{"id":1169,"date":"1978-09-27T20:18:50","date_gmt":"1978-09-27T18:18:50","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1169"},"modified":"2012-01-05T20:28:09","modified_gmt":"2012-01-05T18:28:09","slug":"berghut-inwyding-september-1978","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1978\/09\/berghut-inwyding-september-1978\/","title":{"rendered":"Berghut-Inwyding September 1978"},"content":{"rendered":"<p>&#8230;.verwesenlik van ons grootste BTK-droom.<\/p>\n<p>1978 sal voortaan in die BTK-geskiedenis bekend wees as die goue jaar; die jaar waarin die vereniging van pure vreugde uit sy nate wou bars; die jaar van sjampanje en diamante; die jaar van groot &#8220;herlewing&#8221; wat weer menige oud-BT-Kaner tot ons geledere toegevoeg het. Dit was &#8216;n jaar met groot uitdagings, vele onvergeetlike ondervindings, nuwe en hernude vriendskappe; en helaas ook met groot hartseer&#8230;<!--more--><\/p>\n<p>Daar is met groot verwagting uitgesien na die RE\u00fcNIE in die Sederberge. Di\u00e9 naweek het dan ook ons stoutste verwagtings oortref: ons as huidige BT-Kaners het tydens hierdie naweek &#8216;n kwaliteit mens ontmoet, wat ons self wens om te word. Die toer daarna het weliswaar sy &#8220;downs&#8221; gehad (letterlik en figuurlik), maar bly nogtans onvergeetlik vir almal wat dit meegemaak het. (Ons kon ons tydens die re\u00fcnie en die toer weereens verkneukel in baie gebeure toe die liewe Lukie sy &#8220;movie&#8221; vir ons stuur).<\/p>\n<p>Ons grootste droom het egter nog ver en onwerklik gevoel: ons hut in die berge. Drome val egter nie in &#8216;n mens se skoot nie en ons moes werk daarvoor. Ons moes sakkies sement deursweet en dit verder in &#8216;n oorpak toegedraai opdra hut toe, ons moes sakke vol bakstene opbeur, ons moes hardloop om onder die helikopter se lemme uit te kom, ons moes foute maak: balke te kort saag, geel verf omgooi op die pas klaargeboude stoep, die vloer reguit moker, koffie-pap maak, ensovoorts. Kortom ons moes les ops\u00ea &#8230; En tog: toe die sjampanjeprop skiet, bly van al die harde werk slegs vonkelvreugde oor.<\/p>\n<p>Die Donderdag van die inwydingsnaweek kom die berghut-inwyders vroegaand reeds op die terrein aan. Gou-gou brand &#8216;n groot vuur en daar word gelag en gesing tot die broodjies klaar is en die koffiewater kook. N\u00e1 ete word daar werk uitgedeel, en daar is iets vir elkeen; vir die kranige houtwerkers is daar &#8216;n pouhokbank om te ontwerp, die orige vensters moet in, die rookkap moet blinkgeskuur word, die kaggel gebou word, die vloer klaar ingesit word, die deure ingesit word en die terrein skoongemaak word. Die taktvolle G\u00e9ne het besef dat Hendrik, Neels, Raadi en Andr\u00e9 meer effektief sou werk met hulp wat by hulle pas. Met fyn diskresie het hy die takies uitgedeel en ons mooi gevra om tog nie in die son te gaan l\u00ea in plaas van om te werk nie. Net daar besluit die son toe dat hy nie so &#8216;n belediging sal vat nie en hy wyk vir die res van die naweek.<\/p>\n<p>Intussen weerklink die bekende &#8220;Paaltjie&#8221;-lied van die tentopslaners in die verte. Arme Marius sit heeltemal afwesig met &#8216;n veraf &#8220;O Alta&#8221;-uitdrukking in sy o\u00eb die petaljes en gade slaan. Dit was nie voor Deon hom &#8216;n paar steke in die ribbes gegee het, dat hy weer &#8220;bygekom&#8221; het nie.<\/p>\n<p>Na aandgodsdiens sing ons aandliedere tot oom Tjaain nag s\u00ea.<\/p>\n<p>Vrydagoggend breek valerig aan en dit word gou duidelik dat niemand vandag in die son sal KAN gaan l\u00ea nie. Voor ete word daar eers voorstellingsparade gehou. Ilse Leunennink: &#8220;Baby, you ain&#8217;t see nothing yet!&#8221; Neels: &#8220;Baby, you gonna see it now!&#8221; Andr\u00e9: &#8220;There it is now!&#8221; Toe ons by &#8220;die goeie ou &#8216;Gene kom, mis ons vir Sarina wat met uit-mangels in die hospitaal l\u00ea.<\/p>\n<p>Later die oggend, so deur die werkery, sluit oom Theo en Jacolien en helaas ook Lukie met sy movie by ons aan. So tussendeur die gegroet en gelag word die rookkap skitterblink geskuur, die kaggel gemaak, die houtvloer klaar ingesit, ensovoorts, ensovoorts. Met Ma-Mari\u00e9 nie in ons midde nie, sorg Louise en Hannetjie en Lydia dat die hardwerkendes se mae gevul word. Daar word knus in die hut gedis.<\/p>\n<p>Vrydagaand besluit &#8216;n wyse G\u00e9ne dat daar binne die hut geslaap gaan word. Dit was ook nie verniet nie, want die nag bars &#8216;n eersterangse storm los en ons ervaar reeds die heerlike en veilige beskutting van ons hut. Di\u00e9 aand kom baie streep-streep aan: Rotjie, gipsvoet Minette en haar draers, die Tygerbergers, ensovoorts. Intussen word daar van n\u00e1 ete af in plaas van slee, rookkap geskuur dat die rook so trek. Karen, haar diamant en haar verloofde word di\u00e9 nag laat vanuit die slaapsakke gekoning.<\/p>\n<p>Toe Saterdag aanbreek, re\u00ebn dit nog steeds. Vlae re\u00ebn en mis omskep die berghut in &#8216;n geheimsinnige oord iewers ver in die onbekende berge. So in die re\u00ebn sluip &#8216;n paar twyfelagtige figure in swemklere stortwaarts. Tobie wag hoflik tot Pierre, Wessie, Gustav en Braam klaar gestort het en smeer hom toe deeglik seep. Daar moes op di\u00e9 stadium &#8216;n vrot padda in die waterpyp gewees het, want Tobie het di\u00e9 hele dag seepglad gebly sodat niemand hom aan &#8216;n boom kon vasbind nie &#8230;<\/p>\n<p>Ons wonder of die oud-BT-Kaners in di\u00e9 stormweer hul weg berghut toe sal vind en die meerderheid meen dat dit onmoontlik is. Weereens word &#8216;n ou bekende feit egter gestaaf: &#8216;n BT-Kaner kom waar hy wil wees, en vir die berghut het hulle voorwaar deur diep waters gegaan &#8230;<\/p>\n<p>Oom Bethel is gelukkig daar om die klomp deur &#8216;n vol rivier te lei, en die lang stap begin. Dit word egter heelwat verkort deur tannie Miems se gesellige gekwetter. Om die laaste draai voor die hut ontmoet oom Theo die oud-BT-Kaners, onderwyl die jongeres gereed maak om te storm &#8230; en een van die mees vreugdevolle konings in heugenis volg. (Minette staan maar eenkant been-af en met &#8216;n hartseer uitdrukking alles en aanskou).<\/p>\n<p>Onderwyl mnr Coetzee, die distriksbosboubeampte, die Sekretaris van Bosbou, oom Danie Ackerman, se boodskap voorlees, word daar so agterlangs blikbekers enne tjippies enne beskuitjies enne kasies aangedra. Voor op die stoep kry oom Paul Argitek le Roux die nommer 1 sleutel van die hut, oom Bethel maak net sy verskyning namens oom Mike de Vries van die Universiteit, en oom Theo besluit om nie die reeds bekende re\u00ebls te lees nie. Toe sluit Mari\u00e9 die hut se glasdeur oop en &#8230; die sjampanjeprop skiet op die dak terwyl Emile ons vermaan dat &#8220;spuit altyd te laat kom&#8221;. Hierna drink ons &#8220;Ein Prosit&#8221; en die sjampanje in blikbekers getuig van BTK-mentaliteit: eenvoudige, maar vonkelende en egte vreugde.<\/p>\n<p>Algemene bewondering van oom Paul se blink plan en ons uitvoering daarvan volg. Die res van die middag word gesellig deurgebring met gesels en lag en vertel en floppera-oefen. Tydens laasgenoemde repetisie word Hendrik twee maal n\u00e1 mekaar deur die energieke Lukie op die grond neergevel terwyl die regisseur, oom Theo Sceffler, sy hande vol het om die geveg ordelik te laat verloop. Keer op keer eggo &#8216;n sielvolle liefdes-duet terug vanaf Afrikaskop. Die berugte &#8220;Stine&#8221; sluit hom ook by ons aan, asook sy talentvolle makker Breda, en heel gou doen &#8216;n aantal &#8220;P.W.&#8221;-grappies die rondte. Die donker jaag die BT-Kaners streep-streep hut toe en kort voor lank word daar lustig volkspele gedoen om die kaggel terwyl die batch-squad tannie Miems terroriseer. G\u00e9ne se fluitjie blaas en die skote klap.<\/p>\n<p>N\u00e1 Mari\u00e9 se heerlike dis skud elkeen sy vere reg vir &#8216;n geskiedkundige slee om die hutvuur. Lukie se movie wil nie move nie en toe Adriaan sy rug op die kamera draai, pak die kragwekker op.<\/p>\n<p>Hierna volg die eerste item van die aand: Rotjie steek die vuur aan die brand. Nouja, &#8216;n vuurtjie het mos maar &#8216;n rokie en waar &#8216;n rokie is, is &#8216;n vuurtjie, of liewer &#8216;n goiingsakkie. Rotjie en Marius word bedank vir hul item met &#8216;n verfrissende stort vir elk. Vir die res van die aand tot die vuurtjie verwyder is, het ons mekaar met betraande oge sit en aankyk. (Wat nou oom Paul?).<\/p>\n<p>Hierna word ons almal verras deur die intrede van dr Naaktgeboren en sy kli\u00ebnt. So tussen die trane en rook deur doen ook Don Lucretio en Donna Bettina hulle intrede:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Gee my jou hand Donna Bettina<br \/>\nKom na die slee met my<br \/>\nEk brand al van verlange<br \/>\nom jou in die slee te kry!&#8221;<br \/>\nDon Enrico verskyn op die toneel en<br \/>\n&#8220;Ons veg tot die bitter einde<br \/>\nwant die beloning is groot<br \/>\nBettina om jou guns en skoonheid<br \/>\ntrotseer ons nou die dood!&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Donna Bettina moet self kies en haar keuse val op Donna Enrico. Die magtige, pragtige koning veroordeel Don Enrico tot die dood, maar Bettina smeek hom om laasgenoemde vir haar te spaar. Die beroemde &#8220;Baie visse in die see&#8221;-solo van Don Lucretio volg, waarna hy en die koning hul uittog doen. Die finale en sielvolle liefdesduet van Don Enrico en Donna Bettina volg en dit word met &#8216;n hoogtepunt afgesluit, naamlik &#8216;n &#8230; en &#8216;n versoek van Don Enrico aan Donna Bettina om hom te &#8220;adore, I say!&#8221;<\/p>\n<p>Deon speel &#8220;Lagrema&#8221; van Tarrega en Breda verras ons almal met sy kennis van Beethoven en Chopin. Oom Bethel en tannie Miems gaan eet in &#8216;n Chinese restaurant waar &#8216;n ras-egte &#8220;waiter&#8221; hulle bedien en waar tannie Miems &#8216;n genade-dood sterf. Hekeltyd breek aan en Deon vra deur oom Tjaain aan Mari\u00e9 hoekom sy vroe\u00ebr die aand aan Jaco ges\u00ea het sy wil nie die hele aand sy hande vashou nie.<\/p>\n<p>Oom Paul hou vir ons aandgodsdiens, en na &#8216;n paar laat-aand-liedere s\u00ea oom Tjaain nag aan al sy dames. G\u00e9ne verdeel die hut en die sports begin! Toe elkeen uit\u00e9\u00edndelik na &#8216;n uur of wat se geskuifel darem naastenby sy l\u00ea het, begin die nag-s\u00eaery. Toe dit uiteindelik bedaar, begin die saagmeulens volstoom werk &#8230; Die volgende oggend moes Marius verantwoording doen van sy saagmeules se vooruitgang.<\/p>\n<p>Sondagoggend is die feetjies en kaboutertjies onoortreflik, en met &#8216;n dartelende vroegoggend-feetjie soos Adelheid is elke man se dag gemaak. Teen tienuur het die meeste darem al uitgekruip uit hul slaapsakke. Daar word naarstiglik opgeruim en teen kwart-oor-tien doen oom Bethel aankondiginge names die wel-eerwaarde kerkraad, waarna G\u00e9ne en Sarina, Betsie en Deon en Marius en Alta se gebooie loop. Oom Bethel lees Psalm 19 en praat met ons daaroor. Hy bring di\u00e9 oggend groot perspektief en ons besef opnuut met watter ingesteldheid ons na die natuur en ook ons hut moet kyk: dit kom van God; dis God se natuur en God se hut in die berge. Oom Bethel sluit af met die wens dat die hut vir ons &#8216;n voorlopige teken sal wees van ons elkeen se berghut in die hemel &#8230;<\/p>\n<p>Hierna word die hoender gestook terwyl Lydia, Hannetjie en Louise hulle tot by hul elmbo\u00eb in Elsa verdiep.<\/p>\n<p>N\u00e1 ete word daar weer &#8220;gequeue&#8221;; di\u00e9 keer vir borde vol Elsa. Reenen toets die gehalte van die Elsa deur dit vir &#8216;n minuut of wat onderste-bo te hou. Iemand merk op dat &#8216;n mens na dese sommer moet afvlieg ondertoe. Ongelukkig hoor Adriaan die opmerking en hy brei uit op die onderwerp &#8230; Die gag-gelag na die tipiese Adriaan-grap ontketen &#8216;n reeks jig-grappe met Lukie as die voorbok. Oom Theo se papliedjie in verwerkte vorm volg en daarna klim die berugte toedeldoe-groep op die &#8220;stage&#8221;: &#8220;Jose on the far right, next to him Martine and Stine&#8221;. &#8216;n Oorverdowende gejil en gegil volg. Ons wonder oor die dubbelsinnige slot van &#8220;Delilah&#8221;: &#8220;I just couldn&#8217;t take any more!&#8221;<\/p>\n<p>Ons begin oppak en skoonmaak. Daar moet baie afgedra word ondertoe &#8211; Minette ook. (Was dit sy wat die swaarste was of die blik Elsa op haar maag?). Onder gekom moes sy eers haar draers, Adriaan, Japie, Lieb, Deon en natuurlik Pierre, elk met &#8216;n soentjie \u00e9n &#8216;n drukkie bedank!<\/p>\n<p>Die laaste klompie het bedro\u00eb daarvan afgekom: die du Preez-bus se band het gebars en die tweede bus wou ook nie ry nie. Hulle het dit in elk geval darem oorleef.<\/p>\n<p>Die Berghut is ingewy. Ons elkeen spog met &#8216;n groot BTK-tjappie op ons nekdoekies. Daar l\u00ea nog heelwat werk voor, maar daar l\u00ea ook aande se beskutte en vredige gesels om &#8216;n kaggelvuur voor. Ons het &#8216;n BTK-tuiste gevind. Oud-BTK BT-Kaners is weer terug na hul onderskeie dorpe met die wete dat ook hulle hier welkom is. By alles het die een besef tot ons deurgedring: &#8220;O die dae gaan s\u00f3 snel verby &#8230;.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Betsie Slabbert<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8230;.verwesenlik van ons grootste BTK-droom. 1978 sal voortaan in die BTK-geskiedenis bekend wees as die goue jaar; die jaar waarin die vereniging van pure vreugde uit sy nate wou bars; die jaar van sjampanje en diamante; die jaar van groot &#8220;herlewing&#8221; wat weer menige oud-BT-Kaner tot ons geledere toegevoeg het. Dit was &#8216;n jaar met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1169","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1169","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1169"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1169\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1172,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1169\/revisions\/1172"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1169"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1169"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1169"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}