{"id":1272,"date":"1967-09-27T17:06:00","date_gmt":"1967-09-27T15:06:00","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1272"},"modified":"2012-01-06T17:11:37","modified_gmt":"2012-01-06T15:11:37","slug":"obiqua-september-1967","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1967\/09\/obiqua-september-1967\/","title":{"rendered":"Obiqua September 1967"},"content":{"rendered":"<p>As daar gesoek word na die punt van die re\u00ebnboog bly dit vir baie &#8216;n onbereikbare vergesig, maar weereens kon ons dit vind in die rooihaartjie ericas, berg- en skaamrosies blou koringblommetjies, geel van die botterblom, pers jonkmansknoop en pypie, groen van die boegoe en die fynheid van die spinnekop orgidee. En dit sommer hier by ons in die berge van die Boland.<!--more--><\/p>\n<p>Dit was &#8216;n toer met baie min toeriste &#8211; baie dames en min mans waarvan &#8216;n derde niks geweet het nie, nie wat hulle wag nie en ook nie wat hulle mag nie. Vanaf Coetzenburg se poskantoor het die babbelende klompies stadig teen die heuwelberg uitgerek tot in Jonkershoek waarvandaan die Suidoos ons weer wou terugblaas. Met slee-tyd het Erna na &#8216;n paar oomblikke van gewyde stilte die nuwe pienk en blou aankomelinge aan Jaap in kamera dit wil s\u00ea &#8216;n privaatheid, oorhandig. Soos Trinkie ges\u00ea het: Japie het die eerste aand &#8216;n bankie met &#8216;n gat in probeer. Omie verstaan n\u00ea. Dit pas hom, net reg. Maar ek is nog &#8216;n klein kindertjie. S\u00ea nou net &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;<\/p>\n<p>Saterdag, &#8216;n h\u00e9\u00e9rlike dag, was dit vroeg opst\u00e1\u00e1n met &#8216;n lang hartseer steilte op jou nugtermaag, gelukkig voor die verstand nugter kon dink. Al met die kontoerpaadjie langs en toe af verby die dennewoud tot in die kamp waar die eerste re\u00ebns ons toegevou het.<\/p>\n<p>Na &#8216;n dag op die staptoer Obiqua,<br \/>\nis ek moeg en ek ruik soos &#8216;n Griqua,<br \/>\nMy voete is seer<br \/>\nen dit re\u00ebn eenstryk deur<br \/>\nEk klim m\u00f4re sowaar op die Siqua (siek-wa).<\/p>\n<p>Di\u00e9 aand moes die kokke op Magic Marie en die terpentyn van uitgebrande denneblare kook. En toe slee, lekker ou chaotiese lampslee in die dames se tent. En dit was Letteli se eerste slee &#8211; ek wonder nou net, want op die toervergadering was sy oortuig dat as haar sleemaat n\u00f3g een skiet weet sy sy is nie mans genoeg vir hom nie!<\/p>\n<p>Coen wou die motorbike &#8216;n pap wiel op &#8216;n piesangskil gee en toe daar nag ges\u00ea word wou die manne hulle sommer &#8220;camouflage&#8221;.<\/p>\n<p>Sondag was dit geen eendag nie met &#8216;n &#8220;Transvaalse&#8221; mis wat soms natterig wou wees. Met die poedingmakery was Ma Letteli op &#8216;n stadium pens en pootjies in die bak. Gelukkig kon sy weer uit anders sou ons perdalks dink dis maar net &#8216;n marshmellow met &#8216;n bril op. Intussen het &#8216;Sant majoor Bok die Safari laat paradeer vir die aankoms van chapperone, Joan Clark. Met die uitkenningsparade was daar hope grasvreters en onkruiddoders en soos iemand van Herman du Plessis ges\u00ea het: Ek het nie geweet hier&#8217;s iemand met so &#8216;n gesiggie nie.<\/p>\n<p>Bok se harem het effens gekrimp van die nattigheid en die bokdrops was gedetermineerd om dit tot bok &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230; te krimp.<\/p>\n<p>Die sonnetjie het Maandagoggend alle ysigheid laat smelt en die dag het nuwe gestalte verkry. Net die Bluebird het blou van die koue gebly, maar met ne\u00ebntien mannekrag was alles gou-gou reg. Alhoewel nie vlug van verstand nie, was ons vlug van voet toe ons boompie verplant het teen die hang af en soms is daar amper met die linkervoet links en die regtervoet regs verby gevaar.<\/p>\n<p>Op Franschhoek het party hul dors met vars melk en ander met garsmelk geles sodat almal darem die rotsklim teen die padwal uit kon oorleef &#8211; kranige bergklimmers di\u00e9 BTKaners.<\/p>\n<p>Om &#8216;n paragraaf oor al die paradoksale momparas van die aand te skryf sou parate vernuf vereis waaraan net &#8216;n kwakende Bokkie miskien sou kon voldoen, daarom wil ek net noem dat Peet Paratorius skoon uit sy vel gebars het met sy heen en weer paradeer.<\/p>\n<p>Dinsdag was die geledere effens verdeel in links- en regsgesindes, maar tog was dit &#8216;n h\u00e9\u00e9rlike stapdag tussen al die ou H.K. en Braampie se bossies deur, met die &#8220;uitgetrapte&#8221; paadjie op die wal van Stettynskloofdam en chip chop was ons in die kamp, heerlik verbrand sodat menigeen net een groot &#8220;freckle&#8221; had.<\/p>\n<p>Met die komitee-items het omtrent net die babbelende blikwassers kabbelaas geraak voordat ons verlig tent toe moes, waar oom Bethel sy gehoor onder al die parragesang moes beproef.<\/p>\n<p>Woensdag het almal hulle uitgerus, maar die eerste toeriste het dit nie oorleef sonder dat die wraakskok duidelik op hulle aangesigte te lese was nie.<\/p>\n<p>Hiepie, hiepie hoera, want &#8220;lavende&#8221; of &#8220;loafende&#8221; was daar toe sommer nog &#8216;n oorstaan- of oorl\u00eadag waarop sokker gejokker is, maar ongelukkig het &#8220;Joan the Horror, the terrior of the Sockerfield&#8221; haar uit die stryd gehou.<\/p>\n<p>Om die dynserigheid uit die litte te haal, is die dans van die re\u00ebn Vrydag op die Bluebird uitgehaal en asof dit nie genoeg was nie raak Stoffie toe nog beenaf oor Peet &#8211; &#8220;Ja weet, Omie, ou Peet Paratorius is toe gladnie so naar as wat hy lyk nie. Hy lyk maar so, hy&#8217;s eintlik baie gaaf.&#8221;<\/p>\n<p>Al parra wat dit die aand buite gewaag het, was die paraffien waarop die kos moes droogstoom en daarna het die ouetehuis hul in die spookhuis in hul n\u00e1t &#8220;sleepsacks&#8221; gaan warm spook.<\/p>\n<p>Soos menige oggend het die oggendbrode Saterdag weereens &#8216;n heerlike dag in elke donkerwolk se silwer randjie gesien, maar soos Trinkie s\u00ea: Ai Omie, ek voel so hartseer vandag. &#8216;n Week lank in die parradys gewees, amper soos Adam en Eva, man. Darem kleertjies aan, veral soms, te koud vir kaalvoet, jong. En vanoggend het dit nog gere\u00ebn, maar daar was vo\u00ebltjies wat gesing het. En in my hart was daar ook &#8216;n lied, omie. Die Liewe Heer is goed vir ons.<\/p>\n<p>Siertske Burema<br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As daar gesoek word na die punt van die re\u00ebnboog bly dit vir baie &#8216;n onbereikbare vergesig, maar weereens kon ons dit vind in die rooihaartjie ericas, berg- en skaamrosies blou koringblommetjies, geel van die botterblom, pers jonkmansknoop en pypie, groen van die boegoe en die fynheid van die spinnekop orgidee. En dit sommer hier [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1272","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1272","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1272"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1272\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1273,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1272\/revisions\/1273"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1272"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1272"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1272"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}