{"id":1570,"date":"1933-04-26T20:38:08","date_gmt":"1933-04-26T18:38:08","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1570"},"modified":"2012-01-10T20:41:15","modified_gmt":"2012-01-10T18:41:15","slug":"paarl-goudini-%e2%80%93-villiersdorp-april-1933","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1933\/04\/paarl-goudini-%e2%80%93-villiersdorp-april-1933\/","title":{"rendered":"Paarl &#8211; Goudini \u2013 Villiersdorp April 1933"},"content":{"rendered":"<p>Die abnormaal lange aanvangskwartaal het dan eindelik sy limiet bereik en ons twee dosyntjies plus een (ja ten minste soveel wyses kon Stellenbosch tog nog op die tydstip oplewer!) het in khaki geklim, die onontbeerlike deel van ons w\u00eareldbesittings op ons rug geneem, ons komberse opgebondel, en gaan toer!<\/p>\n<p><!--more-->Toer! Die vrye wye w\u00eareld in! Weg van kwellende geleerdheidsgedragte, weg van bedwelmende boekearoma, van die benouende atmosfeer van klaskamers, weg van ons liewe ou hol vallei met al sy liewe ou assosiasies &#8211; al verder, verder weg &#8211; weg met die grootpad die vrye velde, die berge in, terug na die Natuur! En met dat die vryheid gese\u00ebvier het, het die oortuiging gegroei dat die enigste vyf-en-twintig wyses van die Eikestad saam met ons op toer was!<\/p>\n<p>En so &#8216;n toer! Salige sonnige weer! Verkwikkende natuurskoon! Wonderlike gesindheid! Nie minder as ag heerlike kampvure (een was di\u00e9 lekkerste &#8211; Dokter weet watter een!) buitengewone gasvryheid! Helende elektriese waters! Hartlike sang! Wonderlike konsertentoesiasme! Appels en druiwe en &#8216;n dinee so groot dat dit twee afgegee het! Was ooit so &#8216;n toer? Was ooit sulke toeriste?<\/p>\n<p>Maar om nou mooi sistematies van voor af te begin: Dit was Donderdag om iets oor twee dat ons van die Uitspan af vertrek het met die oop lorrie en met &#8211; wel, elkeen met sy eie gedagtes en twyfelinge en hope! &#8216;n Meer of min los eenheid het ons toe nog gevorm &#8211; soos los sandkorrels in &#8216;n hoop &#8211; eers later sou ons met klei gemeng word.<\/p>\n<p>Ongeveer so &#8216;n myl van die Malherbes&#8217; se plaas in die P\u00earel klim ons af om ons bene wys te maak dat die toer al begin het. En party s&#8217;n het dit nogal geglo! Willeboitjie s&#8217;n het geskrik! Ons is egter gelaaf met heerlike tee en het toe gaan kamp opslaan vir die nag. Die aand al kon ons ons eerste kampvuur waarby die nuwe toeriste kennis maak met ons bekendste liedjies en ons ons ergste puntjies en hoekies begin afslyt aan mekaar. Dit was maar die begin van die goeie dinge. Nie te danig laat nie het ons verdaag van die kole want Reepie moes vroeg na bed die eerste aand en as ons dan nou nog almal laat sit daar om die vuur &#8211; hy kan mos nie voor ons almal daar by sy kole kom l\u00ea en slaap nie!<\/p>\n<p>Die volgende m\u00f4re toe jy die donker nag met &#8216;n stok kon voel het die fluitjie ons geroep en een, twee, drie was almal op en doende, papetende en bordwassende en spoedig gereed vir die eerste lekker lang skof, die berg langs, die kloof deur &#8211; Giepie se kloof &#8211; en anderkant uit! Bravo julle drie-en-twintig strydbare helde! Ons land toe in &#8216;n heerlike omgewing en slaap die nag op &#8216;n koninklike springmatras van kerfgras. En die slag was dit ten minste al lig toe ons gewek word want vandag stap ons maar vyf myl tot by Goudinibad. Hier lei ons vir twee dae &#8216;n amphibiaanse lewe by die bekende waters; ons was ons klere en genees van voetongesteldhede &#8211; en die blakende gesondheid as gevolg van die elektries-aktiewe waters! Onge-ewenaard aptyte het ontstaan en ernstige bedreigings op die kosvoorraad ontwaak. Bankrotskap sou gewisselik gevolg het, was ons nie die volgende dag weer op trek nie.<\/p>\n<p>Maandag is ons vort deur Rawsonwille na Warmbron. Dis hier dat Strepie Gevouden se hart soos &#8216;n mieliepit in water swel en hy die ganse gemeenskap se borde vir &#8216;n was skiet. Sal ons dit ooit vergeet?! Die warmbron-kampplek is ook die bakermat van wonderlike oorspronklikheid. Dr Einstein lui die epoch mirabilis in met die openbaring van sy skema om deur die Ryk van Satan te boor en die lekplekke groter en interessanter te maak as di\u00e9 waarvan warmbron &#8216;n bewys is. Is dit ook nie hier dat die plooibaarheid van lakens eers ontdek word nie, dat kore groot idees kry vir liedjies wat hul gaan sing nie, dat Bottie geboorte gee aan sy fris, gesonde, jong skema en interessante &#8220;yarns spin&#8221; omtrent Namakwaland?, ook hier dat dr Markotter ons vergas op interessante mededelinge van haar oorsese reis en Dokter ekspert word oor die dood &#8230;. ja werklik dit skyn of warmte essensi\u00ebel is vir ontkieming &#8211; ook van idees!<\/p>\n<p>Intussen het Droogte reent voorspel, en jou waar, die volgende m\u00f4re lyk gunstig vir sy profesie! Vir die eerste deel van die oggend was dit egter niks ernstiger as &#8216;n jakkalstrouery nie en &#8216;n heerlike Irisboog was ons doelwit op die horison terwyl die regterhandse bergreeks met sy ligte kruipende miswolkies wat nou en dan vervraag onder die sonnestrale, die stappie onvergeetlik gemaak het &#8230;. En toe begin die ou sousies so &#8216;n bietjie ernstiger &#8211; maar nie eens om &#8216;n suikerpoppie te smelt nie en ons stap maar ewe gesellig aan onder ons seiltjies en drink die frisse kleurrykheid van die najaarslandskap in &#8211; en so land ons, of wag, ons verdwaal eers almal &#8216;n skoot &#8211; die skof was so heerlik, ons moes dit verleng! &#8211; en land ons op ons lekkerste kampplek Radyn waar ons vir &#8216;n hele dag en nog wat ons uitgetrapte blare in liefde en vrede kan troetel. Ten spyte van algemene moegheid en beblaardheid hou ons die aand &#8216;n salige kampvuur in die fraai ou Eikebos waar ons kamp opgeslaan het. Lekker sing ons saam, luister na die &#8220;kamp kroniek&#8221; beproef onsself ten opsigte van illusies, Hallusinasies, obsessies en fobias, word vermaan om tog nooit op &#8216;n Vrydag gebore te word nie en eet van die heerlike &#8220;Latynse&#8221; druiwe en appels.<\/p>\n<p>Woensdag ontdek ons siekte in die laer &#8211; nogal in die aanvoerder se tent &#8211; g&#8217;n wonder dat die gemeenskap vanoggend so laat kon slaap nie! Ons hoop maar dat geloof, hoop en liefde die siekte sal verdryf en aanvaar dan die m\u00f4rewandeling na die &#8220;stad&#8221; om die te besigtig, inkopies te doen en &#8220;beauty parlours&#8221; te besoek &#8211; vra maar vir Droogte en Gildenhuys. In &#8216;n lang gelid marseer ons al singende die straat af en Villiersdorpers stroom toe soos Hamelniete bekoor deur die towerklanke verwek deur vier-en-twintig BT-kaners!<\/p>\n<p>Woensdagaand! buitengewone gloed in die kampvuurvlamme, buitengewone gloed in die kampvuur &#8220;pips&#8221;, sang en voordragte en gloed in toeriste harte! Gevoelvol die vertoning van die droommelodi\u00eb wat geluidloos deur die ruimte swewe verwek deur die lede van Johanna se stil orkes; minder fantasties en meer onmiddellik die &#8220;jolly&#8221; musiek van Giepie se raasorkes. Lank verneem ons nog natrillinge van die wonderlike simfoni\u00eb wat Joan erg storend vind vir sy telepatiese boodskappe. As ons besoekers ons verlaat en ons hul van ganser harte toegesing het &#8220;Want hulle is gawe mense&#8221; en &#8220;hulle het lekker druiwe&#8221;, dan raak ons eers behoorlik op dreef en in die &#8220;Daisy-kring&#8221; word ons eers regtig &#8220;een van hart en een van sin&#8221;. Ons is in &#8216;n Lotusland waar die groot w\u00eareld buite vergeet is en daar vir ons g&#8217;n ho\u00ebr geluksaligheid bestaan as ons siele uit te &#8220;daisy&#8221; nie &#8211; selfs Dokter, volkome tevrede, bly in gebreke om met &#8216;n &#8220;pip&#8221; te antwoord op die strelende &#8220;lank mag hy daisy in sy gloria&#8221; en keer eers weer tot die werklikheid terug as hy hoor dat &#8220;ons gaan vir sy vrou s\u00ea&#8221; en &#8220;ons gaan almal s\u00ea&#8221;!<\/p>\n<p>Donderdagoggend is ons weer op trek &#8211; hierdie keer twee dosyn min een. Aangeland op Fortuin loop ons gevaar om ons seer te maak met die heerlike dinee wat vir ons klaar gekook staan. Niemand het egter verongeluk nie &#8211; van nietige pyntjies sal ons maar nie gewag maak nie &#8211; en die aand was almal in exie-perfeksie vorm om die meeste uit die pretmakery in die skoolsaaltjie te kry. &#8216;n Entoesiastiese gehoor van byna honderd het elke poging en liedjie van ons met groot toejuiging begroet. Nieteenstaande ons twee geoefende kore opgetree het, het &#8220;Moses&#8221; en &#8220;Geelslang&#8221; tog koning gebly en blykbaar &#8216;n groot mate van genot veroorsaak. &#8216;n Belangrike item van die aand was die uiting van die hooggeregshof. Baie jammer dat die kostelike patrone daar op die verhoog nie op &#8216;n kiekie verewig is nie &#8211; of nog beter, op &#8216;n klankrolprent &#8211; dan het ons hul meteens in aksie gehad: die rooi betogade erns daar agter die tafel; die geman\u00e9lde, gehardebolkeilde voorsitter van die jurie met sy rooi bos-nie-hemp in al sy verwaandheid vertonend ten prettigste &#8211; met sy onontbeerlike kardoes lekkergoed &#8211; en dan die sersjant van die hof, oogrollend, oogfixerend, oogkokketerend, verdere beskrywing ontwykend. Pas maar op dat niemand sy privaat rolprent van die speletjie in een van die hooghede se klasse terugroep nie; dit mag fataal wees!<\/p>\n<p>En di\u00e9 aand het ons eers gesing, hoe later, hoe kwater! En die gehoor het saam met ons gesing uit &#8220;Die Stem van Suid-Afrika&#8221; dat die verste randjies in die buuste van Fontein nie anders kon as met eggos die geesdrif beantwoord nie.<\/p>\n<p>Vrydagoggend neem ons afskeid van ons gawe gasheer en sy familie en gaan voort in die rigting van Grabouw ietwat weemoedig by die gedagte dat dit reeds ons voorlaaste dag van die toer is. Spoedig vergeet ons weer die leed as ons in ons element weer aanstap en opgaan in toeriste vriendskap, en vryheid, en grof brood en koffie en vir blare!<\/p>\n<p>En dan land ons by Grabouw waar die wind die aand so &#8216;n bietjie pla met die kampvuur rook al in ons o\u00eb en ons innerlike weemoed met uiterlike tranerigheid aanvul. Eers laterig gaan die windjie l\u00ea en word ons eers weer geesdriftig en dan moes jy die nagtigale koor hoor! Met tipiese laaste aand gesindheid sing ons mekaar ons Vaarwel-lied toe en verlaat traag die kole om ons tentjies vir die laaste keer te gaan besoek &#8211; ja die inwoners van &#8220;Queen of the Camp&#8221; sou nie eens die voorreg h\u00ea om hul laaste m\u00f4re-toilet onder haar geliefde beskutting te doen nie.<\/p>\n<p>Saterdag is ons nog vir oulaas begunstig met ideale weer vir ons laaste skoffie. Ten spyte van ernstige beblaardheid het meeste voete nog onderneem, of liewer, die harte het vir die voete onderneem om nog die hele skof te stap. Die m\u00f4reluggie was ook so verkwikkend, die w\u00eareld so aantreklik en die bekoring van stap so sterk, dat blare &#8216;n geringe konsiderasie was. By Steenbrasdam word die laaste proviand van kant gemaak; dan word die toggie oor die berg aanvaar &#8211; &#8216;n kloutertjie nog tot op die randjie en dan &#8211; Thalassa! daar onder ons l\u00ea die meerkalme blou baai omsoom deur dynserige blou berge aan die oorkant &#8211; heerlik sal &#8216;n swemmetjie nou smaak en daarom maar vinnig voort!<\/p>\n<p>En so eindig ons toer &#8211; te gou het ons gereken onbewus van die feit dat ons samesyn met ruim nog drie uur verleng sou word. Ons lorrie was waarskynlik van dieselfde sentiment as ons en sy staatsgreep was bereken daarop om die kwade dag van skeiding so ver as moontlik te verskuiwe.<\/p>\n<p>En nou is ons almal weer bedrywig in ons afsonderlike werksfere &#8230;. en die Apriltoer is iets van die verlede &#8230;. maar van die vergetelheid, nooit! Dit swel ons skat van onuitwisbare herinneringe waarvan ons weet dat in hulle &#8220;there is life and food for future years&#8221; en in die sin beteken die toer vir ons ook meer as die relatief korte duur daarvan &#8211; &#8216;n enkele wekie maar &#8211; vir ons sou waarborg.<\/p>\n<p>Annie Dreyer<\/p>\n<p>&#8216;N PAAR KENSKETSINGE<\/p>\n<p>Dis &#8216;n &#8220;pip&#8221;, dis &#8216;n grap, &#8216;n k\u00earel so kwaai<br \/>\n&#8216;n Broek van ferweel en &#8216;n baadjie tamaai<br \/>\nDis al &#8230;.<br \/>\nDis &#8216;n neiging om laat snags wakker te l\u00ea<br \/>\nen kaf te gesels, dis Eiselen n\u00ea?<\/p>\n<p>Groot kwelling het al die toeriste ontvoer<br \/>\nWant Droogte was die keer ook weer op toer<br \/>\nMaar hul gebed is verhoor<br \/>\nDie droogte is oor<br \/>\nSy dors is geles deur in Kroege te boer!<\/p>\n<p>Dis &#8216;n forse figuur vol manlike krag<br \/>\nEn daarnaas &#8216;n meisie met &#8216;n glimlaggie sag<br \/>\nDis al<br \/>\nDis &#8216;n suggie, een woordjie en verder swye<br \/>\nDis Rita en Einstein te alle tye<br \/>\nDis al.<\/p>\n<p>Ou Gert was bedags besonder stil<br \/>\nVergeet is sy duiwel en melktert sy gril<br \/>\nHy het die laat vaar<br \/>\nom sy kragte te spaar<br \/>\nOm snags die aarde met sy snork te laat dril.<\/p>\n<p>P Koorts<\/p>\n<p>PROLOOG:<br \/>\nDe w\u00eareld krioelt van filosofen, teologen<br \/>\nWysgeren, professoren, geleerden, psigologen<br \/>\nMaar kyk hier! een bekende<br \/>\nStoere kleine bende<br \/>\nDui bo alles het ware mens-syn beogen.<\/p>\n<p>Vyf-en-twintig studenten begaven sig op toer<br \/>\nDe grond was hun slaapplek, pap was hun voer<br \/>\nSy wisten<br \/>\nDeze toeristen<br \/>\nDat het goed is de poten wel eens wat te roes.<\/p>\n<p>Hun reis voerde hun heen oor de kloof van du Toit<br \/>\nBergen, bomen en stromen, alles o so mooi!<br \/>\nMaar ag, de voetjes<br \/>\nVan de jolige bloedjes<br \/>\nVeroorsaakt op menig gesigt een plooi.<\/p>\n<p>Maar Oom Hennie de Wet s&#8217;n plaas &#8220;Gevonden&#8221;<br \/>\nDeed al de wonden en blaren gesonden<br \/>\nWy spronger in den &#8220;queue&#8221;<br \/>\nEn vleis en &#8220;stew&#8221;<br \/>\nVerblyde weldra de harten en monden.<\/p>\n<p>Saterdag ogtend toen wy op Goudini kwam<br \/>\nVond wy een heerlike warmwaterdam<br \/>\nHet sparteln en duiken<br \/>\nGaf heelwat te kyken<br \/>\nVeral hoe de Droogte in de nattigheid swam.<\/p>\n<p>Den volgenden aand deed Repie Verloor<br \/>\nSyn stemmetje weergalm in een mannekoor<br \/>\nHy song met Giep<br \/>\nEen nuwer lied<br \/>\n&#8216;T was aardig en mooi hem aan te hoor.<\/p>\n<p>By Warmbron was d&#8217; water warm soos de hel<br \/>\nEn in den nagt rees een wind met walst geweld<br \/>\nDe storm die loeide<br \/>\nDe tenten die woeide<br \/>\nSelfs Gert vond het moeilyk zyn snork te laat geld.<\/p>\n<p>Dinsdag als wy liepen op de Villiersdorp pad<br \/>\nKwam de re\u00ebn van boven en maakte ons nat<br \/>\nMaar de regen<br \/>\nWas een segen<br \/>\nVoor paartjies die maar net \u00e9\u00e9n seiltjie had.<\/p>\n<p>De beste plek waarvan wy weten<br \/>\nWat gaf er niet alles om te eten<br \/>\nWy sullen menig sug<br \/>\nNie jou doen rig<br \/>\n&#8220;Radyn&#8221; wy sallen jou nooit vergeten.<\/p>\n<p>Briesend en streng, omgord met een sabel<br \/>\nWas ou Bottie, in den hof op Fortuin de Konstabel<br \/>\nHy onthoofde Repie<br \/>\nDie gaf maar een skreetjie<br \/>\nDe kop die weer t&#8217;rugbracht die lykte maar miserabel.<\/p>\n<p>So gangen wy voort, de dagen vervlieten<br \/>\n&#8216;T was alles so mooi, men moest het genieten<br \/>\nMet sing en lag<br \/>\nVan dag tot nag<br \/>\nBlyf er geen tyd oor voor klagen en verdrieten.<\/p>\n<p>EPILOOG:<br \/>\nEn nou? Is dit oor? Is ons klaar met die toer?<br \/>\nAg nee wat! Nou begin die oudjies eers loer<br \/>\nDis &#8216;n glimlag en &#8216;n knikkie<br \/>\n&#8216;n Traantjie en &#8216;n snikkie<br \/>\nEn netnou hoor jy twee duifies: koer, koer!<\/p>\n<p>T Scheffler<\/p>\n<p>OGGENDTONEEL OP GRABOUW<\/p>\n<p>Donker, swart soos die nag. Dis stil. Geen blaartjie roer. Want Gert is al wakker. Dis roerloos stil.<\/p>\n<p>Hier duik drie donkere duistere gestaltes tussen die tente op. Krampagtig kom hul nader, voet vir voet, en omsingel die &#8220;Queen of the Camp&#8221;.<\/p>\n<p>Plotseling storm &#8216;n wilde woeste bende vurige en verwoede Amazone op die nagtelike swerwers af. Strale soos van verdelgende vuur vonkel uit hul o\u00eb. Hul asem kom in kort vinnig-afgebroke stote. In wilde konsternasie spat die vyand uiteen. Vrolik en uitdagend, vol veragting kyk die tentbewoners die vlugtelinge agterna. Nog so &#8216;n paar onkristelike dreigkrete van hul aanvoerster, en die kamp het weer tot bedaring gekom.<\/p>\n<p>Maar die kwaad was gedaan. &#8220;Queen of the Camp&#8221; is nie meer wat sy was nie. Haar prag en glorie is geskend, verwoes deur die snode vyand.<\/p>\n<p>Hoe is jy tog so gevalle, o dogter van die daeraad! Die wat u sal sien, sal u aanskou en op u let en s\u00ea: Is dit die skone Koningin wie se roem alom bekend gemaak is?<\/p>\n<p>Maar haar kinders roep van wraak: In alleryl word &#8216;n boodskapper ontbied na die verblyfplaas van die minister van tente om wapens te roof vir die Queenbewoners. Behendig volbring hy sy taak en l\u00ea drie houthamers aan hul voete neer. Drie gespierde heldinne verlaat hul tent en begin met dolle voortvarendheid tentpenne inslaan soos nagmerries wat reisies ja. (Een van die penne het glo &#8216;n duim of wat ingetrek; vir die res sal die gras ander jaar mooi groei op die omgeploegde akker wat op die plek ontstaan het.)<\/p>\n<p>Die rumoer bring die kamp weer in beroering. Droogte en Ko. storm op die toneel af om die hamers te red. &#8216;n Hewige en uiterste worsteling volg. Hierdie toer is die uitslag nie weer so roemryk vir die &#8220;Queen of the camp&#8221; nie. Effens bek-af kruip die heldinne terug in hul vesting.<\/p>\n<p>Nou begin die vyand weer moede skep. Skoorvoetend en agterdogtig kom ou Bottie nader. Met kort sprongetjies, koes-koes, soos &#8216;n padda, wip hy al om die tent. Die laaste penne word gelig, die laaste stormlyn het hy in sy hand. Hier storm die Queenopperhoof die tent uit en sit hom agterna. Maar Bottie spring weg en vlieg met verbasingwekkende spronge oor die tentlyne al in die rondte. Harder, al hoe spannender word die wedstryd: Bottie, Johanna, die paal &#8211; al in die rondte &#8211; een harmonieuse geheel. Wat sal die uitslag wees?<\/p>\n<p>Vir die volgende keer kom Bottie weer om die draai. Vorentoe, al vorentoe! Maar hy kannie meer nie. Vermoeid en uitgeput sak hy inmekaar. Die tentpaal probeer nog so &#8216;n paar swaaie gee, maar is teen hierdie tyd ook al dronk. Vermoeid en uitgeput, maar stadig en stadig soos dit &#8216;n koningin pas, sak die &#8220;Queen of the Camp&#8221; inmekaar.<\/p>\n<p>&#8216;n Spannende lewensdrama is hier voor ons o\u00eb afgespeel. Nog tril ons harte van aandoening. Arme &#8220;Queen&#8221;! Rykdom, glorie, prag, alles vergaan! Maar so is dit maar. Nie waar nie? Memente mori! Gedenk dat gy sterven moet!<\/p>\n<p>En toe kom die son op!<\/p>\n<p>T Scheffler<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die abnormaal lange aanvangskwartaal het dan eindelik sy limiet bereik en ons twee dosyntjies plus een (ja ten minste soveel wyses kon Stellenbosch tog nog op die tydstip oplewer!) het in khaki geklim, die onontbeerlike deel van ons w\u00eareldbesittings op ons rug geneem, ons komberse opgebondel, en gaan toer!<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1570","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1570"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1570\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1576,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1570\/revisions\/1576"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1570"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1570"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}