{"id":1334,"date":"1961-04-29T19:48:44","date_gmt":"1961-04-29T17:48:44","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1334"},"modified":"2012-01-06T19:49:57","modified_gmt":"2012-01-06T17:49:57","slug":"riviersonderend-april-1961","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1961\/04\/riviersonderend-april-1961\/","title":{"rendered":"Riviersonderend April 1961"},"content":{"rendered":"<p>Met &#8216;n paar los trane uit die hemel het ons ou Akker ons vaarweltoegeroep maar toe ons weer sien, het die traantjies begin blink want algou het die laatmiddagson ons breed toegeglimlag en ag, nou ja, toe glimlag ons maar terug want wie kan dan nou ook anders &#8211; ons TOER dan weer!<\/p>\n<p><!--more-->Die geklater van tande en knie-koppe teen mekaar was hoorbaar met ons aankoms op Takkop, maar die ruik van die wors en die stomende koffie het gou genoeg die gebeentes versterk. Terwyl ons na ete andermaal die kole uituur, het Willem se steun oor bre\u00eb blou waters tot ons gekom: &#8220;Maats, geniet die toer, soos net julle kan &#8230;&#8230;&#8230;..&#8221; Sy woorde was ook skaars koud of die strategiese vuilgoedgat eis sy eerste twee slagoffers.<\/p>\n<p>Takkap was sy naam dubbeld en dwars werd, want wie nie bedags deur die takke gepootjie is nie, het snags &#8216;n taktrek-wedstryd aangeknoop om hulle onder die l\u00eaplekke uit te kry. Goeie Vrydag het blou bo tussen die bloekomtoppe gebreek, en Jan Akker het vir ons &#8216;n mooi boodskap vir die dag gegee. Om die aptyd te wek het &#8216;n paar manne na kerk hul vernuf met &#8216;n klippie in die stofpad aangetoon. Die middag het die flukstes die &#8220;wapad&#8221; as evening gekies en die minder flukses die bloekombos of om presies te wees, die bod.<\/p>\n<p>Die aand het die hemelliggame ons s\u00f3 trakseer op items van bo, dat ons net betyds ons o\u00eb afwaarts gewend het om te aanskou dat arme Flossie op &#8216;n nipper na middeldeur gery was!<\/p>\n<p>Saterdagoggend val ons met rugsak en wanderstof in die pad terwyl die seiltjie lorrie ry. Na &#8216;n mooi stap deur die Rivier-Sonderendberge, kon almal wat nog nie hartkwaallyers was nie, hulself verys onder &#8216;n lieflike waterval. Eers eenmaal deur Boesmanskloof, het Greyton voor ons gel\u00ea. Die welkom BTK halfwegstasie in die vorm van &#8216;n hotel, het die gees sommer weer hoog laat vlam en innerlik \u201cverkoeldrank\u201d kom ons met nuwe vuur verder.<\/p>\n<p>Sommer gou was ons omring deur sulke skewe, krom huisies terwyl donkies en hoenders ons luidkeels in kennis stel dat ons nou in Genadendal is. En praat van &#8216;n mooi kampplek so in die eikebos. Saans kon mens met &#8216;n bietjie verbeelding aan die slaap raak met die gedruis van die ou meul in jou ore &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;..<\/p>\n<p>Die volgende dag was nog nie eers behoorlik daar nie of &#8216;n luide klokkespel herinner ons daaraan dat dit vandag Paassondag is. Die op-en-wakkerstes het die optog gaan besigtig terwyl die l\u00ea-en-rustendes deur twee kabouters en &#8216;n beker koffie tot werklikheid geroep is. Kort na ete was al wat BTKaner was gehoed en gesteweld vir die paasdiens in Genadendal se sendingkerkie. Ewe gedwee moes ons eers voor die kerk &#8220;kerkverdeling&#8221; hou en toe vir die lekker l\u00e1\u00e1\u00e1ng sit, want ons het sommer preek, sondagskool en doop in een gehad. Dit was egter &#8216;n diensie wat lank in ons BTK herinneringe sal bly vassteek.<\/p>\n<p>Diegene wat nie t\u00e9 plat deur die wynsous getrek is nie, het die middag op groot skaal in die verlede gaan ronddwaal tussen ou huise en grafte. Op paslike wyse het ons die paasdag om die vuur afgesluit. Later wou-wou &#8216;n paar druppels net ons uitkenningsparade in die wiele ry, maar het gelukkig nog die kondensmededingers &#8216;n kans gegun. Baie later di\u00e9 nag het sommige van &#8216;n paar ontydige druppels wakker geword, ander van die tentekomitee se hamerslae en nog ander weet van niks en het salig deurgeslaap tot Maandagoggend.<\/p>\n<p>Teen wil en dank was dit vaarwel aan Genadendal en padlangs tot by middagbrood. Janee, wat is \u00e9\u00e9n ou armsalige swembroek nou ook tussen soveel hetige BTKaners. Net genoeg om mens lus te maak was meer as een se mening.<\/p>\n<p>Maandagmiddag was dit maar net:<br \/>\nAanstap rooies,<br \/>\nDie opdraend is ver en swaar &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;..<\/p>\n<p>Tog, eers eenmaal oor die nek, het ons sommer ons eie BTK roltrap aan die anderkant ontwerp &#8211; af en af na Boskloof wat lieflik groen van onder gelok het. Di\u00e9 aand was daar groot dinge in die weer want die walaaiers het nie verniet die blikkie kondens dramaties in Moeder Aarde verberg nie. &#8216;n Ene, Walduinar, die held en sy draag het beslag gel\u00ea op die verborge skat.<\/p>\n<p>Dinsdagoggend het dit net flink en vrolik gegaan want nou het Fladder-Fladder ook mos by ons geledere aangesluit &#8211; net jammer dat haar vlerkies nie \u00e1lmal se bagasie tot op die bult kon vervoer nie. Dit het darem gelyk of die ontbeerde kondens die walaaiers nie van t\u00e9 veel kragte beroof het nie, want sommer gou het Oom Hoon se lorriewiele weer hul entjie papper geword en die vrag was gelaai. Eers nadat Moeder No\u00ebline en Vader Kobus met hul hele kroos voor en op die dak van hul tuiste vir klikkende kameras geposeer het, kon ons ons spore wend in die rigting van Villiersdorp.<\/p>\n<p>Daar moes die ou kafeetannie dit net ontgeld omdat haar koei nie kon voorbly met die melkvoorraad nie, maar die &#8220;cherryplum&#8221; en roomys het darem vergoeding gebied. Met die peusel aan &#8216;n natrossie hier en die hap aan &#8216;n appel daar het die pad gekrimp en die eerstetoerisvrees gegroei algaande Kaaimansgat genader het.<\/p>\n<p>Die aand<br \/>\nBy die diep donker poel<br \/>\nWaar die Kaaimanne woel<br \/>\nhet die hekse luidkeels verkondig:<br \/>\nOns sal geniet<br \/>\nwat die wraak ons bied<br \/>\nen dit alles terwyl hulle brou aan,<br \/>\nDie stroop om jul mee te doop<br \/>\ntot jul derms knoop!<\/p>\n<p>Woensdag was &#8216;n oorstaandag met gebakte kwepers, &#8216;n stukkende tennequoitring en sle\u00ebry sommer so helder of liewer trietsig-oor-dag. Die waterval het die middag &#8216;n groepie entoesiastiese bewonderaars gelok en verskeie van die manlike tuisblyers het hulself skietbaar gemaak vir die aand se doenighede. Danie het egter nie net by &#8216;n pomp gebly soos meeste ander nie. Met &#8216;n kond\u00eans as wapen het hy sommer volstroom voor die tyd geskiet en nogal tw\u00e9\u00e9 slagoffers getref &#8211; g&#8217;n wonder dat Marietta en Louise se bene die kond\u00eansontploffing so lank moes ontgeld nie!<\/p>\n<p>Na &#8216;n smaaklike aandete kon die ou toeriste met geruste harte in die slees neersak in afwagting op die Kaaimanslagting van die aand. Die hekse het ook s\u00f3 kwaai by Tersius gespook, dat hy ten einde raad die blik koffiewater in die vuur moes omkeer om hulle die skrik op die lyf te ja. &#8220;De magtige koninginne van Storm en Wind&#8221; het egter die Kaaimanne voorgespring en eers wraak op die ou toeriste geneem. Daarna het die woordlus gebotvier onder die eerste toeriste en soos altyd, was die gevolge raar maar daar! G&#8217;n wonder dat Piet Venter die aand &#8216;n vatlap slee toe karwei het nie.<\/p>\n<p>Nadat ons Donderdagoggend die gasvrye plaasmense gaan vuurpyl het en onder &#8216;n letterlike appelre\u00ebn daar weg is, het ons oor die Aasvo\u00eblberge en deur lieflike heidevelde afgesak tot by &#8216;n mooi waterval vir middagbrood. Ook maar goed dat ons nie toe geweet het dat &#8216;n kloof-sonderend ons die middag wag nie, want as sommige dalk &#8216;n paar ekstra snye brood ingeryg het, sou ons eenmansbruggie nooit sy vrag kon dra nie. Soos wafferse oerwoudbewoners is ons die lieflike kloof af, d\u00e1n onderdeur &#8216;n tak, d\u00e1n bokspring van rots tot rots en d\u00e1n as jy &#8216;n keer opkyk na die blou lug bo &#8211; binne in &#8216;n poel koue water! Ongelukkig het Ernie se taktiek van &#8220;An apple a day, keeps the &#8216;slotsak&#8217; away&#8221; die dag nie so goed gewerk nie. Almal het darem tog behoue gebly om die aand &#8216;n dure les van Oom Theo te leer &#8211; Onthou: &#8220;was van onder na bo op BTK!&#8221;<\/p>\n<p>Ook maar goed dat ons Vrydagoggend nie op nugter mae oor Purgatory se treinspoorbrug hoef te gebalanseer het nie. Gelukkig was Piet Hugo &#8216;n baie spoor-vastige stoomlokomotief om al die wankelmoedige trokke oor die stroom te help. Asof die Rivier-sonderenders toe nog nie genoeg appels gehad het nie moes ons pad verby &#8216;n aanloklike appelboord lei. Piet Venter moes ook net wild en wakker vo\u00eblverskrikker speel om al die slotte uit die boord te hou. Dit was sowaar &#8216;n sonderend toer in meer as een opsig want by middagbrood was toe n\u00f3g appels en n\u00f3g appels. G&#8217;n wonder dat een met &#8216;n sug kwytgeraak het nie: &#8220;Sjoe, nou dra mens al glad appels inwendig en uitwendig!&#8221; Nietemin kon ons darem nog die middag die pas uitstroom tot by Nuwebergbosboustasie. Jan en Piet het egter erg parasietbewus daar aangekom met Jo en Mariette ewe stralend maar pootseer op hul r\u00fbe.<\/p>\n<p>Met die &#8220;queue&#8221;-ery die aand in die pad het meer as een auto net die stew-aptyt verhoog en dus is op reuse skaal aan Mariette en Leon\u00e9 se produk weggel\u00ea &#8211; veral om die &#8220;koekoe&#8217;-pan waar vir laas ge-adi-adi-\u00ea-\u00ea&#8221; is. Boonop moes die onvermydelike poedingafskeid van die paneters ook nog volg en was die verbasende spoed van Flossie, Kaaimansgatspecial en andere goed te begryp. Met die laaste variasie van die binokul\u00eare het ons &#8220;Serial&#8221; ook dramaties aan sy einde gekom. Laurie s\u00ea: &#8220;Hy&#8217;s flou maar hy&#8217;s daar!&#8221; het die vaakstes die aand in kennis gestel van die einde van elke item.<\/p>\n<p>En so saam turend in die kole, het &#8216;n paar &#8220;Nag Dames&#8221; op dowe ore geval. Die gedagte aan vroeg roer het egter later sy doel bereik. Dit was dan ook asof die manne se &#8216;serenade&#8217; skaars weggesterf het, toe die \u00f4\u00f4pst\u00e1\u00e1\u00e1n-serenade deur die oggendlug swewe. Die stew vir oggendete het ons wreed daaraan herinner dat die toer vinnig ten einde spoed en nes die oggend was die gedagte maar al te mistroostig.<\/p>\n<p>Al glip-glip oor rivierklippe en skaats-skaats langs steil berghellings, is ons tot by ons laaste mooi middagbroodplek. Daarvandaan was ons gou bo-op Dwarsberg en wat &#8216;n lieflike gesig! As ons toe almal Fladder-Fladdertjies was, sou ons gekurktrekker af na Jonkershoek nie eers nodig gewees het nie.<\/p>\n<p>So het ons, sommige per voet en ander per wiel, laatmiddag by ons beginpunt aangeland om daar op &#8216;n bondel bagasie neer te sak met net \u00e9\u00e9n wens: &#8220;Ag, was dit ook maar liewer &#8216;n TOER-sonderend!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Corrie de Waal<\/strong><\/em><br \/>\n(Sketsskryfster)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met &#8216;n paar los trane uit die hemel het ons ou Akker ons vaarweltoegeroep maar toe ons weer sien, het die traantjies begin blink want algou het die laatmiddagson ons breed toegeglimlag en ag, nou ja, toe glimlag ons maar terug want wie kan dan nou ook anders &#8211; ons TOER dan weer!<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1334","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1334","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1334"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1334\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1336,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1334\/revisions\/1336"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1334"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1334"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1334"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}