{"id":1241,"date":"1971-04-27T22:49:05","date_gmt":"1971-04-27T20:49:05","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1241"},"modified":"2012-01-05T22:51:40","modified_gmt":"2012-01-05T20:51:40","slug":"sederberge-april-1971","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1971\/04\/sederberge-april-1971\/","title":{"rendered":"Sederberge April 1971"},"content":{"rendered":"<p>Dit was nou weer &#8216;n &#8220;well&#8221; toer gewees! Die wa moes om half-twee namiddag vertrek het, maar gelukkig vir Dorothy, het dit toe eers vyf minute later vertrek, nadat almal besete geraak het en vir oulaas was dit &#8220;Bye&#8221; (Ba&#8217;-haai) aan Dolfie en al die ander wat ons &#8216;n lekker toer kom toewens het.<!--more--><\/p>\n<p>Die wa het laat waai, en sommer gou-gou was ons al by Citrusdal waar ons die Ren\u00e9- Ina en George-Ko opgelaai het. Danksy die gebakte patats en ander voorrade van George het ons darem deurgehou tot aandete h\u00e9\u00e9lwat later daardie aand. Uiteindelik by die afdraaipad van die Sederberge aangekom, het Chris Dooner besluit dat hy vinniger as die wa is, en het hy toe sy middagoefeninge so draf-draf langs die wa gekry. Om die wa tot nog groter spoed aan te spoor, het hy &#8216;n wortel vooraan &#8216;n stok vasgebind en dit voor Sam se venster gehou. Nadat ons die permit gekry het, was dit slegs &#8216;n japtrap tot by Eikeboom, ons kampplek.<\/p>\n<p>Intussen het die bus om half-vyf namiddag vertrek. Sakkie het hom besig gehou deur al die meisies se name intensief te leer ken, blykbaar om nie t\u00e9 veel probleme later van tyd by die buro op te tel wanneer hy sou moes &#8220;pick-&amp;-choose&#8221; nie. &#8216;n &#8220;Stitch in time saves nine&#8221; of hoe Sakman?<\/p>\n<p>Die stop by die vulstasie naby Citrusdal het ook vrugbare dividende gelewer, nadat almal appels gekoop het en die arme petroljong die skrik op die lyf gejaag het met &#8216;n gekoning.<\/p>\n<p>Die aand by Eikeboom aangekom, het oom Theo tannie Lettie Swart, namens al die BT-Kaners baie welkom geheet, maar ook die manne gewaarsku om versigtig te wees, want hy was nie heeltemal seker of sy ou toermaat van ouds, destyds Lettie van der Vijfer, of soos oom Theo haar ook destyds (1932) die naam van &#8220;Vettie&#8221; van der Lijfer&#8221; gegee het, al haar judostreke afgeleer het nie. En wee die man wat sy gegooi het. Ja-nee, op haar dag het sy glo letterlik &#8216;n man se voete onder sy lyf uitgeslaan.<\/p>\n<p>Saterdag: &#8216;n Pragtige stap na Algeri\u00eb, die bosboustasie en publieke kampplek. Met die eerste &#8220;smoke-break&#8221; het die mans en dames verdeel om eers die &#8220;peptalk&#8221; van die toer te kry. Elric het s\u00f3 aandagtig geluister dat hy amper t\u00e9 laat agtergekom het dat daar &#8216;n slang in die gras was. Ons moes ook ontdek dat die tier nie meer in die tenk gesit word nie, maar liewers in die tierhok. Ook &#8216;n goeie ding dat daar &#8216;n tierhok was, anders het die tier hom dalk in die pouhokke kom tuismaak.<\/p>\n<p>Middagbrood was in &#8216;n pragtige en baie nou klofie. Met skiettyd di\u00e9 aand was daar oorspronklik vier spinnies, maar nadat die pous stil-stil gearriveer het, was daar skielik net drie. Darem snaaks hoe sekere dinge op BTK net eenvoudig gebeur.<\/p>\n<p>Die aand met sleetyd het Sakkie ons in sy item saam met Elric en Chris Dooner laat verstaan dat dro\u00eb vrugte en plofstowwe vir hom feitlik sinoniem is. Verder het Bernard en &#8216;n paar ander eerste toeriste vir &#8216;n &#8220;well&#8221; plaasitem gesorg. Sluit die proppe nog, Bernard?<\/p>\n<p>Sondag: Oorstaandag op Algeri\u00eb. Ons sal volgende toer beter fe\u00ebtjies en kaboutertjies moet kry, want Koos Dippenaar en sy trawante, van alle honger mense, moes toe ontbyt ontbeer het.<\/p>\n<p>Callie het die diens vir ons gehou, en vir die boodskap self, in die wyse waarop hy dit oorgedra het, s\u00ea ons baie dankie.<\/p>\n<p>Net voor middagete het die meeste mense gaan swem &#8211; ongelukkig bietjie t\u00e9 veel &#8211; want toe was die aptyt t\u00e9 groot en die Elsa-de-Lux t\u00e9 min.<\/p>\n<p>Selfs nie eers op &#8216;n Sondagmiddag is daar rus vir die tente-komitee nie, want skaars het almal na ete &#8220;rustig&#8221; geraak toe &#8216;n Doonerweer uitsak. Gelukkig het die re\u00ebn darem ook sy voordele, want die groenteskillers moes hulle toe tuismaak in een van die manstente, waar almal toe lekker saamgesing het.<\/p>\n<p>Sondagaand se &#8220;gewyde&#8221; program kon eerder &#8216;n &#8220;gesnyde&#8221; program genoem geword het. Nadat die tradisionele Jockey Junior in &#8216;n sondagskoolitem ingesleep is; en Sakkie en Tjoi hulle gedaan gedrink het aan die koffie en sodoende die dominee en sy ouderling baie hoofbrekens besorg het, het Blommetjie al die meisies &#8216;n groot guns gewys deur die bekendmaking dat Sais nog &#8216;n &#8220;amateur&#8221; is. Ou Stoffie is blykbaar ook nog &#8216;n amateur, want toe die meisie w\u00f3\u00fa, toe wou hy nie. Oom Theo se eerste Fisika-lesing het toe goeie inslag gevind, en almal het die res van die toer terde\u00eb ondervind dat hulle bene meer massa moes dra as wat hulle oorspronklik gedink het.<\/p>\n<p>Maandag: Die fluitjie vir opstaan het skaars geblaas, toe Chris Dooner al wat &#8216;n tentpen aan &#8216;n damestent sonder verdere seremonie uitgetrek het. Ja-nee, op BTK gebeur daar darem snaakse dinge: waar die dames die vorige aand in &#8216;n tent aan die slaap geraak het, het hulle die volgende oggend op die oop vlakte ontwaak.<\/p>\n<p>Stap na Welbedacht. Die eerste deel van die stap was &#8216;n zig-zagpaadjie tot by &#8216;n pragtige watervalletjie. Middagbrood was baie laat, en dit was dalk die rede vir die antagonistiese en ietwat aggressiewe houding wat tussen Chris Dooner en Susan geheers het, en aanleiding gegee het tot &#8216;n koue nat oorlog.<\/p>\n<p>Die stap tot by die kampplek daarna was blykbaar nie te kwaai nie, want by die kampplek aangekom, het Ren\u00e9 begin &#8220;hot-scotch&#8221; speel, en Sakkie het weer eens as die held uit die stryd getree. Die klomp wat die wa met sy aankoms in die kamp gaan koning het, het nie baie ver gevorder met hulle poging nie, want die klomp ryers was goed voorsien van akkers. Mater, van wanneer af het jy geleer om so vinnig van een wal na &#8216;n ander te spring? En Willemien, dit lyk vir ons of jy en &#8216;n donkie mekaar baie goed verstaan, want toe jy vir die donkie: &#8220;Stop donkie, stop!&#8221; skree, toe st\u00f3p hy!<\/p>\n<p>Die volkspele die aand het die skietery vir die dames ook sommer baie vergemaklik. Sakkie sal net volgende keer twee keer dink voordat hy die spulletjie met sy kitaar voorgaan, aangesien hy toe nie &#8216;n skiet daar in die middel van die kring gekry het nie, en met &#8216;n patetiese gesiggie gevra het: &#8220;Is ek dan so ongewild?&#8221;<\/p>\n<p>En toe weer eens die onvergeetlike wraak, veral vir die eerste toeriste. Ons was besonder ge\u00eberd met die teenwoordigheid van Staal Burger. Sam is ook die aand ingelyf &#8211; doe so voort, hoor!<\/p>\n<p>Dinsdag: Ons klim Tafelberg uit: ook Jannie en Ronnie, want hulle het tevergeefs probeer om die berg met die donkies uit te ry. As julle net Willemien se aanvoeling vir &#8216;n donkie gehad het, kon &#8216;n &#8220;Ry donkie, ry&#8221; dalk gehelp het.<\/p>\n<p>En dan drie &#8220;Toue!&#8221; vir Willem du Preez wat ons so standvastig met die touklimming gehelp het. Die Amerikaners en hul ruimtereisigers het niks nuuts op die maan ontdek nie. Tafelberg is self goed voorsien van kraters, en daar is nog sommer &#8216;n maantuigie op die koop toe!<\/p>\n<p>Na die middagbrood, wat eers om drie-uur was, was daar &#8216;n laaang padstap na Sanddrif.<\/p>\n<p>Die aand het oom Theo sy tweede lesing gelewer, en ons onder andere ingelig hoe hy as student aan die naam &#8220;Einstein&#8221; gekom het. Dit is dan ook deur sy toedoen dat die papkokers verhoogde status gekry het.<\/p>\n<p>Nadat &#8220;Harry&#8221; vir &#8220;Jan van Riebeeck&#8221; in die steek gelaat het, het laasgenoemde met sy retoervloot teruggeroei.<\/p>\n<p>Ai, dat die arme Stoffie nou vir die eerste keer moes pan op &#8216;n aand wat die kos nie opgedaag het nie! Die panmaats het volgens hom wel vreedsaam verkeer, maar is toe nie sulke dik vriende uitmekaar nie.<\/p>\n<p>Baie dankie ook tanie Huipie vir die heerlike tuisgebakte brood wat ons uit &#8216;n groot verknorsing gehelp het.<\/p>\n<p>Woensdag: Oorstaandag op Sanddrif, en die uitstappie na die Wolfbergskeure en die Boog. Of die opening het groter geword, \u00f3f die oefening het &#8216;n sigbare uitwerking gehad op party mense, want selfs Elric het deur die opening gekom. Jannie en Philippie het vrywillig aangebied om die dames tot groter hoogtes te help, en sodoende vertrap te word. Hulle het glo al die dames beweeg, en nie een van hulle te lig gevind nie! Ou Sais sal seker kan s\u00ea dat as die uitstappie &#8216;n dag later was, baie van die mense heelwat ligter sou gewees het, of hoe Sais?<\/p>\n<p>Die aand was daar natuurlik &#8220;stew&#8221;, en oom Ernst en tannie Huipie het saam met ons ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Stew en komitee-items gaan gewoonlik saam, en hoe! Die stew spoor blykbaar die mense tot groot dinge aan. Nadat die kokke hulle mannkyne ingespan het, het Sakkie ook iets uit die &#8220;mans boutique&#8221; vertoon. Tokkelokkie en Paal se item het veel te wense oorgelaat, want hulle was maar hoog in die takke. Oggendbroodjies, wat is die verband tussen &#8216;n pouhok en &#8216;n &#8220;cherry tree&#8221;?<\/p>\n<p>Donderdag: Stap na Vlakrug; en h\u00e9t ons nie gestap nie! Die stappers was egter s\u00f3 goed voorbereid op wat gekom het, en het vir s\u00f3veel kans gesien, dat hulle die middagbrood in die kamp laat bly het. By die Maltese Kruis is een foto op die ander geneem. &#8216;n Paar manne was egter nog nie tevrede met hulle ho\u00eb aansien nie, en het toe Sneeuberg gaan uitklim. &#8220;Smoke-break&#8221; en laaaat middagbrood was by Syferfontein. Die brood was verbasend volop di\u00e9 middag, en oom Theo het toe met die volgende &#8220;knock-knock&#8221; aan Winnie na vore gekom. &#8220;Knock-knock&#8221;; &#8220;Who&#8217;s there?&#8221;; &#8220;Winnifred&#8221;; &#8220;Winnifred who?&#8221;; &#8220;Winnie vreet op die brood!&#8221;<\/p>\n<p>Daarna was dit die duiwels-in-die-bos, en was die duiwel los, want ai! D\u00ed\u00e9 duiwelse bosse was darem stekelrig. Koos en die &#8220;Soutie&#8221; het mekaar vir &#8216;n stapwedstryd &#8220;gedice&#8221;, amper soos in &#8220;Hans en die Rooinek&#8221;. Winnie se Mercedes wou-wou ook later net die gees gee. Uiteindelik het ons by die wa uitgekom, en luidkeels na die kamp teruggekeer.<\/p>\n<p>Die aand is die komitee-items voortgesit. George, hoekom het jy di\u00e9 aand met &#8216;n kakiebroek geslee, en vir watter slee maatjie het die kaptein so bang getrek?<\/p>\n<p>Vrydag: Oorstaandag en kerk toe op Citrusdal. Na kerk het ons toe sommer vir Jurgens en die kiste goed gewas. Na dit was almal sommer net lui, en later die middag was daar &#8216;n uitstappie na die Boesmantekeninge.<\/p>\n<p>Die Smitte het die aand saam met ons geslee, en die oom s\u00ea dat hy nog nooit soveel nonsens op &#8216;n hoop gesien het nie. Karien Myburgh het almal op hul senuwees gehad met haar spookliedjie &#8211; heel gepas vir die laaste aand se slee. Na &#8216;n klomp &#8220;well&#8221; items het ons vir die Smitte gaan&#8221;serenade&#8221;<\/p>\n<p>Saterdag: Terug na Stellenbosch op die wa en met die bus, nadat ons die Smitte met &#8216;n vuurpyl maan-toe gestuur het.<\/p>\n<p>Aanbeveling: Aangesien Callie Anthonissen konvenor van die tente-komitee was, en die pouhokke altyd met soveel sorg opgeslaan is, het ons besluit om dit na die &#8220;poushokke&#8221; te herdoop.<\/p>\n<p>Aan al ons toermaats wat die toer so onvergeetlik gemaak het s\u00ea ons Baie Dankie!<\/p>\n<p>Daar was soveel mooi dinge wat ons saam kon geniet het. Nou kan ons mos uit volle bors sing:<br \/>\n&#8220;Wie wil saam die Sederberge met ons klim?<br \/>\nwie wil ook die liedjie saam met ons sing?<br \/>\nHoor die kranse antwoord gee:<br \/>\nRoep julle, kom jul mee?&#8221;<\/p>\n<p>Maar bo als: Dank aan ons Hemelse Vader wat al hierdie mooi dinge gemaak het, en aan ons die kragte en die voorreg gegee het om al hierdie dinge so saam te kon geniet het, en deur die openbaring van Sy grootheid ons soveel nader aanmekaar, en aan Hom self gebring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Engela He<\/strong><strong>ymann<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was nou weer &#8216;n &#8220;well&#8221; toer gewees! Die wa moes om half-twee namiddag vertrek het, maar gelukkig vir Dorothy, het dit toe eers vyf minute later vertrek, nadat almal besete geraak het en vir oulaas was dit &#8220;Bye&#8221; (Ba&#8217;-haai) aan Dolfie en al die ander wat ons &#8216;n lekker toer kom toewens het.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1241","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1241","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1241"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1241\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1242,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1241\/revisions\/1242"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1241"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1241"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1241"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}