{"id":1550,"date":"1934-11-10T20:10:36","date_gmt":"1934-11-10T18:10:36","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1550"},"modified":"2012-01-10T20:25:15","modified_gmt":"2012-01-10T18:25:15","slug":"die-ligter-sy-van-studentelewe-1934","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1934\/11\/die-ligter-sy-van-studentelewe-1934\/","title":{"rendered":"Die Ligter sy van Studentelewe 1934"},"content":{"rendered":"<p>Honderde jongmense, mans en meisies, wag nou net die eksamenuitslae af om oor hul toekoms te besluit, en van hulle is talle nou al besig om voorbereidings te tref om een van die dae na \u2019n universiteit te gaan vir verdere studie.<\/p>\n<p><!--more-->Studentejare! Watter heerlike drome weef di\u00e9 wat daarna uitsien nie om daardie vooruitsig nie! Hulle sien daarna uit as \u2019n groot avontuur; dit sal nie net klasse en boeke beteken nie, maar vriendskappe en vrolikheid, hier en daar met so \u2019n bietjie kommer gemeng.<\/p>\n<p>Die studie self bly natuurlik die belangrikste, maar by verre nie die enigste nuttige iets wat die universiteitsjare hul gaan bied nie. Daardie jare wat die jongmans en meisies aan die universiteit deurbring gaan ook vir hulle \u2019n voorbereiding wees vir die later jare wanneer hulle op eie bene moet staan. En dis in hierdie sy van die studentelewe dat die verenigings so \u2019n groot rol speel, en dis hierin dat op elke opvoedingsentrum \u2019n goeie voorsorg gemaak word. Daar is debatsverenigings, sportklubs, wetenskaplike verenigings, vak-verenigings, lees- en studiekringe, afsonderlike taalverenigings, toneelverenigings en nog \u2019n aantal ander om van te kies en te keur, \u2019n verskeidenheid oorkomstig met di\u00e9 wat bestaan in die aanleg, temperament, belange en doelnastrewinge van die verskillende indiwidue wat die groot studentemassa uitmaak.<\/p>\n<p>Wanneer die student vir die eerste keer na die universiteit kom en so \u2019n bietjie sy weg gevind het, soek hy self die klubs of verenigings uit waaraan hy graag wil behoort, en dis dan interessant om gade te slaan hoe die groepie jongmense met die ledetal van een of ander vereniging uitmaak, dikwels dieselfde belange met mekaar deel en dieselfde doel nastreef.<\/p>\n<p>Van \u2019n unieke aard is die verenigingslewe wat die Berg- en Toerklub op Stellenbosch aan sy lede bied. Soos die naam van hierdie klub, wat in 1928 gestig is, aandui, is die bedrywighede twe\u00ebrlei van aard \u2013 die lede klim berg en toer deur die velde, en almal wat behoefte het aan gesellige verkeer in die buitelug, aan gesonde oefening, aan die versadiging van \u2019n voortdrywende \u201cwanderlust\u201d en \u2019n dorstende skoonheids- en vryheidssin, sluit daarby aan en geniet van die voordele wat die klub bied.<br \/>\nDie uitstappies vind plaas op Saterdae of openbare vakansiedae, gewoonlik na die omliggende berge en klowe in die distrik van die Eikestad, en af en toe ook \u2019n bietjie verder. Die leiding word opgedra aan \u2019n bekwame bergklimmer wat weet hoe om \u2019n doeltreffende pas aan te gee sodat niemand hoef agter te bly om homself te ooreis nie. Om geleentheid te gee vir meer gevorderde en gereelder bergklim, en ook om nuwe streke en roetes te ontgin, is daar die sogenaamde gidsuitstappies wat elke Saterdag plaasvind onder leiding van een of ander bergnavorsende klublid.<\/p>\n<p>Die staptoere vind plaas gedurende die kort vakansies en los menige student wat ver van die huis is, se vakansie-vraagstuk op. Die toerroete l\u00ea dan gewoonlik langs een of ander uitgesogte streek van ons mooi Westelike Provinsie of pragtige kusstreke, en die studente, te midde van al die skoonheid, vergeet vir \u2019n dag of ag hul hul boeke, om net te geniet van die natuur en die vryheid van die veldlewe. Natuurlik vergesel \u2019n vragmotor of ander paktuig altyd die toeriste om eetware, tente, ensovoorts, te vervoer en blaarvoetiges so af en toe \u2019n skoffie te bespaar.<\/p>\n<p>L\u00ea die toerroete v\u00ear van Stellenbosch, word die eerste deel van die reis per trein afgel\u00ea, en die vrolike klompie in die spoorwegwa maak gou maats met mekaar, en voordat hulle werklik die staptoer begin is hulle al \u201ceen van die hart en een van sin\u201d en gereed om die lief en leed van die toer saam te aanvaar in die allerbeste gesindheid.<br \/>\nAl singende val hulle in tred op die pad en klink die stemme in die veld:<\/p>\n<p>\u201c Wie kan dan dink om nou te boer<br \/>\nin dro\u00eb, muwwe boeke?<br \/>\nDie lewe is maar in die veld<br \/>\nWaar alles vry is, alles wild!<br \/>\nLaat ander anders dink.<br \/>\nDie hardste grond is ons gemak,<br \/>\nDie grofste spys ons koningsmaal,<br \/>\nDie guurste weer gee ons plesier.<br \/>\nOns kan sing, ons kan lag, ons kan leef.\u201d<\/p>\n<p>Niemand vind die gereelde dagskof te vermoeiend nie omdat die rustyd en ligte maal in die middel van die dag toereikend is vir verfrissing en aansporing tot die tweede skoffie.<br \/>\nAangeland op die vernagplek duur dit nie lank na \u2019n verkoeling in \u2019n waterstroompie of swemgat eerdat daar weer groot bedrywigheid in die kamp heers nie: die walaaiers laai af, die tentkomitee slaan tente op, die houthakkers dra hout aan, die groenteskillers sit gesellig op die gras en skil en skil, want die gemeenskap beroem hulself op groot aptyte, en honger hoef niemand te gaan slaap nie. Dis feitlik net die broodsnyers en papkokers wat vanaand vry is om te terg en te pla waar hulle wil.<\/p>\n<p>En na die ete die kampvuur! Die hele vriendekring vergader om die kolegloed; \u2019n verwante gloed; \u2019n verwante gloed in studenteharte vind uiting in die liedere wat spoedig teen die bergrand weergalm, want dis \u2019n singende gemeenskap hierdie: hul sing op die berge, in die klowe, op stowwerige paaie en vroeg sm\u00f4rens met die haangekraai vervang \u2019n strelende serenade dikwels die skelle klank van die opstaanfluitjie. Die lede is trots op \u2019n aantal liedjies wat deur hulle self gemaak is, en so uitgebreid is die repertoire dat die bestuur in September van verlede jaar uitvoering gegee het aan die idee om sommige van die mooiste en bekenste liedjies saam te vat in \u2019n bundeltjie wat gedruk en onder die lede versprei is.<\/p>\n<p>Die kampvuur-program omvat egter meer as gesamentlike sang: daar is resitasies, toneelopevoerings, oorspronklike streke, geestige hekeling \u2013 en almal neem deel aan die pret om die vuur.<\/p>\n<p>Bloesend van gesondheid, met bruingebrande gesigte en arms, keer die lede met rugsak en met wandelstok na die heerlike buitelewe weer terug na hul universiteitsdorp, en as die laaste skoffie afgel\u00ea word hoor \u2019n mens nog die bekoorlike wysie: \u201cOns kan sing, ons kan lag, ons kan leef!\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">Sketsskrywer<br \/>\n<em><strong> Onbekend<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Honderde jongmense, mans en meisies, wag nou net die eksamenuitslae af om oor hul toekoms te besluit, en van hulle is talle nou al besig om voorbereidings te tref om een van die dae na \u2019n universiteit te gaan vir verdere studie.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1550","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1550","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1550"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1550\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1567,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1550\/revisions\/1567"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1550"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1550"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1550"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}