, lange jare heen met Wupperthal gebeur het.<\/p>\n<p>Hierna stap ons padlangs kerkie toe waar ons een van die seker mees wonderlike ondervindings deurmaak: die Wupperthalse basuinkoor lewer &#8216;n amptelike uitvoering en vir die eerste keer sien ons hoe &#8216;n dirigent met sy o\u00eb en deur middel van &#8216;n baie, baie vuil kyk hier en daar &#8216;n hele orkes in toom kan hou. Annelie en Hein is so betower, dat hulle soos bruid en bruidegom die paadjie afgesweef kom. Ons gaan skoenfabriek toe en menigeen kan die versoeking nie weerstaan om &#8216;n paar opregte egte Wupperthallers syne te maak nie. Daar word ook handskoene gekoop vir die stokers en kokke. In die kafeetjie eet ons chips en appelkosies en drink botteltjie-koeldrank.<\/p>\n<p>N\u00e1 middagbroodjie sit di\u00e9 wat nie stew moet kook nie, af Krokkodam toe, verby die bordjie waarop staan &#8220;NO NUDE BATHING&#8221;. Die ou Tratra-poele kry skielik lewe. Uitgelate ouens spring van die hoogste krans by Wupperthal af in die water en baljaar gelukkig daarin rond. Die meeste van die meisies was baie dankbaar vir die welkome rots in die middel van die poel.<\/p>\n<p>Di\u00e9 aand is komitee-items. Elke item word ingelei deur &#8216;n kenmerkende brul van die leeu deur &#8216;n baie verdagte raam. Nouja, oom Tjaain het dit goed bedoel. Die tentekomitee is di\u00e9 aand uiters byerig, en beland selfs in Emile se motor wat nie wil loop nie. Die oggendbrode voer &#8216;n Romeo en Juliet op met Hannes as die Romeo. Daarna kom die kokke en stokers aan die beurt met Samson en Delightful. Om Samson te verlei is nie so &#8216;n maklike taak nie en nogal uitputtend &#8211; in so &#8216;n mate, dat Irene die res van die toer buite aksie was. Soos &#8216;n beroeps-Simson, dans Lukie sy &#8220;Delightful-is-my-baby-with-the-sparkle-in-her-eyes&#8221;-dans om die vuur. Groot moeite had hy egter daarmee om die leeu van die gras af te maak, omdat laasgenoemde net eenvoudig verseg om te dood. (Dalk &#8216;n katkisasieklas gebank iewers?). Dit was nie voor &#8216;n &#8220;jong gee jou bek laat ek hom oopskeur&#8221;, dat Adriaan besef hy moet oorgee nie. Intussen staan die Filipstyne gereed om te storm, gewapen met kooklepels en -spane. Raai wie het die geveg gewen en raai wie het die ked\u00eansie gewen?<\/p>\n<p>Met hekeltyd kom al die sondes van die dag na vore. Di\u00e9 aand sit ons lank en sing om die vuur.<\/p>\n<p><strong>Donderdag, 30 Maart:<\/strong><br \/>\nDie vorige nag het die meeste van ons aktief deurgebring. En die wat nie gehardloop het nie, het gekyk hoe die ander hardloop. Die volgende oggend was die slagting groot toe daar gevra word wie wil almal wa-ry. Ons het dadelik besef dat di\u00e9 vreemde siekte baie aansteeklik moet wees, want skielik moes Pierre \u00e9n Minette, Ren\u00e9e \u00e9n Pieter, Betsie \u00e9n Deon, Lieb \u00e9n Sassie wa ry. Nouja, die toeval speel partykeer ook sy rol &#8230;<\/p>\n<p>Op Heuningvlei aangekom, was dit reeds heeltemal betrokke en groot wolke het vanuit die noordweste die Krakadouw toegevou. Die wa moes afsit Clanwilliam toe, min wetende dat hy eers omtrent tienuur di\u00e9 nag en in &#8216;n ander vorm weer terug sou wees met die kos wat hy veronderstel was om vir die groep hongerige BT-Kaners te bring. Paul gaan saam en bly sommer in die hospitaal, van waar daar ook medisyne en pille vir die res van die ellendiges gestuur word. Di\u00e9 aand is dit vir koring en boontjies eet. Die volgende oggend egter is &#8216;n koulike groepie wat dwarsdeur &#8216;n geniepsige motre\u00ebntjie hul mae moes volkry, baie bly om die vorige aand se worsies te kan geniet, en &#8216;n vrolike drie hoera&#8217;s vir die papkokers styg dankbaar die lug in.<\/p>\n<p><strong>Vrydag, 31 Maart:<\/strong><br \/>\nVan Krakadouw-klim kom dadels. Dit re\u00ebn en is baie, baie koud. Sneeukoud is dit sommer. Tog is daar &#8216;n paar voortvarendes wat dit hul plig voel om &#8216;n stappie in te kry. Die res slee solank. Elke nou en dan styg die bekende &#8220;Rooi en groen en geel amara&#8221; die lug in tot groot verleentheid van die toegesongenes \u00e9n van die singendes wat telkens moet soek na die woorde. In die een hoek word Boerneef gelees en in die ander een Cheat gespeel. Die Boerneef-voorlesing moes egter kort-kort tydelik gestaak word ter wille van histeriese lagbuie wat elke nou en dan uit die Cheat-hoek opgestyg het. Bekende cheaters is natuurlik Lukie, Hendrik, Rotjie, Tobie en andere. Hier en daar probeer iemand homself en-of ander be\u00efndruk met &#8216;n deuntjie of wat op die kitaar, maar word nie veel kans gegee daartoe nie. Middagete is slegs &#8216;n onwelkome onderbreking en net heel gou keer alles weer terug na normaal. Uit elke hoekie styg &#8216;n ander storie die lug in. Een daarvan is &#8216;n vurige bespreking van die nuwe mode wat die ouens op die toer ontwikkel het om die meisies nat te gooi as hulle soggens dood-onskuldig kom eet. Neels luister boetvaardig toe en kry net nou en dan &#8216;n knikkie in. Die vyf &#8220;smart&#8221; ouens in kispakke en strikdasse doen hul intrede en die meisies val oormekaar vir aansoekvorms om toestemming om hul te mag skiet. Rotjie het glo net getoets of sy nuwe pak werklik kreukeltraag is &#8211; en is hy dit nie! Die pak had glad minder kreukels as sy baas!<\/p>\n<p>Van vroegdag af reeds word daar gestook vir die heerlikste bord kos waarvoor die kokke op die hele toer gesorg het. Selfs die wat nie moet eet nie, eet di\u00e9 aand.<\/p>\n<p>Ingrawewerk is reeds deur die loop van die dag deeglik gedoen, en toe die fluitjie blaas vir skiet, is daar reeds geskiet. Wonder bo wonder gaffel elkeen vir hom &#8216;n plekkie uit in die damesslaaplokaal en daar word weer van voor af geslee. Die items is di\u00e9 aand onoortroffe. Zing ontpop in &#8216;n drops-eter van formaat en as die uwe net kon gefluit het, sou sy sekerlik die item gewen het! Drie dapper muise doen die rondte en is selfs nie vir &#8216;n goor maag bang nie. Die plathond kom vir die eerste keer in baie jare weer tot sy reg toe die lieftallige Boeka en die bedeesde Willem in twee wreedaardige gediertes ontaard. Die twee tannies Ilse speel treintjie-treintjie en verf baie oorspronklik op elke kleuter se banke &#8216;n prentjie. Net op Adriaan se bankie word &#8216;n gaatjie geboor. Emile voel hom egter nie &#8220;getrain&#8221; vir die getreinryery nie. Miskien het die pienk mannetjies hom klaar gemaak. Rotjie kry oom Mauritz-hulle se klassieke verjaardagboekie in die hande en begin lees: Neels: &#8220;The wolf looses his teeth but not his inclinations.&#8221; Oom Tjaain: &#8220;The devil is never nearer than when we are talking of him.&#8221; Lou-Marie: &#8220;A pig bought on credit grunts all the year.&#8221;<\/p>\n<p>Hekeltyd en Mari\u00e9 moet vaak-vaak verantwoording doen van haar en Boeka se wandeling in die bos. Japie hou aandgodsdiens. Di\u00e9 nag slaap ons vas &#8211; die volgende oggend is weer stapdag.<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 1 April:<\/strong><br \/>\nDaar word vroeg-vroeg gewikkel en ons begin kamp opruim. Wonder bo wonder kry elkeen sy iets wat weg was en pak sy rugsak. Komitee-foto&#8217;s word geneem, asook &#8216;n groepfoto en &#8216;n foto van die oud-toeriste. Hoogtepunt is natuurlik wanneer jy op Lukie se &#8220;movie&#8221; kom. Ongelukkig het party net te laat besef hulle moet &#8220;act&#8221;. Bo teen die rotsrif vlieg daar egter allerlei voorwerpe na die kamera se kant toe &#8211; selfs Hendrik met sy hare plat soos die wind dit waai, bestorm die kamera. Die siekes ry wa en ook ons chaperone bly di\u00e9 keer in die slag. Die bekende &#8220;Nog &#8216;n toer is verstreke &#8230;&#8221; word egter eers gesing en &#8216;n paar dankies word ges\u00ea. Daar is &#8216;n dankie in ons harte vir oom Tjaain &#8211; nie net dat hy soveel van die re\u00fcnie-re\u00eblings op hom geneem het nie, maar sommer ook dat hy ons BTK-pa is. Van die kant van die oud-ou-toeriste is daar ook &#8216;n dankie en Willem verklaar dat dit veral lekker was om te ondervind dat die BTK dwarsdeur al die jare heen nog net dieselfde gebly het. Daar is vir Gene ook &#8216;n groot dankie. En vir Mari\u00e9 \u00e9n Minette \u00e9n vir almal.<\/p>\n<p>Dit is vir die meeste van ons &#8216;n mooi stap deur die Krakadouwpoort na Dwarsrivier. Die re\u00ebn het begin opklaar en toe ons oor die nekkie kom en afkyk Dwarsrivier se kant toe, is dit ongelooflik mooi. Dis &#8216;n lekker ou af-paadjie verder en ons loop hom al geselsende. Toe ons almal in die bus sit en dit begin kliphard re\u00ebn, merk Boeka op dat die re\u00ebn net betyds begin het.<\/p>\n<p>Nou begin die lang sit terug. Op Clanwilliam ontknoop ons onsself eers en soek verkwikking in die Protea-kafee. Die nekdoekies word gaan haal en daar word ook luidkeels vir Paul gaan kuier. Hy verkies egter om ver van ons af te bly. Met &#8216;n Russiese volkslied verlaat ons die hospitaal-perseel en so ook Clanwilliam. Nou word die BTK-sangbundel eers van voor af deurgesing en Lukie leer ons heelwat van BTK-sang. Veral &#8220;De machtige koning van storm en van wind&#8221; kry vir ons nuwe lewe.<\/p>\n<p>Daar word hierna naarstiglik brood gesmeer \u00e9n ge\u00ebet. Hendrik ontdek &#8216;n splinternuwe manier om die broodkrummels van die nare skinkbord af te kry en gooi laasgenoemde sommer heel-heel by die venster uit. Op Citrusdal laai ons vir Siertske en Japie, en Adri en Hannetjie af. Hierna vat ons die Piekenierspas. Teen ongeveer kwart-voor-nege arriveer ons op Stellenbosch, nie lank na die wa wat ons op Malmesbury teengekom het nie. Daar word afgelaai, nogeens gesels en elkeen kry sy koers.<\/p>\n<p><strong>Sondagaand:<\/strong><br \/>\nMob-kerk. Wessie is sonder sokkies en Willem het die loseerder wat hy nog nie gesien het nie, se skoene aan. Net die hemp is syne. Hannes: &#8220;Vanaand bewys die BTK-dames darem dat hulle net so vroulik kan wees as wat hulle onvroulik kan wees. Kyk net so &#8230;&#8221; N\u00e1 kerk eers koffie en koekies wat Eugene se ma en Marius se ma gemaak het. Wonder nogal wat die Neelsiegangers van die vier verdwaalde &#8220;hoi-hoi&#8217;s&#8221; gedink het! Daar word weer amara-liedjies gesing en vrae gevra soos hoekom Marius &#8216;n rooi das aan het. Op die vraag waar hy gebad het, antwoord Stefan sonder enige skaamte &#8220;in die matrone se bad&#8221;. En op &#8216;n verdere vraag waar die matrone toe was, antwoord hy nog meer skaamteloos: &#8220;in die bad&#8221;. Boeka groet en Willem groet. Maar nie voor daar driftig meegedoen is aan &#8216;n vurige bespreking van die Wildekus-toer nie. En met &#8216;n &#8220;tot die re\u00fcnie!&#8221; kry elkeen sy rigting.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Betsie Slabbert<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n<p>Die Duitse wiskundige Reuter<br \/>\nKon nie &#8216;n woord kry om te euter<br \/>\nToe hy die pyprokers natgooi met water<br \/>\nEn op kenmerkende skril manier skater<br \/>\nHet hul hom met water en stof toegegeuter.<\/p>\n<p>Die bobaas grapmaker du Pisanie<br \/>\nKon net nie Driehoek se massas verdranie<br \/>\nHy wag maar net tot Wupperthal<br \/>\nOmmie kerk se klok te laat skhal<br \/>\nNou kan hy nie &#8216;Gene se ergenis verstanie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Veldskoenvoorneme met my ou vasbyt Woeperdallers oubaas se lekker loslyfkallers sal ek di\u00e9 w\u00eareld se girtsgruis nog so knarsspat stap deur Eselbank se harde sand tot ver in die land by Heuningvlei se kerk sal di\u00e9 ou paar taaiers nog fluks vir oubaas werk. -Deon- Wupperthal, Eselbank, Heuningvlei &#8211; wat &#8216;n w\u00eareld, wat &#8216;n w\u00eareld! [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1163","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1163","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1163"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1163\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1165,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1163\/revisions\/1165"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1163"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1163"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1163"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}