{"id":1227,"date":"1973-09-29T22:15:17","date_gmt":"1973-09-29T20:15:17","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1227"},"modified":"2012-01-05T22:34:54","modified_gmt":"2012-01-05T20:34:54","slug":"noordelike-sederberge-september-1973","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1973\/09\/noordelike-sederberge-september-1973\/","title":{"rendered":"Noordelike Sederberge September 1973"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><em>21 &#8211; 29 September 1973<\/em><\/p>\n<p><strong>Vrydag<\/strong>:<br \/>\nDi\u00e9 keer vertrek die wa op die beplande tyd en die bus is ook skaars &#8216;n kwartier laat &#8211; maar dit ten koste van &#8216;n paar mense wat nog volgens ou BTK-standaarde leef. Ons moed sak saam met die re\u00ebn wat hoe nader aan die Sederberge, hoe aanhoudender uitsak. Maar van Citrusdal af klaar dit wonderbaarlik op en toe die bus by die kampplek aankom, is alles al gereed en ons kan sommer dadelik eet &#8211; ingeval die eerste toeriste nie weet nie, dis nogal &#8216;n prestasie.<!--more--><\/p>\n<p><strong>Saterdag<\/strong>:<br \/>\nVan die re\u00ebn kom ons nie heeltemal los nie &#8211; gedurende die nag moet ons &#8216;n paar keer kop toetrek en met oggendbrood val daar nog &#8216;n skrikmakertjie. Maar daarna trek dit oop en ons begin &#8216;n mooi dag se stap. Middagbrood by die rivier en daarna teen die son in die steilte uit. Langs die pad lei die wabome met hulle mooi rooi blaarpunte darem die aandag so &#8216;n bietjie van die hitte af en by Algeria aangekom, is daar heerlike warm water wat sommer gou al ons moegheid afspoel, om van die paar vuil kolletjies nie eens te praat nie.<\/p>\n<p><strong>Sondag<\/strong>:<br \/>\nDis ons lekker laatslaapoggend en boonop word ons deur feetjies en kaboutertjies bederf. Koster Jurgens roep almal in &#8216;n omtrek van seker &#8216;n kilometer of vyf op kerk toe en Johan Matthee is die dro\u00eb rangskikking voor die preekstoel. Japie se preek, &#8216;n ware evangelie-boodskap, het vir elkeen iets te s\u00ea.<\/p>\n<p>Na hoender en Elsa de Luxe kan ons nie anders as om die middag baie rustig en liefs horisontaal deur te bring nie. Die aandprogram sorg dat ons weer eens ons Sondag op &#8216;n ho\u00eb noot afsluit. Onderwerpe wissel van die nuwe Bybelvertaling tot die dingetjies in &#8216;n mens se bloed.<\/p>\n<p><strong>Maandag<\/strong>:<br \/>\nAlles is in rep en roer met die oog op die rugsakstap &#8211; die weer ongelukkig ook. Die wolke hang laag teen die berg af, Dolfie waarsku uit ondervinding dat ons gaan natre\u00ebn, maar BTK-optimisme se\u00ebvier en ons vat met rugsakke en al die pad Helsekloof uit &#8211; ons het gedag di\u00e9 plek is warm, maar toe kom ons agter hy is nat, baie nat. Sopnat kom ons by Middelberghut aan en probeer maar met &#8216;n paar liedjies die ergste koue verdryf.<\/p>\n<p>Met Rian aan die voorpunt (en hy s\u00ea hy ken die pad baie goed), vertrek &#8216;n uitgesoekte tien om solank te gaan kamp opslaan. Na &#8216;n uur of wat duik hulle agter die slotte op &#8211; sowaar verdwaal!<\/p>\n<p>Middagbrood in die skuur op Welbedacht en die sop gaan af. Daar-vandaan is dit net &#8216;n kort stap, gelukkig nie meer in die re\u00ebn nie, tot by Driehoek. Maar dit bly koud en die re\u00ebn bly aand se kant ook nie uit nie. Elric doen sy goeie daad vir die dag en maak sommer die hele blik vol &#8220;cacao&#8221; aan, maar kosma en kosdogter gryp betyds in en dit het op die regte plek gaan l\u00ea -baie dankie, Elric.<\/p>\n<p>Dis &#8216;n verbasend rustige tentslee en Brigitte se &#8220;Three sightless rodents&#8221; verdryf ook vir &#8216;n paar oomblikke die spanning van die wraak&#8230;<\/p>\n<p><strong>Dinsdag<\/strong>:<br \/>\nOns hoor nog die re\u00ebn op die tente toe ons wakker word, maar uiteindelik kom die sonnetjie darem uit en net die koue bly oor. Na middagete klim ons op die wa om Wolfbergskeure toe te gaan &#8211; en dit kos twee vertonings van die manne se spierkrag om ons aan die gang te kry. By ons bestemming aangekom, wys hulle nog eens dat hulle manne van staal is en dra ewe ridderlik die meisies deur die rivier &#8211; net om aan die anderkant agter te kom daar is al die tyd &#8216;n bruggie. Die skeure is &#8216;n belewenis &#8211; vir die wat dit die eerste keer sien en vir die wat al hoeveel maal daar was. Met die terugkom vang Esm\u00e9 almal omtrent nog op die wa met dames skiet &#8211; nou ja, dit het tenminste die ingrawery vergemaklik.<\/p>\n<p><strong>Woensdag<\/strong>:<br \/>\nDis &#8216;n lang pad na Wupperthal en ons moet &#8220;spark&#8221;. Toe Jurgens &#8220;Opstaan&#8221; skree, staan die meisies gereed. &#8220;Damestent val oor drie minute!&#8221;, manstent ongelukkig oor twee en te oordeel na wat onder daardie omgedopte tente uitgepeul het, het hulle nie sulke flinkheid verwag nie.<\/p>\n<p>Veral die eerste deel van die pad maak dit amper die moeite werd dat dit gere\u00ebn het &#8211; ons kan nie uitgekyk raak aan die eienaardige rotsformasies nie. Oor die berg by Langkloof maak Jurgens &#8216;n interessante ontdekking &#8211; &#8216;n talryke tak van sy familie woon daar.<\/p>\n<p>Vieruur die middag stap ons Wupperthal binne &#8211; die kafee word sterk ondersteun en die skoenwinkel ook. Hein, hoekom wou jy nou juis R11,40 by oom Tjaain leen, &#8216;n paar skoentjies kos dan 70c!<\/p>\n<p><strong>Donderdag<\/strong>:<br \/>\nDie slotte het &#8216;n stryd om almal uit die dorp te kry &#8211; die kafee, die skoenwinkel, die poskantoor en selfs die kerk, met Stoffie as orreliste, word druk besoek. Eindelik is almal darem op pad, maar nie lank nie of Riana besluit die pas is te stadig vir haar en sy bestyg &#8216;n donkie. Maar dit het haar nie ver gebring &#8211; haar linkeragterwiel word toe ongelukkig in die proses pap. By middagbrood speel Kabouter die rol van Eva van ouds &#8211; en Jurgens val sowaar vir &#8216;n stukkie brood. Een of ander tyd het Abel ook stil-stil geval en die aand was die twee blik.<\/p>\n<p>&#8216;n Onplesierige wind waai op Heuningvlei, maar die waryers het darem al die &#8220;stew&#8221; opgesit en die aand eet ons heerlik. Dis komitee-items en die immer teenwoordige tentekomitee (ook by die werk!) se duisendpoot loop met die kondens weg.<\/p>\n<p><strong>Vrydag<\/strong>:<br \/>\nDie poeding is vir laaste gehou &#8211; Groot Krakadouw. Met die wegstap moet ons ons nog wapen teen die koue en wind, maar hoe later dit word, hoe lekkerder word die weer. Langs die pad sit ons en sing, verkyk ons aan die ys om die gras en geniet die skeure en rotsagtigheid van die berg. Niemand weet wat Krakadouw beteken nie, maar almal is dit eens dat dit &#8216;n besonder gepaste naam vir die stuk aarde is. Die groot afgrond kan nie in woorde beskryf word nie, dit slaan eenvoudig &#8216;n mens se asem weg.<\/p>\n<p>Terug in die kamp word die kiste gewas &#8211; daarna kom onsself &#8216;n slag aan die beurt. Dis nie verniet die laaste aand nie, en die BTK het nou slefs tot by eregaste gevorder. Die eerste een wat opdaag, is mnr Willem Conradie. Kort na hom kom mnre Abel van Jaarsveld en Adri Gericke aan, behoorlik ge-&#8220;collar&#8221; en ge-&#8220;tie&#8221;. Hulle eerste slagoffer is Amanda, maar toe hulle darem vir Carina beetkry, begin dinge lelik lyk. Terwyl die kokke in panne vol gaar vleis staan en roer, is Hein niksvermoedend besig om hom voor te berei vir &#8216;n groot &#8220;entrance&#8221;. Gelukkig dra Henk sy belange op die hart en waarsku dat sy kanse vinnig besig is om te versleg. Blitssnel sien ons hom, self blinkgeskuur, aan Carina se sy. Maar so maklik is dit nie. Abel byt vas met &#8220;Skiet jou, skiet jou &#8230;&#8221; en Carina kan eers weer rustig word toe Jurgens self nie meer die spanning kan staan nie en vir Heim kampvuur gee.<\/p>\n<p>Na al die drama &#8216;n rustige sleetyd.<\/p>\n<p><strong>Saterdag<\/strong>:<br \/>\nDis die laaste skof en almal is al lekker fiks &#8211; minder as drie uur en ons is onder by Boskloof, terwyl die waryers al &#8216;n goeie ent op pad Stellenbosch toe is. Ook die bus laat nie op hom wag nie en halfvyf is almal veilig tuis, die wa afgelaai en die stoor reggepak en ons kan net ons bolletjies en rolletjies vat en tot siens s\u00ea.<\/p>\n<p>Ons wil almal weer vir Jurgens baie dankie s\u00ea vir die mooi manier waarop hy hierdie toer, soos al die voriges, gelei het. Saam met hom dank ons ook ons Hemelse Vader vir nog &#8216;n geleentheid om Sy natuur te kon bewonder en vir mekaar iets te kon beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Hanna McLachlan<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>21 &#8211; 29 September 1973 Vrydag: Di\u00e9 keer vertrek die wa op die beplande tyd en die bus is ook skaars &#8216;n kwartier laat &#8211; maar dit ten koste van &#8216;n paar mense wat nog volgens ou BTK-standaarde leef. Ons moed sak saam met die re\u00ebn wat hoe nader aan die Sederberge, hoe aanhoudender uitsak. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1227","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1227"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1227\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1229,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1227\/revisions\/1229"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1227"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1227"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}