{"id":129,"date":"2011-10-01T19:00:56","date_gmt":"2011-10-01T17:00:56","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=129"},"modified":"2012-08-05T11:47:22","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:22","slug":"haelkopskeure-2011","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/10\/haelkopskeure-2011\/","title":{"rendered":"Haelkopskeure 2011"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2011\/10\/haelkopskeure-2011\/haelkopskeure_2011\/\" rel=\"attachment wp-att-112\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-112\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2011\/11\/Haelkopskeure_2011.jpg\" alt=\"\" width=\"614\" height=\"346\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2011\/11\/Haelkopskeure_2011.jpg 1024w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2011\/11\/Haelkopskeure_2011-300x168.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 614px) 100vw, 614px\" \/><\/a>Dit was Saterdag, 1 Oktober 2011, met wolke wat laag oor die berge van Jonkershoek hang en \u2018n koue luggie wat deur die vallei trek, toe 13 avontuurlustige BTKners regstaan om die geheimsinnige skeure van Haelkop te gaan verken. Met Wim Morris as ons gids, het ons begin met \u2018n rustige stappie. Van ons het dalk gedink hulle was op die verkeerde roete, want aan die begin was die avontuur maar skaars. Dit was egter slegs die opwarming om ons spiere lekker los te kry, sodat ons gemaklik deur die skeure kon seil.<!--more--><\/p>\n<p>By die begin van die single track, maak M.D die opmerking dat ons die avontuurmeter bietjie in die rooi gaan druk &#8211; ons gaan sommer die single track uitdraf. Almal was verlig om te hoor dat dit net \u2018n toets van hul entoesiasme was. Die uitslae was maar power.<\/p>\n<p>Deur die boonste deel van die plantasie en ons verlaat die bekende en volg die half toegegroeide voetpad en klipbakens. Kort voor lank stop ons vir game break en om die asemrowende uitsig te aanskou.<\/p>\n<p>Na almal hul asem terug het, val ons weer in die pad vir die laaste entjie tot by die skeure.<\/p>\n<p>Die skeure was \u2018n ongelooflike belewenis, weggesteek agter \u2018n paar bome en rotse, hier en daar bedek met mos. Dis te verstane dat mens dit mis kyk as jy nie weet dat dit daar is nie.<\/p>\n<p>Almal kry hulle kopliggies uit en wag in afwagting om te sien (of nie te sien) hoe donker dit nou regtig kan wees. Daar is iets vir almal: selfs die BTKners met so bietjie hoogte- of entevrees kon saam die skeure beleef!<\/p>\n<p>Na ons die skeure ingevaar het, eet almal rustig middagete en ontspan so bietjie voor die aftog aangepak word.<\/p>\n<p>Na die uitstappie was daar nog ure se daglig oor en Jacques, Carolien en Willie besluit om die tweede waterval te gaan besoek.<\/p>\n<p>Baie dankie aan Wim wat die avontuur van die Haelkopskeure met ons gedeel het. Jou tyd en kennis word waardeer.<\/p>\n<p>\u2026En aan die Denneboom wat so skelm vir ons loer vanaf anderkant die vallei: jou dae is getel.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">&#8212; M.D. Greyling<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was Saterdag, 1 Oktober 2011, met wolke wat laag oor die berge van Jonkershoek hang en \u2018n koue luggie wat deur die vallei trek, toe 13 avontuurlustige BTKners regstaan om die geheimsinnige skeure van Haelkop te gaan verken. Met Wim Morris as ons gids, het ons begin met \u2018n rustige stappie. Van ons het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-129","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129"}],"version-history":[{"count":13,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1896,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/129\/revisions\/1896"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=129"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=129"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}