{"id":1816,"date":"2012-05-22T09:33:11","date_gmt":"2012-05-22T07:33:11","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1816"},"modified":"2012-08-05T11:46:18","modified_gmt":"2012-08-05T09:46:18","slug":"tafelberg-tranquility-cracks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2012\/05\/tafelberg-tranquility-cracks\/","title":{"rendered":"Tafelberg \u2013 Tranquility Cracks"},"content":{"rendered":"<p>Sondagoggend, 13 Mei 2012, het \u2018n groot groep studente gestaan en wag voor die Neelsie. Die wag was grootliks te danke aan die BTK se betroubare, blitsvinnige en byderwetse rekenaar. Uiteindelik was almal in die voertuie en soos \u2018n stoet in die rigting van die Kaap gery. Een groep het Duiwelspiek gaan klim, terwyl die ander 23 Tafelberg gepak het. Daar het ook 7 internasionale studente van onder andere Iran, Frankryk, Oostenryk en Itali\u00eb saamgestap. Die ongeluk het die Tafelberg groep al vroeg getref toe Magriet Muller (BTK Bestuur: Kosma) reguit Somerset-Wes toe wou ry met GPS en al. Van hier het dit \u2018n reuse poging geverg om al die voertuie, insluitend twee geselskappe uit die Kaap, voor Kirstenbosch se Rycroft hek bymekaar te kry. Een voertuig is toe daar gelos en die res het om die berg tot in Kampsbaai gery. Na die woonbuurte eers goed verken is, is daar by die begin van die Pipe track gestop. Carien du Toit het wel besluit om die woonbuurte \u2018n bietjie langer te verken.<!--more--><\/p>\n<p>Tienuur was almal meer as gretig om \u2018n bietjie bene los te maak en die groep kon in die pad val met Dani\u00ebl Kotz\u00e9 (BTK Bestuur: Daguitstappies) as voorbok en Isak Bosman (BTK Bestuur: Berghut) as slot. Die paadjie het verby \u2018n paar woudagtige ravyne gekronkel tot waar ons uiteindelik met Corridor Ravyn die agterkant van Tafelberg bestyg het. Daar bo het \u2018n mak klipspringer die groep ingewag en eers lank poseer vir foto\u2019s. Die groep kon toe sonder te veel moeite die Tranquility Cracks vind: diep rotsskeure in die berg met geelhoutbome wat daaruit groei. Daar is geklouter en geklim in die reeks tonnels en doolhowe tot die groep weer skielik die daglig in die o\u00eb moes kyk.<\/p>\n<p>Na \u2018n groepfoto het die voetpad die groep verby die eerste kabelspoor en Kasteelspoort geneem. Die bekende oorhangrots het weereens vir asemrowende foto\u2019s (en \u2018n paar senuagtige stappers) gesorg. Jos van der Westhuizen het bewys dat hoogtevrees nie in sy woordeskat is nie. Die pad lei toe tot by die Waterwerke museum tussen die Hely-Hutchinson- en Woodhead damme. Magies vol, sakke op! Nursery Ravyn se sprokiesagtige paadjie het die weg gebaan tot in Kirstenbosch Botansiese Tuine. Grietjie le Roux het seker gemaak dat sy haar eerste uitstappie onthou deur haar enkel tragies te swik op die laaste trappie van die dag!<\/p>\n<p>Die voertuie is weer in Kampsbaai gaan haal en na \u2018n gebed en gegroet is die N2 terug na Stellenbosch gevolg. Soos die vuurrooi son deur die agterruit gesak het was nog \u2018n onvergeetlike uitstappie agter die rug.<\/p>\n<p>Dankie aan die volgende persone wat die uitstappie meegemaak het:<\/p>\n<p>Isak Bosman (BTK Bestuur: Berghut)<br \/>\nJohann Groenewald<br \/>\nGerrie le Roux<br \/>\nGuiseppe Negriolli<br \/>\nSepehr Hashemolhosseini<br \/>\nJohn Marais<br \/>\nMosen Karimi<br \/>\nHerman Nieuwoudt<br \/>\nOlga Theron<br \/>\nJos van der Westhuizen<br \/>\nHamed Minai<br \/>\nFransis Gohier<br \/>\nTina Mayer<br \/>\nCarien du Toit<br \/>\nAmir Bahramisharif<br \/>\nNico Claassen<br \/>\nSanmarie Malan<br \/>\nJorica Grobler<br \/>\nDarius Coetzee<br \/>\nMagriet Muller (BTK Bestuur: Kosma)<br \/>\nGrietjie le Roux<br \/>\nDani\u00ebl Kotz\u00e9 (BTK Bestuur: Daguitstappies)<br \/>\nPieter Struwig<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><strong><em>Dani\u00ebl Kotze<\/em><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sondagoggend, 13 Mei 2012, het \u2018n groot groep studente gestaan en wag voor die Neelsie. Die wag was grootliks te danke aan die BTK se betroubare, blitsvinnige en byderwetse rekenaar. Uiteindelik was almal in die voertuie en soos \u2018n stoet in die rigting van die Kaap gery. Een groep het Duiwelspiek gaan klim, terwyl die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-1816","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1816","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1816"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1816\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1850,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1816\/revisions\/1850"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1816"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1816"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1816"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}