{"id":1583,"date":"1932-04-24T20:54:40","date_gmt":"1932-04-24T18:54:40","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1583"},"modified":"2012-01-10T20:58:52","modified_gmt":"2012-01-10T18:58:52","slug":"swellendam-barrydale-%e2%80%93-montagu-april-1932","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1932\/04\/swellendam-barrydale-%e2%80%93-montagu-april-1932\/","title":{"rendered":"Swellendam &#8211; Barrydale \u2013 Montagu April 1932"},"content":{"rendered":"<p>Nog nooit het so &#8216;n lekker klomp gaan toer nie, was die algemene opinie van die vyf-en-dertig toer-entoesiaste toe hulle die Donderdagmiddag van die stasie vertrek. En ek dink ons was reg. Natuurlik staan dit nog altyd vir enigeen, wat meen dat hy persoonlik nie as &#8216;n gawe k\u00earel beskou kan word nie, vry om met ons te verskil.<\/p>\n<p><!--more-->Die P\u00earel het vir ons &#8216;n verpligte oponthoud beteken. Maar ek glo nie dat dit &#8216;n besonders onaangename verpligting was nie vir di\u00e9 wat by die K.W.V. beland het nie. &#8216;n Mens sou nooit s\u00ea dat &#8220;As you like it&#8221; se bynaam Droogte is nie!<\/p>\n<p>Eers nadat ons die Vrydagoggend op Swellendam elkeen &#8216;n goeie beker toerkoffie en &#8216;n watersny brood ingepak het, kon ons regtig s\u00ea dat ons op toer was. Met die wegtrek het Johanna dadelik naam gemaak deur die eerste skof in rekordtyd af te l\u00ea. Ons vrees egter dat haar stapmaats hierdie soort van rekordmakery as &#8216;n uiters twyfelagtige voordeel moes beskou het, want dit was warm die dag. Selfs die lorrie was van die feit wel bewus, met die gevolg dat ons &#8216;n paar uur lank op Zuurbraak vir hom moes wag.<\/p>\n<p>Die aand toe ons almal om die kampvuur sit, kom oom Kotie Strauss van Stellenbosch met sy familie vir ons kuier. Om seker te maak van &#8216;n goeie ontvangs het hy &#8216;n sak appeltjies saamgebring. Ongelukkig het ons maar net die helfte daarvan gekry. Is dit nog &#8216;n wonder dat Daan, wat moes uitdeel, vir die res van die toer siek was?<\/p>\n<p>Saterdag en Sondag beskou ons almal as die heerlikste tyd van die toer. Want al sing ons ook soms &#8220;O Tradouw, Tradouw is so lank&#8221;, in werklikheid het ons vergeet dat dit opdraand was wat ons moes stap, vergeet dat daar sulke dinge bestaan soos voete wat soms blare kan kry; ons het maar rondgekyk en geniet: die geweldige kloof daar onder, met sy bosse, sy kranse, die waterpoele tussen die rotse.<\/p>\n<p>Die Sondag het elkeen sy eie gang gegaan. Dit spreek vanself dat daar altyd minstens twee persone dieselfde koers gekies het, of dit nou was om bo teen die berg te gaan varings pluk, of onder in die kloof &#8216;n lekker koel plekkie te soek om te rus, of al was dit ook maar om te gaan kyk wat daar om die draai l was natuurlik die swemgat. Ons het ons so moeg geswem en geduik en gebak dat ons die aand om die kampvuur skaars meer g\u00f4 oorgehad het om te kan sing. Totdat dr Curt ons van die Dodo begin vertel wat die groot eier l\u00ea. Toe moes jy sien hoe die mense wakker word, veral Einstein wat hom in die stilte begin verlustig in die heerlike maaltyd wat so &#8216;n eier sou verskaf, en Tertius wat nou weer &#8216;n ekskuus gehad het om op te spring en &#8220;Picke doodle didn&#8217;t know&#8221; te dirigeer.<\/p>\n<p>Maandagoggend toe ons Barrydale instap, wys ons vir dr Eiselen dat ons nie maar &#8216;n kampvuurklub is nie, want toe ons eindelik stilhou, was daar nie &#8216;n enkele bekende liedjie wat ons nie al oor en weer saamgesing het nie. Ons bly mev Olivier baie dankbaar vir die lekker tee en koffie waarmee sy ons inspanning beloon het.<\/p>\n<p>Hier vind ons toe ook uit dat ons verder nie meer sou stap nie; die lorrie het goedgunstiglik ingewillig om ons na Montagu te neem. Ons was almal baie jammer om van ons siek mense afskeid te neem. Dit sou lank duur voor ons hulle bekende gesigte weer kon sien.<\/p>\n<p>Laat die aand kom die tweede vrag toeriste op Montagu aan, veilig en gesond, dank sy die moedigheid van Giepie en Tommie. &#8216;n Goeie seksie heerlike, gestoofde patats het almal gou in die regte stemming gebring. &#8220;Early morning&#8221; koffie was &#8216;n paar uur later ook gereed. Ons wonder net nog wat Villebois en Einstein alles saam met die koffie gekook het. Volgens een was daar glo &#8216;n bysmakie van akkers by, &#8216;n ander het gemeen dis pendorings, terwyl Conradie, wat in die re\u00ebl &#8216;n besonders goeie beoordelaar van drankies is, lank gesnuffel het en hy besluit het om maar niks te s\u00ea nie en te sluk.<\/p>\n<p>Dinsdag namiddag, nadat ons van die warmbaddens teruggekom het, het die &#8220;elite&#8221; van die dorp ons kom besoek. Die burgemeester en stadsklerk, mnr Hofmeyer, ds Grobbelaar, nie een wou die kans mis om &#8216;n klomp BTKaners te sien en te hoor sing nie. Blykbaar het ons &#8216;n goeie indruk gemaak, want van di\u00e9 dag af het dit somar skiete gere\u00ebn vir elfuur tee, namiddag koffie, ensovoorts.<\/p>\n<p>Ons kampplek was nie juis voorsien van &#8220;lowerryke bome&#8221; nie, maar ons het darem &#8216;n goeie &#8220;klaterende stroom&#8221; gehad om ons borde in te was, en nadat ons vir dae aaneen met &#8220;die blou van hoogste hemel&#8221; bevoorreg was het ons ook &#8216;n goeie bedeling &#8220;re\u00ebn van bowe&#8221; ontvang.<\/p>\n<p>Laasgenoemde het gemaak dat ons die aand in &#8216;n le\u00eb huis &#8211; waarvoor ons mnr Buirski baie dankbaar is &#8211; ons &#8220;kampvuur&#8221; gehou het. Opvallend die aand was die besonder baie telepatiese storings in die atmosfeer, wat vir Johan en Einstein soveel moeite veroorsaak het.<\/p>\n<p>&#8220;O Donkerkloof die is so mooi&#8221; het ons almal gesing toe ons Woensdagmiddag van die heerlikste uitstappie terugkom wat ons lank laas gehad het. Onwillekeurig voer dit &#8216;n mens terug na ons eie Jonkershoek met sy pragtige bosbegroeide klowe en ruisende watervalle.<\/p>\n<p>Donderdag se uitstappie was van &#8216;n meer intensiewe aard. Hier kon &#8216;n mens sien wie ware BTKaners was. Ons bewonder die wat ten spyte van seer voete, swak knie\u00eb of ander moeilikhede saamgekom het. Al het ons ook nie die top van Bloupunt bereik nie, ons (veral die dames) kan nietemin trots wees op wat ons onder die omstandighede gedoen het.<\/p>\n<p>Dis moeilik om te s\u00ea watter van die ontvangste vir ons die aangenaamste was: die Woensdagmiddag by ds en mev Grobbelaar, die Donderdag by die Hofmeyers of die Vrydagoggend by ds Van Huyssteen se pastorie. Mag hulle almal lank lewe!<\/p>\n<p>Die Vrydagoggend het ons weer &#8216;n slag vir die dorpsbewoners iets te sien gegee. Want &#8216;n dertigtal toeriste in ry en gelid, wat ook weet om te sing en vrolik te wees, word nie aldag aangetref nie. By die munisipale kantore het ons stilgehou om die burgemeester en sy &#8220;staf&#8221; te bedank vir hulle gasvryheid.<\/p>\n<p>Op pad na Ashton het ons &#8216;n draai gemaak by Keurkloof om daar ons middagete te geniet. In &#8216;n groot dennebos het ons gesit en na ds Snyman van Robertson se kafstories geluister.<\/p>\n<p>Die aand op Ashton, ons laaste kampvuuraand, sal onvergeetlik bly. Vereers het ons met gepaste eerbied en ontsag gesit en luister na die voorlesings van Professor Carel van der Merwe en Van der Riet en na die Hoogleraar Lategan se betoog. Daarna het die gevreesde item van die aand gekom &#8211; die Hofsitting. Natuurlik was dit maar net &#8216;n plan van dr Eiselen om vir ons te wys hoe goed hy kan &#8220;pip&#8221;. Was dit darem nie &#8216;n okkasie toe Cor Murray skielik uitbars van die lag of hy die stuipe kon kry, seker vir die heel eerste keer in sy lewe!<\/p>\n<p>Na die verskillende aanklagte afgehandel is, behalwe een &#8211; want die grootste sondebok het nooit voorgekom nie, naamlik dr Eiselen self, wat nou nog daarmee spog dat hy op die hele toer g&#8217;n enkele sigaret gekoop het nie, terwyl hy self gedurig een in sy mond gehad het en ook vir andere uitgedeel het &#8211; het twee kore opgetree om te wys wat hulle kon lewer: eers die geamalgameerde Villebois &#8211; Einstein koor, daarna Tertius se nagtigalebende.<\/p>\n<p>Tot laat in die nag het ons om die vuur bly staan nadat die aand offisie\u00ebl afgesluit is. Immers, dit was die laaste aand en dit was moeilik om afskeid te neem. Martie se vaarwellied, een van die kosbaarste oorblyfsels van die onvergeetlike Knysna-toer (1930), het ons die aand beetgepak en al sy krag en skoonheid, en aan die doringbosse om ons vertel dat ons toer sy einde bereik het.<\/p>\n<p>Sal ons ooit April 1932 vergeet? Ons hoef net ons o\u00eb toe te maak, dan sien ons alles weer: Villebois met sy helm, Chrissie met sy &#8220;karoo&#8221; al oor die tentlyne vallende, Christo wat die laaste paaiement van sy borsel nog nie ontvang het nie, ons ou &#8220;fat, German cook&#8221;, dr Eiselen met sy alewige &#8220;n\u00e9&#8221;, saam met die res van die nou dierbaar-geworde kring. Ons sien vir Tradouw, sy berge fier en trots; ons hoor die stroompies oor die rotse val onder die ou boomstamme in Donkerkloof; en ons kan nie help om nog &#8216;n keer te sing nie:<\/p>\n<p>&#8220;Vir my is dit so droef te dink<br \/>\nDat ek jul nou verlaas moet groet.<br \/>\nVaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel, vaarwel!&#8221;<\/p>\n<p>T Scheffler<\/p>\n<p>TOERISTE &#8220;ROLL CALL&#8221; APRIL 1932<\/p>\n<p>A Lawaai en bokspring? dis vriendin Anna, (A Viljoen)<br \/>\nMaar &#8216;k kan haar niet altyd verstanna.<br \/>\nVriend A.C. ben een stille man, (A C van Wyk)<br \/>\nDat enig nooi van honden kan.<br \/>\n&#8216;n Lieve meisje, Anna Dreyer;<br \/>\nSy past glad niet by Piet, die vryer.<br \/>\nAg hoe seer bemin ek Alma; (A Baier)<br \/>\nSy het my gans en gaar bedwelma.<\/p>\n<p>B Ben van Wyk, getrou en dapper,<br \/>\nWas een flukse tentpenkapper.<br \/>\nDe vrou dat elke man naar soek<br \/>\nIs Bert, ons &#8220;fat old German cook&#8221;. (Alberta du Toit)<\/p>\n<p>C Con Murray is ons groot probleim;<br \/>\nWat skuilt tog in dat stille brein?<br \/>\nEen deserteur was Christo Latsky;<br \/>\nDrie borsels kreeg hy syn bladski.<br \/>\n&#8216;T is ds Curt die spreekt: hoort nou (Dr Grobbelaar)<br \/>\nNaar&#8217;t verhaaltje van de Dodo.<\/p>\n<p>D Syn wy al by de grote Daan? (D du Toit)<br \/>\nEen man die seer veel pap verslaan.<br \/>\nDoris Dreyer, sag en teder,<br \/>\nGeef my tog myn hartjie weder!<br \/>\nLaer as die laagste hoogte,<br \/>\nMaar geensins droog, is ons vriend Droogte (D J Conradie)<br \/>\nA charming lass is Dorothy Grewer;<br \/>\nHer eyes than deepest blue are truer.<\/p>\n<p>E Elise, my love, stay yet a while! (E Vorster)<br \/>\nI like thy ways, they b&#8217;witching smile.<br \/>\nTant Elsje, o getroue moeder, (Mev Grobbelaar)<br \/>\nGy waart myn redder, myn behoeder!<br \/>\nSo lank as die lepel in die pappot staan<br \/>\nSal Einstein ook op toer kan gaan. (T Scheffler)<\/p>\n<p>E Oh what can ail thee, Gertie daar? (G Steyn)<br \/>\nIs&#8217;t still for Ferrie thou dost &#8220;treur&#8221;?<br \/>\nVir blare en al sulke kwale<br \/>\nWas Grove die man om te gaan hale. (J S Grov\u00e9)<br \/>\nGiepie s\u00ea: dis salig, soet (G P du Toit)<br \/>\nOm saands die lampen aan te doet.<br \/>\nDeur heeldag met sy &#8220;kazoo&#8221; te bodder<br \/>\nVal Griffie kort-kort in die modder. (G R Meier)<\/p>\n<p>I Ignatius Schutte, koorgeeswaardig<br \/>\nSteeds besadig en bedaardig.<\/p>\n<p>J Een zeer vermaarde telepaat<br \/>\nJohan Verloren van Themaat!<br \/>\nJ.B. staan vir &#8220;Jolly Boy&#8221; (J B le Roux)<br \/>\nElke aand met &#8216;n ander n\u00f4i.<br \/>\nWil jy graag stap dat dit so kraak?<br \/>\nSkiet vir Johanna, dis altyd raak. (J Perold)<\/p>\n<p>K Pieter Koorts is &#8216;n gawe k\u00earel,<br \/>\nDie beste k\u00earel in die hele wye w\u00eareld.<\/p>\n<p>L Toer beteken vir haar: lewe; (Lottie Strassberge)<br \/>\nOm te werk, haar hoogste strewe.<br \/>\nDavid Lombard, stoere held,<br \/>\nGetrou als Aumas metgeseld.<\/p>\n<p>M Die volgende is Martha Els,<br \/>\nWat heeldag deur aaneen gesels.e<br \/>\nP Dann kommt mein s\u00fcsses Phoebchen; (Phoebe Grewar)<br \/>\nSie ist mein Schatz, mein Herz, mein Liebchen.<\/p>\n<p>R Stil soos die sterre, sag en rein,<br \/>\nDiep soos die see; dis Rita Steyn.<br \/>\nFairest maiden, sweet and tender,<br \/>\nRina Brunner, slim and slender.<\/p>\n<p>T Tertius likes to sing a song, (T v Huyssteen)<br \/>\nto which he always adds: pong, pong!<br \/>\nSy roeping het Tom skoon gemis; (T Coertze)<br \/>\nLorriedrywer, dis wat hy is.<\/p>\n<p>V Villebois die droeg een &#8220;zip&#8221;; (V v d Spuy)<br \/>\nHy verbeel hom dat hy goed kan pip.<\/p>\n<p>W Werner Eiselen was ook daar; (Dr Eiselen)<br \/>\nHiermee is ons lys nou klaar.<\/p>\n<p>T Scheffler<\/p>\n<p>GROOT GEESTE OP TOER<\/p>\n<p>Ons kaptein, met voornaam Werne(r) (Dr Eiselen)<br \/>\nHet ons van die Duitsers ge\u00ebrwe.<br \/>\nDie liedjies wat hy maak<br \/>\nVal in almal se smaak<br \/>\nEn aan sy &#8220;pip&#8221; kan iedereen sterwe.<\/p>\n<p>&#8216;n Ander oubaas, hoog in die jare, (Dr Grobbelaar)<br \/>\nTeen alles het hy miljoene besware<br \/>\nSy voornaam is Coert<br \/>\nPraat doen hy beroerd<br \/>\nNet beduie met vreeslike gebare.<\/p>\n<p>Tant Elsie soos altyd, lief en goed, (Mev Grobbelaar)<br \/>\nMet besonder sagte, tere gemoed.<br \/>\nMaar as iemand nie reg maak<br \/>\nOf as tweetjies wil wegraak<br \/>\nDan kook Tant Elsie se bloed.<\/p>\n<p>Van die voorsitter is daar min te s\u00ea (P Koorts)<br \/>\nHy kan nooit kry wat hy wil h\u00ea<br \/>\nSy bek is wel groot<br \/>\nMaar al sukkel hy hom dood<br \/>\nHy moet erken: Ek is uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>Dan kom die minister van tente, (D J Conradie)<br \/>\n&#8216;n Lektor wat leef op sy rente,<br \/>\n&#8216;n Fotograaf befaam<br \/>\nDroogte by naam<br \/>\nHy ly droogte selfs in die Lente.<\/p>\n<p>Die volgende, &#8216;n parodie van &#8216;n mens (Einstein)<br \/>\nWat so raps-raps aan die oermens grens.<br \/>\nHy duik oor die relatiwiteit<br \/>\nVan die pap se kwantiteit<br \/>\nTot die kubieke inhoud van sy pens.<\/p>\n<p>Ou Grove, die bleek sekretaris, (J S Grov\u00e9)<br \/>\nS\u00ea &#8211; met &#8216;n gesig wat lyk of hy naar is<br \/>\nAg maar sy is my nooi<br \/>\nMet haar baadjie so rooi?<br \/>\nEk is n\u00earens gelukkig as sy nie daar is.<\/p>\n<p>Ou Lottie het lank gestudeer (L Strassberger)<br \/>\nOm vitamines te preserveer.<br \/>\nSy kook kos so geurig,<br \/>\nPraat &#8216;n taal so kleurig,<br \/>\nWat sal word as ons haar moet ontbeer?<\/p>\n<p>Laaste op die lys kom Villebois (V van der Spuy)<br \/>\nWat die geld van die klub in hande hou<br \/>\nHy behoort vir die grap<br \/>\nAan &#8216;n &#8220;Bachelor&#8217;s Club&#8221;<br \/>\nMaar voel graag hoe die kat in die donker klou.<\/p>\n<p>P Koorts<\/p>\n<p>Voorgedra by geleentheid van die Re\u00fcnie van April-toeriste<\/p>\n<p>13 Mei 1932<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nog nooit het so &#8216;n lekker klomp gaan toer nie, was die algemene opinie van die vyf-en-dertig toer-entoesiaste toe hulle die Donderdagmiddag van die stasie vertrek. En ek dink ons was reg. Natuurlik staan dit nog altyd vir enigeen, wat meen dat hy persoonlik nie as &#8216;n gawe k\u00earel beskou kan word nie, vry om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1583","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1583"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1588,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1583\/revisions\/1588"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}