{"id":2111,"date":"2012-10-17T20:42:53","date_gmt":"2012-10-17T18:42:53","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2111"},"modified":"2012-10-17T20:42:53","modified_gmt":"2012-10-17T18:42:53","slug":"sederberge-skets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2012\/10\/sederberge-skets\/","title":{"rendered":"Sederberge skets"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><strong><em>Deur Michelle du Toit<\/em><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"font-size: x-large;\">Dag 1, Saterdag, September 2012<\/span><\/p>\n<p>Saterdag, 8 September, vind \u2018n klomp ywerige BTKaners hul weg na die Neelsie om 03:00 \u2013 die res van ons was slegs effe laat. Toerlyste word ontvang en tasse ingelaai, maar dit is net die mosies waardeur ons gaan. Soos die meerderheid van die groep (Magriet en M.D. uitgesluit), is ek nog vas aan die slaap. Klein deeltjies van gesprekke oor kitare, bekfluitjies en \u2018n blouswembroek dwaal verby my ore, maar dit is nie lank nie en my o\u00eb val toe.<\/p>\n<p>En dus sal julle verstaan as my verhaal eers \u2018n paar ure later begin \u2013 so skrams voor 07:00, toe my o\u00eb weer oopgaan.<!--more--><\/p>\n<p>Nou toer ons!<\/p>\n<p>Soos wat kenmerkend is van elke goeie BTK-toer, was dit nie lank nie en die kitaar word uitgepluk. In hierdie geval het ons dubbel die joligheid op die toer ervaar met 2 kitare, een eukulele (of gugeleto, volgens Jacomien), sowel as \u2018n bekfluitjie.<\/p>\n<p>So het M.D., Naude, Hendrik en Peter sommer so vroeg-vroeg op die toer hul musikale talente aan ons bekend gestel. Treffer het op treffer gevolg. Soms moes mens net self raai wat die woorde was, maar as hulle die refrein weer tref\u2026there was no stopping them!<\/p>\n<p>Net om die laaste van die slapende skoonhede te laat ontwaak het die berugte BTK Boy Band voor in die bus een van hul treffers aan ons bekend gestel. Peter, Leroi, Naude, M.D., Hendrik en Christiaan het die meisies se harte kom sagmaak nog sommer so voor die toer ordentlik aan die gang was met Notting Hill se \u201cYou say it best when you say nothing at all\u201d. Di\u00e9 manne het reeds die waarde daarin besef om die meisies gretig te maak om saam met hulle te slee.<\/p>\n<p>By die beginpunt aangekom word die laaste stappakkies aangetrek, kossakke word gepak en daar word gesmul aan die ontbyt pakkies. Peter en M.D. sien reeds uit na die tentjie wat hulle gaan deel. \u201cJy moet bly wees jy slaap nie langs ons nie \u2013 daar gaan groot goed in daardie tent van ons gebeur,\u201d s\u00ea M.D.<\/p>\n<p>Julian het die voorreg om eerste te spog met die slotbroekie en Christine vergesel hom as sleutel.<\/p>\n<p>Vol moed, entoesiasme en lewenslus pak die groep die roete aan. Daar word net lings en regs gebabbel en nuwe maaitjies gemaak. Selfs die eerste stylte wat oorwin moes word kon baie van die asems nie genoeg wegslaan sodat die gekletter kon bedaar nie. Tannie Anneke word sommer so op die eerste dag al as \u201cdie klein vroutjie\u201d gedoop deur Margerita.<\/p>\n<p>Na \u2018n oggend se klim stop ons vir middagete. Die eerstetoeriste se broeke begin reeds te bewe soos die eerste klomp uitgekyk word onder die wrede oog van Anton.<\/p>\n<p>Op hierdie punt wil ek graag groepie 4 aan julle voorstel:<\/p>\n<p>Hendrik \u201cLaboratorium-rot\u201d Smith, Nina \u201ckamp&amp;kuier\u201d Keyser, Herman van Zyl, Johannes Leuvennink, Len\u00e9 van Eeden, Shani McClelland, Elbie Booysen, Alex Spratt, Naude \u201ckoffiedate\u201d van der Merwe en Sanmarie Malan.<\/p>\n<p>Hulle was so bevoorreg om vir Johannes as hul waterdraer te h\u00ea. Net vir ingeval daar nie genoeg water in die papsak was nie, het hy seker gemaak dat daar genoeg reserwe in sy slaapsak was.<\/p>\n<p>Wat natuurlik ook op die eerste dag moet geskied is die ordentlikheids praatjie. En dus, nie lank na middagete nie, word die groep weer gestop vir die nodige woorde.<\/p>\n<p>Nog nooit het ek in \u2018n toergroep so \u2018n spul ongeduldige mans teegekom nie. Hulle het gefluit en gelag en tekere gegaan terwyl die dames hul tyd gevat het. Na die dames uiteindelik hul lag gekry het (ek wil net weereens vir Magriet dankie s\u00ea vir haar effe opvanpas grappie &#8211; dit het die dames aan die lag gesit) staan die troepe nader vir \u2018n rondte van \u201cDe Magdigde Koning\u201d.<\/p>\n<p>Die res van die middag het \u2018n aangename stappie ingehou. Behalwe vir die gelukkige toerlede wat \u2018n witkruisarend, sowel as \u2018n klipspringer gewaar het, was daar geen lewensveranderende gebeurtenisse nie. Dit sluit natuurlik uit vir Jacomien wat reeds op hierdie vroe\u00eb stadium van die toer Patricia Lewis lirieke bymekaar begin maak het.<\/p>\n<p>By die kampplek aangekom het baie BTKaners die yskoue water aangedurf \u2013 daar is aan my vertel dat sommiges dit selfs geniet het. Anton, Pieter, Hugo, Neil en Herman het die regte idee beet gehad en na die tyd soos dassies op die warm rotse gaan dut.<\/p>\n<p>Groepie 5, bestaande uit Julian \u201cAnnie\u201d van Zyl, Anna-Marie \u201cLeerbroekie?\u201d M\u00fcller, Neil Anderson, Michiel De Kock, Christine Rust, Carla de Wet, Pippa Stone, Dawie de Klerk, Christiaan \u201cLast Innings\u201d Rabie en Christelle \u201cI whip my hair\u201d Leuvennink, is die aand baie dankbaar om vir Julian as \u2018n groepieleier te h\u00ea. Hy het sjampanje saamgedra vir die groep om \u2018n glasie te kan klink op \u2018n goeie toer.<\/p>\n<p>So word daar gestook en gesmul aan die eerste aand se btk original, gepraise and worship onder die sterrehemel en toe in die slee gespring.<\/p>\n<p>Eerste aand: Bondelslee.<\/p>\n<p>Nina en Johan gee \u2018n verduideliking van hoe skiet werk. (soos altyd wonder ek by myself hoe ek dit ooit op my eerste toer reggekry het, want daardie verduideliking maak mos nie sin nie!!)<\/p>\n<p>Anton, Peter, Christiaan en M.D. verduidelik items met \u2018n ou betroubare.<\/p>\n<p>Laastens word hekels verduidelik deur Anna-Marie\u2026.<\/p>\n<p>En toe weer herverduidelik deur Christiaan. Hy was ook so vriendelik deurdat hy vroe\u00ebr die dag \u2018n voorbeeld van \u2018n hekel wat as onder-die-belt beskou kan word, verskaf het. Die wat nog nat agter die ore is, moet dit tog ook kan verstaan.<\/p>\n<p>Met al die verduidelikings agter die rug, kan items amptelik oopgemaak word. Almal was egter nog skamerig so op die eerste aand\u2026 Slegs een item was die aand voorgedra. Ek, Christiaan, Hendrik en Karen was die skape (\u201cDaai skaap gaan nie homself speel nie,\u201d het Peter ongeduldig opgemerk toe ons nie vinnig genoeg na sy sin na vore beweeg het nie). Jacomien was wat ek aanvaar skaapwagter nommer 1 was en Johan skaapwagter nommer 2, wat aan die slaap raak soos hy sy skapies tel.<\/p>\n<p>Hekels volg:<\/p>\n<p>M.D. wil by Magriet hoor wat sy bedoel het toe sy op Peter se opmerking dat hy nie sy boude kan voel nie, antwoord: \u201cKan ek maar voel?\u201d Magriet verduidelik dat dit algemenekennis is dat Peter mooi boude het en dat sy om almal se beswil moes voel of hulle nog daar is. M.D. was egter nog nie klaar met Magriet nie (nes sy nog nie klaar was met Peter nie). Vro\u00eber die aand het Magriet ges\u00ea dat sy nie sal omgee om Peter se kieme in haar mond te h\u00ea nie. Hierop gee sy \u2018n baie biologiese verduideliking van teenliggaampies in monde.<\/p>\n<p>Christelle wil by Christiaan weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat E \u2018n B is en B \u2018n E. Hy erken dat hy te vinnig gepraat het en te stadig gedink het.<\/p>\n<p>Magaliesberg se aandlied word gesing.<\/p>\n<p>\u201cNag dames\u201d<\/p>\n<p>\u201cNag Oom Hans\u201d<\/p>\n<p><span style=\"font-size: x-large;\">Dag 2, Sondag<\/span><\/p>\n<p>Die oggend word die dames wakker gesing deur 4 manne wat klaarblyklik na vele toere steeds onseker is oor die woorde van \u201cdie son verrys met helderglans.\u201d Die mistigheid groet jou soos jy jou kop by die tentflap uitsteek.<\/p>\n<p>Maar stap gaan daar gestap word! Daar word ge\u00ebet en opgepak en sommer vinnig-vinnig staan daar \u2018n klomp onerkenbare gedaantes in ponchos onder die rotsskuinstes.<\/p>\n<p>Die dag is Anton slot en ek sy sleutel.<\/p>\n<p>Ten spyte van almal se hoogste verwagtinge (en bowenal Weerman Wiid s\u2019n), het die re\u00ebn nie opgeklaar nie. Met die gevolgtrekking dat gamebreak redelik nat was en dat almal se knie-knoppe later begin kap het, omdat hulle tot op die vel toe nat was. Baie van die stappers sal ook later uitvind dat hul splash cover toe nou nie hulle hele sak bedek het nie of dat hul sakke nie so waterdig was soos wat die verkoopsman beloof het nie. Ek moet bieg dat my sketsboekie ook maar net-net die stortvloede oorleef het\u2026<\/p>\n<p>Na baie nadenke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat een van drie goed op die dag gebeur het: Of Christiaan het nie gehou van hoe die spyskaart lyk vir middagete nie, of hy is nie heeltemal mens nie en het nie besef hoe die mae begin grom het nie, of (en hierdie is moontlik die mees waarskynlike opsie) hy was gatvol vir re\u00ebn en wou net so vinnig as moontlik onder skuiling kom.<\/p>\n<p>En daarom het die groep toe maar sonder middagete deurgedruk tot by die donkiestal, wat toe ook ons tuiste sou word vir die volgende twee nagte.<\/p>\n<p>Daar aangekom was almal angstig om uit die nat klere te kom. So angstig dat van die manne net moes o\u00eb toedruk soos van die meisies sommer net daar en dan in die donkiestal hul klere laat waai.<\/p>\n<p>Met die manne se hulp was tente vinnig opgeslaan en die stokery begin in die stal.<\/p>\n<p>Dit is op hierdie noot wat ek groepie 2 aan julle voorstel: Hugo \u201cRags to Riches\u201d Minnaar, Jacomien \u201cha-ha-hahaha\u201d Hauman, Leroi \u201cBFG\u201d de Wet, Dieter Bester, Michelle Tait, Madilien Roos, Margerita Joubert, Eduart R\u00fchling en Oom Hans en Tannie Anneke M\u00fcller. Hoe hulle mekaar ooit verstaan het, weet nugter. Leroi s\u00ea self: \u201cIn die groepie praat niemand ordentlik nie; so baie van die mense brei.<\/p>\n<p>Daardie aand word daar net ge\u00ebet, gevryf, gesing en gekuier. En uiteindelik, toe die tyd aanbreek, geslaap.<\/p>\n<p><span style=\"font-size: x-large;\">Dag 3, Maandag<\/span><\/p>\n<p>Die oggend word niemand wakker gesing nie. Inteendeel, dit is al laat-oggend wat die eerste mense begin roer en so stuk-stuk begin die groep ontwaak. Terwyl Christiaan Rabie in die tent l\u00ea en kuier saam met Len\u00e9 van Eeden, Sanmarie Malan en Jessica Allderman, versamel die meeste in die een donkiestal.<\/p>\n<p>Hier hoor ons van M.D. se gevoelens oor sardientjies na sy nag in die donkiestal tussen vele ander \u2013 hy verstaan nou hoekom hulle doodgemaak word voordat hulle in \u2018n blik gesit word. Die kuiertjie begin uitdun wanneer Neil die geselligheid verlaat omdat sy \u201ctande al roep om geborsel te word.\u201d Met di\u00e9 lag M.D. net en s\u00ea: \u201cJy weet iemand moet hulle tande gaan borsel as jy al proe wat hulle s\u00ea.<\/p>\n<p>Groepie 3 verdien hier hul voorstelling. Onder leiding van Pieter \u201cvan Riebeeck\u201d Retief, is daar Karen van der Linde, Shawn Irwin, Gustav Wiid, Helena Potgieter, Wilmarie Gericke, Katrien Smuts, Reni le Roux, ek (Michelle du Toit) en laaste, maar nie die minste nie, Anton \u201cmoenie stir nie\u201d Kraemer. En dit is juis ook as gevolg van hierdie man wat ons \u2018n claim to fame het. Nie net het hy vir ons Coke en Mieliepap (wat ek nou nog nie gesien het nie) saamgedra nie, maar het hy ook gesorg dat ons heerlik kon smul aan \u2018n spek en eiers ontbyt op die re\u00ebnerige more. Ek weet, dit is te goed om waar te wees. Selfs Jacomien wou nie vir my en Pieter glo toe ons so \u2018n bietjie by haar spog nie. Sy lag maar net en vra: \u201cDo I look that stupid?<\/p>\n<p>En so slenter die dag aan: Praise &amp; worship en kuiertjies in die donkiestal. Middagete gepaard met \u2018n middag-teetjie, en \u2018n sonnetjie wat al hoe meer begin nek-wys. Dan word daar pannekoeke gebak en \u2018n vryfbedryf aanmekaargesit terwyl Naud\u00e9 se musikale klanke die atmosfeer skep.<\/p>\n<p>Christiaan, Neil, Johan, Gustav, Shawn, Herman, M.D., Peter, Naude, Hendrik en Pieter benut die bietjie sonskyn en gaan durf die koue water aan om te bad vir die slee wat vir \u2018n slag kan plaasvind.<\/p>\n<p>En so, soos die stokers die eerste vlammetjies laat brand, word skiet vir die eerste keer op die toer oopgemaak. Oud-toeriste laat spat in alle rigtings en wys die eerste toeriste hoe mens \u2018n ding ordentlik doen.<\/p>\n<p>Die laaste van die eerste toeriste is uitgekyk, die items uitgewerk en liedjies se woorde vir oulaas hersien. Julle weet wat dit beteken:<\/p>\n<p>Wraakaand.<\/p>\n<p>Eers moet die eerste toeriste bewys dat hulle die tradisionele BTK-liedjies met trots en woema kan sing. Nie te sleg nie. My gunsteling deel was natuurlik toe hulle De Machdigde Koning moes herhaal \u2013 net die bewegings en sonder klanke.<\/p>\n<p>Sover ek kon agterkom was die items wat aan ons gelewer was ook nie te sleg nie. Hulle het \u2018n episode van Poep Idols aan ons voorgedra. Ek moet bieg dat Anton se uiterse helder geel hoedjie my aandag so effe afgetrek het. Ek het wel gehoor hoe Pieter uit \u2018n buurslee opmerk: \u201cHulle doen \u2018n BTK item reg &#8211; sonder \u2018n punchline\u2026\u201d<\/p>\n<p>Weens die feit dat wraakaand een van die BTK se bes beskermende tradisies is, gaan ek nie veel meer daaroor skryf nie &#8211; die skets val dalk net onder verkeerde o\u00eb. Ek sal wel s\u00ea dat dit \u2018n vreesaanjaende aand was, dat die gille die naglig deurtrek het en dat die soetheid van die wraak besonders soet was op hierdie toer.<\/p>\n<p>Items die aand sluit in en Hendrik wat \u2018n groente tuin groei uit eerste toeriste en Anna-Marie wat aan M.D. koppe wil verkoop; onder andere die van Patricia Lewis, gespeel deur Pippa, \u2018n siamese tweeling, gespeel deur Riaan en Nico en \u2018n kop wat nog nooit gebruik is nie, gespeel deur Eduart.<\/p>\n<p>Op die toer word Katrien se vuurtoring aangesteek deur Hendrik, Anton, Peter, Leroi en M.D. (wat net so halfpad deur ingekom het en toe weer op \u2018n wonderbaarlike manier verdwyn het. Dit is ook dan gedurende die item wat Jacomien en Magriet se alombekende walvissie item weer sy opkoms maak.<\/p>\n<p>Dit was amper \u2018n item op sy eie toe Johannes gevra word hoekom hy 2m van sy sleedate af l\u00ea \u2013 hy doen dit mos nou verkeerd. Verontwaardig antwoord hy: \u201cEk wil nie my sleedate natmaak nie\u2026\u201d<\/p>\n<p>Hekels die aand:<\/p>\n<p>Dit waaroor die hele toergroep gewonder het word aan Johan gevra: \u201cWat het jy bedoel toe jy ges\u00ea het dat dit nou klaar gere\u00ebn het?\u201d waarop hy antwoord dat hy mos maar \u2018n optimistiese mens is.<\/p>\n<p>\u2018n Opvolg vraag word aan Christiaan gestel, toe daar uitgevra word wat hy bedoel het toe hy die woorde Weerman en Wiid in dieselfde sin gebruik het. Hy erken dat almal mos maar foute maak\u2026<\/p>\n<p>Christiaan se slee is gebou op \u2018n klip met die regte kurwes vir \u2018n dame (Sanmarie kan nou hierdie stelling bevestig). Daar word ook in \u2018n buurslee gehoor hoe Christiaan vir Sanmarie s\u00ea: \u201cNou koeksister ons al.\u201d Hy gee die kurwes in die klip die skuld. Mens het regtig begin wonder wat in daardie slee aangaan toe nog \u2018n vraag gestel word oor sy woorde: \u201cNou raak ons stout.\u201d<\/p>\n<p>M.D. het ook goed kwyt geraak wat hy aan die groep moet verduidelik. M.D.: \u201cAs iemand nou vra hoe ek voel, gaan ek s\u00ea nie met my hande nie,\u201d want dit was so koud, en ook: \u201cMy tong is nie so gemaak nie,\u201d hy beweer dat hy gepraat het or moontlike tegnieke op die bekfluitjie.<\/p>\n<p>Christelle word gevra wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJulian het lekker warm boude.\u201d Sy verduidelik dat hy op iets gesit het om dit warm te maak. Renee wonder of mens kan tan as jy kaal in die re\u00ebn l\u00ea.<\/p>\n<p>Daar word aan my gevra wat ek bedoel het toe ek ges\u00ea het: \u201cEk kan nie massage nie, net vry,\u201d waarop ek mooi geduldig verduidelik dat ek seker nie goed genoeg geartikuleer het nie \u2013 my lippe was seker \u2018n bietjie koud &#8211; want ek het eintlik ges\u00ea vry<span style=\"text-decoration: underline;\">f.<\/span><\/p>\n<p>Magaliesberg se aandlied volg en toe:<\/p>\n<p>\u201cNag dames\u201d<\/p>\n<p>\u201cNag Oom Hans\u201d<\/p>\n<p><span style=\"font-size: x-large;\">Dag 4, Dinsdag<\/span><\/p>\n<p>Sonskyn groet jou o\u00eb soos jy die tent oopmaak. Daar word rustig ge\u00ebet en opgepak. Die area lyk soos \u2018n oorlogsveld soos die laaste nat besittings oral in die son l\u00ea en bak. Die groep loof en prys die Here vir Sy goedheid en s\u00ea dankie vir die sonnetjie wat uitgekom het en dan open Oom Hans vir ons met Psalm 19.<\/p>\n<p>Die dag se stap is aangenaam. Almal geniet die new-found sunshine: die groepfoto word geneem en by middagete is daar selfs die wat so ywerig is om dit te vier dat hulle die eisige water aandurf. Gustav en Julian dink dit is \u2018n goeie idee om hulle orige kerrievis aan Anna-Marie aan te bied \u2013 orals oor haar bene\u2026 Nodeloos om te s\u00ea, sy stem nie saam nie\u2026<\/p>\n<p>Groepiefotos word links en regs geneem en Magriet gebruik die kans om damesskiet oop te maak. Paddy en Wilmarie hou resies teen mekaar om eerste vir Naude te vang. Die arme verboureerde man hardloop soos nog nooit te vore nie.<\/p>\n<p>Leroi en Eduart dink dit goed om vir my klere en al in die water te gooi. Ek besef direk daarna dat ek dit eintlik nie so sleg gekry het nie. Pippa kry die kort kant van die stok. Vir haar hang hulle onderstebo en doop haar kop onderwater. Wanneer die sakke weer moet op daag Peter die manne uit: \u201cHoeveel man is jou man?\u201d en toe word al die hempe sommer uitgetrek.<\/p>\n<p>By die kampterein aangekom gaan bad meeste van die toergroep en l\u00ea lui lekker op die rotse en kuier. Vir die laaste aand se slee is hulle reg. Veral Peter en M.D. kan van dit getuig. Die manne het \u2018n gazebo-effek geskep (ons hoop maar nie hul slee dates wou die sterre vir oulaas geniet nie) en is opgetooi in hul nietjieste klere. M.D. is geskeer en ruk sy baadjie uit sy sak.<\/p>\n<p>Na verdere ondersoek vind ek uit dat die manne al die hele toer deur uithaal en wys, soos Groepie 1, bestaande uit M.D. \u201cBats &amp; Balls\u201d Greyling, Renee Crous, Peter \u201cIan\u201d M\u00fcller, Nico Lochner, Jessica Allderman, Benita Boegman, Paddy Lambrechts, Riaan Goosen, Johan \u201cpaparazzo\u201d Wiid en Magriet \u201cMan is Man\u201d Muller, kan getuig. Magriet beweer dat sy al die lekkerste vla ge\u00ebet het van haar lewe weens M.D. en Peter se spiere, liefde en sweet.<\/p>\n<p>Johan het darem ook \u2018n bydra gelewer en danksy hom het die groepie \u2018n nuwe ontdekking gemaak: Sou jy jouself in \u2018n stekelbos bevind, is dit nommer 1, ongemaklik en nommer 2, juk(kel) dit. Wiid sou kon raai?<\/p>\n<p>Lekker vir oulaas saamgekuier om die kospotte en magies vol gemaak, dan word daar in die slee geklim.<\/p>\n<p>Anna-Marie en Magriet, as spinnies, word kort-kort op die verhoog gesien \u2013 of dit nou hul eie item is of nie. Hulle skop dan ook die aand vir ons af saam met Jacomien met indrukwekkende karate bewegings.<\/p>\n<p>Peter vermaak ons met sy Nederlands. Dan werk Christelle, Jacomien, Magriet en Anna-Marie in \u2018n fabriek. Daar word kanoe\u2019s gemaak van Pieter, Anton, Stinkie, Naud\u00e9 en Christiaan en daarna verbeel Pieter, M.D., Johan, Hendrik, Christiaan en Anton hulle, hul is in die weermag. Groepie 3 eis toe ook die gehoor se aandag met die klassieke \u201cMichelle\u201d-item.<\/p>\n<p>Om die aand mee af te sluit word die groep voorgestel aan die Boontjieskloof-Quatro. Stinkie, Peter, M.D. en Pieter sing een van hul eie komposisies wat elke stapper \u2018n glimlag om die mond laat speel het.<\/p>\n<p>Hekels was die aand vollop.<\/p>\n<p>Daar word aan Naud\u00e9 gevra hoekom hy die dag vir Jacomien ges\u00ea het dat sy vandag beter lyk, aan Johan hoekom hy opgemerk het dat Magriet en Anna-Marie nie die enigste wildekatte in die berge is nie en ook wat hy bedoel het toe hy aan M.D. ges\u00ea het dat hy die lady is en M.D. die tramp.<\/p>\n<p>Margerita moet verduidelik wat sy bedoel het toe sy dag met damesskiet gevra het of die Oom al gevat is. Hy is skynbaar beter voorbereid in terme van sleelekkers.<\/p>\n<p>(Die paragraaf wat volg sou ek liefs uit die skets wou los, maar weens buite invloede word ek forseer om dit wel in te sluit.)<\/p>\n<p>Daar word aan my gevra om te verduidelik wat ek bedoel het toe ek aan Leroi en Eduart ges\u00ea het dat hulle maar ten minste my hemp kon uittrek voor hulle my die dag in die water gegooi het \u2013 ek het swemklere onder dit aangehad. Tannie Anneke ook weet wat ek bedoel het toe ek vir Leroi in die slee gevra het hoeveel klere hy nog aan het \u2013 ek was net besig om ons kopkussing so hoog as moontlik op te bou met.<\/p>\n<p>Leroi moet verduidelik wat hy bedoel toe hy ges\u00ea het dat hy ietsie soet, ietsie suur en ietsie stout het vir die slee die aand. Dit verwys natuurlik na astro\u2019s, suurwurms en \u2018n stukkie biltong.<\/p>\n<p>\u201cMaar hulle het eintlik my woorde verdraai,\u201d beweer hy.<br \/>\nPeter: \u201cHulle is reg.\u201d<br \/>\nLeroi: \u201cEk is groter as hulle.\u201d<\/p>\n<p>Leroi las toe ook by: \u201cDit is alles Michelle se sklud.\u201d Daar word toe van hom versoek om ook hierdie stelling te verduidelik. Hy reken ek is \u2018n slegte invloed, omdat ek reeds baie gehekel is die vorige aande op die toer. M.D. help toe ook verduidelik en s\u00ea dat my filter nie altyd aan is nie\u2026<\/p>\n<p>Jessica word gevra wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het dat sy beter lyk as sy nat is. Haar hare was baie vuil en het dus meer vanpas gelyk nat. Anton het die dag ges\u00ea: \u201cStrek is God\u2019s gift to stiff people,\u201d wat redelik vanselfsprekend is. Pieter word uitgevra oor sy stelling: \u201cEk\u2019s nou nogals stout vir daai klip.\u201d<\/p>\n<p>Hekels word afgesluit met Alex wat moet verduidelik hoekom hy ges\u00ea het dat hy vir Len\u00e9 in sy tas wil sit en haar orals saam ronddra. Dit is natuurlik omdat sy so mooi sing.<\/p>\n<p>Ons sing Magaliesberg se aandlied.<\/p>\n<p>\u201cNag dames\u201d<\/p>\n<p>\u201cNag Oom Hans\u201d<\/p>\n<p><span style=\"font-size: x-large;\">Dag 5, Woensdag<\/span><\/p>\n<p>Laaste dag van die toer. Voor daar kan begin stap word moet daar eers na \u2018n paar ou BTK tradisies omgesien word.<\/p>\n<p>Ter opening lees Jacomien vir ons uit Prediker 3: 3-4 en laat almal bietjie dieper dink oor die woorde wat hulle van en aan ander spreek.<\/p>\n<p>Dan word daar maan toe gestuur.<\/p>\n<p>Die hartseer stoot sommer klaar op in die kele soos Anton, Pieter en Christiaan die kring na binne tree. Pieter, sowel as Melissa, sy kitaar wat al meer BTK-toere gesien het as baie mense, s\u00ea totsiens na 10 toere, Anton na 14 en Christiaan na 12.<\/p>\n<p>Christiaan los vir die jongtoeriste met die metafoor van BTK as \u2018n rollercoaster \u2013 \u2018n konsentrasie van emosies. Jy vrees, jy huil en jy lag. Jy weet nooit wat op jou wag nie. Vir die oudtoeriste s\u00ea hy dat hulle die steenkoolenjin is \u2013 die vuur wat die BTK aan die gang hou.<\/p>\n<p>Met trane uit die o\u00eb gepik begin die laaste ent se stap met Hugo as slot.<\/p>\n<p>Die dag stap ons meestal met \u2018n pas langs. Met di\u00e9 verskaf die BTSG (Berg &amp; Toer Sonder Grense) vir ons vele vermaak. Johan, Peter, Christiaan, M.D. en Hendrik, elk met \u2018n radio in die hand, het \u2018n fees met die speelgoed. Baie ander toerlede lewer ook insette, byvoorbeeld Jacomien met haar Patricia Lewis item.<\/p>\n<p>Gamebreak word vir oulaas gehou en netso word daar nog \u2018n groepfoto geneem net vir deeglikheid. En wat is \u2018n toer nou sonder \u2018n verjaarsdagmaaitjie? Daar word vir Alex gesing en rondgegooi in die lug. Hy verdien ook \u2018n paar soene op die wang van die meisies se kant af.<\/p>\n<p>Hendrik besluit dat daar nog veels te min kitaar gespeel is op die toer en di\u00e9 word sommer dan en daar uitgepluk. Al singed het ons die laaste deel van die pas gestap. Met die aanbreek van die gentlemen\u2019s challenge sug vele van die manne, maar ander se o\u00eb begin te gloei soos hulle goud sien. Daar word drie uitdunne gehou, maar Hugo kom uit as die oorhoofse wenner, met Dawie en Pieter kort op sy hakke.<\/p>\n<p>Op die bus geklim, begin monde te water soos Piketberg nader rol. Die eerste toeris manne se broeke beginne bewe toe Hendrik die burger challenge aan almal bekendstel op die bus. Dit was \u2018n tawwe en morsige stryd, maar Pieter Retief stap weg met die titel van Burger Challenge Wenner, Sederberge 2012 met \u2018n tyd van 1 minuut en 47 sekondes.<\/p>\n<p>Op aandring van sommige, word hekels weer oopgemaak tydens terrash:<\/p>\n<p>Naud\u00e9 moet verduidelik hoekom hy vir Jacomien ges\u00ea het dat hy haar nie Babes noem nie, want in sy o\u00eb is sy nie \u2018n babe nie. Hendrik moet dan ook verduidelik hoekom hy vir Jacomien as \u201cTannie\u201d aangespreek het oor die radio.<\/p>\n<p>M.D. word uitgevra hoekom hy vir Margerita ges\u00ea het: \u201cSit \u2018n ring aan daai vinger.\u201d Blykbaar is sy goeie trou-materiaal omdat sy ingelig is oor rugby. Karen moet verduidelik hoekom sy ges\u00ea het dat sy nog by Anton moet hoor wat sy gisteraand in die slee ges\u00ea het. Sy beweer dat sy baie deur die slaap was.<\/p>\n<p>Na afloop van terrash, sommer net daar buite die Spur, verras die Boontjieskloof Quatro die groep vir oulaas met hulle musikale note en toe is dit weer op die bus met ons \u2013 reguit oppad huistoe.<\/p>\n<p>Die kuier vervolg in die bus \u2013 daar word gesels en gesing en selfs hierdie keer gedans! Ek, Magriet, Jacomien, Christiaan, Hendrik en Pieter gee aan almal in die bus \u2018n vertoning van die Gandansta. So op-en-af in die paadjie het ons gedans. En wat sou die toer nou gewees het as ons dit nie met styl afgeeindig het nie: Ons sing uit volle bors die goeie ou treffers soos Royal Hotel en Travel in Style soos ons Stellenbosch binne ry.<\/p>\n<p>Met die totsiense en drukkies by die Neelsie kyk ons terug op \u2018n goeie toer: een vol vreugde en glimlag en selfs \u2018n bietjie trane. Ons was bly om huistoe te gaan: na \u2018n warm stort en \u2018n warm bed en geen meer bekommernisse oor nat slaapsakke en spiere wat pyn soos ons tot net oor die nekkie moet stap nie. Tog is dit moeilik om te groet. Dit toer het \u2018n fantastiese groep mense saamgebring en baie nuwe herinneringe opgelewer.<\/p>\n<p>Dit is beslis een vir die boeke\u2026<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Michelle du Toit Dag 1, Saterdag, September 2012 Saterdag, 8 September, vind \u2018n klomp ywerige BTKaners hul weg na die Neelsie om 03:00 \u2013 die res van ons was slegs effe laat. Toerlyste word ontvang en tasse ingelaai, maar dit is net die mosies waardeur ons gaan. Soos die meerderheid van die groep (Magriet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2111","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2111","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2111"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2111\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2113,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2111\/revisions\/2113"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2111"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2111"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2111"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}