{"id":1366,"date":"1955-04-15T19:32:46","date_gmt":"1955-04-15T17:32:46","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1366"},"modified":"2012-01-07T20:43:40","modified_gmt":"2012-01-07T18:43:40","slug":"knysna-april-1955","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1955\/04\/knysna-april-1955\/","title":{"rendered":"Knysna April 1955"},"content":{"rendered":"<p>Vrydagmiddag kwart-oor-vier, die laaste bus staan gereed om te vertrek &#8211; is almal daar? Waarheen die warboel en tot watter doel? Natuurlik na Knysna en saam met die BTK!<\/p>\n<p>Die aand is kamp by Buffelsjagt opgeslaan en die half-skamerige groep is aanmekaar bekend gestel. Ai, wat &#8216;n salige idee om weereens onder die sterre hemel te kan slaap en die volgende oggend gesig in die dam te was.<\/p>\n<p><!--more-->Saterdagoggend was daar &#8216;n bietjie oponthoud met die een bus. Sy &#8220;gasket&#8221; het glo gebreek. Dit het &#8216;n lekker tien myl toerstap beteken en baie werk vir Jakkals en Marie. Die aand is baie laat eers ge\u00ebet en geen kampvuur is gehou nie. Net Miems se brief is tot Kirsten se verdriet, gelees. Gelukkig is Sondag oorstaandag, maar ongelukkig vir alle laatslapers is die rivier baie naby die slaapplek soos ons chaperone sal kan getuig. Die oggend het Danie die diens waargeneem en na die gebruiklike kospotte van Egipte kan diegene wat nog kan regop kom, &#8216;n besoek bring aan Buffelsbaai of op die rivier gaan roei. Die aand spreek oom Theo die verlange uit dat meer kultuur en fyn humor in die items gevleg moet word en plaas selfs &#8216;n blikkie kondens op die spel. Die aand verras Theuns, Kirsten en hul vriende Piet, Paul en Klaas ons met hul goeie toneelspel.<\/p>\n<p>Maandagoggend is ons verder per bus tot &#8216;n ent buite Knysna en van hier het die interessante stap deur digte bos en ho\u00eb bome begin. Middagbrood is by Grema gehou en vandaar verder gestap na die bos-depot Lelievlei.<\/p>\n<p>Die aand het die eerste episode van die &#8220;serial&#8221; in aanvang geneem wat vooraf gegaan is deur die &#8220;Cartoon&#8221;. Ook Gladys en haar Distrik 6 taal het haar buiging gemaak. Dit het voorwaar beloof om &#8216;n hooge toer te wees &#8211; net jammer die maan hou &#8216;n mens so uit die slaap n\u00e9 Helo\u00efse.<\/p>\n<p>Ai, as ons darem geweet het wat ons later die dag uitgevind het, sou ons seker almal re\u00ebnjasse geneem het. Die Bosbou beampte, mnr Joubert, het aan Theuns &#8216;n sogenaamde kaart pad beduie &#8211; ongelukkig was daar toe drie om van te kies. En elk geval is na twee &#8220;omdraaie&#8221; op die derde en laaste paadjie besluit. Ongelukkig kan ons nie aan die re\u00ebn omdraai s\u00ea nie! Middagbrood sonder botter en met kondens is gehou. Ai wat wil jy nou meer. Dis mos so &#8216;n tipiese BTK-dag. Dit was &#8216;n bibberende, nog steeds singende groep wat later die Bosbou-stasie binnegeval het. Die plan was om van daar af na Concordia te bel om daar slaapplek te probeer kry, maar blykbaar het mnr Monroe ons so jammer gekry dat hy aangebied het om ons by Diepwalle te herberg. Wat &#8216;n verligting was dit nie en wat &#8216;n ramp was dit nie vir die mense wat +2 myl verder aangestap het na die plek waar die kamp sou gewees het.<\/p>\n<p>Die meisies het hul gou sardientjie gewys hul op die huis se solder &#8220;gemaklik&#8221; gemaak, terwyl die mans die kantore ingeneem het.<\/p>\n<p>Woensdag, oorstaandag het in aanvang geneem sonder die gebruiklike koffie in bed en ontbyt is baie laat eers gehou. Die middag na ete het ons besoek afgel\u00ea aan die Groot Boom waar sommige groot monde oopgehang het van verbasing. Sep het natuurlik van die dag gebruik gemaak om sy voorraad stinkhoutringetjies aan te vul. Telkens het iemand opgekyk lug toe &#8211; gaan dit re\u00ebn? Dit sou &#8216;n ramp wees want dis mos die aand van damesskiet, eerste toeriste inlywing en magtige koningin. Laasgenoemde was toe nie so ingelig nie of hoe s\u00ea ons Eric. Eienaardig ook hoe &#8216;n mens moes sukkel om Lowella uit haar slee te lig.<\/p>\n<p>Sonskyn, kronkelende bospaadjies en wie sou ooit kon dink ons het eergister so nat gere\u00ebn? By middagbrood het Tjaain, Molly, Jan en Eunice by ons aangesluit. Die verdere entjie na Brackenhill valle was heel interessant en die kampplek volmaak, behalwe dat die water so &#8216;n bietjie skaars was.<\/p>\n<p>Donderdagaand, &#8216;n helder lug (sodat Kirsten weer na die sterretjies kan kyk en komitee items). Koos se Bombomski het die blikkie kondens gewen en die groot Mahlzeit &#8211; Van Der Merwe is gebore.<\/p>\n<p>Vrydagoggend, (oorstaandag) is besoek gebring aan die valle. Die middag net na ete is &#8216;n uitstappie na die Tuin van Eeden gere\u00ebl. Ten spyte van Molly se waarskuwing dat geen appels daar deur die mans ge\u00ebet mag word nie, is sakke vol appels (van die naburige plaas) saamgebring. Ons wonder hoekom wou Flip O. sommer &#8216;n hele kis vol wou gehad het. Ongelukkig kon Danie Malan nie saamgaan nie, aangesien sy bene so gekrap was. Hy het glo te kenne gegee dat die brame daarvoor verantwoordelik was. Ook Flip kan nie gaan nie, aangesien hy te besig was met die sopkokery! Ook maar goed anders het hy dalk oor ervaring opgedoen tussen die varings! Die aand het Rudi die diens waargeneem net voor ete. Om kampvuur is Leentjie en Tielman se briewe is ook die aand gelees.<\/p>\n<p>Saterdagoggend is ons deur die onmusikale klank van &#8216;n skreeuende vark wat deur die dameskamp gejaag word, wakker gemaak. Ai om te dink dis die laaste stapdag! Middagbrood is by &#8220;The Heads&#8221; gehou waarvandaan ons na Knysna gestap het en vandaar bus gery het tot by Kaaimansrivier brug. Almal was in hul noppies oor die volmaakte kampplek en die vooruitsig van geen re\u00ebn &#8211; of wat praat ons dan alles. Die aand is sommer op deftige wyse &#8220;ge-item&#8221; onder die brup op &#8216;n verhoog en die Pieke as decor. Jammer daar was water op die verhoog n\u00e9 Jakkals! Mahlzeit het weereens op die mees onvergete manier sy verskyning gemaak &#8211; selfs ook by Piet en Klaas.<\/p>\n<p>Saterdagoggend is koffie in die bed bedien. Eqmont Scheffler (4 jr) was erg geskok om te sien dat sommige mense in hul klere slaap. Die versoeking om so &#8216;n paar van die luiaards uit te sleep, was darem alte groot. Ons wonder net wie het die grootste geskrik n\u00e9 Hennie!<\/p>\n<p>Die diens van die oggend is deur Flip waargeneem. Na ete het daar so &#8216;n lui lekker gees in die kamp geheers en dit het moed gekos om die ou bene te dwing om na die treinbrug te gaan kyk. Sommige mense het hul toe vasgeloop en moes deur diep waters gaan om weer by die kamp te kom.<\/p>\n<p>Die aand het oom Theo ons vroeggerig na bed gejaag, aangesien ons opstaantyd die volgende oggend vyfuur sou wees.<\/p>\n<p>Ontbyt is nog in die donker geniet, sodat meeste nie eers die kosbare suikertjies oor die pap kon waardeer nie.<\/p>\n<p>Die busryery was &#8216;n variasie van slaap, sing, item en lag. Toe dit te veel van &#8216;n roetine begin word het is variasie ingebring. Riette wat s\u00ea Charl en Eric wat het oom Theo van jou gedink?<\/p>\n<p>Middagbrood is in die Tuine by Caledon gehou en ongeveer drie-uur Maandagmiddag is Stellenbosch se rus weereens verstoor deur die uitbundige gesing en gelag. &#8216;n Hooge toer was weereens verstreke (gebreekte kyste of te nie!) en almal het nou net een doel voor o\u00eb gehad &#8211; &#8216;n warm bad en slaap!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Leonie Pienaar<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>AS EK MOEG WORD &#8230;.<\/strong><\/p>\n<p>(Aangebied deur Danie en andere)<\/p>\n<p>As ek moeg word van die slegte koshuis kos<br \/>\nRoep my die Knysna-bos.<br \/>\nIn die veld steek ons &#8216;n vuurtjie aan;<br \/>\nBotter laat ons op die lorrie staan,<br \/>\nEn eet ons kinders-brood. (2)<\/p>\n<p>Of ek luister na my eie voeteplas<br \/>\nDeur water en nat gras.<br \/>\nDan&#8217;s ek weer die sopnat wandelaar<br \/>\nNa die verre kampplek wie weet waar,<br \/>\nEn brom my eie lied. (2)<\/p>\n<p>En die grys plafon wat oor die bosse strek<br \/>\nSal saans my sluimer wek.<br \/>\nJa, die waterdruppels sal neerplas<br \/>\nTot ek later na die tent verkas,<br \/>\nEn bles die B T K! (2)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrydagmiddag kwart-oor-vier, die laaste bus staan gereed om te vertrek &#8211; is almal daar? Waarheen die warboel en tot watter doel? Natuurlik na Knysna en saam met die BTK! Die aand is kamp by Buffelsjagt opgeslaan en die half-skamerige groep is aanmekaar bekend gestel. Ai, wat &#8216;n salige idee om weereens onder die sterre hemel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1366","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1366","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1366"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1366\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1391,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1366\/revisions\/1391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1366"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1366"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1366"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}