{"id":1536,"date":"1935-10-08T19:53:02","date_gmt":"1935-10-08T17:53:02","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1536"},"modified":"2012-01-10T19:59:03","modified_gmt":"2012-01-10T17:59:03","slug":"clanwilliam-wupperthal-warmbronne-oktober-1935","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1935\/10\/clanwilliam-wupperthal-warmbronne-oktober-1935\/","title":{"rendered":"Clanwilliam-Wupperthal-Warmbronne Oktober 1935"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><em>26 September &#8211; 08 Oktober 1935<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>(In ander woorde die SEDERBERG-TOER)<\/strong><\/p>\n<p>Op &#8216;n nuwe avontuur gaan &#8216;n klompie getroue ou BTKaners weer hierdie vakansie. Die Cederberge &#8211; &#8216;n Onbekende land! Watter vreemde en dierbare herinneringe sal ons weer hiervan terugbring?<\/p>\n<p><!--more-->Ons ken meesal mekaar, maar juis daarom beskou ons die ding nog maar van &#8216;n afstand. Dr Verloren gaan ook saam en mnr P J Coertze en dr Friedl\u00e4nder en sy vrou en mnr Van Heerden &#8211; maar die ken ons tog al; dis mos ou Dan, maar tog dis &#8216;n hele senaat (nie Dan nie maar al die ander). Dr Eiselen behoort nie aan die senaat nie ook nie ou oom Dirk nie.<\/p>\n<p>Maar Vrydagoggend vroeg toe ons styf in die koue luggie teenmekaar vasgepak op die nou bankies van ons lorrie trein sit, is ons almal alreeds senaat of almal nie senaat nie ons weet self nie meer nie, siende dat daar so baie meisies is. Ja, daarvan gepraat, dit was glad nie &#8216;n goeie ding nie, die mans dink al ons hardloop agter hulle aan! Maar as mens na Sadie moes oordeel sou jy dit ook gedink het.<\/p>\n<p>Ai dis darem vriendelike mense! Ons ontvangs op Clanwilliam was &#8216;n voorbode en al langs die pad wat ons getrek het l\u00ea die lemoenskille as getuienisse.<\/p>\n<p>By Pakhuis het ons seervoet en moeg na die eerste lang dag ons tente opgeslaan. Oom Koerasie was di\u00e9 toer weer &#8216;n besige man, hy was nie alleen argitek nie maar moes ook nog elke rand sy kunste op die voete van die arme toeriste uithaal. Hy was saans om die kampvuur met sy medisynekis dan ook die popul\u00earste man. Dan, die walaai komitee was maar lui, die lorrie was altyd laat en saans het Dokter tevergeefs op hom beroep gedoen as die meisies van die vuur moes weggelaai word. Dokter het toe maar sy strewige kommandeerstem gebruik wat baie effektief was want daar skrik elke meisie voor.<\/p>\n<p>Saterdagoggend re\u00ebn dit toe ons opstaan. Ons sien Einstein se karretjie maar van hom of Piet gewaar ons niks as &#8216;n hopie nat komberse by die vuur.<\/p>\n<p>Drie maats het by ons kom aansluit. Twee ou vriende en &#8216;n nuwe een wat ons nog nie baie goed ken nie.<\/p>\n<p>Die dag het ons &#8216;n kortpad oor die berg na Wupperthal geneem. Een van die mooiste en interessantste van die hele toer. Nie &#8216;n kwartier stap was dieselfde as die volgende kwartier skof nie. Eers in die vallei op het die fyn tinger graan wat die wit sand nie kan toemaak nie ons bekoor, toe die echo in die kloof, toe die nuwe gesig in die ander vallei af.<\/p>\n<p>Vir middagete het ons in Heuningvlei te lande gekom, daar is nie bye nie maar net afstammelinge van donker huid van seker advokaat. Hulle was baie vriendelik en het ons van hout om koffie te maak voorsien.<\/p>\n<p>Hiervandaan is ons na die Bosbou stasie teen die rand. Die Oom het ons toe die pad gaan wys deur die koppies van fantasties uitgekapte klip. Hier en daar hoog teen die klip kon ons die ou ou verwronge cederbome sien.<\/p>\n<p>Daar in die Cederberge ver van mense, ver van dorpe en stede het ons stil geword al het ons so baie geraas.<\/p>\n<p>Na byna ons bene te breek by die styl opdraand het ons in die kommetjie tussen die berge waar Wupperthal l\u00ea gekom. Lottie het ons &#8216;n warm ontvangs onder die ho\u00eb denne en populierbome gegee. Ons vuur het reeds gebrand. Lottie is darem &#8216;n gawe noi en Piet voel dis soos die goeie ou dae van lank gelede. Mnr en mevr Straszberger het ons ontvang asof ons plek daar was veral nadat ons Sondag die kerk bygewoon het en ons stom geluister het na die koor. Die hele Sondag het ons so skeef met bangerige harte geloer na die styl bergpad wat ons aan die anderkant moes uit, maar Maandagoggend het ons moedig begin en Ag! ons het gedink dit was erger! en toe ons die aand by Matjiesrivier kom het ons nog energie genoeg gehad om ons solank warm te speel tot die lorrie, wat by Clanwilliam moes omry, sou aankom.<\/p>\n<p>Die volgende dag het die oom hier ons die pronkstukke van Pienaarsvlak gaan wys. Ons het naderhand gedink ons is Boesmans self. Die oom was blykbaar in sy skik met ons en praat net van die krakerige dominee &#8211; kans vir Moos!<\/p>\n<p>Die volgende nag teen die klipkoppie in die veld het ons byna almal verkluim en toe ons die oggend opstaan was alles oortrek met &#8216;n stywe wit ryp.<\/p>\n<p>Die praterige oom Swart Andries, wat die sterk twak wat Dokter nou rook verskaf het, het die dag die toeriste Wolweberg opgeneem; hoekom praat hy tog so baie!<\/p>\n<p>Die wat seervoet was en moes tuisbly het toe maar om hulself te troos hul liggame in plaas van hul siele gereinig.<\/p>\n<p>Die volgende nag het ons by Algeri\u00eb geslaap waar die wind ons byna weg gewaai het hoewel oom Korasie en die tentkomitee bowe natuurlike vaardigheid openbaar het met tentpenne in klippe en lossand inslaan.<\/p>\n<p>Die volgende dag het ons voor ete gestap tot by &#8216;n rivier waar die blindevlie\u00eb en muggies ons en die brood net wou opeet. Die welmenende bestuur het hier kom stoor met &#8216;n voorstel dat dit moontlik is om vroe\u00ebr terug te kom. Bey en Reefs soek net seepkissies om parade propagande te maak. Toe die seepkissies makeer gryp Bey maar na &#8216;n liedjie en gou sing almal:<\/p>\n<p>Nee, Bestuur die plan is baie skeef<br \/>\nen dis tog al te krom<br \/>\nen die trein loop nes &#8216;n kreef<br \/>\nNee! ons wil daar Dinsdag kom!<\/p>\n<p>Die gevolg was dat toe die aand gestem word die voorstel met oorweldigende meerderheid deurval.<\/p>\n<p>Om nou verder oor liedjies te praat. Daar was g&#8217;n koor kompetisie nie, maar talryke koortjies het gewedywer om ons die meeste te bekoor. Ek dink mevr Friedl\u00e4nder het by ver gewen. Piet en Einstein het weer al die ander mans uit geboul met hul item. Die twee &#8220;bold gendarmes&#8221; met hul skamerige stemmetjies en hul aantreklike kostume was te veel vir ons. Toe die liedjie nog so &#8220;cute&#8221; is ook en ons in verborge snare raak moes ons saamsing.<\/p>\n<p>And if we loose our situation<br \/>\nThere is no need to worry much<br \/>\nWe&#8217;ll try our hand at education<br \/>\nSome university or such<br \/>\nThen when we are and over gruin professor<br \/>\nThe little Juniors we do scare<br \/>\nWe&#8217;ll give them C&#8217;s<br \/>\nWe&#8217;ll give them D&#8217;s<br \/>\nAnd show them they must take good care.<\/p>\n<p>Hoewel ons innerlike gebeef het en gewoel het: ons staan in werklikheid in die nabye toekoms in die &#8220;little Juniors&#8221; se skoene.<\/p>\n<p>Di\u00e9 paar het daar &#8216;n &#8220;pip&#8221; vir die Bestuur gekom omdat hulle toer te maklik maak en daarom te swaar vir die mense. Dit het dan miskien ook gehelp om Dokter se waarskuwende stem saans slaaptyd bietjie sagter en minder beslis te maak. Dit was goed. Lank lewe die goeie gees van ons toere! Weer het ons geleer dat solank ons ons veld en berge het, solank ons volke het en solank ons troue vuur die vriendekring elke aand weer verenig solank sal die goeie gees lewe.<\/p>\n<p>Die volgende dag het ons die lang end pad na Warmbronne afgel\u00ea. Gelukkig is ons op pad verfris deur &#8216;n heerlike koppie tee by die Moutons se huis wat ons ingeneem het en deurdring het met BTK geure en gevul het met hul stemme.<\/p>\n<p>Citrusdal moes dieselfde ondervinding deurmaak net met minder liefde en vriendelike gevoel.<\/p>\n<p>By Warmbronne het ons al die stof en kiste afgewas. Die aand het ons maar &#8216;n kampvuur van die goeie ou soort gehad, met die maan deur die bome en die ruis van water en die vuur en sleetjies.<\/p>\n<p>Sondag was ons maar lui en het net Dokter die initiatief gehad om die kloof uit te klim.<\/p>\n<p>Maandagoggend het ons met swaar harte van Einstein, Urike en Piet afskeid geneem. Dit was een van die eerste voorspooksels dat di\u00e9 toer ook kan end kry &#8211; verder wou ons tog nie dink nie. Met dro\u00eb kele het ons by Eendekuil aangekom. Gelukkig was hier darem &#8216;n oog.<\/p>\n<p>Met groot moeite het Dokter van een na die ander geloop om hout te vra tot &#8216;n oom wat s\u00ea &#8220;Dokters praat ook maar baie kaf&#8221; hom van hout vertel het.<\/p>\n<p>Die tyd het gevlieg en die kampvuur was glad te kort toe die trein se aankoms dit opbreek. Vir oulaas het ons nog wiegliedjies gesing om ons laaste vuurtjie. Nou dat die nie meer daar is nie is stuk van die toer ook al verby. Toe ons wegtrek het ons vuurtjie al flouer en flouer in die verte weggeraak. Agter ons l\u00ea &#8220;Die Land wo die Zitronen bl\u00fchen&#8221;.<\/p>\n<p>Nadat ons met groot gesukkel op Bellville oorgeklim het en daar ontbyt het was ons gereed om nog alles wat ons kon uit die ou stukkie toer wat nog oorbly te haal. Ek dink mens voel die tyd jou inhaal. Stellenbosch, die klasse en die werk, en hoe nader jy die einde van jou geluk voel hoe kosbaarder word dit vir jou.<\/p>\n<p>Onverbiddelik is die end aan alles. Selfs aan my Pa se perdjie met die lange lange stertjie al het hy dertig jaar galop, galop, toe het hy gestop, gestop en nou l\u00ea hy in die sloot! en hy&#8217;s! en hy&#8217;s! en hy&#8217;s dood &#8230;.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>H Wessels<\/strong><\/em><\/p>\n<p>BTK TOUR &#8211; 1935<\/p>\n<p>Willst froh und vergugt in den Ferien Du sein,<br \/>\nGeh mit BTK in die Berge hinein.<\/p>\n<p>Dort findest Du M\u00e4del und Baben dabei<br \/>\nVereinig zu Wandrung und Bergkletterei.<\/p>\n<p>Dr Eiselen der f\u00fchrt seine Schar so gut,<br \/>\nHat keck eine Blume am Wanderhut.<\/p>\n<p>Sein Pfeifchen weckt morgens uns alle auf,<br \/>\nHerbei kommt jeder in sehnellem Lauf.<\/p>\n<p>Dann wird gepackt und gegessen in Eil<br \/>\nUnd weiter geht es dam viele Meil.<\/p>\n<p>Den Papp, den kockt Einstein mit grosser Lust<br \/>\nDoch auch sein Wagen erwibt ihn gunst.<\/p>\n<p>Die Ilse, die Fibe, ou Bei und Diet<br \/>\nDie kochen am Mittag, das lob ich mir.<\/p>\n<p>Auch Sus und Siegfried, Helen und Sannie<br \/>\nDie kochen das Essen uit grosser M\u00fch.<\/p>\n<p>Die Leda sehr gerne Auto f\u00e4hrt<br \/>\nDoch bei der K\u00fcche sich gl\u00e4nzend bew\u00e4hrt.<\/p>\n<p>Geholfen hat jeder an seinem Teil<br \/>\nGeschafft wird alles sehr gut und in Eil.<\/p>\n<p>Mit listigen Aug schleicht der Sali umher<br \/>\nOb da nicht ein Kiki zu nehmen w\u00e4r.<\/p>\n<p>Und kommt dan der Abend, sind m\u00fcde die T\u00fcsy<br \/>\nDann winkt uns die Zeltstadt als Paradies.<\/p>\n<p>Der Kaffee, er brodelt, es duftet die Speis,<br \/>\nSo lecker und k\u00f6stlich wie auf sonst keiner Reis.<\/p>\n<p>Getrunken, gegessen, zitst Fr\u00e4ulein und Mann<br \/>\nUms prasselende kampfeuer zur Unterhaltung zusamm.<\/p>\n<p>Es schallen die Lieder hinaus in die Weit<br \/>\nDer Franzi, der Lange, h\u00e4lt den Taktstock bereit.<\/p>\n<p>Die &#8220;Items&#8221; sie folgen in lustigem Reih<br \/>\nVon Moses, von Einstein und auch von ou Bei.<\/p>\n<p>Und dann gehts zur Ruhe ins sch\u00fctzende Zelt<br \/>\nEin weilchen nock dauerts und still ist die Welt.<\/p>\n<p>Conradie, der gute geschickt und erpobt<br \/>\nDie F\u00fcsse behandelt, dass jeder ihn loft,<\/p>\n<p>Er weiss das so gut und zart zu tun<br \/>\nAls h\u00e4lt er schon gehabt in Pedieuresaloon.<\/p>\n<p>Der Abraham die Lebensmiddel verschafft<br \/>\nEn hat es getan, dass alles so klappt.<\/p>\n<p>Dr Friedl\u00e4nder liebt bitfern Kaffee so sehr<br \/>\nSein Becher ist gross, doch gern h\u00e4tt er mehr.<\/p>\n<p>Untern sch\u00fctgende Strauch trotz Regen und Wind<br \/>\nDr Verloren ein Pl\u00e4tzchen zum Schlaf stets findt.<\/p>\n<p>Ja Packhuis in Wupperthal Matjiesrivier<br \/>\nWir hatten immer recht viel Pl\u00e4sier.<\/p>\n<p>Hexrivier, Warmbad, auf Felsen, in Feld<br \/>\nEs stets uns immer gut gef\u00e4llt.<\/p>\n<p>Wer hat gesungen uns dies Lied?<br \/>\nS&#8217;sind zwei die es so &#8220;baie geniet&#8221;.<\/p>\n<p>Man k\u00f6nnte noch singen und sagen so viel<br \/>\nDock jetzt ich lieber aufh\u00f6ren will.<\/p>\n<p>Dass Ihr uns mitnahmt habt vielen Dank<br \/>\nUns bleibt die Erinnerung f\u00fcr&#8217;s Leben lang.<\/p>\n<p>Op toer &amp; Reunie gesing deur Mevr Fiedlander<br \/>\nDIE SEDERBERGE<br \/>\nO Land van my Verlange,<br \/>\nWaar duisend stroompies vloei.<br \/>\nWaar sederbome op die hange,<br \/>\nLemoene in die laagtes groei.<\/p>\n<p>Hoog op jou, eensaam stille berge<br \/>\nIs daar &#8216;n katedraal van rots gebou.<br \/>\nDaarbinne het soos nederige dwerge,<br \/>\nNatuur se grootsheid ons aanskou.<\/p>\n<p>O Land waar orals klippilare staan,<br \/>\nEn rotse soos versteende diere lyk.<br \/>\nJou skoonheid sal vir ewig voortbestaan,<br \/>\nJy is voorwaar aan wonderwerke ryk.<\/p>\n<p>Diep in die krans se donker skeure,<br \/>\nDaar bruis die berg se bloed met helder strale.<br \/>\nDeurskuim die kloof met silwer kleure,<br \/>\nSoos dit van trap tot trap na onder daal.<\/p>\n<p>O Land van my Verlange!<br \/>\nWaar reuse akkerbome groei.<br \/>\nWaar teen die langgerekte hange,<br \/>\nDie vygies in die sonlig gloei.<\/p>\n<p>Dr Eiselen<\/p>\n<p>UITTREKSELS UIT: SHAKESPEARE EN DIE TOERISTE<\/p>\n<p>JOHANNA: Age cannot wither her nor custom stale her infinite variety.<\/p>\n<p>JOAN: Friends, Romans, countrymen, lend we your &#8211; beker.<\/p>\n<p>REEFS: Wisely I say, I am a bachelor.<\/p>\n<p>EINSTEIN: It is heartbreaking to see a handsome man loose-wived.<\/p>\n<p>ABRAHAM: He&#8217;ll make proper man; The best thing in him is his comp le coin.<\/p>\n<p>SHEILA, DIR, HETTIE &amp; SANNEJIE: Have you no wit, manners nor honesty but to gabble like tinkers at this time of night? Is there no respect of persons, place or time in you?<\/p>\n<p>KOORTS: For several virtues have I liked several women, never any with so full soul, but some defect in her.<\/p>\n<p>SABIE: Where wilt thou find a cavern dark enough to mask thy monstrous visage?<\/p>\n<p>OUPA: Therefore my eye is as a lasty winter. Frosty but kindly.<\/p>\n<p>UIT : NABETRAGINGS VAN ERVARE TOERISTE<\/p>\n<p>DR VERLOREN OOR SLEETJIES:<\/p>\n<p>Hoe kan &#8216;n mens se maag dit langer hou<br \/>\nOm elke aand &#8216;n omgevalle slee te bou?<\/p>\n<p>KOOR VAN TOERISTE MET HUBERT COETZEE AS LEIER:<\/p>\n<p>O treurigheid op snare!<br \/>\nOns loop op pure blare.<\/p>\n<p>SWART ANDRIES DIE AAND NA WOLWEBERG:<\/p>\n<p>Van die geklouter met die jongspan oor die klippe<br \/>\nHet ek vanaand, sowaar, tot blare op my lippe.<\/p>\n<p>DR FRIEDLANDER OOR SY TENT:<\/p>\n<p>Raum ist in der kleinsten H\u00fctte ein gl\u00fccklich lieben Paar<br \/>\nMaar die uit- en aantrek in die damn ding, dit was darem al te swaar!<\/p>\n<p>KOORTS EN EINSTEIN OOR DIE KAPTEIN BY WARMBRON:<\/p>\n<p>Helaas! As leier was die man voorheen beskou,<br \/>\nEn kyk, hier l\u00ea hy onder meisies toegevou.<br \/>\nAs hy met sulke goedjies wil begin<br \/>\nWe&#8217;ll run him in, we&#8217;ll run him in.<\/p>\n<p>DR EISELEN OOR DIE KAMPVUUR:<\/p>\n<p>Waar ook sy towerlig die kampvuur gooi,<br \/>\nDaar maak sy skynsel al die meisies mooi.<br \/>\nEn al die mans lyk sterk en goed,<br \/>\nDaar by die vuur se towergloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Dr Eiselen<\/strong><\/em><\/p>\n<p>GESIGTE OM DIE KAMPVUUR<\/p>\n<p>Die nag was koel en helder, en hier om die kampvuur gesigte wat staar in die gloed van die vlamme.<\/p>\n<p>Daar langs die boomstam speel die gloed van die vlamme op &#8216;n gesig. Dis die gesig van een wat droom van dae wat was, toe jonkheid en liefde nog sy deel was. En om die o\u00eb fyn trekke van weemoed om wat agter l\u00ea. Want ek sien hy dink aan sy jongdae, aan tyd van vreug en liefde en jonkheidsblyheid. En die wete dat dit alles verby is, dat niks weer sal terugkeer nie maak hom stil en weemoedig. En ek sien in sy o\u00eb &#8211; is dit maar die flikkering van die vlamme of sien ek reg? &#8211; trane vorm waarin die rooi van die vuur dof verskyn. En ek draai my hoof weg.<\/p>\n<p>Maar ek kan nie help om ander gesigte te sien nie. Net by my een van my maats. Ook hy was vanaand stil &#8211; besig om in die vlamme te staar. En ek het geweet waaroor hy dink. &#8216;n Ligte glimlag speel om sy mond en in sy o\u00eb speel die gloed van die vlamme aanhoudend. Want die lig om sy mond en die geluk in sy o\u00eb het gespreek van een wat die lewe nog soos die blanke see voor hom sien l\u00ea, soos die skoon, geurige vlaktes na &#8216;n re\u00ebn.<\/p>\n<p>En so gaan my o\u00eb van een na die ander. En ek sien hoe tussen die kampvuur en almal se gedagtes onsigbare drade van herinnering van gister en die drome van m\u00f4re geweeg is.<\/p>\n<p>&#8216;n Stomp knars en brekend val dit oor die ander heen; die spanning is verbreek. Vuurrooi fladder soos vuurvliegies die donker ruim in. Elkeen van die vonkies, dra met hom jou gedagtes heen van die wat in die vuur l\u00ea en droom het. Die vuur verdof tot gloeiende kole. Die gesigte verdwyn een vir een totdat die donker oor die kamp heen daal. Nog net een stomp flikker so nou en dan; &#8216;n blou vlammetjie knarsagtig spartelend om nog te brand totdat dit ook wegsterf in die donker van die nag.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>B Naud\u00e9<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Voorgedra by kampvuur in Marais Park<br \/>\n19 Oktober 1935<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>26 September &#8211; 08 Oktober 1935 (In ander woorde die SEDERBERG-TOER) Op &#8216;n nuwe avontuur gaan &#8216;n klompie getroue ou BTKaners weer hierdie vakansie. Die Cederberge &#8211; &#8216;n Onbekende land! Watter vreemde en dierbare herinneringe sal ons weer hiervan terugbring?<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1536","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1536","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1536"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1536\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1543,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1536\/revisions\/1543"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1536"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1536"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1536"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}