{"id":1963,"date":"2012-08-24T18:57:48","date_gmt":"2012-08-24T16:57:48","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1963"},"modified":"2012-08-24T18:57:48","modified_gmt":"2012-08-24T16:57:48","slug":"victoriapiek-daguitstappie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2012\/08\/victoriapiek-daguitstappie\/","title":{"rendered":"Victoriapiek Daguitstappie"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/08\/1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-1964\" title=\"1\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/08\/1-640x400.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"365\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/08\/1-640x400.jpg 640w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/08\/1-300x187.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/08\/1-480x300.jpg 480w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2012\/08\/1.jpg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Op Saterdag, 18 Augustus 2012, het die son geskyn en die voete laat juk na \u2018n lang week van gure weer en re\u00ebnbuie. By Jonkershoek se hek het 19 ywerige studente hulself reggemaak vir \u2018n heerlike dag in die berg. Die doel was om die hoogste piek in Jonkershoek, Victoriapiek (1591m bo se\u00ebspieel) op die kerfstok te kry. <!--more-->Na die Skepper bedank is vir sy handewerk het Dani\u00ebl Kotz\u00e9 (BTK bestuur: Daguitstappies rustig) die groep met die Panorama roete uitgelei tot by die kontoerpad. Naud\u00e9 van der Merwe (BTK bestuur: Daguitstappies rustig) en Francois du Plessis (BTK bestuur: Sketsskrywer) het om die beurt slot gevat om die bokke van agter in die kraal te kry. Aan die oorkant van die vallei kon ons die Eerste- en Tweede watervalle uit hul nate sien bars na die re\u00ebn! Op Bergriviernek kon almal \u2018n blaaskans vat en in die prentjiemooi Assegaaiboskloof se keelgat afkyk. Van die Dwarsberg plato kon ons dit vir die eerste keer duidelik sien: sneeu! Van die stappers het nog nooit voorheen met sneeu in aanraking gekom nie. Victoriapiek en baie van die ander hoogliggende pieke in die omgewing was goed gepoeier.<\/p>\n<p>Die groep het opgewonde verby die re\u00ebnmeter wat die hoogste re\u00ebnval in die land meet gestap met die fokus op die piek wat nou nie meer te ver was nie. Die laaste klim was steil, maar uit en uit die moeite werd. Victoriapiek het spierwit soos in \u2018n sprokie voor die groep gele en almal het die laaste 100m resies gejaag tot bo. Almal was nie so voorbereid vir die kniediep sneeu nie en moes maar naby aan mekaar sit tydens middagete, terwyl Francois \u2018n paar koppies rooibostee gestook het. Dani\u00ebl en Jacques le Roux het hul\u00a0survival bags\u00a0uitgehaal en toe was daar geduik (dit was immers naweek) en gegly asof dit pouse was in Alaska! Na almal hulself bederf het met Powerade (ja jy hoor reg, hierdie uitstappie behels nie Game nie)slush puppy, is die afdraendes aangepak. Kukrtrekker was die laaste groot uitdaging en daarna het die groep rustig verby die watervalle gesuiker tot by Witbrug.<\/p>\n<p>Terwyl daar uit volle bors saamgesing is op Evita se \u2018Don\u2019t cry for me Argentina\u2019 oppad terug, het die laatmiddagson die wit lagie op Victoriapiek laat glinster in die truspieeltjie. So hou mens naweek!<\/p>\n<p>Baie dankie aan die volgende mense wat deel gehad het in die stukkie hemel:<\/p>\n<p>Dani\u00ebl Kotz\u00e9<br \/>\nFrancois du Plessis<br \/>\nNaud\u00e9\u00a0van der Merwe<br \/>\nJacques le Roux<br \/>\nF.G. Adriaanse<br \/>\nRon\u00e9\u00a0McFarlane<br \/>\nLisa Kruger<br \/>\nFrancis Gohier<br \/>\nRobert Taferner<br \/>\nArno Pack<br \/>\nChristiaan Scholtz<br \/>\nLinda Zietsman<br \/>\nMarsy Olivier<br \/>\nLise-Marie Coetzee<br \/>\nLize-Marie Huisamen<br \/>\nCaity Wessels<br \/>\nClaire Gordon<br \/>\nRichard Rachlitz<br \/>\nCyrielle Metz<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Dani\u00ebl Kotz\u00e9 (24\/08\/2012)<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op Saterdag, 18 Augustus 2012, het die son geskyn en die voete laat juk na \u2018n lang week van gure weer en re\u00ebnbuie. By Jonkershoek se hek het 19 ywerige studente hulself reggemaak vir \u2018n heerlike dag in die berg. Die doel was om die hoogste piek in Jonkershoek, Victoriapiek (1591m bo se\u00ebspieel) op die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[12035],"tags":[],"class_list":["post-1963","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1963"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1963\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1966,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1963\/revisions\/1966"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}