{"id":1711,"date":"2012-03-15T12:32:16","date_gmt":"2012-03-15T10:32:16","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1711"},"modified":"2012-08-05T11:46:18","modified_gmt":"2012-08-05T09:46:18","slug":"matroosberg-abseil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2012\/03\/matroosberg-abseil\/","title":{"rendered":"Matroosberg Abseil"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/03\/Jollie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-1712\" title=\"Matroosberg Abseil\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/03\/Jollie-640x853.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"778\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/03\/Jollie-640x853.jpg 640w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/03\/Jollie-225x300.jpg 225w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><!--more-->Na die laaste klas vir die week afgehandel was op Vrydag, 2 Maart 2012, het \u2018n groep van 14 ywerige Maties mekaar by die Neelsie ontmoet met rugsakke, toue en harnasse. Ons was ook bevooreg om vir twee internasionale studente van Noorwe\u00eb die ongerepte kant van ons land te wys. Daar was \u2018n gevoel van afwagting soos almal kennis gemaak het, die bussie vol geprop het en in die pad geval het Heksriviervallei toe. Ons was in die veilige en ervare hande van MD Greyling (BTK bestuur: Avontuuruuitstappies) en Hendrik Smith (BTK bestuur: Rotsklim) vir die twee dae wat voorgel\u00ea het.<\/p>\n<p>Ons is deur die Hugenote tonnel, Worcester en de Doorns voor ons op oom Retief Jordaan (oud-BTK lid) se plaas, Tweespruit, aangekom het. Hy en sy vrou het ons baie vriendelik ontvang, waarna ons onsself tuisgemaak het op hulle stoep vir die aand. Terwyl ons bederf was deur \u2018n helder kaasgeel maan was daar geswem, koffie gedrink en ge\u00ebet tot laat. Hendrik het weereens betower met sy kitaar terwyl Jolandi van Niekerk se goue ser-stem en Dani\u00ebl Kotz\u00e9 (BTK bestuur: Daguitstappies) se bekfluitjie die klanke ingekleur het. Na \u2018n vinnige inligtingsessie oor ons klimtoerusting het ons onder die sterre aan die slaap geraak.<\/p>\n<p>Francios du Plessis (BTK bestuur: Sketsskrywer) het die volgende oggend vir ons die naweek reg begin deur ons te begelei in lofprysing. Ons was ook aangenaam verras toe oom Retief se vrou vir ons heerlike pap gekook het voor ons almal met sak en al in oom Retief se trokkie gelaai is. Op pad na Ceres se kant van Matroosberg (die tweede hoogste piek in die Wes-Kaap, 2249m bo seevlak) het Aina-Marie Svendsen, die een Noorwe\u00ebr, ons baie be\u00efndruk met haar amper vlot Afrikaans na slegs ses maande in Suid-Afrika! Ons het ook tyd gekry om Johann Swart se avontuurkamera, die nuwe GoPro\u00ae, van nader te bekyk.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n warm dag en \u2018n waterpoel halfpad teen die berg uit het vir ons lafenis en ons eerste Game-break verskaf. Op pad na bo het ons ook verby die Suid-Afrikaanse Ski Klub se berghut gestap en \u2018n uitsig gehad op hul primitiewe ski kabel. Dit lyk na groot pret as die sneeu eers hier geval het! By die bo-punt het MD ons bekendgestel aan Grootkloof, ons tuiste vir die naweek. Die kloof \u2018n reuse stuk van die aarde voor ons voete ingesluk. Die indrukwekende prentjie het vir \u2018n paar goeie foto\u2019s gesorg. Met die inleidende krans het baie stappers hul eerste blootstelling aan abseil gekry en alhoewel dit aanvanklik stadig gegaan het, het almal hulself gate uit geniet. Sewe abseils en \u2018n paar middagbroodjies later was almal op hul gemak. Daar het nou net \u2018n baie lang skof van klouter, spring en gly vir ons voorgel\u00ea om by ons kampplek uit te kom. Die kloof het lewend geword rondom ons met paddas, slange en nuuskierige witkruisarende.<\/p>\n<p>Ons het die tyd gebruik om vir Elisabeth Prestgard, die ander Noorwe\u00ebr, \u2018n paar Afrikaanse uitdrukkings soos \u201cfyn pikkewyn\u201d, \u201cplesier my dier\u201d en \u201chaai daar slaaiblaar\u201d geleer. Sy het gesukkel om sin te maak uit ons vreemde taal. Dani\u00ebl en Francois het ook die tyd gebruik om met die resep vir \u2018n nuwe drankie, wat hulle \u201cA-Game\u201d gedoop het, vorendag te kom. Hierdie mengsel van sjerrie en Game (wat met oormatige gebruik ook as \u2018Shame\u2019 bekend kan word) beloof om nog as voorkeur sleesous vir die volgende paar generasies te dien. Skuins voor 21h00 het MD al die skape in die kraal gehad en ons was verbaas met hoe goed die kampplek uitgel\u00ea was. Anton Kraemer (BTK bestuur: Sekretaris), Rainer Graefe, Steven O\u2019Conner en Rigardt Hoving het gesorg dat die vuur aan die gang gekom het terwyl ander die ysige rivier aangedurf het om skoon te kom. Ons was gelukkig om ook vir Magriet Muller (BTK bestuur: Kosma) in die geselskap te h\u00ea. Sy het gesorg dat die Bacon Kips, Biltong en rys gereg tot sy volle glorie geniet kon word. Na beertjiepoeding en koffie was dit tyd om met \u201cA-Game\u201d te eksperimenteer-\u2018n reuse sukses! Almal het met moe\u00eb lywe slaapsakke toe gemik en, alhoewel die termometer nie saamgestem het nie, het sekere partye dit noodsaaklik gevind om liggaamshitte as teenvoeter vir die bittere koue te benut. Op die naat van ons rug het ons verwonderd na die uitspansel gestaar voor ons drome ons oorrompel het.<\/p>\n<p>\u201cDie son verreis met helder glans, hoera hoera hoera!\u201d. So het die manne die dag begin om die dames uit die bed te kry (alhoewel hulle self uit die bed gesing het). Ons het in die pad geval met die vooruitsig van \u2018n dag vol avontuur. Ons was nie telleurgestel nie. Die kloof het baie nou geraak en kristal helder poele, watervalle en reuse rotse wat bo ons koppe in die kloof ingewag was het die weg gebaan vir \u2018n paar onvergeetlike abseils. Die water was ongemaklik koud, maar gelukkig kon die Noorwe\u00ebrs vir ons \u2018n pikkewyn-dans aanleer om warm te bly. Anton het ons ook vermaak met \u2018n paar interessante abseil tegnieke. Die kloof het soos \u2018n storie verloop en ons deur eeu-oue waterboom woude geneem wat hulself so sterk in die oewer vasgeanker het dat Christiaan Rabie (BTK bestuur: Voorsitter) hulle nie eers sou kon skuif nie. Ons was selfs gelukkig om plek-plek \u2018n paar verdwaalde sonstrale op ons vel te kon voel. Na die abseils moes daar nog baie geswem, gegly en gespring word voor ons kon dink aan droog raak. Ons moes soos \u2018n trop bobbejane gelyk het soos ons die natuurlike struikelblokke probeer oorkom het. Ydi Coetzee, die \u2018pocket rocket\u2019, het \u2018n harde stamp op haar knie gekry, maar haar deursettingsvermo\u00eb tot aan die einde sou vir haar \u2018n medalje in \u2018n oorlog gewen het. Na wat soos \u2018n ewigheid gevoel het, kon ons die romerige pienk sonsondergang van die Heksriviervallei voor ons sien soos die kloof begin oopmaak het. Na \u2018n laaste paar kilometer deur digte oewerbos was ons verlig om die blaf van oom Retief se hond te hoor.<\/p>\n<p>Hy het ons by \u2018n berghut ontmoet wat hy en sy broers eiehandig gebou het en daarna met sy bakkie tot by die plaashuis geneem. So tam soos ons was het die manne nogsteeds uit volle bors \u2018So vat hom vas op ons klipharde gras..\u201d en \u201cHier sit die manne in die Royal Hotel\u201d agter op die bakkie gesing. Daar aangekom het die reuk van vars gebakte brood ons wese gevul en oom Retief en vir ons die goeie nuus meegedeel dat sy vrou vir ons potbrood gebak het. Sulke opregte en oorbodige gasvryheid het ons nog nooit ervaar nie! Die potbrood is met vars heuning, korrelkonfyt, koffie en goeie geselskap afgesluk. Ons hemelse Vader het darem vir ons as Suid-Afrikaners bederf met ongerepte natuurskoon en opregte mense.<\/p>\n<p>Dankie aan die volgende mense wat die uitstappie kon meemaak:<\/p>\n<p>MD Greyling<br \/>\nHendrik Smith<br \/>\nDani\u00ebl Kotz\u00e9<br \/>\nFrancois du Plessis<br \/>\nAnton Kraemer<br \/>\nMagriet Muller<br \/>\nJohann Swart<br \/>\nYdi Coetzee<br \/>\nJolandi van Niekerk<br \/>\nElisabeth Prestgard<br \/>\nAina-Marie Svensen<br \/>\nRigardt Hoving<br \/>\nRainer Graefe<br \/>\nSteven O\u2019Conner<\/p>\n<h4 style=\"text-align: right;\"><strong><em>Daniel Kotze<\/em><\/strong><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-1711","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1711"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1711\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1857,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1711\/revisions\/1857"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}