{"id":1549,"date":"1934-10-10T20:09:28","date_gmt":"1934-10-10T18:09:28","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1549"},"modified":"2012-01-10T20:27:08","modified_gmt":"2012-01-10T18:27:08","slug":"wat-beteken-die-btk-vir-my","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1934\/10\/wat-beteken-die-btk-vir-my\/","title":{"rendered":"Wat beteken die BTK vir my?"},"content":{"rendered":"<p>As ek vannaand terugdink aan die kamp, dan vergeet ek al die baie bogpraatjies, al die baie spontane opwellings van gedagtetjies (wat ek soms nogal nie anders as uitgesproke geestig kon bestempel nie), al die heerlike en eerlike pogings om te lag (sommige het geslaag, ander nie), al die baie kleingeweervuur en aanvallery, en al die aanvallighede, die enkele bestrawwing en die ongetelde vermanings aan die nie-kwaad-bedoelende komiteetjieslede &#8211; alles vergeet ek, want ek wil vanaand nie meer lag nie, ek kan nie vanaand so lag soos gisteraand nie.<\/p>\n<p><!--more-->Vir eers al omdat ek nou by \u2019n tafel sit \u2013 en daar l\u00ea werk op hierdie tafel.<br \/>\nEk is alleen, en terug in \u2019n omgewing waar \u2019n mens jou bestaan regverdig deur te werk, &#8211; en deur te babbel van spraakverwarringe by Babel nie, of van die wonderbaarlike, afgeronde produkte van aspirant BT-Kaners nie, of van die onbeholpenheid van kokke, kokkesse of kokkette nie. Nee, dis alles anders hier.<\/p>\n<p>Ek voel nie ongelukkig nie, nee, ek besef alleen ek mis vanaand die kring of hoek gesigte om die kampvuur met \u2019n paar tydhoudende knikknie\u00eb in die agtergrond; ek mis die lekker vals singery met soms \u2019n vertraagde basklank so tussen die gewone volstemmige sang in. Ek het my hekelregte prysgegee. Alles wat julle saam met my kan opnoem wat bygedra het om ons almal op hierdie manier geheg te maak aan mekaar \u2013 alles het reeds vasgegroei in die deel van ons lewe wat ons oor \u2019n paar jaar ons verlede sal noem, of ons wil of nie.<\/p>\n<p>En nou sit ek hier. \u00carens in my kamer het ek al my toerklere, ensovoorts, weggepak. Ek sal hulle nie baie gou weer sien nie. Maar ek sal tog moet dink aan die nuwe kring waarin ek opgeneem is, waar ek so baie gekry het, so onverwags. Ek het nie geweet wat die BTK vir my kon beteken nie\u2026 Maar kan ek dit dan nou weet?<\/p>\n<p>As ek hierdie vraag wil beantwoord, dan voel ek dat ek \u2019n stuk ontledingswerk sal moet doen. Ek besef dat nog geen wetenskaplike, geen filosoof, geen psigoloog of welke geleerde die vermo\u00eb en of eienskap van die mens wat hom mens maak in die hoogste sin van die woord. Die gevoelslewe, die denkvermo\u00eb, die gedagtew\u00eareld in sy komplekse geheel, die kennis, die strewe en aspirasies en die liefde van die mens.<\/p>\n<p>Ek erken ronduit dat ek ontspanning gaan soek het op Gordonsbaai. Ek ek het dit gekry. Maar ek het nog baie meer gekry as dit. En hier l\u00ea die analitiese moeilikheid.<\/p>\n<p>Ek het nog altyd geweet \u2013 soos \u2019n mens weet dat twee maal twee vier is \u2013 dat die mens behoefte het aan gulhartigheid, aan vriendskap, aan vriendelikheid, dat hy elke dag na bewyse van liefde soek. Ek het dit lankal agtergekom &#8211; in die eerste plek glo by myself -, en met my kundige wysheid en kennis nog altyd probeer om aan ander te gee soveel as ek kon. Selfs het ek al probeer gee wat ek nie eens gehad het nie.<\/p>\n<p>Hierdie is \u2019n gebied van die lewe waar van geen vaste sisteem sprake kan wees nie. \u2019n Mens kan nie vooraf bepaal dat jy vandag vir ou Frans 10% gaan liefh\u00ea, en vir die hoeklede 10,5% nie. Vir al die ander lede sal die volgende hoeveelhede genoeg wees: beginnende by 15% van ou Grov\u00e9 af op tot by Curie, teen \u2019n gemiddelde styging van .75% per persoon.<\/p>\n<p>Nee, dit alles onmoontlik. Julle stem almal saam dat dit tevergeefs is om hier syfers te gebruik. \u2019n Mens is soos jy is, of jy is soos jy gemaak word. Jy bly jou lewe lank \u2019n skepsel \u2013 in die oorspronklike sin van die woord. En tog bly jy nooit dieselfde nie.<br \/>\nElke mens moet elke dag altyd anders wees. Jy is dit eenvoudig, en daarmee is dit klaar. Daar val nie oor te twis nie. Die enigste wat stabiel bly, wat \u2019n onomstootbare vastheid kan h\u00ea, is die beginsel wat ten grond l\u00ea van die mense se lewe, en wat weer op sy beurt uit die lewe groei en binne perke verander, elke dag \u2019n baie klein stukkie. Hierdie is ook \u00e1l stabiliteit wat ooit nodig kan wees.<\/p>\n<p>Dit spreek vanself dat \u2019n mens heeldag in aanraking met ander mense is. Dus is jy elke dag anders teenoor jouself en teenoor almal met wie jy in aanraking kom. Of bly \u2019n mens tog maar soos jy is?<br \/>\n*******<br \/>\nEk weet dat twee maal twee vier is. Ek het dit al ges\u00ea. Maar ek kan hierdie rekenkundige feit nie so besef soos ek nou weer opnuut besef dat geen mens sonder ander mense kan gelukkig wees nie\u2026<br \/>\nHierbo het ek al geskryf soos ek oor die kamp dink, en ek sal dit nie verder verduidelik, of probeer om dit meer onverstaanbaar te maak nie. Ek kan nie anders dink oor so \u2019n groep geBTKade BTKaners nie.<br \/>\nHiermee neem ek dan afskeid van die BTK, en ek verseker julle van jy getroue belangstelling. Verder wil ek swyg\u2026<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Heinz Winckler<\/strong><\/em><br \/>\nSketsskrywer<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ek vannaand terugdink aan die kamp, dan vergeet ek al die baie bogpraatjies, al die baie spontane opwellings van gedagtetjies (wat ek soms nogal nie anders as uitgesproke geestig kon bestempel nie), al die heerlike en eerlike pogings om te lag (sommige het geslaag, ander nie), al die baie kleingeweervuur en aanvallery, en al [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1549","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1549","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1549"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1549\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1568,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1549\/revisions\/1568"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1549"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1549"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1549"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}