{"id":1166,"date":"1978-11-05T20:15:41","date_gmt":"1978-11-05T18:15:41","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1166"},"modified":"2012-01-05T20:18:44","modified_gmt":"2012-01-05T18:18:44","slug":"struisbaai-infanta-gala-1978","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1978\/11\/struisbaai-infanta-gala-1978\/","title":{"rendered":"Struisbaai-Infanta Gala 1978"},"content":{"rendered":"<blockquote><p>&#8220;Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us, or we find it not!&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Dinsdag is uitslae-dag met net genoeg tyd oor vir rugsakpak (om vinnig weg te kom van die huis af!): inpadk, uitpak, regpak, oorpak &#8211; lekkerrr! Onder by die stoor staan &#8216;n re\u00ebnboog rugsakke so &#8216;n toebroodjiestaan, wag net vir oplaai; en m\u00f4re se uitsien kan jy voel in die vreemdheid van &#8216;n eerste toeris; en Gustav se terg; en Hy&#8217;s mielie-mense wat kaartspeel tot l\u00e1\u00e1t.<!--more--><\/p>\n<p><strong>Woensdag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;Write on your hearts that every day is the best day of the week&#8221;<\/p>\n<p>Die oggend begin sommer al vroeg-vroeg toe twintig hoede-en-nekdoekies opdaag vir wa-ry. Joos, skoon die josie in vir twee lede van die wa-ryklub, besluit toe maar: &#8216;n kwartier gewag is lank genoeg, en hy ry! Dis sleetyd, slaaptyd, eerste t\u00eantyd agter op die wa, en die re\u00ebn en dieseldampe bly ook nie uit nie. Ontbyt is al op Caledon, en middagbrood: Struisbaai!!<\/p>\n<p>Op die groot bus is dit styfsit om almal in te pas, maar Tobie en Japie moet nogtans agterbly en wag vir Marius-hulle. N\u00e1 die middagete op Grabouw bly dit ry en appels en ry en fudge en ry en liedjies &#8230; tot binne-in Struisbaai se karavaanpark.<\/p>\n<p>Ons is net klaar afgelaai en nesgeskop, toe kom die laaste sarsie van di\u00e9 geweldige yslike tamaaie toergroep aan en ons Koning die bussie heeltemal moedeloos: vorentoe, terug en vorentoe, terug en w\u00e9\u00e9r.<\/p>\n<p>&#8220;Strandtoe&#8221; is die volgende gedagte, maar menige &#8220;Rugby-speler&#8221; kom druipstert oftewel druipnat van die jollery af terug. Met aandete maak die vreemdes deeglik kennis met bordspin &#8211; iets wat vir die res van die toer &#8216;n instelling bly &#8211; hol bol hol: Hendrik en Neels is die hoofspinners maar dis Adriaan wat op die ou end in die slaggat trap.<\/p>\n<p>Nie kampvuur vanaand nie, maar wrak toe: &#8216;n regte vakansiedroomland se verlangstappie in donker. Die soutruik van die strand. Vissers wat net intrek. Sandvoete in jou slaapsak. Alles is so propvol see!<\/p>\n<p><strong>Donderdag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;Oft a little morning rain foretells a pleasant day&#8221;<\/p>\n<p>Nou ja, soos die aanhaling s\u00ea, kwart-oor-vyf re\u00ebn ons wakker. Die slaap is verby en die oggendbroodjies se strafmaatre\u00ebls gefnuik.<\/p>\n<p>&#8216;n Valerige begin met gryserige sand en &#8216;n kleurlose lug &#8211; en die helderste natsandweerkaatsings en die malste voorstellingsparade en die gewone ordentlikheidspraatjies. Ons draai &#8216;n keertjie land-in tot by &#8216;n swart slaprugbruggie wat &#8220;uitspan&#8221; s\u00ea. Hier word almal goed geolie en gesmeer: dis &#8216;n warm dag nou, en die sonnetjie pr\u00e1\u00e1t.<\/p>\n<p>Middagstap is weer seelangs en later so &#8216;n voorsmakie van rotsklim en dan &#8216;n uitrekstap agterom (tot Marius se misnoe\u00eb) tot by Waenhuiskrans en sy jipieee! warm storte.<\/p>\n<p><strong>Saterdag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;The earth delights to feel your bare feet&#8221;<\/p>\n<p>Ons is nie weer so gelukkig om net betyds vir oggendbrood wakker gemaak te word nie, want kwart-oor-drie se stryk is daar &#8216;n rooimiergeskarrel vir dro\u00eb slaapplek. Onder-die-wa, die tente en selfs die badkamers is algemeen oorbevolk.<\/p>\n<p>Deur die loop van die oggend verskyn Sarina, Jaco en Amanda so tussen die stappers en half-drie al is ons op Skipskop. Maar net eers, vandag se aantekeningblaadjie lyk s\u00f3:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Sing oppie gras. Vroeg wikkel; verby<br \/>\nWaenhuiskrans se waterverfhuisies.<br \/>\nkranse see sandduine spore<br \/>\nAlleenhutjies tussen duine.<br \/>\nAlmal versamel goeters &#8211; kaalvoet se<br \/>\ntoontjie-trap oor rotse &#8211; bont skulpies<br \/>\nspons kabouterhoedjies gebleikte perle-<br \/>\nmoene psigidiliese oranje stukkie alikruk&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Die wa-laaiers moet gaan aflaai en ons ander het tot halfses tyd vir slaap, enne &#8230; bietjie nonsenspraat, enne &#8230; Lukie se Kukiejar. Minette &#8211; die varkasem! &#8211; veroorsaak chaos met &#8216;n tweede damesskiet en die spinnie neem wraak toe Joos se sleepilblik gestroop word en Stiaan moet taaitoffies kollekteer vir troos. Items is: &#8216;n Gewyde Rampokkers en Stiaan se grootlag kysformulier. &#8216;n Nuusbrokkie: vanaand het Adriaan wakker gebly en daarvoor verdien Tillie haar beloofde Coke!<\/p>\n<p><strong>Sondag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;Nature is the art of God&#8221;<\/p>\n<p>N\u00e1 die feetjies en kaboutertjies en &#8216;n etetjie net voor kerktyd om die g\u00f4r-mae te keer, is Jaco aan die woord: &#8216;n Klein mannetjie met &#8216;n groot preek. Psalm 104 is gediggie-mooi so saam met die vo\u00ebls en die wind van De Hoop.<\/p>\n<p>Sondag is Elsa-dag en die dodelike mengsel word dood-ernstig met &#8216;n dodemars aangedra. Joos toets die Elsa se tekstuur oor Irma se kop; Tobie skep Adriaan se blou beker vol (ek dink nie ons moet hom glo dat hy alles opge\u00ebet het nie!); Reenen en kie ontdek &#8216;n variasie op die &#8220;Lekker Mieliepap &#8230; &#8220;-item&#8221; en oorblufte omstanders moet net vinnig sluk!<\/p>\n<p>Liedjies in die wind, politiekgesels in die son &#8216;n uiltjie knip in die strooi sleekring. Almal is vodde na Elsa-eet en ons spaar energie vir sleetyd.<\/p>\n<p><strong>Maandag<\/strong>:<br \/>\nSoos skape in &#8216;n trok ry ons &#8216;n nagmerrierit &#8211; skudrit (ons en die rugsakke en die rugsakke en ons) wat meer na sestig kilometer voel as ses en by Koppie-alleen kan ons dankie-bly afspring.<\/p>\n<p>Tradisionele Wa-breekdag. Danie wen sy weddenskap deur en deur: die diesel raak op (Joos jou stooge!) die waaierband spring af (ook maar goed, anders is daar dalk &#8216;n gasket geblaas), die battery is pap en die buffer breek af. Yegg!<\/p>\n<p>&#8216;n Laaaang sandstap met &#8216;n rugsak wat skoon vreemd voel; &#8216;n skulpiestrand by middagbrood en die wa-laaiers wat &#8216;n rekordpoging aanwend om ons in te haal.<\/p>\n<p>Hamerkop &#8211; &#8216;n holte-vir-die-voet tussen die duine &#8211; is so goed soos uitgeknip uit die Suidwes-toer met groepies-eet en &#8216;n sandslee, maar met sy eie olieverfsonsondergang en &#8216;n onverwagte Reenen en Minette en Brenda wat kom wa-nuus vertel.<\/p>\n<p>Die aand se item-nuus: Staal Burger en rolletjies tan en G\u00e9ne-hulle se skip-skop-s\u00f4nner-d\u00f4nner. En ons re\u00ebn toe ni\u00e9 nat nie, ten spyte van geniale grondseil-skuilings en Lou-Marie se le\u00eb drom.<\/p>\n<p>Intussen berig ons modeverslaggeefster: &#8220;Hierdie jaar se gunsteling toer-skakering is die blosende een en hier en daar vind die revolusion\u00eare mossie-eier voorkoms inslag.&#8221; Ja-nee, die sonnetjie k\u00e1n byt as hy wil.<\/p>\n<p>By De Hoop kry ons &#8216;n waatlemoenwelkom en wind en twee storte tussen honderd stapmoeg BT-Kaners (Sjoe vir die queue!). Ons speel volkspele in die kafsleekring toe die rooison water trek oor De Hoop se eende-vlei maar toe Minette die fluitjie blaas, skrik Floors s\u00f3 groot dat hy die hasepad kies.<\/p>\n<p>Vaak spinnies, &#8216;n vawyda-item en nog-&#8216;n-bietjie sing: m\u00f4re is mos oorstaandag.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;Heaven is under our feet as well as above our heads&#8221;<\/p>\n<p>O, dis pragtig! Dis sand. Dis rotse. Dis &#8216;n hele kus vol grotterige gate. Dis lysies. En kranse. En seemeeue. En die see is die blouste groenste mooidagkleur en &#8216;n see-grot waar ons groepfoto&#8217;s neem en die boog. Dis op di\u00e9 stappie wat die Swemmende Woelwaters En Leegl\u00eaende Gepeupel van Swelg die agterhoede bewaak en wat Danie terugdraai om sy pyp te gaan soek.<\/p>\n<p>Noetzie se groen gelyktetjie en die welkome wa en die gemeenskaplike badplek is Breda en Andr\u00e9 en Floors se laaste by-wees: hulle moet groet. Dis bietjies-re\u00ebn, en die komitee-items wat nie lekker wil vlot nie, maar Adriaan, die goedkoop koerantman; en oom Gys (wat met &#8216;n welverdiende ked\u00eansie wegloop) is die verhoogpersoonlikhede van die aand.<\/p>\n<p><strong>Woensdag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;Nature is perfect, wherever we look&#8221;<\/p>\n<p>&#8216;n Lang laaste stap na Kaap Infanta toe het alles wat &#8216;n stap so spesiaal maak en nog m\u00e9\u00e9r.<\/p>\n<p>(Hoe kan &#8216;n mens dan skryf van stapenstap? Van boulderhopping en &#8216;n jaag-asem en tussen-in se swempie vang? Of van die twee-spoor stap met sonbesies se eennoot skreetjie en sanddampe en droomdinke in die spore van die Wuppertallers voor jou?)<\/p>\n<p>Die hoogtepunt van die dag is die vlermuisgrotte: Kango-mooi stalagtiete en -miete. En as die flitse af is en daar net kersie-vlammetjies en &#8216;n groot-groot donker en &#8216;n vlermuismis-ruik en &#8216;n grotvol eggo-liedjies oorbly, wil mens ampertjies huil, want dit is so verskriklik baie mooi en dis roerie-regtig jy wat ook nou nekdoekie-draer is.<\/p>\n<p>Middagbrood se rusplek is by die swart houtkissie van dierbare Stellenbosch-mense waar ons koffie kry en &#8216;n getyswem swem. Later toe ons moet wegdraai van die branders en die rotse en die see se heelweek-blou, net daar waar Swelg sy laaste water aandurf, sien ons hom: &#8216;n walvis wat spuit in die baai!<\/p>\n<p>Karavaanpark?! Gmf. Verontwaardiging oor die gebrek aan storte keer die groepie dames darem nie om uit te hang in hul wonderpakkies nie. Dis laaste-aand slee, di\u00e9 slee van die toer en Koos word dolleeg gekoop (dit wat nog oor was!). Die manne moet hul ding ken, want jy kan v\u00f3\u00e9l hoe word daar rondgeloer.<\/p>\n<p>Van item kom nie veel nie: dis Gala-laaste-aand en laaste Gala-aand vir baie.<\/p>\n<p><strong>Donderdag<\/strong>:<br \/>\n&#8220;Nature has given every time, place and happening splendours of its own&#8221;<\/p>\n<p>Die dag begin met die hartseer fyndou van &#8216;n amper-re\u00ebntjie, so asof hy weet van oulaas-se-liedjies sing en laaste toeriste maan toe stuur.<\/p>\n<p>Maar later, met papieroptel-tyd word dit &#8216;n stikwarm dag met &#8216;n katastrofiese wa-ry, sodat die bus vir drie ure lank op Swellendam moet oorstaan en die &#8220;ou laaste dag&#8221; kry onverwags sy eie mooi: soet swart moerbeie en &#8216;n Drostdy-besoek en Stiaan se ouers wat sommer koffie maak vir almal!<\/p>\n<p>Terug op Stellenbosch kan ons nog nie groet nie, want daar wag nog m\u00f4re se kiste op die plein. En &#8216;n rooi-met-wit-spikkels-troue. En n\u00f3g &#8216;n troue. En: die re\u00fcnie met sy skyfies en sy onthou-jy-nogs.<\/p>\n<p>Wat &#8216;n yslike, tamaaie, geweldige toer, een honderd keer geniet!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>(Sketsskryfster)<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us, or we find it not!&#8221; Dinsdag is uitslae-dag met net genoeg tyd oor vir rugsakpak (om vinnig weg te kom van die huis af!): inpadk, uitpak, regpak, oorpak &#8211; lekkerrr! Onder by die stoor staan &#8216;n re\u00ebnboog rugsakke so [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1166","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1166","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1166"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1166\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1168,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1166\/revisions\/1168"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1166"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1166"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1166"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}