{"id":1268,"date":"1967-09-25T16:47:56","date_gmt":"1967-09-25T14:47:56","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1268"},"modified":"2012-01-06T17:13:07","modified_gmt":"2012-01-06T15:13:07","slug":"obiqua-briewe-september-1967","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1967\/09\/obiqua-briewe-september-1967\/","title":{"rendered":"Obiqua Briewe September 1967"},"content":{"rendered":"<p>Liefste Omie,<br \/>\nek het ook kom BTK.<br \/>\nJapie is ons leier.<br \/>\nLetteli is ons kosma.<br \/>\nOns mag nie in die kostent kom nie.<br \/>\nOom Theo is ons toervader.<!--more--><br \/>\nSaans s\u00ea hy Nag Dames en dan gaan slaap hy.<br \/>\nMoenie vir Mamie of vir Papie vertel nie, jong. Mamie het ges\u00ea wees tog versigtig my kind. En Papie s\u00ea party mans is jakkalse. Maar sover is die ouens baie gaaf, veral soms. Daar&#8217;s net so min van hulle. So party van ons is spinnies. Die eerste aand was ek &#8216;n spinnie, maar gisteraand, haai omie, daai een ou, hy&#8217;s r\u00earig gaaf.<\/p>\n<p>Japie het die eerste aand &#8216;n bankie met &#8216;n gat in uitprobeer. Omie verstaan, n\u00e9? Dit pas hom, net reg, maar ek is nog &#8216;n klein kindertjie. S\u00ea nou net &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;<\/p>\n<p>Oom Theo het ges\u00ea ons het gekom om te stap, nie om op die lorrie te ry nie. Net as jy siek is of jou voete is die ene blare. Die lorrie se naam is Bloebird. As daar siek mense is, is hy seker die siekwa.<\/p>\n<p>Lyk my Japie wou ons sommer met die eerste stap inbreek, jong. Daardie laaang steiiil bult by die begin het amper my gorrel uitgeruk. Soe eina. Verder aan ook nie te maklik nie. Op en af, op en af, en toe kom die re\u00ebn nog boonop. Na &#8216;n dag op die staptoer Obiqua is ek moeg en ek ruik soos &#8216;n Griqua. My voete is seer, en dit re\u00ebn eenstrykdeur. Ek klim m\u00f4re sowaar op die Siqua (Siekwa).<\/p>\n<p>Liefhebbende<br \/>\nTrinkie (Trink Stink)<\/p>\n<p>NS: Japie en Siertske is ook Liefhebbende.<\/p>\n<p>**************************<\/p>\n<p>Liefste Omie,<br \/>\nAi Omie, daardie OPSTAA&#8230;AAN geskrou tog! En dit nogal op so &#8216;n bybelse uur. Ja Omie, ek ken my Bybel, veral soms, en ek gaan nog vir Jaap en vir Oom Theo en vir Piet s\u00ea wat s\u00ea Salomo se Spreuke 27 vers 14. En Peet met sy Stem van Suid-Afrika kan gerus ook kyk.<\/p>\n<p>Omie, die Peet is sommer &#8216;n nare vent. Hy maak nie mooi met ons wat nog eerste toeriste is nie. Hy s\u00ea hy gaan die meisiekinners doplet. Hy wil ons mate en gewigte h\u00ea, sommer nou, en na die toer weer. Hy s\u00ea ons eet te baie en hy gaan ons doplet. Ek wil niks gedoplet weesie. Omie, en hy probeer ons altyd bangpraat, en ek vrees die ergste want ek weetie wat my waggie.<\/p>\n<p>Ja, Omie, hy&#8217;s &#8216;n parodie van &#8216;n mens. Wat hy dink oor die relatiwiteit van die kos se kwantiteit tot die kubieke inhoud van sy pens.<\/p>\n<p>So ons Engelse generaal omie Sir Willem Goodwill kom ook ingerol en heet ons welkom in sy midde. Hier gekyk en daar gekyk. &#8220;Verbasende toerusting, blaas my siel. Maar perdalks julle is tegnies te voor op die wa, ek meen op die lorrie, ha, ha, jolly good. Wat ek meen te s\u00ea, as jy wil geniet die natuur, jy moet gaan terug na die natuur. So min meganisasie as moontlik, transport inkluis. So jy kan sien hier op die foto hoe ek het geBTK jare gelede.&#8221;<\/p>\n<p>Maar Omie ek dink glad nie ons is te gemeganiseerd nie. Weet Omie hoe sny hulle die brood hier? Omie sal my tog nie glo nie, so ek stuur vir Omie &#8216;n kiekie.<\/p>\n<p>Liefhebbende<br \/>\nTrinkie<\/p>\n<p>******************************<\/p>\n<p>Liefste Omie,<br \/>\nDis &#8216;n hondelewe, jong. Ek s\u00ea vir jou ek is teen di\u00e9 tyd al so moeg vir die d\u00eassitse blikwas, man. As ek saans in die slee klim ruik ek nog die ene blik. Seker ook di\u00e9 dat al my sake skeefloop.<\/p>\n<p>Sien Omie, sake het baie mooi gevorder<br \/>\nmet Bok en met my. Hy wil ook net kys, ten<br \/>\nminste het hy so gemaak asof hy wil. Ek dag<br \/>\ntoe ek word &#8216;n Bokpoppie maar nou&#8217;s ek net<br \/>\nnog een van sy Bokdrops, boe hoe hoe, te<br \/>\nvreeslik naar. Mamie en Papie het my gewaar-<br \/>\nsku teen die jakkalse en toe laat ek dit<br \/>\ntog gebeur.<\/p>\n<p>Omie, ek moes nooit daardie vertel het dat oom Theo sommer gaan slaap soos hy Nag Dames ges\u00ea het nie, want nou sit hy tot wie weet wanneer toe. Net wanneer dinge mooi wil ontwikkel, jong. Ek bedoel met ou Bok.<\/p>\n<p>Hy vat toe aan my hadjie en ek&#8217;s ingenoom,<br \/>\nwie loer net toe na ons kan toe, die stoute oom,<br \/>\nons pa wil nie gaan slaap nie!<\/p>\n<p>Toe ma-Letteli al roep<br \/>\nSelfs toe staan hy nog nie oep<br \/>\nons pa wil nie gaan slaap nie!<\/p>\n<p>En dit reent alweer, o hond!<\/p>\n<p>So ons Engelse generaal-omie kom weer ingerol vir sy ottermaklottertjie. Weer oral geloer waar hy nie moet loer nie. &#8220;Nou net gesien julle kleinhuisie. Pardon? O, pouhok s\u00ea hy? En die pou, sal hy perdalks daar met sy stert kan pronk? Ha, ha, goeie een daardie. Maar die opsit, te gemeganiseerd, my goeie vent. Soos ek ges\u00ea het die ander keer: terug na die natuur!<\/p>\n<p>&#8216;n Goeie bos man, wat meer is nodig? Maar laat ek jou vertel wat eendag het my oorgekom. &#8216;n Klein misverstand by die kampverdeling. Party dames nie op hoogte met die verskil tussen Amadoda en Abafazi nie. En daar ek sit tussen die boom en die bos! Amper met my stert in die botter geval. Ek vertel vir jou, ek vloog weg, maar dit was broekskeur!!<\/p>\n<p>Siens Omie,<\/p>\n<p>Liefhebbende<br \/>\nTrink<\/p>\n<p>*****************************<\/p>\n<p>Haai Omie, ek kan dit skaars glo, die wraak is verby, en ek het dit sowaar oorlewe. Hulle het toe nooit parras in ons beddegoed gesit nie. Maar wat ons nie alles moes deurmaak nie! Ek kry volgende toer se eerste toeriste bitter jammer. As hulle kon weet, sou hulle nou al begin penniek &#8211; Gelukkig hulle weet nie.<\/p>\n<p>Omie Matthys s\u00ea ek moenie so penniek nie. Dis die taal van die vyand, Werda. Lyk my die BTKaners is &#8216;n spul verkrampte lillebariste, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Omie dis wonderlik om &#8216;n BTKaner te wees. En net na die inlywing was dit sommer een groot love-in, tog te lekker. Hiepie hiepie hoeraa!<\/p>\n<p>Daar&#8217;s een ou, ek weet gladnie hoe hy lyk nie, sy naam is Hoeraa. Ek hoor kort-kort die ander outjies sing ons stap nou met Hoeraa. Ek het al gewonder hoe sou dit wees om saam met hom te slee. Maar nou&#8217;s dit neusie verby. Want nou die oggend hoor ek hoe sing die oggendbrode: Ons smeer nou, ons smeer nou, ons smeer nou met Hoeraa! Sies wat, hulle moenie so met &#8216;n ou mors nie, jong.<\/p>\n<p>Ou Peet Paratoors, weet omie, hy&#8217;s toe gladnie so naar as wat hy lyk nie. Hy lyk maar so. Hy&#8217;s eintlik baie gaaf. En hy&#8217;s sommer vreestelik taf. Hy borsel sy tanne met staalwol. En omie, nee ek weet nie of ek so iets mag s\u00ea nie, hy vee sy gelaat met skuurpapier af, nommer 007, jislaaik.<\/p>\n<p>Koebaai omie,<\/p>\n<p>Liefhebbende<br \/>\nTrinkie<\/p>\n<p>NS: Kan omie sien watse lekker t\u00ean ek al opgetel het?<\/p>\n<p>******************************<\/p>\n<p>Ai Omie, ek voel so hartseer vandag.. &#8216;n Week lank in die paradys gewees, amper soos Adam en Eva man. Darem kleertjies aan, veral soms; te koud vir kaalvoet, jong.<\/p>\n<p>Lekker gestap met al die maats deur die mooiste klowe en berge en veld. En omie, die pragtigste blommetjies, maar Oom Theo het ges\u00ea ons maggie plukkie.<\/p>\n<p>Rooihaartjie ericas op die hange en keurtjies in die klowe in Jonkershoek &#8211; en Wilma het gedink ons praat van likeurtjies. Spinnekop orgidees en hope rooi bergrosies en skaamrosies by die Stettynskloofdam en in omie de Tooi se kloof. En daar was boegoe in Asgaaiboskloof, en ek het op my rug in die gras gel\u00ea, bedwelm van die boegoe. En party was bokboegoe.<\/p>\n<p>Die liewe ou Bok! Op skool het ons &#8216;n gediggie geleer: &#8220;Ein sanfter Hauch vom blauen Himmel weht&#8221; Van Goethe, jong. Ek dink hy&#8217;t dit bedoel op Bok Hauch, wat eendag uit die bloute in my lewe sou kom. Omie, hy&#8217;t my toe nooit r\u00earig gedrop nie. Maar ek gaan nie met hom kys nie, jong. Ek willie nou al gekys weesie. Ek is mos nog &#8216;n kindertjie. Maar hy&#8217;s darem baie gaaf en gasvry, omie.<\/p>\n<p>Nou die dag so oulik geaitem. Moutertjie gesluk en toe toet die moutertjie. Gasvry en windmaker, ja omie.<\/p>\n<p>Ai omie, die toer was so heerlik. Ek het partykeer snags onder die wye sterrehemel geslaap, en die satelliete het verbygetrek. Koud gekry ook jong, veral soms, en dan was OPSTAAN eintlik &#8216;n verlossing.<\/p>\n<p>En vanoggend het dit nog gere\u00ebn maar daar was vo\u00ebltjies wat gesing het. En in my hart is daar ook &#8216;n lied, omie. Die Liewe Heer is baie goed vir ons.<\/p>\n<p>Sommer so baie maats gemaak, sulke gawe maats. Ek trou eendag net met &#8216;n BTKaner jong. Oom Theo s\u00ea hy wil nog met ons kindertjies ook saam toer. So ons sal moet opskud.<\/p>\n<p>En omie, Japie is eintlik my hero. Mag sy Biertske nooit Surema word nie.<\/p>\n<p>En..en..en&#8230;. Nog is toer is vertreke, omie.<\/p>\n<p>Totsiens omie.<br \/>\nLiefhebbende<br \/>\nTrinkie<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Liefste Omie, ek het ook kom BTK. Japie is ons leier. Letteli is ons kosma. Ons mag nie in die kostent kom nie. Oom Theo is ons toervader.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1268","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1268","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1268"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1268\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1276,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1268\/revisions\/1276"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1268"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1268"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1268"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}