{"id":2010,"date":"2012-10-03T13:39:38","date_gmt":"2012-10-03T11:39:38","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2010"},"modified":"2012-10-03T13:39:47","modified_gmt":"2012-10-03T11:39:47","slug":"keerom-junie-2012","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2012\/10\/keerom-junie-2012\/","title":{"rendered":"Keerom Junie 2012 Skets"},"content":{"rendered":"<p align=\"JUSTIFY\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Keerom, Junie 2012, \u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman<\/span><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Dinsdag, 12 Junie:<\/span><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Of jy nou hiernatoe gery, ge-<em>hitch-hike<\/em>het, dalk selfs \u2018n draai in Robertson gemaak het of al die pad van Israel af gestap, soos Hugo Minnaar, het, jy is by toerleier Christiaan Rabie se huis en jy kan uiteindelik jou asem uitblaas na die (hopelike) afgehandelde eerste semester. Jy stap verby die vuur wat lekker knetter, en soos wat jy in die huis kom hoor jy net orals die vrolike gelag van studente, jy weet nie by watter geselskap om aan te sluit nie.<!--more--><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Soos wat dit die BTK betaam, dankie Magriet Muller, word \u2018n gereg vandie boonste gestoeltes voorberei. Gebraaide ribbetjies, \u2018n mengelslaai en jou minder tradisionele aartappelslaai.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Terwyl die kokke en groupie-leiers almal se kossakke pak word daar solank \u2018n paar algemene re\u00eblings in die sitkamer deurgegee. Soos die feit dat daar more-oggend 5:30 geroer gaan word, wat\u2019s eksamen nou? Dis moeilik om die ou toeriste in toom te hou soos wat tradisies verduidelik word en die eerste toeriste lag maar net ongemaklik saam. MD Greyling en Kara Muller verduidelik skiet deur \u2018n wonderlike <em>obsticlecourse.<\/em>Anton Kraemer, Manrich van Greunen, Charlie de la Harpe, Isak Bosman en MD verduidelik items, net jammer hulle vang self nie die grappie nie. Johan Wiid stel himself aan as die AA, algemene aandassistent, en lig die toergroep in dat die AA net uitsleep en nie insleep nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Kossakke word uitgedeel en \u00earens ingedruk in die rugsak terwyl koffie en pannekoeke, danksy Anien Burger, in die kombuis geniet word. Mense begin een vir een inkruip op plekke waar dit stil en warm is, terwyl ander weer so opgewonde is en nog nie reg is vir bed nie. Hugo probeer ordentlik wees deur te vra of iemand al die bank gekleim het, Johan dwarsboom sy plan deur uit te roep: <em>\u201cShotgun!\u201d<\/em><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nag dames.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Woensdag, 13 Junie:<\/span><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Die nag is heeltemal te vinnig verby, maar jy weet dit gaan ook nie help om te stry nie enloop maar sleepvoet kombuis toe, jou gemoed word darem gelig deur die potmieliepap. Laaste verstellings en aanpassings word gemaak aan sakke terwyl daar na die sitkamer beweeg word. Jy\u2019s verlig dat jy nie in groepie twee is nie, wanneer hulle kok Anna-Marie Muller verward vra: \u201cWaar\u2019s my menu\u201d, nie \u2018n goeie vooruitsig nie. Gepraat van vooruitsig, klink dalk asof Dagbreek se ser ook in ie moeilikheid is as Peter Muller erken dat hy net <em>vocals <\/em>doen, terwyl hy met die kitaar sit.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Anna-Marie lees vir ons uit Psalm 29 en vra God se seen vir die toer.Tone-dienste word bemark deur Kara.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Laaste verstellings word gemaak aan rugsakke en daar word stadig uitbeweeg om op die trok te klim wat ons vat na die beginpunt. Jy klim agter in met jou kombersie in die hand en wonder waarom jy dit aan jouself doen om die Junie-vakansie met so vroe\u00eb koue oggend te begin, veral as jy na die mense rondom jou kyk. Soos byvoorbeeld Daniel Schoomwinkel met sy manlike pienk hoed. Jy draai maar jou lyf na die anderkant en geniet die pragtige uitsig geraam deur die trok se seile of jy skuif nog nader aan iemand en probeer kyk of jy nog so laaste bietjie kan slaap, net om weer onderbreuk te word deur \u2018n poging tot \u2018n <em>Mexican wave. <\/em><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Kom by die Reynecke se plaas, Mooiplaas, aan, laaste draaie word geloop en eerste foto\u2019s word geneem. Janneke Lotter s\u00ea sy\u2019t per ongeluk in die seun se kamer ingegaan, maar niemand kan seker wees nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Christiaan skree die eerste keer \u201csakke op!\u201d, en met \u2018n gekreun kom die sakke wat later soos \u2018n dop gaan pas, op die rug en ons begin met \u2018n stewige pas. Nee kyk, bergklim is nie vir sissies nie, maar gelukkig was daar mos \u2018n keuringuitstappie en die vooruitsig van \u2018n <em>game-break <\/em>wat ook nie vinnig genoeg kan kom nie. Ons hou ordentlikheidspraatjie, en hierdie toer was vir seker \u2018n bevestiging van die feit dat as daar gekoning moet word, dan word daar gekoning! Sommer so in die klein spasie en tussen en oor die klippe. Oom Hannes en tannie Erna staan eenkant en raak bietjie bekommerd oor die id\u00e9e dat Christiaan elke vakansie weggaan na hierdie mense.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Beskutting teen die wind word gesoek en fizzers word uitgedeel. Die deftige stoeltjie, wat net by Worcester se GAME gekoop kan word is vir R75 is toe ook nie meer sy sout werd nie. Aina Marie Svendsen is verstom oor hoe ons altyd die verkleinende vorm gebruik in Afrikaans om iets beter te laat klink en probeer ook deur te s\u00ea sy\u2019s gatjievol. Christelle Leuvennink wens dat Peter haar broer was vir sy hande.Christelle spreek ook vir Anton aan: \u201cAnton, antwoord jou <em>calculator\u201d,<\/em> Anton staan met die radio in sy hand, kyk na haar en skud net sy kop,op die Anton-manier.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Ons begin weer stap, of eerder klim. Jy bederf jouself elke nou en dan met \u2018n mini-Kersfees deur te gaan stilstaan en terug te kyk na die pragtige Hexriviervallei en kan klaar voel hoe jy besig is om die deur van die besige w\u00eareld toe te maak en reg te maak vir \u2018n herlaaide gemoed. Mens begin wonder of Anton die begrip van slot reg verstaan, darem is Leroy de Wet daar om sy sleuteltjie, Kara, geselskap te hou. Leroy kom agter dat hy nogals goed is met <em>multitasking<\/em> en dat hy dus \u2018n woh-man moet wees, onbewus van wat hy erken.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Darem nie te lank na dit nie, stop ons darem vir middagete en die koue vingers probeer so gou as moontlik die roomkaas op die broodjies kry. Terwyl die uitkyk begin onder leiding van Reinhardt Venter, soek die res soos dassies \u2018n kolletjie in die son met die hoop dat dit sal help. Johan wat teen hierdie tyd seker al klaar 200 foto\u2019s geneem het, is weer agter die lens. Christiaan, aan die anderkant van die lens, \u201cs\u00ea\u201d dat hy per ongeluk <em>pout <\/em>op Johan se foto\u2019s&#8230; Ek wonder.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nadat die oggend begin is op 600m eindig ons die dag op die hoogte van 1700m \u2013 nie sleg nie! Die tente staan skaars en die dames skiet af water toe om hopelik te kan bad in die laaste bietjie son, min wetend hoe vriesend die water gaan wees, maar&#8230; dame is dame. Koppies koffie word geniet en ons skuif na \u2018n meer waardige uitkykpunt om die sonsondergang oor die vallei te waardeer. Natuurlik word die geleentheid ook aangegryp vir die eerste groepfoto, gelukkig is dit makliker om 30 mense stil te kry, hoekom mens altyd ook moet stil wees vir \u2018n foto, weet ek ook nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Anna-Marie spreek haar begeerte oor \u2018n <em>latex-suit <\/em>uit vir hierdie koue, bietjie vreemd, maar nie so vreemd soos Isak se opmerking: \u201cEk sal dit gebruik om banke te beroof\u201d nie. Miskien moet ons dalk Bonnievale se polisiedienste kontak?<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Almal stook sommer saam vanaand en daar word \u2018n nuwe gereg voorberei met cous cous. Om te dink&#8230; ons was daar! Peter is baie ernstig oor sy blikwasser-status, seker omdat hy weet as hy d\u00edt verloor, hy nie veel oorhet nie. Johan is baie trots om te s\u00ea dis die koudste aand, ek wonder of dit dalk \u2018n lokval is vir \u2018n blondine, want&#8230; is dan die eerste aand? MD probeer baie hard om \u2018n gaslampie aan die gang te kry, maar dis te vergeefs en Julian van Zyl roep uit: \u201croep uit: \u201c<em>You\u2019re doing it wrong!<\/em>\u201d Min wetend dat hierdie s\u00ea-ding nog sinoniem gaan word met die toer. Jy besef dat mens kan die mens uit die dorp uithaal, maar jy kan nie die dorp uit die mens haal nie soos wat Christiaan en die meerderheid van die toergroep in ekstase is oor sy <em>disco-<\/em>horlosie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Ons beweeg na die sleekring toe en jou rug knak sommer van die gaan l\u00ea na die heeldag se rondstaan en sit, oja, en natuurlik die stap. Daar word net twee items opgevoer, Isak vertel waar die Heksriviervallei sy naam gekry het en Hugo <em>r<\/em>ol so lekke<em>r<\/em> deu<em>r<\/em> \u2018n <em>r<\/em>ooi b<em>r<\/em>andwee<em>r<\/em>lo<em>rr<\/em>ie-g<em>r<\/em>appie. Die items is nie te wonderlik vanaand nie, hopelik is dit maar nog die bomskok van die eksamen, of die koue wat stadig opkruip in die vallei en sommer veroorsaak dat daar ys op die tente is toe ons vroegaand al gaan slaap. Gelukkig sal dit seker nie moeilik wees vir die eerste toeriste om dit te oortref m\u00f4re-aand nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Die toergroep kry weer \u2018n tweede asem toe edelagbare Rabie hekels oopmaak en sommer ook hanteer. Om net \u2018n paar te noem: Manrich van Greunen vir MD: \u201cEk het ook \u2018n blaas\u201d. Elnari Potgieter vra vir Rita Dreyer hoekom sy so bekommerd was dat iemand haar en Manrich se gesprek sou hoor en hulle dan daaroor sal hekel. Dit was ook \u2018n dag van erkennings, soos Kara wat erken dat sy lelik loop, Julian wat m\u00f4re-oggend 04:00 gaan opstaan. Peter wat dink dat eerstens, Hugo baie mooi o\u00eb het en tweedens dat Christelle haar hande op baie beter maniere kan warm maak as op sy bene. MD het iets te s\u00ea vir Tanja&#8230; Ingenieurswese doen snaaksse goed aan \u2018n mens.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Elnari lees vir ons Habakuk 3:19 en mens kan net in verwondering staan oor hoe ons vandag soos ribokke oor die klippe is tot hierdie ho\u00eb hoogte.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nag dames.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Donderdag, 14 Junie<\/span><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Soos wat die meisies wakker word kan dalk verwarring ontstaan aangesien dit klink asof die stokers sommer hier in dameskamp stook en dan sommer daar hulle liedjie oefen ook. Maar dit word gou vergeet en vergeef soos wat jy jou tent ooprits en \u2018n prentjie voor jou sien wat so onbeskryflik isdat jy weet net die mense wat by die BTK is, sal kan verstaan. Die uitsig help ook om vinniger uit die tent kom, na \u2018n yskoue nag.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Die tente sak vinnig, maar nog nie na wense nie.Ons begin bymekaar kom vir oggendgodsdiens en wag in spanning vir die son om tot in die vlakte te kom. Christelle lees vir ons Psalm 121 en ons leer sommer \u2018n nuwe weergawe van <em>Ek kyk op na die berge, <\/em>want ons leer graag.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Laaste verstellings word gemaak en as jy gedink het dat ons dinge op hierdie toer met matigheid doen, of ten minste die dag so begin, dink weer. Soos wat ons met die berg opstap, is ek so uitasem dat daar net een ding op \u2018n slag deur my kop kan gaan, en dit is: M\u00f4re doen ons opwarming, want as my bene weer so brand&#8230;<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Maar gelukkig doen ons mos dinge saam by die BTK, en jy sluit gou aan by \u2018n groepie om saam te gesels, of miskien net om \u2018n \u201cja\u201d saam met jou asem uit te blaas. Groot opwinding ontstaan ook toe daar ys rondom ons l\u00ea. Jy loop maar so koes-koes deur die vlie\u00ebnde voorwerpe, maar dis ook nie so maklik nie, aangesien die meeste van agter kom. Dit neem \u2018n rukkie om te besef dat ons nie naby aan die pad is en dat daar \u00earens \u2018n groot ongeluk was nie, maar dat dit die alarm bo-op die piek is wat so skreeu. Daar word heen-en-weer oor die sirenes geskree, en ja \u2013 ons is nou op die Ben Heatly piek, ja \u2013 daardie is die Brandvleidam wat jy daar onder sien, en ja- ons gaan game-break hier hou. Weereens is dit \u2018n kwessie van oorlewing van die sterkstes soos wat die groepies skarrel om \u2018n relatiewe windbeskutte plekkie te kry in die wind wat sommer om elke klip sny, maak nie saak aan watter kant jy sit nie. \u2018n Groepfoto word blitsvinning geneem en verbasend genoeg, gee jy nie eintlik om om weer die rugsak op jou rug te kry nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Ons stap verder tot by die Keerompiek waar daar \u2018n bietjie meer ordentlike tipe sneeu l\u00ea. En natuurlik word die geleentheid aangegryp om \u2018n paar sneeuballe te gooi, <em>profile<\/em>-foto\u2019s te neem en \u2018n sneeuman te bou. Nadat die sneeuman se kort, maar genotvolle lewe deur Leroy be\u00ebindig word, word daar verder gestap om laer af middagete te eet, want ook hi\u00e9r sny die wind van alle kante.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">By middagete gekom, is daar \u2018n pragtige uitsig na \u00e1lle kante toe, en verwarring ontstaan oor watter kant nou beter is om na kyk. Die bonus is dat jy maar enige kant toe kan kyk, jy sal weet waar die kos is, want ja&#8230; vanmiddag eet ons kerrievis, heerlik. Middagete loop maar sy normale gang, groepies wat <em>ching-chong-cha<\/em> speel vir laaste blokkies sjokolade, game drink, \u2018n plekkie gesoek word vir \u2018n vinnige middagslapie, en eenkant, op hulle eie, staan die uitkykkring waar MD wys wat ware vriendskap is en Reinhardt se <em>marmite<\/em>-besmeerde wang vir hom skoonlek.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Ons stap af na vanaand se kampplek,wat bietjie vreemd is, want m\u00f4re stap ons dan weer op? Gelukkig hou ons daarvan om te leef in die hede en nie te bekommer oor m\u00f4re nie. Peter besef dat die eerste toeriste nog nie reg is vir die soetheid van die wraak nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Stuk-stuk kom almal onder op die vlakte en ook die kampplek vir vannaand. Tente word opgeslaan en voorbereidings vir die aand word gemaak. Sakkie spreek Johan aan om nie so in dameskamp in te kyk nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Kos word gemaak, terwyl groepies een en twee rustig sit en sing met die kitaar, is Julian van groepie drie besig om \u2018n ding laf te stook, amper soos Usain Bolt, hy kompeteer eintlik maar teen homself. Rensa Pronk ontwerp ook die eerste <em>smash catapult<\/em>, en die eerste skoot is sommer raak. Die gevolg van die Bolt-stokery is dat groepie drie al klaar poeding ge\u00ebet is en nader skuif aan die vuur teen die tyd wat die ander groepies bakkies aangee vir pasta. Ongelukkig, vou \u2018n groepie twee-lid eerste deur oor te stap na die anderkant&#8230; welkom Janneke! Nie te lank daarna volg Ydi Coetsee, nog \u2018n groepie twee-lid, en erken teenoor groepie drie: \u201cJulle is \u2018n lekker groepie.\u201d<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Toe almal uiteindelik klaar ge\u00ebet is, word die slaapsakke uitgegooi vir die groot WRAAK-aand! Peter,<em> conveiner, <\/em>open die aand met \u2018n sogenaamde <em>one liner, <\/em>wat toe meer klink na \u2018n paragraaf, maar nie te min&#8230; die bal is aan die rol. Maar blykbaar is dit ook nog nie ty nie, oom Hannes is nie lekker seker vir wat hulle wag nie, en Gustav Widd wag net om sy slee<em>sap <\/em>te drink, tsk tsk&#8230; eerste toeriste. Jy verstaan waarom Christiaan sy, en ek haal aan: \u201cstukkie dans geniet\u201d met Oom Hannes en tannie Erna wat \u2018n hele paar bewegings demonstreer, byvoorbeeld: Sny, smeer,saai, pluk, maak die boksie toe en vlieg. Verder hou hulle parade, en vaar goed in hulle kamoefleersessies.Tussendeur word daar kaas en jellytots ge\u00ebet by die vroue leer en Carien du Toit maak \u2018n paar ouens skaam met haar opstote vermo\u00eb.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Weereens, is ons bevoorreg om nog \u2018n eerste te ervaar op hierdie toer met die Koning wat sommer \u2018n nuwe wysie en woorde kry. Hulle kan ook bly wees dat hulle Dani\u00ebl betyds ge\u00efdentifiseer het, anders sou hy sake net nog moeiliker gemaak het. Gelukkig is Charli de Vos heel nootvas.Peter raak so mee gevoer dat hy sommer sing: \u201cMaar jy\u2019s \u2018n vabond&#8230;\u201d En soverklaar nog ses mense dat hulle baie dinge opreg weet en word deel van die BTK en ons groet hulle met die soetheid.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Terug in die slees laat Anna-Marie en Anton nie op hulle wag nie, en plant sommer gou vir hulle \u2018n groentetuin met groente en vrugte soos: Peter, die pofferige papaja. Gustav, die <em>goodstuff guava<\/em>.Karien, die <em>cuming chilly<\/em>. Rita, die rasende <em>radish<\/em>. Anien, die aantreklike aarbei en Charlie, die <em>charismatic cucumber. <\/em>Hulle is goed geplant en begin groei en Peter neem sommer bietjie inisiatief en vertel die storie van die groentetuin verder, <em>well played. <\/em><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\"><a name=\"_GoBack\"><\/a>Die ou toeriste val ook in met Charlie de la Harpe en Christiaan wat \u2018n gebed opstuur, en \u2018n <em>ninja<\/em> en <em>summurai<\/em> speel ook bietjie om die vuur. Magriet besluit dat sy nog altyd al die aandag op haar wou h\u00ea en doen sommer haar eie kort en kragtige item waar sy doelbewus in die miershoop vasloop en verder rol. Verder sukkel blondines om te werk in die donker, is Cyril ook baie trots op sy <em>2<\/em><sup><em>nd<\/em><\/sup><em> hand shoes<\/em> en Anton, Ydi, Rita en Gustav bied \u2018n <em>Who\u2019s line is it anyway<\/em> aan, wat darem bietjie opwarm na \u2018n tydjie, met woorde soos: <em>baby, <\/em>en hele paar ander interessante woorde van die gehoor.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Dani\u00ebl open hekels deur vir Christiaan hoekom hy sou s\u00ea dat Anton beeldskoon is. Die <em>Who\u2019s line is it anyway <\/em>kom ook vir Anton duur te staan, aangesien Julian graag wil weet waarom hy vir Ydi <em>baby <\/em>sou noem. Karien vra ook vir Rita hoekom sy so gewillig sou wees om vir Dani\u00ebl \u2018n tand te gee. En Elzaan Bouwer word aangehaal deur Elnari oor die feit dat dit \u2018n op en af toer is.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Leroy lees vir ons uit Psalm 1.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Dis moeilik om jouself weg te skeur van die lekker warm vuur, maar jy maak vir oulaas warm en stap dan maar sleepvoet tent toe.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nag dames.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Vrydag, 15 Junie<\/span><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Jy kan dit amper nie glo nie, maar ja \u2013 die son verrys w\u00e9l met \u2018n helder glans en jy sien sommer meer uit na die dag. Maar moenie laat die son jou flous nie, dis nogsteeds bitterlik koud en groepie drie, onder leiding van Anton, geniet \u2018n Amarula-koffietjie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Peter lees vir ons uit Prediker 4:9-12 en hoe gepas is dit nie in hierdie dae wat ons so afhanklik raak van mekaar, en juis makliker jou hand uitsteek na iemand toe.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Tannie Erna gee die raaisel dat mens moet probeer 25 kry met die getalle 2,4,6 en 8 deur elkeen net eenkeer te gebruik. Min weet sy hoe baie dit van die mense vandag gaan pla, dat hulle omtrent nie eers kan gesels met die rondom hulle nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Christiaan kondig aan dat ons vandag n\u00e9t tot in die nekkie gaan stap en dan weer af, verligting is groot onder die groep en dis aansienlik makliker om aan die gang te kom. \u2018n Hele paar ure later, nadat jou bene stukkend gekrap, \u2018n paar waterstroompies oorsteek is en jy nie meer kan onthou hoe dit voel om op gelyke grond te stap nie, is jy nogsteeds nie by die \u201cnekkie\u201d nie, en begin wonder of hy een of ander grappie probeer maak het. Maar daar word nie gekla nie, want oor jou linker skouer kyk jy uit op die Nonna-vallei wat mooi uitgesprei l\u00ea en in jou kop elimineer jy die kragpale, of jy dink hoe goed dit sal werk vir \u2018n foefie-slide. MD maak die opmerking dat Reinhardt nie krapmerke nodig het om rof te lyk nie, aangesien hy kuite het, dus dra hy wat MD is maar \u2018n kortbroek.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Uiteindelik, na \u2018n paar uitkykpunte, is ons toe in die langverwagte nekkie wat eenkant uitkyk na Worcester se kant toe, en middagete word voorberei. \u2018n Poging tot \u2018n middagslapie word aangewend, maar as dit nie onderbreuk word deur Kara se klokhelder lag nie, is dit Christiaan wat dit kortknip deur die \u201cStap oor \u2018n halfuur\u201d verander na \u201cStap oor tien minute\u201d, dalk is daar fout met daardie disco-horlosie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nie te min, ons begin weer stap met \u2018n stewige pas op die <em>Jeep-track <\/em>en daar word weer gesing en gesels soos in die ou dae met die son wat helder begin skyn dat jy weer hoop kry en dit begin oorweeg om maar daardie diep weggepakte sonbrandroom uit te haal.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">In \u2018n japtrap is ons weer onder in die vallei en moet ons \u2018n rivier oorsteek wat nie daar was tydens die recce nie, want blykbaar het die boer besluit: \u201cDjy ry nie!\u201d Magriet vang ons omtrent omkant met damesskiet en die laaste entjie word al geselsend klaar gestap na die nuwe kampterein onder akkerbome en sommer by die water. Jy\u2019s dalk bly oor die gerieflikheid vir jou beplande bad, maar dink net hoe bly is die waterdraers!<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Die koue water word aangedurf en hare word gewas, wat natuurlik groot opwinding vir \u2018n paar <em>hair flip <\/em>foto\u2019s veroorsaak.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Met \u2018n skoon lyf, \u2018n vars gemoed en \u2018n geurige aroma reuk word daar begin met die kosmaak, al drie groepies is sommer saam om die vuur vanaand. Jy besef dat jy maar die reuk van laventel bio-afbreekbare sjampoo gou gaan verloor met hierdie vuur, maar hoe kan jy dan nou wegbly van hierdie mense af?! Rensa en Julian is weer blitsig vinnig vanaand en groepie drie sit weer en kyk hoe die ander eet \u2013 gelukkig met vol mae. Reinhardt is baie ernstig daaroor om die laaste bietjie pastasous uit die pakkie te kry, want&#8230; ons mors nie graag nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Met s\u00f3 soet poeding is die idee van items vir die aand nogals vreesaanjaend, soveel suiker kan gevaarlik raak. Maar vir eers kuier en sing ons rustig verder om die vuur en absorbeer soveel moontlike hitte. Christiaan se horlosie is darem \u2018n bietjie meer op tyd as vanmiddag, en die laaste halfuur gaan darem nie te vinnig verby voordat daar in die slees geklim word nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Christiaan en Babes sit in die klas met meneer de la Harpe wat wiskunde vrae vra oor kabeljouse en afstande tussen Paarl en Worcester. Daarna kom Anton, ag skuus, Klippies laat vir klas. Vanaand word daar ook \u2018n paar sing items gedoen, met Dani\u00ebl, Manrich, Janneke, Aina, Rita, LeRoy, Anton en Ydi wat Walzing Matilda uitvoer met \u2018n paar uitbeeldings en nog sing ook The Pianoman, min gepla dat die liedjie \u2018n h\u00e9le paar versies het.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Reinhardt verkoop koppe sommer in Koran, die Russiese geldeenheid, aan Anna-Marie en Rensa wat \u2018n nuwe kop soek vir \u2018n blonde vriendin, of is dit dalk Moksie? Daar\u2019s \u2018n wye verskeidenheid van koppe, Peter, Anien, Rita en Karien is ook baie trots op hierdie oomblik.\u2018n Paar ouens vaar in die vreemde met hulle kanoes en Anton is so angsbevange oor die inboorlinge wat hulle gevangenis geneem het dat hy skoon die <em>punch line <\/em>vergeet. Anien word \u2018n arme teiken van hedensdaagse tegnologie, naamlik die koplampie wat vry in die donker aansienlik verander het.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Hekels begin op \u2018n hoogtepunt met Peter wat wil weet wat Anton bedoel het toe hy vir Christiaan ges\u00ea het hy het nogals trampoelienlippe. Elnari vra vir Dani\u00ebl hoekom hy vir Rita gefluister het dat hulle nog nie onwettigs doen nie en ook dat hy alles weet, en Isak wil by Ydi weet waarom sy so graag wou weet of dit sy tent was. Peter het ook \u00earens deur die dag vir Christelle gevra om haar been ho\u00ebr op te lig, minwetend dat Leroy staan en luister. Anton het ook \u2018n paar vrae, eerstens vir Charlie wat vir Jacomien s\u00ea dat hy die man jammer kry wat haar bos toe moet vat en tweedens vir Rensa wat vir Peter verduidelik dat sy hande groter is as hare en dat dit beter werk.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Jacomien lees uit Psalm 139 oor die besonderse manier hoe ons aan mekaar geweef is en die wonderwerk wat dit is dat ons veilig afgekom het vandag.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Laaste hitte word weer opgebou, en die buite-slaap word vanaand deur \u2018n hele paar aangepak.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nag dames.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\"><span style=\"text-decoration: underline;\">Saterdag, 16 Junie <\/span><\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Jeugdag word begin met \u2018n minder jeugdige gesing deur Sakkie, Reynhardt, Jullian, Rigardt en Anton, of dalk juis meer jeugdig omdat so baie van die woorde ontbreuk of verander is. Oom Hannes veroorsaak dat daar ho\u00eb verwagtinge is van Christiaan as hy \u2018n koppie koffie vir vroulief in die tent vat.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Jy kan amper begin dink dat dit \u2018n <em>sauna <\/em>is by die vuur soos wat die stoom opstyg uit almal se handoekies, matrassies, slaapsakke en selfs \u2018n hemp of twee wat buite vergeet is. Met die kamp opgeslaan kom ons bymekaar en MD lees vir ons uit Jesaja 42 en herhinner ons daarop dat dit nie soveel moeiliker is om in die dorp ons gedagtes op God gevestig te hou as wat dit hier is nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Jy weet jy moet opgewonde wees oor die dag wat voorl\u00ea, maar dit bly moelik om weg te gaan van hier af en te sien hoe die vuur doodgegooi word, aangesien jy nog nie heeltemal ontdooi het nie. Ons stap met die grondpad en besluit om \u2018n uistappie na die forelplaas te maak. Gelukkig sonder rugsakke wat oom Hannes meer as gewillig is om op te pas, seker omdat hy wee twat kom. Die forelplaas is interessant, maar ook nou nie om oor huistoe te skryf nie, behalwe miskien die klein vissies en eiertjies, veral omdat die twee bewaringsekolo\u00eb ook nie veel het om te vertel of te verduidelik nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Terug by die rugsakke, word \u2018n vinnige groepfoto geneem, maar sonder sakke, want as iemand nog nie vir jou ges\u00ea het nie, ons is eintlik die Berg en Foto Klub.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Ons bly op die grondpad en stap al langs die dam en kyk kort-kort terug om weer \u2018n merker of idee te kry van waar ons gister was, daar doer bo, en ja&#8230; jy voel nogals goed oor jouself! Bo by die damwal gekom, word provitas uitgeruk en die smeerdery begin vir middagete. Kara maak tone oop met die Bybel in haar hand, miskien vir die meer ernstige kwale?<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Hugo, ahem, groepie drie-lid, kom met die oplossing vorendag van die 25 raaisel van tannie Erna. Die oplossing is as volg: . Tannie Erna is dadelik reg met haar volgende uitdaging en vra dat bereidwilliges moet nader staan. Hierdie uitdaging is meer fisies waar \u2018n sigaretaansteker wat \u2018n armlengte van jou af geplaas word opgetel moet word met die mond terwyl jy op jou knie\u00eb bly. Johan is dadelik op grondhoogte om Christelle, Reinhardt, Hugo, Elnari, Magriet, Elzahn, Leroy, Ydi, MD, Anton, Kara en oom Hannes se probeerslae te dokumenteer. Party kry die vinniger reg en ander sukkel maar nog. Die opmerking word gemaak dat dit vir seker iets is wat almal die vakansie gaan oefen.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Nadat al die foto\u2019s geneem is, \u2018n draai onder gemaak is, \u2018n middagslapie probeer is, en \u2018n hele paar ouens verbaas is deur \u2018n jong dame se bestuursvermo\u00eb, word die rugsakke opgetel en ons val weer in die pad.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Ons stap uit die vallei uit en sien darem daar in die verte die slaapplek vir vanaand, dis nou nadat dit nie die eerste huisie was nie. Skielik is daar klomp honde om jou, en jy besef: ons is nou naby! By die kampterein gekom, met sy grasperk, akkerbome, \u2018n swaai en vreemde iglo-struktuur word daar \u2018n hele paar keer op en af gestap en gewik en weeg oor wie waar slaap, maar die sagte gras pla nie.En met so mengelmoes van Afrikaans en Engels verstaan Christiaan en die oom mekaar darem oor die re\u00eblings en geriewe.Christiaan doen die voorspelde en maak skiet oop, en dis net stofstrepe waar jy kyk soos wat daar gejaag word \u2013 die oopte moet mos benut word!<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Met die opwinding verby, word die tente opgeslaan en seep word uitgehaal om vir oulaas te bad en warm aan te trek. Die ouens pak die padjie aan na die groot, volgens die engelsman, poel aan, en kom ongelukkig teleurgesteld terug. Daar word ook ordentlike vuur gemaak, want vanaand, hier in die middel van die berge, braai ons forel eerstens en tweedens is dit die laaste aand. Jy kry amper \u2018n traan in jou oog as jy dink dis die laaste aand, maar niemand waag dit om dit hardop te s\u00ea nie. \u2018n Entjie weg van die vuur, so tussendeur die akkerblaar geritsel hoor ek hoe die lag aangewaai kom, en ek besef: hierdie mense is spesiaal, en ons&#8230; ons deel iets uniek!<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Mens vergeet amper dat die vis net \u2018n voorgereg is, en teen die normaal word daar maar gesukkel om die bekende <em>Bacon kips <\/em>en biltong gereg te eet vanaand.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Kara spreek uiteindelik vir Johan aan oor die feit dat dit Leroy is, en nie Leeroy nie. Johan verdedig deur te noem dat dit meer Hillbilly-rig klink, waarop MD antwoord dat Leroy nie \u2018n Hillbilly is nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Klaar ge\u00ebet skuif die meerderheid weer nader aan die vuur en stories, grappies en lewenservaring word gedeel so met \u2018n liedjie tussendeur terwyl Johan almal maan om stil te sit vir \u2018n fotografie eksperiment.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Die \u201claaste aand\u201d-koors loop hoog met items vanaand en mens voel amper asof jy in \u2018n tou moet staan met Jan van Riebeeck wat leiding neem, en Sipho, Jan, Piet, Koos en Sarel, maters van verskillende kraters, kort op sy hakke. Selfs oom Hannes speel ook saam en doen \u2018n item as die <em>Ringmaster.<\/em> Anien is die ligtoring wat aangesteek word en sy gooi lig in die biblioteek waar \u2018n blondine \u2018n burger en tjips soek. En natuurlik gaan maak ons ook \u2018n draai in die dieretuin met mamma en Pokkel wat \u2018n troeteldier soek, so tussendeur die kameelperd, nagapie, seekoei en hadida. \u2018n Bus word ook verby gevat, of altans, daar word probeer om \u2018n bus verby te vat.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Hekels word begin deur vir Kara te vra waarom sy so graag vir Christiaan op sy knie\u00eb in \u2018n stort te sien. Anton word uitgevra oor wat sy ma sou s\u00ea oor die tee wat so snaaks is, dat hy met elke slukkie aan die lag gaan. Magriet wil graag by Jacomien hoor hoekom sy soos \u2018n hond voel en Gustav vra vir Kara hoekom sy dink haar anderkant nie so stout is nie.<\/p>\n<p align=\"JUSTIFY\">Natuurlik moes daar voldoen word aan die Berg en Trou-klub stereotipe, so \u2018n paar trougesprekke is gevoer en gevolglik ook aangehaal. Eerstens, Anna-Marie wat erken dat sy maar met \u2018n pakkie suurwurms die groot vraag gevra kan word, Christelle haal oom Hannes aan deur te uit te roep: \u201cCheap, cheap!\u201d Tweedens het Rensa ook vroe\u00ebr erken dat sy maar met een vir die span sal vat en met Christiaan sal trou, maar daar word vasgestel dat dit eintlik Christelle was.<\/p>\n<p>Laastens word daar vir die edelagbare gevra wat hy self bedoel het toe hy, met die \u201cdag van m\u00f4re\u201d-praatjie ges\u00ea het dat ons m\u00f4re \u201cnet tot in die nekkie stap\u201d.<\/p>\n<p>Kara vertel dat ons ons roeping moet soek, dit vind en dan ook vrede daarin kry deur te verwys na Efesi\u00ebrs 4:1-12.<\/p>\n<p>Vir oulaas, word daar nog tyd spandeer rondom die vuur met jou gedagtes diep in die vlamme en die kitaar en bekfluitjie in die agtergrond, en weerlig wat in die verte flits gevolg deur die sagte klap van die donderweer.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><span style=\"text-decoration: underline;\">Sondag, 17 Junie<\/span><\/p>\n<p>Die donderweer van gisteraand het toe nie ver gebly nie en om en by 02:00 ontsaan daar omtrent chaos toe die re\u00ebn hier by ons is en meeste van die ouens moet skuiling soek. Maar nie te min, ons slaap verder om \u2018n paar ure later wakker te word in \u2018n nat w\u00eareld, maar darem re\u00ebn dit nie meer nie.<\/p>\n<p>Met kamp opgeslaan sing ons vir ou laas en lees Christiaan Psalm 27, wat vertel oor hoe afhanklik ons van God kan en moet wees vir beskerming en leiding.<\/p>\n<p>Laaste papiertjies word opgetel en bottels word volgemaak en ons begin met die klim. Vandag se nekkie kom darem gemakliker en vinniger as nou die dag, miskien omdat jou rugsak, wat aan die begin so vreemd gevoel het, waarlik nou soos \u2018n skilpaddop sit, en natuurlik die kos wat uit is. Bo gekom, kyk jy vir oulaas terug en probeer dit op in jou geheue inbrand. Ons beweeg maar so sit-sit, gly-gly af in die mooi klofie, met uitsigte wat net aanhou om te verbaas.<\/p>\n<p>Ons beweeg so heen-en-weer oor die klippe al laer en laer en van die voorste ouens moet solank hulle skoene uittrek om deur die rivier te beweeg. Peter \u2013 what-a-champ-Muller is tog so gaaf om \u2018n paar mense droogvoets oor te dra.<\/p>\n<p>Jy wil eerder nie terugkyk nie, want die idee dat jy \u2018n paar minute daar bo was, en dit tot hier gemaak het, slaan jou asem weg. Aangesien Peter eerskomende Dinsdag verjaar, word hy sommer gekies as verjaarsdagmaatjie en word op die BTK-manier geluk gewens.<\/p>\n<p>Die laaste ent word heel vinnig met die <em>jeep-track <\/em>aangepak, maar die spoed word ook so nou en dan gebreuk met die rivier-oorkruisings, gelukkig leef ons mos vir avontuur, en kan jou skoene nou maar natword.<\/p>\n<p>By die trok gekom, skarrel die ouens rond om die ligste sak moontlik te kry, maar dit is Hugo wat almal uitoorl\u00ea met die <em>gentlemen\u2019s challenge<\/em>, wonder of hy dit dalk geoefen het in Israel \u00earens tydens die 1000km?<\/p>\n<p>Ons word bederf met pakke tjips, bier en koeldranke. Nadat Aina en Ydi maan toe gestuur is, word daar heel jolig op die trok geklim en die singery begin sommer dadelik. Sakkie vat voor met Royal Hotel se woorde en die res val maar weer in by die koor. Aina wil graag help, net jammer sy\u2019s aan die verkeerde kant van die hek en vir die soveelste maal herklink Julian se uitroep: \u201cYou\u2019r doing it wrong!\u201d MD erken dat as hy nou nog \u2018n bier sou drink, hy sal slaap soos \u2018n vet seuntjie. Daar word ook besluit dat dit dalk eerder Kara-lag-is-snaakser-as-die-grappie Muller moet wees. En met nog vele skaterlagte, liedjies en geselsies is ons \u2018n japtrap weer by die Rabies se huis.<\/p>\n<p>Daar word groepies ingedeel om op die verskillende plekke te gaan stort en ons kry mekaar skoon en vervris weer op die plaas. En klim in die karre om na di\u00e9 Worcester Mall toe te gaan, want dis waar dinge gebeur op \u2018n Sondagmiddag. Dit voel heel vreemd om nie in jou stap-klere en stoakies in te stap vir die terrash nie en skielik is jy meer selfbewus as gewoonlik.<\/p>\n<p>Reinhardt vertel eers die lang storie van waar die burger-challenge begin is en Johan wil net laat hoor van sy rekord. Soos verwag, is ons di\u00e9 opwinding van die gemiddelde Sondagmiddag Worcester Mall-ganger en word groot aandag gevestig op hierdie studente wat op die banke klim en opgewonde gesels. Maar ja, die challenge is ook nie wat hy kan wees as almal klaar skoon gewas en geklee is nie. Nie te min, die vier roeiers, Gustav, Julian, Peter en Anton spring met \u2018n stink spoed weg, behalwe dalk Julian wat rustig terugsit en tjippie vir tjippie begin eet. Anton is heeltemal te uitgeslape vir die twee eerste toeriste en wen loshande met \u2018n tyd van 1:54.<\/p>\n<p>Na die opwinding, skuif almal terug na hulle tafels en geniet hulle eie burger, dis nou as jy die beeld van Anton uit jou geheue kan wis.<\/p>\n<p>Een vir een word daar gegroet, sonder om te veel van die tradisionele gewoontes te h\u00ea val jy ook maar in die ry en wens almal \u2018n goeie en veilige vakansie toe. Mens kom ook agter dat daar twee tipe mense is, die wat groet sonder om te loop en die wat loop sonder om te groet.<\/p>\n<p>Soos wat die tafels le\u00eber word, sit ek maar terug en glimlag oor die spesiale oomblikke van die afgelope paar dae se herlaaiing na \u2018n eerste semester. Die grappies, die uitsigte en die geselsies het voorwaar snel verby gegaan, en die toer met sy heerlike dae is verstreke. Maar tot ek julle weer sien, vaarwel toermaters, vaarwel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Keerom, Junie 2012, \u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman Dinsdag, 12 Junie: Of jy nou hiernatoe gery, ge-hitch-hikehet, dalk selfs \u2018n draai in Robertson gemaak het of al die pad van Israel af gestap, soos Hugo Minnaar, het, jy is by toerleier Christiaan Rabie se huis en jy kan uiteindelik jou asem uitblaas na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2010","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2010"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2010\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2013,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2010\/revisions\/2013"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}