{"id":2364,"date":"2014-03-13T10:42:58","date_gmt":"2014-03-13T08:42:58","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2364"},"modified":"2017-10-02T18:11:01","modified_gmt":"2017-10-02T16:11:01","slug":"oorlogskloof-junie-2013","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2014\/03\/oorlogskloof-junie-2013\/","title":{"rendered":"Oorlogskloof 2013"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1011133_10151420228706207_371193904_n.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2446\" alt=\"1011133_10151420228706207_371193904_n\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1011133_10151420228706207_371193904_n-584x389.jpg\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1011133_10151420228706207_371193904_n-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1011133_10151420228706207_371193904_n-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1011133_10151420228706207_371193904_n-450x300.jpg 450w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1011133_10151420228706207_371193904_n.jpg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a> <a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1002259_10151420238686207_573856352_n.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2447\" alt=\"1002259_10151420238686207_573856352_n\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1002259_10151420238686207_573856352_n-584x389.jpg\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1002259_10151420238686207_573856352_n-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1002259_10151420238686207_573856352_n-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1002259_10151420238686207_573856352_n-450x300.jpg 450w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1002259_10151420238686207_573856352_n.jpg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a>Die oorlog teen die kloof en die koue\u2026\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Woensdag, 12 Junie <\/span><\/b><\/p>\n<p>Dis \u2018n groep van 60 opgewonde studente wat vanoggend 6:00 by die Neelsie bymekaar kom, want glo dit of nie: \u00a0dit is al nege maande sedert die BTK \u2018n rugsaktoer gedoen het! \u00a0Di\u00e9 wat nog besig was om wakker te word van hulle post-eksamen-nagrus is vir seker nou wakker, nadat toerleier MD Greyling sy fluitjie geblaas het om almal te laat aantree. Net jammer die fluitjie was nie hard genoeg om Hendri Bruwer wakker te kry waar hy nog lekker warm slaap in sy bedjie nie.<\/p>\n<p>Daar heers \u2018n paniekerige chaos oor kossakke wat \u00earens tussen gistermiddag se pakkery en nou deurmekaar geword het en daar word rondgeskarrel om seker te maak elke groepie het darem \u2018n bottel Marmite, \u2018n sakkie suiker en \u2018n brood of twee. Uiteindelik het elkeen sy kossak en word daar eintlik saggies gewroeg oor die kos wat wel gekry is, want waar moet mens nou plek kry vir hierdie Pick \u2018n Pay sak?! Nietemin, jy druk die sak \u00earens in en hoop maar die brood bly heel, vat jou sak om gelaai te word en kom staan weer om volgende instruksies te kry.<\/p>\n<p>Ons kon 7:13 vertrek het, en ons was ook sterk op pad a.g.v. adhoc toerleier Leroi de Wet se vertroue issues, maar ons kom op die ou end eers 7:20 weg toe Jana de Wet en Karen van der Linde ook veilig op die bus is, met hulle koppies koffie!. Gemeet aan BTK-standaarde is 7:20 nie te sleg nie!<\/p>\n<p>Dis nie lank nie voordat die groter meerderheid van die toergroep hulle tweede slapie inkry, selfs die son wat in die mooiste kleure opkom, verander ook nie veel aan die situasie nie. Daar word \u201cvinnig\u201d gestop op Piketberg vir vyf minute, maar jy leer ook gou dat hiedie vyf minute maar net so goed soos die BTK se standaard 2,4 eenhede is. Dit is ook hier waar Jana voel dat sy dit verdien om die status van NNM te kan h\u00ea en dat sy nie van plan is om veel meer as dit te wees nie. Ek begin haar kok, Klara van Zyl, jammer kry en hoop van harte dat dit anders sal uitwerk\u2026<\/p>\n<p>Met almal wat nou vir die eerste keer weer wakker is sedert MD se fluitjie vanoggend, besluit Magriet Muller en Jacomien Hauman dit is die ideale tyd om hulself aan die toerlede voor te stel en ook hul toermaats se name te leer ken. Hierdie doel word bereik met die volgende rympie:<\/p>\n<p>M: Goeie dag!<br \/>\nIndien jy so wonder \u2013 dit is nie meer nag.<br \/>\nJ: Ek is Hans, dit is Mans<br \/>\nM: Ons is lief vir dans<br \/>\nJ:\u00a0 En vir stront praat!<br \/>\nM: Noem ons eerder Jacomien<br \/>\nJ: Of Magriet as jy ons sien.<br \/>\nOns is al \u2018n tydjie hier\u2026<br \/>\nM: Maar om jou te ontmoet \u2013 is vir ons \u2018n plesier<br \/>\nJ: Vertel ons meer, ons wil graag leer<br \/>\nM: Maar net een naam op \u2018n keer.<\/p>\n<p>Nadat hierdie rympie by elke tweede ry banke herhaal is, claim hulle dat hulle nou die hele toergroep se name ken, of die meerderheid darem. Jana wil ook die name leer, maar is heeltemal verbouereerd oor hierdie Pieter\u2026 Peter M\u00fcller wat sy nie herken nie \u2013 minwetend dat dit eintlik een van haar beste vriende is wat nie kon kom saamtoer nie a.g.v. ernstige griep.<\/p>\n<p>Die eksamen moes regtig uitdagend gewees het, want almal raak weer vaak soos wat die myle en die klein dorpies verbygly. Hier en daar is daar nog een of twee wat opgewonde gesels. Een van hierdie geselsendes is Reinhardt Venter wat heel rustig die volgende opmerk toe daar deur Vanrhynsdorp gery word: \u201cKyk, as die aalwyn jou nasionale plant is \u2013 dan moet dit droog wees hier.\u201d \u00a0Aangesien daar in elke tuin omtrent twee of drie van hierdie plante staan, is dit maklik om te glo.<\/p>\n<p>\u00carens naby Nieuwoudtville besluit Julian van Zyl, Leroi, Hendri, Naude van der Merwe en Reinhardt dat dit tyd is om weer die BBB, die gerugte BTK Boy Band, aan die gang te kry deur vir ons Save Tonight te sing\u2026Ek hoop maar net dat dit beter sal gaan met m\u00f4re se \u201cDie son verrys met helder glans.\u201d<\/p>\n<p>Na die ry op die plaas se hobbelrige se pad, met blommetjies lang die pad en hekke wat net-net wyd genoeg is, kom ons by die beginpunt aan en almal is maar net te bly om uit die bus te kan kom. Sakke word afegelaai en die laaste toerusting word ook verdeel. Aangesien di took al goed na 12:00 is, word daar summier besluit om hier maaskaas middagbroodjies te e et, m.a.w meeste sakke moet weer uitgepak word. Wraakkaptein Reinhard besluit ook dat dit goed sal wees om te begin met die uitkyk van sy 34 eerstetoeriste. Minwetend van wat eintlik aangaan, reageer eerstetoeris konvenor, Jaco Delport, ook net met \u2018n \u201cja\u201d toe sy naam geroep word.<\/p>\n<p>Klaar ge\u00ebet word die sakke weer gepak en nadat daar weer \u2018n kring gemaak is, word die \u201cnie-te-lang-pad\u201d na Brakwater aangepak. Met \u2018n paar ompaaie en nie-bestaande bakens kom ons ook aan by eerste nag se slaapplek en \u2018n paar benoude giggeltjies beantwoord die bobbejane se geroep vanaf die kranse. Leroi sukkel maar om sy s\u00ea ges\u00ea te kry met onderlangse opmerkings van ou toeriste. Daar word tyd gegee om te kan bad en die ouens maak solank hulle tente staan. Die meisies is baie bly omdat daar vanaand in die hut wat in wording is geslaap kan word.<\/p>\n<p>Met almal relatief skoon en warm, begin die stokery. Saam met die son wat sak en \u2018n kitaar wat getokkel word kan mens sommer voel hoe die stres van die semester en eksamen uit jou dreineer. Dit wil voorkom asof die kossakke toe ni\u00e9 vanoggend heeltemal uitsorteer is nie, aangesien groepies 4 en 5 nog steeds op soek is na hul smash ander bestanddele.<\/p>\n<p>Toe almal se mae uiteindelik iets in het, vra Leroi dat daar in die slee geklim moet word, net jammer die meerderheid van die toergroep weet nie waarvan hy praat nie. Slaapsakke word gehaal en die eerstetoeriste kom maar so stil-stil nader terwyl ou toeriste sleepilblikke en sleesous \u2013 dankie Julian \u2013 uitruk. Gustav Wiid en Madilien Roos verduidelik wat skiet is, en Leroi volg met so \u2018n halwe verduideliking van wat damesskiet en slee dan nou is, terwyl Julian van mening is dat jou sleedate \u2018n moontlike husidansdate kan word. Die skerpskaap-item word gebruik as voorbeeld, met Klara, Dani\u00ebl Nel, Pauline van der Nest, Marina Laubser, Nicholaas van Rensburg, Julian, Leroi as skape en Gustav as die wolf. Hekels is ook maar \u2018n moeilike ding om te verduidelik, en Julian gebruik die volgende as voorbeeld: \u201cEk wil graag by Leroi weet, wat het hy bedoel toe hy ges\u00ea het hy is nie lus om 15 meisies te score nie.\u201d Leroi reageer deur te verduidelik dat hy eintlik van stort gepraat het en hy moeg geword het daarvoor toe hy as eerste jaar Huis Marais se klip moes oppas.<\/p>\n<p>Met hierdie halwe verduidelikings agter die rug, volg daar nog \u2018n paar items. Wallie en haar agtervolger swem deur die diepe waters, en Hans en Mans mis net-net \u2018n vrot vis. Troepe Leroi, Gustav, Jana en Magriet tree aan om vanaf Reinhardt, via Julian, te hoor dat hulle ma\u2019s oorlede is. Met die hulp van Jolandie van Niekerk, Julian, Jaco Delport, Jacomien en Madilien ontklee Pauline \u2018n kaboutertjie en Karen raas in die fabriek met gloeilamp Madilien en \u2018n baie skerp blondine, Jacomien.<\/p>\n<p>Daar is ook nie veel hekels vanaand nie, en warmer l\u00ea-plekke word gekry vir die nagrus en ook die re\u00ebn wat later sal kom.<\/p>\n<p>Nag Dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Donderdag, 13 Junie<\/span><\/b><\/p>\n<p>Die son verrys ni\u00e9 met \u2018n helder glans vanoggend nie, en ek probeer onthou wanneer laas die BTK gestap het wat daar nie re\u00ebn was nie. Gelukkig het ons ook nou al geleer dat daar wel in die re\u00ebn gestap kan word, so sakke word gepak met \u2018n mistige re\u00ebntjie wat oor die vlakte val. Jy\u2019s tog te dankbaar vir die hut en gaan skuil solank daar terwyl die res van die toergroep oppak.<\/p>\n<p>Die toergroep word volledig met MD, Carel-Bart Viljoen en Lis\u00e9 Marais wat na hul half-beskutte nag, by ons aansluit. MD gebruik sommer die geleentheid om iets te deel van God se genade en doen voorbidding vir die dag.<\/p>\n<p>Sonder toerouers, is dit \u2018n buitengewone ordentlikheidspraatjie, en met net 22 ou toeriste, is die Koning wat volg ook nie een van die mees suksesvolle nie. Met gemoedere gelig, val ons in die pad. Daar word sommer goed opgewarm deur met \u2018n bult te begin, en nog beter \u2013 deur eers verby die afdraai te stap. Die re\u00ebn word soos \u2018n ekstra toermaat wat hier om jou beweeg, maar gelukkig kanselleer die ander toermaats dit uit en word daar so stuk-stuk in die nattigheid gevorder. Met kranse wat \u2018n effense beskutting bied, word <i>game break <\/i>vinnig geniet, sodat rugsakke weer opgetel kan word en lywe weer warm gestap kan word.<\/p>\n<p>Met die bystand van kettings, leertjies en helpende hande bereik ons die bopunt van die een krans, net om \u2018n paar foto\u2019s te kan neem, en dan weer af te beweeg in die mistigheid. Die re\u00ebn kom en gaan en dit wil-wil begin lyk of die son dalk mag deurkom. Hambroodjies word sommer so in die paadjie geniet vir middagete, met Jana wat oor haar voete val om \u2018n plat plek te kan maak vir Julian wat \u2018n cuddle plek soek.<\/p>\n<p>Die stap wat volg is omtrent \u2018n op en af besigheid met die rivier wat sterk loop hier onder ons, en dit wil begin voel of jou arms en polse meer werk as jou bene. Toe die paadjie weer by die rivier verbygaan, word daar gestop vir die eerste en enigste toerfoto. Die re\u00ebnboog in die verte lyk heel belowend en dit laat ons hoop dat die re\u00ebn eers verby is \u2026ons begin die laaste klim vir die dag.<\/p>\n<p>Dit sukkel maar om teen die son te wen, en kort voor lank is die donker hier om ons, en daarby moet daar nog onderdeur \u2018n waterval beweeg word. So word die boodskap maar van die een na die volgende aangestuur oor wanneer jy kan deurbeweeg, wanneer om jou sak af te haal en wanneer om te koes. Ongelukig gebeur dit ook dat jy, maak nie saak hoe goed jy luister nie, een of ander tyd onder die waterval staan.\u00a0 In jou agterkop vorm die besef dat: as daar dalk nog iets droogs in jou sak was \u2026 dit is nou nie meer droog nie. Met \u2018n bietjie deursettingsvermo\u00eb en positiewe woorde is jy uiteindelik deur en baie dankbaar vir die pale wat die trappies stabiliseer om jou bo by Driefontein te kry.<\/p>\n<p>Dit lyk omtrent soos \u2018n miernes wat oopgeskop is soos wat almal met hul wit kopliggies rondskarrel om l\u00eaplek te kry en om droog te kom. Daar word skuiling gesoek onder die rotshange en die stokery begin. Wilmarie Gericke ontdek Groepie 5 se pakkie smash wat gisteraand soek was.<\/p>\n<p>Toerlede kom een vir een kos haal en gaan skuil dan maar weer in tente. Daar word nog hier en daar gekuier, maar die idee van l\u00ea en gesels in die tent is \u2018n groter aantrekkingskrag vir die meerderheid van die toer.<\/p>\n<p>Met re\u00ebn wat kom en gaan en die koue wat sny, probeer mens maar so na as moontlik aan jou tentmaat l\u00ea en toe Jaco Delport uiteindelik sy l\u00ea het word die kamp stil.<\/p>\n<p>Nag Dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Vrydag, 14 Junie<\/span><\/b><\/p>\n<p>Dit voel omtrent asof ons op vakansie is en nie wakker gemaak word nie, maar solank slaap soos wat jy wil, of\u2026 tot jy nie meer kan l\u00ea in hierdie een posisie nie. Soos wat almal wakker word, word daar sommer \u2018n kledingstuk of slaapsak saamgebring na die vuur toe in die hoop om dit dalk droog te kry. Stories van die koue nag word uitgeruil, onder andere vertel Leroi dat sy voete ver is van sy lyf, daarom vat die hitte bietjie lank om daar uit te kom as hy met sy bene reguit l\u00ea.<\/p>\n<p>Muesli word ge\u00ebet en cappuccinos word gemaak om aan die gang te kom. MD probeer die planne van die dag (dat ons hier gaan bly) deurgee, maar word onderbreek deur die bewegende boom wat nader kom, wat toe al die tyd net Nicholaas is wat nog hout nader bring.<\/p>\n<p>Oggendgodsdiens word gehou met Wilmarie wat vir ons Psalm 46 lees. Die meerderheid besluit om sommer net daar te bly en daar word nog vir \u2018n hele ruk lekker saam gesing. Wraakkaptein, Reinhardt, probeer die eerste toeriste bymekaar kry sodat hulle kan oefen, maar Emily van der Merwe en Leonore Conradie het ander planne.<\/p>\n<p>Die res van die dag heers daar maar \u2018n lui atmosfeer. Daar word rondgekuier, kaart en kitaar gespeel en uitgekyk. Dit lyk omtrent soos \u2018n skoenwinkel by die vuur met almal se skoene wat staan om droog te word, net jammer dat as jy nie self daar staan om dit te beman nie, jy gaan terugkom en een van die volgende situasies aantref: 1. Iemand het jou skoene agtertoe geskuif, en dit kry nou glad nie meer hitte nie, of 2. Iemand het jou skoene afgestamp en dit l\u00ea nou in die as en is dalk besig om te smelt. Leroi is al so moeg vir die re\u00ebn, dat hy tot probeer om vir hom \u2018n afdakkie te bou met \u2018n seiltjie en paar takke, met die klem op probeer.<\/p>\n<p>Soos wat MD die middagbroodjies nader roep, is dit asof hy ook die re\u00ebn aanroep wat saggies weer begin val. Dit is omtrent \u2018n rumoer wat losbreek terwyl daar weer heen en weer geroep word vir hierdie groepie se grondboontjiebotter, daai een se brood en \u2018n ander een se stroop.<\/p>\n<p>Met magies vol, word die gekuiery voortgesit en word daar weer saam gelag en gesels en om my sien ek hoe nuwe vriendskapsbande gevorm en oues versterk word. Geduld word ook beproef toe \u2018n paar van die manne met groot gesukkel, en met billy deksels, pannekoeke wil bak.<\/p>\n<p>Die middag gaan heeltemal te vinnig verby en kort voor lank word die stofies weer aangesteek om te begin stook aan vanaand se pasta-gereg, so \u2018n mengsel van tuna- en basilpasta. Te bang om dit hardop te s\u00ea, word die boodskap huiwerig oorgedra dat dit besig is om oop te trek, en daar word met groot glimlagte opgekyk na die hemelruim bo ons.<\/p>\n<p>MD gee die re\u00eblings deur van m\u00f4re en terselfdertyd word hekels ook oopgemaak. Wilmarie wil sommer ook dadelik by hom (MD) hoor wat hy bedoel het toe hy di\u00e9 rondom hom probeer gerusstel deur te s\u00ea dat hy nog nie \u2018n pa is nie. Jaco wil hoor hoekom Silja Kiessling s\u00ea sy\u2019s gewoond daaraan om geslaan te word en Magriet vra vir Leroi en MD uit oor hulle denkrigting van pannekoek in \u2018n pot te probeer bak. Madel\u00e9 vra vir Mari hoekom sy juis vanaand maklik is en Julian vat Hugo aan oor sy eerlikheid oor die feit dat hy besig is om Game of Thrones te kyk. Gustav vra ook vir Reinhardt hoekom hy virJollie sou s\u00ea sy lyk soos die dood, waarop Reinhardt heel onskuldig antwoord: \u201cEk was baie eerlik.\u201d<\/p>\n<p>Met sterre wat bo ons verskiet word daar verder gekuier en dan ook aangeskuif bed toe. Net soos wat \u2018n mens gemaklik l\u00ea en insluimer met die geluid van die paddatjies, skrik jy weer wakker van \u2018n skaterlag uit Matty Scholtz, Anja Smit, Karen, Madilien en Jana se tent.<\/p>\n<p>Nag Dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Saterdag, 15 Junie <\/span><\/b><\/p>\n<p>Die stokers is vroegdag al aan die raas, en daar word sommer al in die donker opgestaan en die oppakkery begin. Kyk, as jy gedink het dis moeilik om na een aand op te pak, is dit \u2018n heel ander prentjie om na twee nagte en een dag op te pak. Daar is omtrent chaos met \u2018n hoop van verlore goed wat gevorm word van groepies se marmite en potte wat verskuif het. Die rommel word gebrand en die storie versprei selfs dat di\u00e9 gasse al deel is van die eerste toeriste se wraak. Met sakke wat gepak is en tente wat nog aan die sak is, word daar nader gestaan om dalk eerste die hitte van die son te kan voel. Jana en Jacomien maak ook van hierdie geleentheid gebruik om die toergroep bietjie op te warm en reg te kry vir die dag se stap. Die dag se afdraend stap.<\/p>\n<p>Daar was gerugte met eergister se opstap dat ons weer hier gaan moet af, maar iets in jou het tog gehoop dat dit nie waar is nie, maar jy\u2019t verkeerd gehoop. Ons begin vandag met \u2018n intense afklim. Net om onder te kom by \u2018n rivier wat sterk loop.\u00a0 MD gaan vooruit met \u2018n stok en Gerhard Rossouw sorg vir touwerk en so word daar \u2018n heel veilige roete oor gevind. Die ouens gaan eerste om \u2018n treintjie te kan vorm, waarna \u2018n paar sakke volg en toe is dit die meisies se beurt. En sien, as jy teen hierdie tyd nog nie vertroue gehad het in een van die ouens nie, het jy nou. Dit is \u2018n trein van stewige grepe wat oorhelp, met voete wat in die ysige water staan.<\/p>\n<p>Toe almal uiteindelik aan die anderkant is, en sakke, bottels en skoene opgespoor is \u00earens in die paadjie, of daar verneem word dat dit in die water afgespoel het, word daar sommer besluit dat <i>game break <\/i>hier gehou gaan word. <i>Fruit danties<\/i> word heen-en-weer gegooi terwyl hare gewas word.<\/p>\n<p>Met skoon hare, soveel as moontlik nat goed wat aan die buitekant van rugsakke hang om te kan droogword, begin ons die dag se stap. Daar word omtrent geklim, maar met die son wat vir die eerste keer op hierdie toer, lekker warm bak is die gemoedere vrolik en ek wil sommer net uitroep: \u201cNou toer ons!\u201d Die spoed word egter gou weer gebreek as daar gewag moet word om deur noue skeure te kan klim en dan ook uiteindelik opgetrek te word d\u00e9\u00far die skoorsteen. Net jammer dat vir party, soos Silja, net die rugsak vasgehou word met bene wat rondskop. Dit voel omtrent asof jy nuwe lug inasem as jy uiteindelik deur is, maar net om gou weer benoud te raak toe ons agtergekom dat die voorste deel van die toergroep so ver vooruit is dat ons nie eers weet watter kant toe. Toe almal uiteindelik weer bymekaar is en koppe getel is, word daar verder teen \u2018n gemaklike pas en op \u2018n gemaklike roete gestap.<\/p>\n<p>Ons span uit op \u2018n plaat klippe vir middagete en provitas en worsies word voorberei. Die tydjie van niksdoen in die son is heeltemal te vinnig verby en dis maar swaar om weer jou sak op te tel, veral as jy nie betyds was om ver voor die eerste toeriste te stap wat weer begin oefen vir vanaand se wraak nie.<\/p>\n<p>Ons vorder heel goed oor die plat terein en daar word lekker gesing, gesels en gelag. Totdat daar weer \u2018n stroompie oorgesteek moet word, vir die soveelste keer. Daar word sommer vinnig plan gemaak om van die begraafplaas se klippe te gebruik om oor te kom\u2026 dit daar gelaat.<\/p>\n<p>Ons kom teen 16:00 by die kampterein (met water!) aan. Die dames kry eerste geleentheid om te gaan bad, terwyl die ouens probeer om die vuur aan die gang te kry. Alicia Bestbier vat voor met die kitaar en al die meisies staan om die vuur en sing met skoongewasde hare en honger magies, terwyl daar vir die ouens gewag word om skoon te kom. (Dankie Jana vir daai insetsel in die skets).<\/p>\n<p>Met son wat aan die sak is, word die stokery vir die rysgereg begin. MD raak so verbouereerd dat hy sommer water op \u2018n brandende stofie wil gooi. Na groot gesukkel en met oorversadigde mae, kom almal in die slee \u2013 reg vir die wraak!<\/p>\n<p>Nadat die gehoor gegroet is, begin \u2018n item in die padda-hemel, met Leentjie Visser as die engel en Anja Smit, Matty Scholtz, Coba Kellerman en Simonne van Eden as padda\u2019s. Koggelmander, Johan Bllignault kom verby en loop oor die sandhoop, Emily van der Merwe. Febre van der Merwe, Jaco Delport, Emily, Janneman, Johan, Madal\u00e9 Bezuidenhoud, Marie en Leonore Conradie ry deur die BTK se McDonalds drivethrough, daar\u2019s sommer 12 bestuurders in een kar. Pauline wys bietjie watter moves ouens kan gebruik om \u2018n BTK-meisie te be\u00efndruk, met die hulp van Anja Conradie, Jana Meyer, Alicia, Engela en Kobie van Schalkwyk, Lise Marais, Marsy Olivier en Alta Zietsman.<\/p>\n<p>Supersterre is volgende, met aanbieder Danielle Foot wat Patricia Lewis vertolk. Die deelnemers is: Cecilia Anderson (met \u2018n goeie weergawe van: <i>Cecilia, you\u2019re breaking my heart<\/i>), Annamart Laubscher en Karel-Bart. Silja is juffrou Rottemeier wat vir Heidi soek, terwyl die twee Barbies, Simon wawawawitz en Nicolaas van Rensburg baklei oor hul Ken Dani\u00ebl Nel.<\/p>\n<p>Voordat die voorgeskrewe liedjies gesing word, en deur Julian en Hugo onderbreek word, sing die eerste toeriste eers \u2018n selfgeskrewe liedjie:<\/p>\n<p align=\"center\"><i>As die donker my kom haal<br \/>\nen MD my nie soek nie<br \/>\nas my dro\u00eb klere vergaan<br \/>\nen in \u2018n modderplas van water val<br \/>\nbegrawe my hart op Oorlogskloof se boom<br \/>\nEn strooi my as oor die Bosveld horison.<\/i><\/p>\n<p align=\"center\"><i>Ons het nog nie \u2018n graad nie<br \/>\nen ons het nie \u2018n studentekaart nodig nie<br \/>\nOm in die grond en re\u00ebn soos \u2018n kind te baljaar<br \/>\nen in die verte in van \u2018n krans af te staar\u2026<\/i><\/p>\n<p align=\"center\"><i>Die gelukkigste wat ek ooit was<br \/>\nop die naat van my rug in die natuurreservaat<br \/>\nDie wind sing my naam<br \/>\nen met die tentflap wat klap\u2026<br \/>\nMy naam is Carel-Bart<\/i><\/p>\n<p>Met die soetheid gesmaak, kuier almal eers weer om die vuur en loop dan sleepvoet weg van hierdie hitte om weer in die slee te klim. Tradisionele items begin sommer dadelik met Gustav en Julian wat vir Leentjie in die donker vry. Hendri, Reinhardt en Julian plant \u2018n groentetuin, met Cecilia, Esmy, Simon, Danielle, en Dani\u00ebl. Magriet en Jacomien beeld \u2018n samurai en ninja geveg uit, en probeer ook \u2018n burger en tjips koop in die biblioteek. Laaste item van die aand sluit <i>supplies <\/i>en kano\u2019s in.<\/p>\n<p>Julian hekel vir Nicolene oor haar opgewondenheid dat sy nou <i>high <\/i>was saam met \u2018n hele groep mense. Leroi word uitgevra oor sy soektog na sy onderbroek en Hendri vra vir Pauline hoekom sy sou s\u00ea: Ek het so seer, ek kan jou mascot wees. Alicia het blykbaar ook vroe\u00ebr die aand vir MD ges\u00ea: Jy is geblom! \u00a0En Wilmarie vra haar uit daaroor.<\/p>\n<p>Vanaand is dit behoorlik koud en almal is gou in die tente, behalwe vir die paar brawes, of dalk malles, wat die koue trotseer deur buite te slaap.<\/p>\n<p>Nag Dames.<i><\/i><\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Sondag, 16 Junie<\/span><\/b><\/p>\n<p>Daar word weer vroegoggend opgestaan uit gevriesde tente, en dit is met groot verbasing dat mense een vir een gevriesde kledingstukke na vore bring wat veronderstel was om droog te word. Die son wat oor die koppies opkom, verskaf weer groot opwinding soos wat die kamp vir oulaas afgeslaan word. Nadat daar klaar oggendgodsdiens gehou is, gee MD die re\u00eblings van die dag deur. Hy vra ons ook mooi om nie te skrik as ons \u2018n ambulans sien nie, wat maar \u2018n moeilike ding is om jou voor te stel na die paar dae in afsondering.<\/p>\n<p>Rugsakke word vir oulaas opgetel en die dag se stap word begin. Kyk, vandag word daar net met een doel gestap en dit is daai Interkaapbus wat gehaal moet word. Die roete, wat veronderstel is om die noodroete te wees, is ook vol uitdagings van op en af, onderdeur tussen die klippe en bo-oor n\u00f3g stroompies.<\/p>\n<p>Na \u2018n lekker stuk op die tweespoorpad is ons weer by Brakwater. Daar word van die geleentheid gebruik gemaak om sakke ordentlik leeg te maak, en elke laaste pakkie provitas, jellybabies en suurwurms word gedeel. En natuurlik word daar groepiefoto\u2019s geneem dat dit goedgaan.<\/p>\n<p>Ons groet vir Jana en Silja wat agterin \u2018n bakkie met \u2018n hond of twee klim, en draai om, om sommer dadelik vir Janneman geluk te wens met sy verjaarsdag \u2013 op die BTK manier natuurlik.<\/p>\n<p>Die laaste klim word omtrent uitgehardloop, en die wat braaf is stap sommer die laaste stuk kaalvoet nadat daar oor \u2018n \u201cgebruiklike\u201d stroompie \u00a0gespring moes word.<\/p>\n<p>Terug by die beginpunt word daar onder die bome uitgespan terwyl daar vir die hele toergroep gewag word en laaste foto\u2019s geneem word. Die kans om te kan stort, word ook sommer deur die meeste van die hand gewys, dis lekker by die BTK. <i>Gentlemen\u2019s challenge <\/i>word gehou en dit is Febre van der Merwe wat met die louere wegstap.<\/p>\n<p>Met sakke wat gelaai is, word daar op die bus geklim en ons begin die pad terug. Laaste geselsies word vir oulaas gesels, en ander wat nie meer kan uithou nie werk solank \u2018n middagslapie in. Jacomien en Leroi besluit om \u2018n bietjie tydtoetsie te doen deur op die sitplekke se rugleunings vorentoe en agtertoe te hardloop. Dis ook nie lank nie, of Leroi kry net \u2018n kyk, gevolg deur \u2018n kopskuddende glimlag, van die busbestuurder, ook maar goed \u2013 anders was sy ego dalk bietjie gekrenk. Met sneeu op die verste berge, en die son wat sak (en dan weer verskyn), kan mens nie help om sommer \u2018n paar terugflitse van die afgelope toer se prentjies en situasies te kry nie.<\/p>\n<p>By Piketberg gekom word daar dadelik aangesit vir die <i>Spur challenge, <\/i>wat deur Reinhardt goed bemark word met die geskiedenis (wat draai in die Visrivier, by Desmund Tutu en natuurlik die huidige rekordhouer, Dani\u00ebl Kotz\u00e9) van hierdie geleentheid, terwyl Hendri die logistiek van die uitdaging behartig. Soos gewoonlik, veroorsaak Julian groot verwarring deur op die \u201croei\u201d opdrag heel rustig en normaal te begin eet. Nicholas wen die titel van Oorlogskloof 2013 Spur challenge met \u2018n tyd van 2:26:81.<\/p>\n<p>Daar word sommer op die Spur se parkeerterein afsluiting gehou, met dankies en \u2018n koning.<\/p>\n<p>Daar word omtrent uitmekaar gespat met die stop by die Neelsie. Almal weer op hul eie koers vir die vakansie wat voorl\u00ea. Ons het die oorlog teen die kloof en die koue oorwin, en daarmee \u2018n spesiale kameraadskap gesmee wat nog lank as \u2018n soet herinnering by ons sal bly. Vaarwel toermaters, vaarwel \u2013 ons sien mekaar weer in die nuwe semester.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oorlog teen die kloof en die koue\u2026\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman Woensdag, 12 Junie Dis \u2018n groep van 60 opgewonde studente wat vanoggend 6:00 by die Neelsie bymekaar kom, want glo dit of nie: \u00a0dit is al nege maande sedert die BTK \u2018n rugsaktoer gedoen het! \u00a0Di\u00e9 wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2364","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2364","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2364"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2364\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3264,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2364\/revisions\/3264"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2364"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2364"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2364"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}