{"id":1589,"date":"1932-09-23T21:02:40","date_gmt":"1932-09-23T19:02:40","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1589"},"modified":"2012-01-10T21:03:31","modified_gmt":"2012-01-10T19:03:31","slug":"knysna-september-1932","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1932\/09\/knysna-september-1932\/","title":{"rendered":"Knysna September 1932"},"content":{"rendered":"<p>Knysna! Dis die towerwoord wat weer &#8216;n aantal entoesiaste besiel het om vir die September-vakansie hulle lot met die BTK in te werp. En op almal het dit dieselfde uitwerking gehad: al bars dit ook, maar ander jaar gaan ons weer saam!<\/p>\n<p><!--more-->Saterdagoggend op Knysna. Tien myl verder bring ons eers &#8216;n vlugtige besoek aan die Hof van Eden. Wie het nie gedink aan die eerste mense-paar en hulle in die stilte opnuut &#8216;n bietjie verwyt nie?<\/p>\n<p>Toe maar weer verder. Die wa is gelaai, en die kronkelhoogte word al langer agter ons, en met vyf-en-twintig myl minder op die kerfstok sit ons in die ses-skilling-huisie by Keurbooms die re\u00ebn en uitlag.<\/p>\n<p>Met &#8216;n rekord-aantal snaar- en blaasinstrumente kon Giep al net gou-gou jol soos hy kan jol. Maar die huis was blykbaar op rots gebou want hy het gehou. Selfs die skor gebrul van Gert soggends as die ander mense nog wil slaap het sy fondamente nie laat wankel nie! Om nie eens te praat van die skok van die geboorte van sewe lawaaierige bere nie!<\/p>\n<p>Sondagoggend staan ons eerste blik pap op die vuur. Soos alle goeie dinge het ook hierdie sy skadusy gehad, want die kombinasie van natgere\u00ebnde hout en &#8216;n derdeklas vuurherd het gemaak dat Einstein se tranevloed telkemale gedreig het om die vuur te blus. In elk geval, dit het darem ook tot gevolg gehad, dat die pap ten minste daardie oggend goed genoeg gesout was.<\/p>\n<p>Gedurende die dag was daar nie veel te doen nie, want Keurboomsrivier het &#8216;n paar voet bo oor die brug gespoel. Selfs dit was egter nie genoeg om te verhinder dat &#8216;n paar mense tog oorgegaan het en ook in die rivier geswem het nie.<\/p>\n<p>Maandag kry ons ons eerste son-dag, behalwe natuurlik die Sondag wat net verby was en die Zondagh wat altyd by ons was. Dit was met een woord salig: die stap na Plettenbergbaai, die swem in die see tussen die branders in, die l\u00ea op die sandbank, en die terugstap Keurbooms toe. Selfs dit was nie genoeg nie. Ons het ten volle gebruik van ons kanse gemaak die dag. Laat in die namiddag toe sien jy net skuitjies vol van aspirant Oxford en Cambridge-roeiers op die rivier; en wie sal ooit die &#8220;landslide&#8221; episode van daardie aand vergeet? Arme ou Villebois was so teleurgesteld dat hy nie die olifant &#8216;n hou oor sy snoet kon gee nie.<\/p>\n<p>Dinsdag is daar net een woord op almal se lippe: Grootrivier. Maar soos die volk van ouds aan die grense van Kanaan verbied is om hul bestemde plek binne te trek, so moes ons by die deure van Grootrivier omdraai om ons pasgetrapte spore weer plat te trap. Daar was egter darem die bitter einders wat die tog deurgesit het en laat die aand as die boodskappers uit die beloofde land by die kamp aankom om vir die origes ten minste in die gees na Grootrivier te voer en hulle vir so &#8216;n paar oomblikkies van die weelde van klimop, wilde piesangbome, bosreuse en bobbejaantoue te laat geniet.<\/p>\n<p>Woensdag trek ons die re\u00ebn &#8216;n streep deur vyf myl in hom te stap en geen een siek of selfs verkoue te word nie. Karringmelk, lemoene, gebakte patats, vis &#8211; net wat die hart kan begeer! Wie weet nou nog nie dat dit Wittedrift is waar rus aangekom het nie?<\/p>\n<p>Daardie aand het daar baie dinge plaasgevind. G&#8217;n een van die agtal toeriste wat by mnr Van Huyssteen ge\u00ebet het, wou die aand na &#8216;n dadel of &#8216;n grondboontjie kyk nie. Ek sweer Villebois het &#8216;n ysterkoepel om sy maag gehad; want vir dae daarna, ten spyte van nagtelike parades in &#8220;Staalhelmet&#8221;-mondering, het hy &#8216;n sterk, bre\u00eb serp om sy lyf nodig gevind om &#8216;n ongeluk te verhoed.<\/p>\n<p>Donderdagaand se konsert in Wittedrift se nuwe pastorie was &#8216;n skitterende sukses. En sal ons ooit vergeet die treffende woorde van mnr Van Huyssteen die aand toe hy vir ons godsdiens gehou het? Baie dankie, oom Thys! Ons waardeer dit altyd wanneer mense ons regtig verstaan.<\/p>\n<p>Vrydag, &#8216;n wonderdag, &#8216;n sonskyn dag. In die koelte van die oorhangende lower, langs syferende waterstraaltjies, verby die &#8220;varens wuifend groen&#8221; en die mosbedekte walletjies, met die lied van vo\u00ebltjies begelei deur sagte windgesuis in ons ore, stap die klompie Maties, &#8220;een van hart en een van sin.&#8221;<\/p>\n<p>Bracken Hill Valle het heeltemal die draai wat ons soontoe moes maak regverdig. Jammer net dat een klomp anders gedink het en vasbeslote was om &#8216;n napaadjie te volg met die terugkom. Die gevolg was dan ook dat hulle heeltemal tereg die naam van &#8220;Cortshutters&#8221; dit wil s\u00ea, agterstevoor &#8220;Shortcutters&#8221; gekry het.<\/p>\n<p>Weer het die toeriste naam gemaak deur die dag nog &#8216;n draai by die &#8220;Heads&#8221; te gaan maak.<\/p>\n<p>Die aand op Knysna hou ons ons eerste regte kampvuur van die toer. Dit was dan ook somar &#8216;n kampvuur duisend, soos alleen ware BT-kaners een kan hou. Tot laat in die nag het ons daar gebly &#8211; ons moes tog immers opmaak vir al die aande wat ons gemis het.<\/p>\n<p>Saterdag het ons op elke stasie tussen Knysna en George vir die mense behoorlik iets te sien gegee. Want om dertig toeriste op &#8216;n streep te sien en hoor sien &#8220;Ses bekers engine-koffie is net genoeg vir my&#8221; is g&#8217;n alledaagse gebeurtenis nie. En om nog boonop te hoor hoe Grov\u00e9 toontjies skoonmaak, ja, wat sou die mense eintlik daarvan gedink het? Om nie eens te praat van hoe Giep kan jol as hy wil jol nie!<\/p>\n<p>Op George het die vriendekring een man minder geword. G&#8217;n wonder ook dat Maandagoggend op Worcester die pap die pure klonte was nie!<\/p>\n<p>**************************<br \/>\nOf ons dan per slot van sake die toer geniet het, in al die re\u00ebn en nattigheid en koue? So vra menigeen vir ons. Arme mensies! Wat weet julle van wat dit beteken om te toer! Wat weet julle van vriendskap, van kameraadskap, van entoesiasme, van lewe, die lewe met sy erns en plesier? En sal ons ons dan deur &#8216;n bietjie re\u00ebn laat afskrik? Inteendeel, meer as enigiets anders het juis dit bygedra tot daardie eenheidsgevoel, die egte kenmerk van BT-Kaners. Dit het gebring &#8216;n gees wat ons nog n\u00earens anders so sterk aangetref het as op &#8216;n BTK-toer nie, &#8216;n gees van samewerking en van vriendskap. En ons vriendskap sal nie, kan nie verbygaan nie, want dit berus nie op &#8216;n blok kunsmatig-aan-die-gang-gehoue vakansiestemming nie, maar op persoonlike kennis van mekaar.<\/p>\n<p>T Scheffler<\/p>\n<p>AS EK DOOD IS<\/p>\n<p>As die oudae wolke digpak<br \/>\nEn ek skaars-skaars kan onthou<br \/>\nAs my o\u00eb dof word<br \/>\nEn die lig verdoof<br \/>\nKom dan, ja kom tog<br \/>\nEn troos my!<br \/>\nTroos my so:<br \/>\n&#8220;Onthou jy nog die Knysna-toer?&#8221;<br \/>\nEn dit moet jy skrywe op my graf:<br \/>\n&#8220;Lid van die BTK.&#8221;<\/p>\n<p>Villebois van der Spuy<\/p>\n<p>Die probleme wat na die toer kom, is een van die geheime doele van die toer.<\/p>\n<p>Conrad Murray<\/p>\n<p>Voorgedra op re\u00fcnie van September-toeriste<\/p>\n<p>7 Oktober 1932<\/p>\n<p>AAN DIEGENE WAT ONS GAAN VERLAAT<\/p>\n<p>Nee, dis nie waar nie! Julle bly by ons. Julle sal altyd by ons bly. Ons vriendskap ken nie die beperkings van tyd en ruimte nie.<\/p>\n<p>Maar julle gaan tog weg; weg van Stellenbosch; weg van die BTK; weg van ons. Julle s\u00ea dit sal vir julle swaar wees? Vir ons nie minder nie.<\/p>\n<p>Villebois, wat sal toer beteken sonder jou? Sal ons weer saands so lekker kan lag, nou dat jy nie meer daar sal wees nie?<\/p>\n<p>En jy, Tertius, hoekom verlaat jy ons ook? Wie gaan ons nou lei as ons saands om die kampvuur ons toerliedjies sing?<\/p>\n<p>Lottie, ons kan jou nie ontbeer nie. Jy s\u00ea die toertjies het vir jou alles beteken? Dis jy wat vir die toer alles beteken het.<\/p>\n<p>Saands as ek my o\u00eb toemaak, sal ek jou tog sien, Hettie, en jou vriendelike glimlag nooit vergeet nie. In die stilte van die nag sal ek weer jou stem hoor, Martha, en jou entoesiasme sal vir my &#8216;n besieling wees.<\/p>\n<p>Julle almal, ek noem julle my vriende, want ons het mekaar leer ken. En toe ons mekaar eers ken, kon ons nie anders as mekaar liefh\u00ea nie.<\/p>\n<p>Sal julle vergeet hoe ons soggends saam om die papblik gesit het; hoe ons die dag deur saamgestap het; die vertroulike gesprekke wat ons met mekaar kon h\u00ea; hoe ons laat in die namiddag saam ons voete gedokter het vir die volgende dag se stap; en dan, hoe ons saands saam om die kampvuur gesit het, die grappe wat ons gehad het; hoe lekker ons saam ons liedjies gesing het en tot laat in die nag in die sterwende kole gestaar het &#8230;.<\/p>\n<p>Sal julle vergeet?<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>T Scheffler<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>TOERISTE<\/strong>:<\/p>\n<p>Koorts en Lottie, Martha, Tysie<br \/>\nGiep du Tottie, Einstein, Gracie<br \/>\nen ou Uysie<br \/>\nMyra, Sarie, Gerard, Sunday<br \/>\nKeet, Barbari, Grov\u00e9 en Ghandi<br \/>\nHelen, Gertie, Hester, Tertius, Hettie<br \/>\nMiems en Dirkie, A.B. en Babettie<br \/>\nMagda, Consea, Alma Baier<br \/>\nJohanna, Tea, Doris Draier<br \/>\nVillebois van der Spaier.<\/p>\n<p>Pieter Koorts<br \/>\nLottie Strassberger<br \/>\nMartha Els<br \/>\nThys van Huyssteen<br \/>\nGiepie du Toit<br \/>\nTheo Scheffler<br \/>\nGrace van Niekerk<br \/>\nWillie Uys<br \/>\nMyra Beyers<br \/>\nSarie Pienaar<br \/>\nMagda L\u00f6tter<br \/>\nConrad Murray<br \/>\nReep Verlore van Themaat<br \/>\nBarbara Kuhn<br \/>\nJ.S. Grov\u00e9<br \/>\nElma Hamman<\/p>\n<p>Helen Alheit<br \/>\nGertie Steyn<br \/>\nHester Vermaak<br \/>\nTertius van Huyssteen<br \/>\nHettie Pienaar<br \/>\nMiemsie Sieberhagen<br \/>\nD.J. Conradie<br \/>\nA.B. du Toit<br \/>\nBabette Taute<br \/>\nGerald Roux<br \/>\nCor Zondagh<br \/>\nAlma Baier<br \/>\nJohanna Perold<br \/>\nTea Stessenberg<br \/>\nDoris Dreyer<br \/>\nVillebois van der Spuy<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Knysna! Dis die towerwoord wat weer &#8216;n aantal entoesiaste besiel het om vir die September-vakansie hulle lot met die BTK in te werp. En op almal het dit dieselfde uitwerking gehad: al bars dit ook, maar ander jaar gaan ons weer saam!<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1589","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1589","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1589"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1589\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1591,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1589\/revisions\/1591"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1589"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1589"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1589"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}