{"id":1554,"date":"1934-09-10T20:13:25","date_gmt":"1934-09-10T18:13:25","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1554"},"modified":"2012-01-10T20:19:43","modified_gmt":"2012-01-10T18:19:43","slug":"die-eerste-namakwaland-toer-september-1934","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1934\/09\/die-eerste-namakwaland-toer-september-1934\/","title":{"rendered":"Die Eerste Namakwaland Toer September 1934"},"content":{"rendered":"<p>Stadig vermeerder die groep in kakie op die stasie. Die trein kom. Dit is reeds vol maar ons skud toe maar in of op soos ons heel toer gedoen het so goed soos kon. Ons moes by Eersterivier en Bellville oorklim maar eindelik is ons veilig in ons verskillende afdelings op pad na Namakwaland. Alreeds vergader ons op die brug en sing so goed soos dit wil. <!--more-->Ons het alreeds die ou gemeenskap waar ons elkeen aan &#8216;n ander groep behoort het verlaat, ons behoort aan &#8216;n nuwe gemeenskap en ons belange is nou ook dieselfde. Ons kyk mekaar darem nog eers bietjie deur. Toe ons die volgende oggend omstreeks eenuur op Bitterfontein aankom, was ons al die beste maats en gereed om ten spyte van min water en min blomme die toer die beste te maak wat ons nog beleef het.<\/p>\n<p>Na &#8216;n rukkie versuim het ons onsself en ons goed op ons lorrie gepak en vertrek Garies toe. Sommige moes bo op die goed sit in &#8216;n enigsins gevaarlike posisie terwyl die res al rondom op die rante met tone vasgehaak gesit het. Tog het ons almal veilig op Garies aangekom. Hier het ons die skool en koshuis besoek. Ons het hard probeer vir &#8216;n koppie tee, maar verniet! Die aand het ons sewe myl verder gaan kamp op &#8216;n bultjie naby &#8216;n gat water en &#8216;n matjieshuisie. Die windjie het skraal getrek en die bult was kaal; net klein blou blommetjies het ons oog getref en aan die het ons hulde gebring met &#8220;Blou&#8221;. Die water was twyfelagtig donker maar die koffie was lekker en ons het &#8216;n gelukkige groep ons eerste kampvuur gehou. Sleetjies bou het &#8216;n noodsaaklikheid geword. Dit was koud.<\/p>\n<p>Die volgende oggend (Saterdag) het ons ons eerste stap begin. Gedurende die oggend het ons die eerste blomme gekry. Kol-kol het die gousblomme hul kleur in die son laat skitter, die blommetjies met die lelike naam het met hul geel klokrokkies ons toegewuif en die klein blou daisies het ons aangelag. Ons het na baie op en af op Darter&#8217;s Hoogte ons middagmaal geniet waar die voete dokter alreeds begin het hoewel nog Grov\u00e9 nog die medisynekas teenwoordig was. Die middag het ons met seer of lui voete Kammieskroon gehaal. Ons het &#8216;n koninklike ontvangs in mnr Van Niekerk se winkel gekry waar ons byna al die vars water opgedrink het. Agter &#8216;n koppie agter die dorp het ons ons kamp vir die naweek opgeslaan. Die Kammieskroners het alles voorsien wat ons nodig had en ons besoek. Sondagoggend het ons almal gaan bad met die gevolg dat die laastes onder die laaste gesang die kerk bereik het. Na die diens het ons almal by die inwoners gaan tee drink. Daardie oggend ontdek Reep toe &#8216;n diamant van groot waarde en dit in die voorkamer van &#8216;n Namakwaland dorpie. Die middag het ons besoek ontvang met &#8216;n hele paar kardoesies lekkers van die diamant.<\/p>\n<p>Die volgende oggend is ons Springbok toe met die lorrie, ons tente het bly staan. Die oggend het ons leer sing op die lorrie met Ilse en Frans as voorsingers, soms moes Ilse net bulder soos sy kan om tog die wyse gehou te kry. By die Springbok kafee het ons ons kele gaan natmaak en die oom het baie goeie besigheid met sy lemoene gedoen. As ons iets op die toer geleer het was dit seker om &#8216;n lemoen in vyf-en-twintig deeltjies te deel.<\/p>\n<p>Nog voor ete is ons weg om Van der Stel se voetspore te volg na die Koper in Koperberg. Ons het deur &#8216;n vaal w\u00eareld gery en toe het oom Koerasie en Sadie ons maar vermaak en tussen hul &#8216;n &#8220;case&#8221; bewerksttellig, ongelukkig was dit maar &#8216;n &#8220;hard case&#8221;. Na &#8216;n rukkie vind ons toe uit dat ons op pad na Oegafs of Gamrep of so iets is. Eindelik het ons egter by Koperberg aangekom en die berg ingegaan. Dit was pikdonker en ons het byna almal in &#8216;n gat geval van waar twee gange weer uitskiet.<\/p>\n<p>Op Springbok onder die peperbome het ons ons middagmaal gaan geniet en toe is ons O&#8217;Kiep toe. Op O&#8217;Kiep het ons die verlate myne bekyk en die roosiand in mekaar se o\u00eb geskop. Dwyll en Louis het &#8216;n mooi ou klok vir ons gesteel wat Louis in Lede se swetter gedraai en veilig lorrie toe vervoer het.<\/p>\n<p>Soos een man is ons toe oog toe om water te soek. Die aand het ons amper donker moeg maar gelukkig by Kamieskroon aangeland. Party het &#8216;n bad in die neus gekry en onder andere het ons dit so geniet dat daar nie genoeg vir almal was nie, die gevolg is dat die skones maar weer in die sand gerol moes word want geen minder gelyksheid moes daar wees. Die aand het ons weer besoek gekry. Die ooms het ons bietjie van die Namakwalandse mense vertel en ons vaarwel ges\u00ea. Hul het die plek se naam ter ere van ons van Sakhoek na Shudatehoek verander.<\/p>\n<p>Die son het die volgende dag vir ons die pad oor die berg gewys. Deur die kloof op tot bo op die berg het ons een van die mooiste dele deurgegaan. Tussen die rotskoppies het die blomme dik gestaan en ons het lopende vars water gekry!<\/p>\n<p>Toe ons anderkant wou afgaan kom ons op Oliefontein af. &#8216;n Egte bolandse plaas met &#8216;n dam met ganse en wilgerbome en groen, groen gras. Van nou af het ons deur plate blomme geloop, al die kleure van oranje en blou en geel. Van nou af het ons gedurig maar gestyg en heuwel na heuwel opgeklim. Vir middagete het ons op &#8216;n gelykplek groen gras met &#8216;n ronde poel water gekamp. Die water was heerlik om te voel en die steil bulte die middag het ons uithouvermo\u00eb getoets maar tog het ons bo op by Leliesfontein aangekom waar die Engelse Oom en Tante net water aangedra het. Ons het hul kerkie bekyk (Dit is &#8216;n Engelse sendingkerkie) en toe dit koeler geword het is ons weer verder die berg af na Wolwehok waar ons sou kamp. Die pad het langs &#8216;n kloof af gegaan; dit was koel en die berge mooi en so streep-streep het ons op die groen gras van Wolwehok aangeland; niks gevind nie en maar weer verder geloop al het ons self gedink die kampplek is mooi. Op Eselsfontein het ons ons lorrie gekry en ons tente opgeslaan by bome en lopende water.<\/p>\n<p>Die aand was daar konsternasie in die kamp. Oom Koerasie vind die ander plaas &#8216;n baie beter kampplek, Cor het &#8216;n skrik op die lyf gejaag want die oom lyk so spookagtig en die mense loer almal uit die hoeke van vensters en deure. Om alles te kroon word dit donker en Dwight en Sadie kom nie uit nie; &#8216;n soektog met lorrie en toortse vind hul egter naby die kamp al &#8211; Sadie se voete was seer en hul het die voetpaadjie verloor. Oom Koerasie gee Sadie &#8216;n skrobbering en stig &#8216;n hele konsternasie in die Noordpool. Dr Erica probeer om vrede te maak tot Klippie wil ook help. Sadie het die ding darem jou reggekry nog voor twaalfuur en alles was weer in orde. Dit was ons eerste kamp in Namakwaland naby bome (al was hul kaal) en by &#8216;n stroompie water. Dit het Ilse so inspireer dat sy en Berta somar in die maanskyn die N.B.C. stig en die mans haar voorbeeld volg met die K.G.K. Dit was &#8216;n egte klub toer. Alreeds was daar die B.B.C. en die S.S.C. en dan nou nog twee onredelike klubs en dan hoor mens nog van sulke goed soos die ons toere klub en die nie steur en skeer klubs. Voorwaar is dit soos oom Con ges\u00ea het &#8220;die BTK se organisasie word so ingewikkel ek moet &#8216;n M.A. thesis daaroor skryf&#8221;.<\/p>\n<p>Die aand het die jongmense van Eselsfontein vir ons kom kuier en hier sou Katie sowaar &#8216;n slag geslaan het, maar Reep was &#8220;dense&#8221; en verstoor soos &#8216;n rypende ryp die bloeisel van Katie se romanse met die Eselsfontein k\u00earel!<\/p>\n<p>Die volgende oggend (Woensdag) het ons Eselsrots, een van die hoogste punte in Namakwaland geklim. Vir ete was ons weer by die tente terug sodat ons die middag nog +5 myl verder gestap het en in &#8216;n kloof ons tente opgeslaan het. Dit was een van ons lekkerste kampe met taamlike ho\u00eb bosagtige bome en &#8216;n stroompie water. Ongelukkig was daar maar een moontlike plek vir altwee onsedelike klubs sodat die meisies weer die toevlug tot die maanlig geneem het. By die kampvuur het die oom naby wie se Matjieshuis ons gekamp het diamant-stories vertel. Hy het dit blykbaar baie geniet. Dit was koud en natuurlik moes ons sleetjies bou veral Dwight en Sadie moes dit geniet het; hul kon maar nie gaan slaap nie.<\/p>\n<p>Die volgende m\u00f4re het ons tot drie myl voor Garies gestap en toe op &#8216;n vaal kaal bult ons middagete geniet. Ons het maar nes skape ons koppe in die koelte van die lorrie gesteek of die van doringboompies. In Garies het die B.B.C. hul gaan verfris vir die laaste kampvuur en &#8216;n myl verder by hemelsdraai het ons ons laaste kamp opgeslaan. Dit sou die laaste kampvuur wees. Die hofsitting het goed afgeloop. Oom Koerasie was net op sy stukke en het &#8220;sweets&#8221; uitgedeel as mens hoes. Die wat verlief was het verlaas &#8216;n tweemanslee gebou, die ander het ook sle\u00eb gebou jy moes of jy wou of nie. &#8216;n Bietjie langer as gewoonlik het die tydjie na godsdiens geduur, toe ons mekaar probeer aan slaap sing en die heimwee na meer kampvure wou sus, maar ons kon dit maar nie regkry nie. Die kringetjie om die kampvuur het wel stadigaan kleiner geword maar nog het die stemme om die vuur geklink. &#8220;O&#8217;kom maats kom nader by die vuur vuur vuur!&#8221;<\/p>\n<p>Ons moes selfs nog dansy voor ons met trae voete die vuur en die kring kampvuur maats verlaas kon nag s\u00ea.<\/p>\n<p>Die lorrierit openbaar self nog kampvuur gees. Selfs daar word sleetjies gebou.<\/p>\n<p>In Bierfontein word nog &#8216;n kiekie van die B.B.C. geneem en ge\u00ebet en toe trek ons. Die singgees het ons beetgepak, en ons het gesing! Die volgende m\u00f4re weer oorklim op Bellville en Eersterivier tussen die twee word &#8216;n rekord ete gemaak en toe klim ons by Stellenbosch af.<\/p>\n<p>Ons wag vir die lorrie en ons sing! Ons goed opgepak stap ons in twee lang rye Stellenbosch in. Nou en dan lui die &#8220;case&#8221; van die toer oom Koerasie en Sadie ons.<\/p>\n<p>In die laan sing ons vir oulaas &#8220;Lekker koffieblik, totsiens&#8221; en toe uitmekaar.<\/p>\n<p>S H Wessels<\/p>\n<p>A B C<\/p>\n<p>A is &#8216;n Aanvang<br \/>\nDit is, &#8216;n begin,<br \/>\nEn Maties vol vreugde<br \/>\nStap Namakwaland in.<br \/>\nMaar gou begin droogte<br \/>\nHul kele te pla.<br \/>\nEn B, dit is B.B.C.<br \/>\nDit stig hul toe daar.<br \/>\nC vir Conradie<br \/>\nEne president kry<br \/>\nstorm gou al die o\u00eb<br \/>\nNet waar hy jul kry.<br \/>\nD is vir du Toit<br \/>\nEn Anna by naam,<br \/>\nSy kook vir ons kossies<br \/>\nVan w\u00eareldwyd faam.<br \/>\nE is Eksteen<br \/>\nof Klippie s\u00ea ons nou,<br \/>\nStaan voor op alle kiekies<br \/>\nMet &#8216;n groot liggaamsbou.<br \/>\nSo een is ook Frans<br \/>\nDis F, onthou goed,<br \/>\n&#8216;n Dirigent hy<br \/>\nMet &#8216;n stem, o so soet!<br \/>\nG laat my dink<br \/>\naan die K.G.K. koor<br \/>\nNou verwant aan &#8216;n N.B.C.<br \/>\nDie verskil is min hoor!<br \/>\nH staan vir Hetta<br \/>\n&#8216;n Wilkdebole net,<br \/>\nEn ook vir Helen<br \/>\nEen tonnetjie vet.<br \/>\nI is Ilse<br \/>\nSy vlieg soos die wind<br \/>\nJy dink sy&#8217;s hier by jou,<br \/>\nDan&#8217;s sy al weg &#8211; o die kind!<br \/>\nJ is Johanna<br \/>\nOok Johan en gaan<br \/>\nHierby kom Salie Joubert<br \/>\nOok nog op aan<br \/>\nJohanna die loaf<br \/>\nEn Salie is kok<br \/>\nJoan soek water<br \/>\nEn Johan is geskole<br \/>\nKatie is K,<br \/>\n&#8216;n Landbouer sy<br \/>\nBaie fluks om te help<br \/>\nEn is Engels daarby<br \/>\nSadie, Miemie, Lida en Louis<br \/>\nVal dan onder die L&#8217;s<br \/>\nWel malle toeriste<br \/>\nMaar tog gawe &#8220;pals&#8221;<br \/>\nSadie maak &#8216;n &#8220;case&#8221;<br \/>\nAs ons lorrie ry<br \/>\nWaar Lida so gereeld<br \/>\nOp die voorste banke bly.<br \/>\nM is Mark\u00f6tter<br \/>\n&#8216;n Chaperone van gesag.<br \/>\nWat weet om die kinders<br \/>\nTe hou in haar mag.<br \/>\nN is vir niemand<br \/>\nDi\u00e9 is altyd daar<br \/>\nEn krap ons tente om<br \/>\nAs geeneen dit gewaar<br \/>\nO is Okiep<br \/>\nHier steel ons &#8216;n klok<br \/>\nIn skelm Retief draai<br \/>\nDit is &#8216;n rots.<br \/>\nP is Perold<br \/>\nDis Poland wat ons meen<br \/>\nNog een van die kokke,<br \/>\nOp hul kan ons steun<br \/>\nQ is &#8216;n kwessie<br \/>\nWat moeite verskaf<br \/>\nDeel laat ons dit uit<br \/>\nOm die ander te &#8220;bluff&#8221;<br \/>\nR is vir Reefs<br \/>\nWat diamante goed steel<br \/>\nHy weet wat hy ruil<br \/>\nEn trek algemeen voordeel<br \/>\nSchutte is vir S<br \/>\nWat sleetjies goed bou<br \/>\nKuier rond by die meisies<br \/>\n&#8216;n Jolly bachelor vir jou<br \/>\nT is vir Tienie Boshoff<br \/>\nSo eensaam en stil<br \/>\ngaan heeldag sy eie pad<br \/>\nEn maak wat hy wil<br \/>\nU staan vir uniform<br \/>\nVan &#8216;n groot sterk Romein<br \/>\nDis Conrad wat bulder<br \/>\n&#8220;Staan stil! Of jy&#8217;s fyn!&#8221;<br \/>\nV dis mos Vy<br \/>\nHy gesels een stryk deur<br \/>\nMet die omies oppad<br \/>\nDat dit so kannie meer.<br \/>\nW vir de Wet<br \/>\nOf Sophy nes jy wil<br \/>\nSny brood en bou sleetjies<br \/>\nEn dra soms &#8216;n bril.<br \/>\nX is &#8216;n kwessie,<br \/>\n&#8216;n Moeilike saak.<br \/>\nOok vir Y kan toeriste<br \/>\nGeen oplossing maak.<br \/>\nMaar Z is vir Zus<br \/>\nLaaste op ons lys.<br \/>\nSy besit ook een broer,<br \/>\nHy maak ons almal grys.<br \/>\nNou is ons weer terug,<br \/>\nDie vrolike skaar,<br \/>\nMaar wag net met spanning,<br \/>\nOp volgende jaar.<br \/>\nDan trek ons in die bosse,<br \/>\nWaar dit donder en re\u00ebn,<br \/>\nVer van droogte, en oogte<br \/>\nWat nattigheid leen.<\/p>\n<p>J E Perold<\/p>\n<p>DIE NATUUR GENEES<\/p>\n<p>(MET APOLOGIE AAN AL DIE VO\u00ebLTJIES WAT DIE TOG NA NAMAKWAALAND MEEGEMAAK HET.)<\/p>\n<p>\u2018n Gewone vo\u00ebltjie het haar vlerke uitgesprei,<br \/>\nOm saam met ander vo\u00ebltjies in die vreemde te gaan bly.<br \/>\n\u201cDaar vind ek miskien die langbegeerde rus,<br \/>\nIn die son se strale, in die wind se lens.\u201d<\/p>\n<p>Die ander vo\u00ebltjies sing en speel en swaai,<br \/>\nSy doen mee, bang dat hul\u2019n sielsgeheim sou raai.<br \/>\nAs die maan haaar stil laat snik,<br \/>\nEn swart haar siel aan flenters pluk.<\/p>\n<p>Maar balsem soet het neergedaal,<br \/>\nNatuur se hand die leed kom haal.<br \/>\nDie rus wat heel Sy skepping gee,<br \/>\nHet elke traantjie weggevee.<\/p>\n<p>A du Toit<\/p>\n<p>Die Namakwa Toer September 1934<br \/>\nOns is terug op Stellenbosch. Tot watter nut was die Namakwaland toer vir ons? Ek bedoel in watter opsigte het die feit dat ons in Namakwaland getoer het daartoe gedien om ons kennis en blik te verruim afgesien van die voordele wat daar in enige BTK toer sit? Die skilderagtigste van die BTK toere was dit nie, sodat sy hoogste waarde nie in \u2019n estetiese kon wees nie, maar dit was seer seker een van die mees leersame en interessante toere. Ek veroorloof myself dus \u2019n paar opmerkings in hierdie rigting.<br \/>\nWat ons vorige opvattings en voorstellings van Namakwaland ook al mag gewees het, ek skat hulle het by daardie tyd almal \u2019n radikale wysiging ondergaan. Namakwaland is nie net \u2019n verswakking en vergering van Karoo toestande hoe verder \u2019n mens wes gaan nie, soos die dele tussen Klawer en Garies skynbaar wel is; dit is \u2019n hoogliggende bergagtige gedeelte met \u2019n beter re\u00ebnval as al die omliggende gedeeltes. Wat sy grondgesteldheid en topografie aangaan is dit eie soortig.<br \/>\nIn te\u00ebstelling met die ho\u00eb kranse en skerp belyning van die Bolandse Tafelbergsandklip berge is dit daar alles ronde koepelvormige koppe van graniet en gneis met groot kaal plate van barre rots. Die grond daar bestaan derhalwe in hoofsaak uit die witagtige silika en mika deur verwering en erosie van die moederrots, in te\u00ebstelling met die blou dryfsande van die Karoo wat afkomstig is van die ysterklip of doloriet gesteentes. Die grond is derhalwe suur en nie baie vrugbaar of diep nie, en dit kan ook nie anders nie, want Namakwaland is die harde, hoog uitstekende gedeeltes van die ou versteende vulkaniese magma wat oorgebly het nadat die jongere bo-op liggende rotslae wegverweer is. Hulle saai byvoorbeeld nie \u2019n land twee jaar agtereenvolgend nie, want dan sou dit te gou uitgeput raak en die gebruik van kunsmis, wel \u2013 ek neem aan dit is nog onbekend daar. Hoewel die re\u00ebnval maar tussen vyf en tien duim per jaar is, maak die feit dat dit alles in die winter val tog \u2019n ekstensiewe koringbou moontlik \u2013 ek dink dit is een van die dinge wat nie een van ons daar verwag het nie.<br \/>\nSo gou as \u2019n mens bo-op die Kammieskroon kom verander die landskap egter, nog saaierig, maar nou ook tuinerige wingerde, vrugteboorde, groen wintergras, renosterbosse, jakkalsbosse, ensovoorts; terwyl die natuurlike plantegroei in die laer dele meer woestyn plantegroei is byvoorbeeld vygies, eenjarige blomsoorte, kraalbosse, die vaalgroen bos, asbosse, melkbosse en ander euphorbias en dan natuurlik die kokerboom. Hierdie geweldige variasie in natuurlike plantegroei kom nie net as gevolg van hoogteligging nie, maar ook omdat die Kammiesberge die grens vorm tussen die gebiede met tropiese winterre\u00ebnval en die met oorheersende somerre\u00ebnval. Ho\u00ebr op in die Kammiesberge, word ons vertel, hoewel ons dit nie self gesien het nie, kom selfs suikerbome voor en wie sal dit wil ontken dat daardie deel baie gelyk op \u2019n stuk van die Boland wat daar neergesit is \u2013 dit is met uitsondering van die topografie. Die dierelewe hier is ook nie net Namakwaland skape en boerbokke soos in die laer dele nie, maar sluit ook heelwat beeste in.<br \/>\nNog nooit van te vore het dit so tot my bewussyn deurgedring hoedat klimaat, re\u00ebnval en ligging, vir plantegroei en dierelewe die aard van die boerderey van die mens se bedrywighede in die algemeen \u2013 of gebrek aan bedrywighede bepaal nie. Daar het dit vir my altans baie duidelik geword dat geografiese faktore tot \u2019n baie groot mate selfs die mens se karakter en persoonlikheid en lewensfilosofie bepaal. Sal dit verstandig wees, selfs al kon jy dit bekostig, om \u2019n mooi huis te gaan bou op jou wintersblyplek waar jy vir uiters vier maande per jaar met jou vee hok? Sal \u2019n matjiesgoed huis nie net so toereikend wees nie? As jy moet gaan murmereer en pessimisties voel elke slag wat die droogte helfte van jou vee wegneem of jou oes vernietig. Sal dit nie afgee \u2019n wrok wat groot sal wees nie? Sal dit nie beter wees om optimisties te wees en die silwer rand om elke donker wolk met \u2019n glimlag op te merk nie, en die grap raak te sien selfs in \u2019n posisie wat andersins alles behalwe grappig is nie? En sal \u2019n mens bowe alles in Namakwaland \u2019n bestaan kan maak sonder volharding, uithouvermo\u00eb en \u2019n vaste onwrikbare vertroue in die alsiende God, wat of ons dit erken of nie, tog oor al onse lotgevalle beskik nie?<br \/>\nO\u2019Kiep met sy kopermyne is al willekeurige faktor in die geografie van Namakwaland. Dit was voor 1918 die ekonomiese koper, en of Namakwaland in die toekoms weer tot enige mate van ekonomiese bloei en selfstandigheid sal kom, hang af van daardie myne, dit wil s\u00ea die skepping van \u2019n groot mynboubevolking en mark vir die produkte van daardie boere wat te ver van die Unie markte gele\u00eb is. Die besonder goeie toestand van die paaie in so \u2019n agterlike deel was vir ons seker almal opvalled, &#8211; die gevolg van onderstandswerke van die Regering. Sal daardie geld nie beter bestee wees aan subsidies aan die koperindustrie wat dan by wyse van \u2019n effektiewe mark \u2019n selfstandige boerebevolking in die lewe sal roep wat sal vry wees van die demoraliserende gevolge van onderstandwerke op paaie nie? Die toestand is nou reeds so dat een boer vir my ges\u00ea het: \u201cVanjaar gaan ons oeste misluk, die regering sal weer moet onderstand gee\u201d.<br \/>\nNee! Mnr Van Wyk was reg toe hy die aand op Kammieskroon ges\u00ea het: \u201cOm in Namakwaland te boer het jy vier dinge nodig, optimisme, volharding, uithouvermo\u00eb en Godsvertroue.\u201d Ons het baie van Namakwaland en die Namakwalanders geleer; laat ons hoop hulle het ook iets van ons, en ons toer daar deur, kon leer.<\/p>\n<p>Sketsskrywer<br \/>\nR.S.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stadig vermeerder die groep in kakie op die stasie. Die trein kom. Dit is reeds vol maar ons skud toe maar in of op soos ons heel toer gedoen het so goed soos kon. Ons moes by Eersterivier en Bellville oorklim maar eindelik is ons veilig in ons verskillende afdelings op pad na Namakwaland. Alreeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1554","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1554","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1554"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1554\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1560,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1554\/revisions\/1560"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1554"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1554"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1554"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}