{"id":1553,"date":"1934-12-10T20:11:56","date_gmt":"1934-12-10T18:11:56","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1553"},"modified":"2012-01-10T20:21:05","modified_gmt":"2012-01-10T18:21:05","slug":"uitstappie-na-die-pieke-2-des-1934","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1934\/12\/uitstappie-na-die-pieke-2-des-1934\/","title":{"rendered":"Uitstappie na die Pieke (2) Des 1934"},"content":{"rendered":"<p>Die eksamens was verby en op Maandag, 3 Desember het omtrent dertig van ons van die \u201cUitspan\u201d vertrek na die Pieke op die eerste van die \u201cGala\u201d-toertjies onder leiding van dr Eiselen.<\/p>\n<p><!--more-->Dit was \u2019n vrolike geselskap wat die agtermiddag omtrent sesuur bo in Jonkershoek op die Watermeyers se plaas aangekom het, waar ons vir die nag sou uitkamp. Nadat ons ons aandete geniet het met koffie uit die gebruiklike BTK-koffiekan, het ons speletjies gespeel totdat die donker ons kom bekruip het. Toe het ons in \u2019n groot kring rondom die kampvuur vergader waar die aand gesellig deurgebring is onder die sing van liedjies, die lewer van voordragte en grappige vertellinge, wat afgesluit is met \u2019n interessante legende deur dr Eiselen vertel. En toe na bed \u2013 na die BTK-bed onder groen akkerbome van \u2019n bloue hemel.<\/p>\n<p>Die volgende oggend was ons vroeg op die been en brekfistyd was ons reeds bo in Langkloof. Tienuur was ons amper bo toe die uitstappie skielik be\u00ebindig is deur wat seker die afgryslikste gebeurtenis is wat die BTK nog ooit beleef het. \u2013 Wie van ons wat dit gesien het, sal dit ooit kan vergeet hoedat \u2019n stuk rots, per ongeluk aangeroer deur een van ons lede, skielik losgly, vir Jannie Retief teen die kop tref en haar in \u2019n vormlose massa hals oor kop teen die steil bergrant af die ewigheid inslinger? In haar val, het sy vir Lettie Basson saamgeruk wat ook \u2019n ent afgerol het, en \u2019n gebreekte been en heelwat kneuse opgedoen het.<\/p>\n<p>Met die beseerde en die lyk op twee haastig gemaakte draagbare is hierna die moeilike treurige terugtog aanvaar. Dit was \u2019n uiters moeilike afmattende taak, sodat ons om twee-uur eers die motorkarre, wat ons ingewag het by die Munisipale waterwerke aan die Eersterivier bereik het. Lettie is na die hospitaal vervoer, terwyl Jannie die volgende dag op Moorreesburg begrawe is. Op hierdie tragiese wyse het nie alleen ons uitstappie nie, maar die hele galaprogram in 1934 ge\u00ebindig.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\">Sketsskrywer<br \/>\n<em><strong> L J Retief<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eksamens was verby en op Maandag, 3 Desember het omtrent dertig van ons van die \u201cUitspan\u201d vertrek na die Pieke op die eerste van die \u201cGala\u201d-toertjies onder leiding van dr Eiselen.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-1553","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1553"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1553\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1561,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1553\/revisions\/1561"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}