{"id":1477,"date":"1937-11-07T23:25:56","date_gmt":"1937-11-07T21:25:56","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1477"},"modified":"2012-01-07T23:28:52","modified_gmt":"2012-01-07T21:28:52","slug":"toerliedjies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1937\/11\/toerliedjies\/","title":{"rendered":"Toerliedjies"},"content":{"rendered":"<p>Dit was op die Knysna-toer, September 1930, terwyl ons in twee motorbote tussen die bosse en bome aan die walle van Keurboomsrivier deurgly, dat die eerste fondamentsteen vir &#8216;n versameling van ons eie toerliedjies gel\u00ea is. Die wanklinkende geluide van &#8220;Intervarsity&#8221;-liedjies in hierdie omgewing van natuurskoon en -prag het gemaak dat ons ou voorsitter en staatmaker, Jan Klopper, sy misnoe\u00eb oor sulke misplaatste voetbalentoesiasme duidelik te kenne gegee het. <!--more-->Na aanleiding hiervan het dr Eiselen een aand aan die hand gegee dat verskillende groepies, of kore, onder mekaar meedring om op &#8216;n bepaalde aand van ons mooiste Afrikaanse, Nederlandse, Engelse en Duitse liedjies voor te dra. Die Afrikaanse koor kry toe die inval om &#8216;n eie lied te dig, en die Vaarwellied van &#8220;Marxie&#8221; &#8211; dit was aan die end van die toer &#8211; wat op hierdie manier ontstaan het, beskou ons vandag nog as een van ons uitstaande toerliedjies.<\/p>\n<p>Onder leiding veral van dr Eiselen het hierdie nuwe rigting in ons toerlewe vinnig toegeneem, sodat ons vandag die versekering het dat die dag lankal aangebreek het, te pas en te onpas, heeltemal vervang sal wees deur gepaste toerliedere. (Sien bladsy 6)<\/p>\n<p>Die volgende is &#8216;n lys van liedere, wat, met die uitsondering van een, naamlik &#8220;O vra my nie my liefde nie&#8221;, deur toeriste self gedig is. Die wysies is di\u00e9 van bekende Arikaans, Nederland, Engels, Duitse, ensovoorts liedere.<\/p>\n<p><strong>Knysna-Toer September 1930<\/strong><\/p>\n<p>I<br \/>\nO vra my nie my liefde nie,<br \/>\nEk het dit weggegee.<br \/>\nAan &#8216;n klein blou koringblommetjie,<br \/>\nEn aan die groot blou see.<\/p>\n<p>Ek ken van bloue blomme.<br \/>\n&#8216;K aanbid die hemel blou;<br \/>\nJou o\u00eb vermy dit kan ek nie,<br \/>\nWant &#8216;k min hul meer dan jou.<\/p>\n<p>A G Visser<\/p>\n<p>&#8220;Ingevoer&#8221; as toerlied deur Villebois van der Spuy<\/p>\n<p>******************************<\/p>\n<p>II<br \/>\nWysie: Das Mandern ist des M\u00fcllers Lust<\/p>\n<p>Met rugsak en met wandelstok (bis)<br \/>\nEn seiltjie<br \/>\nIn berg en woud en langs rivier<br \/>\nDaar vind die Matie sy plesier (bis)<br \/>\nDie Matie.<br \/>\nDie water stort by kranse af (bis)<br \/>\nBy kranse.<br \/>\nDit stroom by Stellenbosch verby<br \/>\nEn roep: Kom saam, kom saam met my (bis)<br \/>\nO Matie!<\/p>\n<p>Die water het vir ons geleer (bis)<br \/>\nDie water.<br \/>\nDit het geen rus by dag en nag<br \/>\nIs steeds op verdertrek bedag (bis)<br \/>\nDie water.<\/p>\n<p>Dr W Eiselen<\/p>\n<p>III<br \/>\nWysie: Will Galt mir reckte Gunst erweisen<\/p>\n<p>Wil God my ware guns bewys,<br \/>\nStuur Hy my uit in berg en dal;<br \/>\nSy wonderwerke wil Hy wys<br \/>\nIn bos en kloof en waterval.<\/p>\n<p>Die windjie speel sy vrolik lied<br \/>\nOp reuseboom en tenger riet;<br \/>\nDie branders breek op steile rots<br \/>\nEn bulder uit die grootheid Gods.<\/p>\n<p>Die stroompie van die berge spring,<br \/>\nDie vo\u00ebltjies algar juis vol lus;<br \/>\nKom laat ons saam met hulle sing,<br \/>\nVan God se goedheid wel bewus!<\/p>\n<p>Dr W Eiselen<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>IV<br \/>\nWysie: Das Lieben bringt gross&#8217; Freud<\/p>\n<p>Die liefde maak so bly,<br \/>\nOns weet dit nou albei.<br \/>\nJy is die allerliefste nooi,<br \/>\nMet o\u00eb blou en wange rooi,<br \/>\nHoe lyk die hele w\u00eareld nou so mooi.<\/p>\n<p>As saand die kampvuur brand<br \/>\nAan Grootrivier se strand,<br \/>\nHoe blink jou ogies helder rein<br \/>\nHoe klop my hart van vreugdepyn<br \/>\nDie liefde is so soet soos Kaapse wyn.<\/p>\n<p>O liefde maak so bly<br \/>\nVan smarter maak dit vry<br \/>\nAl blus die re\u00ebn die vuur se gloed,<br \/>\nJou liefde die verwarm my bloed.<br \/>\nEn ek vergeet die blare aan my voet.<\/p>\n<p>Die liefde maak so bly<br \/>\nNooit sal ons twee weer skei<br \/>\nJy word my allerliefste vrou<br \/>\nMet wange rooi en o\u00eb blou<br \/>\nJou liefde bly ek steeds, na steeds getrou.<\/p>\n<p>Dr Eiselen<\/p>\n<p>V<br \/>\nOh, You&#8217;ll never, never, never thrive<br \/>\nLying in your bed<br \/>\nRising when the whistle blows<br \/>\nProtect your drowsy head<br \/>\nEven if you&#8217;re fised and cold<br \/>\nYour committee work not very kind<br \/>\nJust remember you&#8217;re on tour<br \/>\nAnd leave your troubles behind.<\/p>\n<p>CHORUS:<\/p>\n<p>Oh, it&#8217;s nice to get up in the morning,<br \/>\nWhen the tents begin to fall<br \/>\nOr softly in the distance<br \/>\nYou hear the coffee call<br \/>\nBut when there is no porridge<br \/>\nAnd it&#8217;s murky overhead<br \/>\nOh, it&#8217;s nice to get up in the morning,<br \/>\nBut is&#8217;t nicer to lie in your bed.<\/p>\n<p>When your feet are full of blisters<br \/>\nAnd around the fire at night<br \/>\nYou sit and hear the whispers<br \/>\nIn the glow of the flickering light<br \/>\nBut when all this is ended<br \/>\nFor the folic and fun cannot last<br \/>\nYou run once more to your groundsheet.<br \/>\nTo dream of the things that are past.<\/p>\n<p>Gussy Cluver<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>VI<br \/>\nVAARWELLIED<\/p>\n<p>Vaarwel, o see, oneindig groots!<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel.<br \/>\nO branders brekend op die strand!<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel.<br \/>\nJou geur verfrissend skoon en rein<br \/>\nJou ruisend slaaplied sal ek mis.<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel.<\/p>\n<p>Vaarwel, o rotsbekruinde berg!<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel.<\/p>\n<p>Vaarwel, o varens wuifend groen!<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel.<br \/>\nBestrelend steeds die woud&#8217;laars oog,<br \/>\nWat smagtend van jul skoonheid drink.<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel.<\/p>\n<p>Vaarwel, o digbegroeide bos!<br \/>\nO blomme in jul kleureprag!<br \/>\nVir my is dit so droef te dink<br \/>\nDat ek jul nou verlaas moet groet<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel.<\/p>\n<p>Mej H Marx (Marxie)<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>Op die Franschhoek-Elgin-Gordonsbaai-Toer is geen nuwe liedjies gemaak nie.<\/p>\n<p>Ceres-Tulbagh-Toer September 1934<\/p>\n<p>VII<br \/>\nWysie: Gaudeaumus Igitur<\/p>\n<p>Matieland se toeriste<br \/>\nStig &#8216;n Berg- en Toerklub.<br \/>\nToer oor berge en deur dale<br \/>\nIn die re\u00ebn en sonnestrale<br \/>\nOm die lewe te geniet. (bis)<\/p>\n<p>Om die kampvuur, in die tent<br \/>\nIs ons almal vriende<br \/>\nBou ons sleetjies, sing ons liedjies<br \/>\nOns is almal vriende<br \/>\nIs ons voete wel vol blare<br \/>\nIs ons somtyds baie vroeg<br \/>\nOns bly altyd vriendelik. (bis)<\/p>\n<p>Lank lewe, o BTK<br \/>\nOns geniet jou toertjies.<br \/>\nLewe lank, o toeriste!<br \/>\nOns geniet jul vriendskap.<br \/>\nIn die jare wat nog kom<br \/>\nSal ons altyd aan jul dink<\/p>\n<p>In ons liefde en ons leed<br \/>\nSal ons julle nooit vergeet!<\/p>\n<p>Afrikaanse Koor<br \/>\nA Louw, E Lutz, V vd Spuy<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p><strong>Swellendam-Barrydale-Montagu-Toer April 1932<\/strong><\/p>\n<p>VIII<br \/>\nWysie: Annie Lawrie<\/p>\n<p>O, die blou van hoogste hemel,<br \/>\nEn die dieptes van die see,<br \/>\nEn die grootsheid van die vlaktes,<br \/>\nHul roep my, trek my mee.<br \/>\nEk aanbid die groene lower,<br \/>\nDie gemurmel van die rivier,<br \/>\nWant hul roep: My seun, my dogter!<br \/>\nKom aanbid in die natuur!<\/p>\n<p>Tertius van Huyssteen<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>IX<br \/>\nWysie: Uit dem Pfeil, deur Bogen<\/p>\n<p>As die son se strale,<br \/>\nOor die berge gly<br \/>\nKlim ons uit die dale<br \/>\nNa die hoogtes vry.<\/p>\n<p>Aan die helder strome,<br \/>\nWat uit rotse spring;<br \/>\nAan die oerwoudbome,<br \/>\nGaan ons hulde bring.<\/p>\n<p>In die berg se vrede,<br \/>\nDaar is ons gebied;<br \/>\nVer van dorp en stede<br \/>\nDaar weergalm ons lied.<\/p>\n<p>Dr W Eiselen<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>X<br \/>\nDie Wysie<\/p>\n<p>Oor die bloue bloue berge,<br \/>\nRys die eerste m\u00f4regloed.<br \/>\nUit die deinserige verte,<br \/>\nKom die son ons tegemoet.<\/p>\n<p>Onder lowerryke bome<br \/>\nSal ons kampie sawends staan.<br \/>\nLangs die kabbelende strome<br \/>\nSal die Maties samegaan.<\/p>\n<p>Tommie Coertze<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>XI<br \/>\nWysie: In die Ferme m\u00f6cht&#8217; ich ziehen<\/p>\n<p>Kom nou vriende, staak jul drome;<br \/>\nLaat ons opstaan en gaan toer.<br \/>\nVan die kranse en die strome,<br \/>\nVan die velde en die bome,<br \/>\nKom &#8216;n stem wat s\u00ea: Gaan toer!<\/p>\n<p>Oor die berge, deur die klowe,<br \/>\nGaan ons reis steeds verder voort.<br \/>\nVal die re\u00ebn ook soms van bome<br \/>\nKan dit ooit ons gees uitdowe?<br \/>\nNee! is altyd dan ons woord.<\/p>\n<p>Sit ons saands rondom die kampvuur,<br \/>\nStaar ons in die kolegloed,<br \/>\nLuister na die sing van kore,<br \/>\nSag en strelend op ons ore;<br \/>\nO, wat is ons lewe soet!<\/p>\n<p>Theo Scheffler<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>XII<br \/>\nWysie: De gilde viert, de gilde juicht<\/p>\n<p>Die Maties stap, die BT-kaners toer<br \/>\nWie dink dan nog om nou te boer<br \/>\nIn dro\u00eb muwwe boeke?<br \/>\nDie lewe is maar in die veld,<br \/>\nWaar alles vry is, alles wild,<br \/>\nLaat ander anders dink.<\/p>\n<p>KOOR:<\/p>\n<p>Die hardste grond is ons gemak,<br \/>\nDie grofste spys ons koningsmaal,<br \/>\nDie guurste weer gee ons plesier,<br \/>\nOns kan sing, ons kan lag, ons kan leef!<\/p>\n<p>Om die kampvuur sit die vriendekring,<br \/>\nEen van hart en een van sin.<br \/>\nVergeet is al ons sware<br \/>\nWat gee ons om &#8216;n moe\u00eb lyf<br \/>\nOf voete seer en bene styf<br \/>\nOns gun almal hul besware.<\/p>\n<p>Toeriste dan, kom laat ons juig<br \/>\nLaat ons vergeet ons boeketuig.<br \/>\nEn lewe in ons vryheid<br \/>\nLaat almal ons geluk begeer<br \/>\nLaat ander van ons vriendskap leer<br \/>\nOf vrugtloos elders soek.<\/p>\n<p>Piet Koorts<\/p>\n<p>XIII<br \/>\nWysie: Viktoriahuis Huislied<\/p>\n<p>Kom laat ons droom die drome<br \/>\nKom laat ons sing &#8216;n lied<br \/>\nVan vryheid in die velde<br \/>\nVan wat d&#8217; natuur ons bied<br \/>\nVan berge en van bome<br \/>\nEn winde ruisend sag<br \/>\nWaar fluisterende strane<br \/>\nGedemp vloei deur die nag.<\/p>\n<p>Ons is natuur se kinders<br \/>\nOns sien haar in haar prag<br \/>\nVan wisselende skoonheid<br \/>\nEn songekleurde drag<br \/>\nDis maanlig in die berge<br \/>\nOrkane striemend vel<br \/>\nWat dan aan ons, haar kinders<br \/>\nHaar groot geheim vertel.<\/p>\n<p>Tertius van Huyssteen<\/p>\n<p>*******************************<\/p>\n<p>XIV<\/p>\n<p>KAMPVUURLIED:<\/p>\n<p>Wysie: Br\u00fcder, reicht die Hand zum Bunde<\/p>\n<p>Vriende, reik mekaar die hande!<br \/>\nLaat ons vriendskap hier ontbrande,<br \/>\n&#8216;Wyl die vlamme opwaarts styg.<br \/>\nLaat die vuur ons vriendskap louter,<br \/>\nDat die aardse van ons wyk!<br \/>\nHegter groei ons geestesband,<br \/>\nWarmer laat ons liefde brand!<\/p>\n<p>Theo Scheffler<\/p>\n<p>Die prys van \u00a31-1\/1 deur dr Eiselen uitgeloof vir die beste lied gedurende die Swellendam-Barrydale-Montagu-toer is toegeken aan No XI: Kom nou vriende, staak jul drome by geleentheid van die reunie van April-toeriste.<\/p>\n<p>Prof. Dr Wilcocks en dr Hoge het opgetree as beoordelaars.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was op die Knysna-toer, September 1930, terwyl ons in twee motorbote tussen die bosse en bome aan die walle van Keurboomsrivier deurgly, dat die eerste fondamentsteen vir &#8216;n versameling van ons eie toerliedjies gel\u00ea is. Die wanklinkende geluide van &#8220;Intervarsity&#8221;-liedjies in hierdie omgewing van natuurskoon en -prag het gemaak dat ons ou voorsitter en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-1477","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1477","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1477"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1477\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1491,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1477\/revisions\/1491"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1477"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1477"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1477"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}