{"id":1552,"date":"1934-02-10T20:11:40","date_gmt":"1934-02-10T18:11:40","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1552"},"modified":"2012-01-10T20:22:47","modified_gmt":"2012-01-10T18:22:47","slug":"uitstappie-na-die-pieke-gedurende-a-n-s-week-1934","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1934\/02\/uitstappie-na-die-pieke-gedurende-a-n-s-week-1934\/","title":{"rendered":"Uitstappie na die Pieke gedurende A.N.S. -Week 1934"},"content":{"rendered":"<p>Ten spyte van ho\u00eb-hak skoene, lang witbroeke, boordjies en dasse; ten spyte van die koue snywindjie op die lorries in die vroe\u00eb oggend en van die groot meerderheid van besoekers onder ons geledere, heers daar uit die staanspoor \u2019n eg BTK- \u201cspirit\u201d.<br \/>\nMet \u2019n flinke pas stap ons tot by die brug, waar die skape en bokke van mekaar skei \u2013 die skape na die watervalle en die bokke na die Pieke.<\/p>\n<p><!--more-->Mnr Coertze is op die voorpunt en soos \u2019n lang ry ganse volg ons hom na die Platklip. Die Houtdraers tel hout op al gaande en as die laaste paar opdaag is die koffie al amper klaar. Nie te lank of ons smul heerlik aan ons oggendete, sing en lag dat dit klink in die kloof.<br \/>\nMaar ons moet weer verder \u2013 die Pieke l\u00ea nog voor. Nie een wil omdraai as mnr Coertze met swaarkry stories begin. Singend en klimmend gaan ons opwaarts. \u2019n Dik mis kom die berg af. Sommige handjies klou vaster as die afgrond vaal word en sommige hartjies begin moed verloor. As ons eindelik die nekkie oor is begin druppeltjies val. Die hele w\u00eareld is oordek met \u2019n vaal sluier so ver ons kon sien.<\/p>\n<p>Ons besluit om dus reguit deur te steek tot in Nerina-Kloof. Maar eers moes ons die pad verloor in die digte mis. En toe ons gids dit weer kry, is \u2019n halfuur verlore.<br \/>\nIn Nerina-kloof gaan dit net haastig want dit re\u00ebn nou kliphard en dit al \u2019n bietjie laat. Ons kook die water oor \u2019n varing-vuurtjie. Die warm koffie gee weer moed, alhoewel dit nie klere droogmaak nie!<\/p>\n<p>Net gou-gou is ons weer aan beweeg, en daar trek die lang streep nat hoenders langs die hellings af. Die re\u00ebn slaan in venynige vlae neer en die wind dryf die koue klere teen die lyf vas.<\/p>\n<p>Dis hier waar die ou gevierde BT-Kaners hul kleure wys: hulle sing, raas en korswil en doen alles in hulle vermo\u00eb om die mistroostige besoekstertjies op te beur. Van die plaas is ons met \u2019n oop lorrie terug na die Eikestad.<\/p>\n<p>Ons besoekers het lief en leed saam met ons deurgemaak. Maar helaas, vir sommige was daar meer leed as lief. Toemaar hulle sal nog regkom!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">Sketsskrywer<br \/>\n<em><strong> S Malan<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ten spyte van ho\u00eb-hak skoene, lang witbroeke, boordjies en dasse; ten spyte van die koue snywindjie op die lorries in die vroe\u00eb oggend en van die groot meerderheid van besoekers onder ons geledere, heers daar uit die staanspoor \u2019n eg BTK- \u201cspirit\u201d. Met \u2019n flinke pas stap ons tot by die brug, waar die skape [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-1552","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1552","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1552"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1552\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1563,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1552\/revisions\/1563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1552"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1552"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1552"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}