{"id":2387,"date":"2014-03-13T10:42:34","date_gmt":"2014-03-13T08:42:34","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2387"},"modified":"2017-10-02T18:11:07","modified_gmt":"2017-10-02T16:11:07","slug":"fanie-botha-julie-2013","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2014\/03\/fanie-botha-julie-2013\/","title":{"rendered":"Fanie Botha 2013"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/995193_538867836167728_1163942152_n.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2451\" alt=\"995193_538867836167728_1163942152_n\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/995193_538867836167728_1163942152_n-584x437.jpg\" width=\"584\" height=\"437\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/995193_538867836167728_1163942152_n-584x437.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/995193_538867836167728_1163942152_n-300x225.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/995193_538867836167728_1163942152_n-400x300.jpg 400w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/995193_538867836167728_1163942152_n.jpg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a>\u2018n Mengelmoes van liedjies\u2026 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Sondag, 14 Julie\u2026 We are marching to Pretoria<\/span><\/b><\/p>\n<p>Of jy nou gevlieg het\u2026 1439km gery het van vanoggend 3:00 af en vinnig, soos Hendri Bruwer, jou burger moes afsluk as Julian windhond van Zyl wil ry en vir toerleier Christiaan Rabie moes help om die logistiek van vier mense in die Polo en vyf in die Corolla uit te werk\u2026 Of so gelukig was om eers in Bloemfontein op te klim\u2026 Jy\u2019s uiteindelik by Karen van der Linde se huis, reg vir \u2018n laaste bietjie avontuur voordat die tweede semester op Stellenbosch begin. Mens kan duidelik agterkom wie dit is wat gery het, dis die mense wat ongemaklik rondstaan omdat hulle boude goed deur gesit is, i.v.m. die wat gevlieg het wat heel gemaklik kan terugsit op die stoele.<\/p>\n<p>Mens wil nog so half begin bekommerd raak omdat jy n\u00earens eers sprake van aandete sien nie, toe word daar stapels Romans pizza bokse verby jou gedra en die reuk laat jou mond sommer water. Christiaan s\u00ea dankie vir die veilige reis en die kos en dan word daar toegesak op die bokse. Saam hiermee versprei die knoffelwalms deur die hele geselskap, en jy moet besluit\u2026 is jy in, of is jy uit?<\/p>\n<p>Met breine wat nou beter kan funksioneer na die ete, word kossakke verdeel. Baie dankie aan Karen, Madilien Roos, Ernst Kleynhans, Reinhardt Venter en Sanmarie Kleynhans wat dit vroe\u00ebr vanmiddag verdeel het. Vir een of ander rede, is die Pick \u2018n Pay sak altyd groter as wat mens verwag, dus word verstellings gemaak, en \u2018n top of twee word selfs hier en daar uitgehaal, want kyk\u2026 hier word vir seker ordentlik ge\u00ebet by die BTK.<\/p>\n<p>Re\u00eblings vir m\u00f4re word deurgegee en die slaapre\u00eblings vir vanaand\u2026 Jy kan maar net wonder wat dit was wat Ernst op hierdie stadium vir Reinhardt beduie het. Nietemin, daar word inbeweeg en terwyl party weer in die tou staan vir stort, gaan kruip ander solank in. Dit neem \u2018n hele rukkie vir die mense om rustig te word, veral in die TV-kamer.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Maandag, 15 Julie\u2026 vat jou goed en trek, Ferreira<\/span><\/b><\/p>\n<p>Ons staan 4:00 op en pak laaste goed terwyl \u2018n koppie koffie geniet word. Die toergroep word ook bietjie meer volledig. Christiaan verduidelik hoe die ry gaan werk en bedank vir Tannie Steph terwyl Madilien die kaaseienaar probeer opspoor.<\/p>\n<p>Ons ry met moeite tot op Sabie, terwyl ander, dis nou Gerrie le Roux, Anton Kraemer en Benjamin Lavin, eers in Nelspruit gaan draai. Natuurlik is daar altyd nog plek vir \u2018n eet- of drink ietsie, so die meerderheid van die toergroep vaar die Spar binne. Alta-Mari\u00e9 Bruwer deel <i>fizzers<\/i> uit, terwyl Gustav Wiid Carmyn Jansen van Vuuren se muffins uitdeel.<\/p>\n<p>Met groot inspanning en verwarring kom ons uiteindelik by die beginpunt aan. Sonbrandroom word gesmeer en foto\u2019s word geneem.\u00a0 Toe al die bestuurders ook by is, roep Christiaan uit: \u201cSakke op!\u201d en \u201cStap nou!\u201d. Madilien, of GPS soos wat Ernst haar later begin noem het, se beskrywing van reguit stap was bietjie misleidend, aangesien die stap sommer dadelik begin met \u2018n stewige stukkie klim en tussendeur plantasies beweeg.<\/p>\n<p>Daar word gestop by die Lone Creek waterval vir middagete, maar daar moet natuurlik eers ordentlikheidspraatjie gehou word, gevolg deur \u2018n koning so oor die klippe en sommer amper by die krans af. Dis moeilik om nie die uitkykkring se intelligensie te onderskat wanneer hul uitroep dat daar o.a. nog 88 minute oor is voor die wraak, nie. Tog help dit om die misterie daaragter te laat oplaai. Dit is ook min of meer op hierdie stadium wat Jaco Delport dit goed dink om sy groepie se billy \u2018n meter vanaf die waterval te gaan uitspoel. Onnodig om te s\u00ea:\u00a0 die stroom was toe wel te sterk, en daar sit Groepie 3 sonder \u2018n billy vir die res van die toer&#8230;<\/p>\n<p>Met almal goed uitgerus, begin ons weer stap op die grondpad, met Gerrie wat hard probeer om die toergroep aan die sing te kry. Dis nie lank nie, of ons word gegroet deur die Maritzboshut met sy groot grasperk, lekker stoep, tafeltjies en opsigter, Albert. Reinhardt en Ernst wend so &#8216;n halwe poging aan om te verduidelik wat item is, en met dit as inspirasie gaan oefen die eerste toeriste, met die hulp van die twee Le Roux\u2019s, terwyl die res solank bad.<\/p>\n<p>Stokery begin met groepies wat maar redelik oor die werf versprei is, maar dit gee ook kans dat jy jou groepielede goed kan leer ken. Jou pakkie kitsvla is ook nie meer so opwindend as jy die gerug hoor dat Julian twee bokse ultramel vla saamgebring het vir sy groepie nie. \u00a0Hieraan smul hulle al heerlik terwyl jy nog wag vir jou pasta om te kook.<\/p>\n<p>Daar word vanaand gebondel-slee en Gustav en Alta-Mari\u00e9 is eerste aan die woord om skiet en so aan te verduidelik. Na \u2018n goeie verduideliking van die drie-sirkeltegniek, \u2018n baie grafiese demonstrasie van die spittegniek en \u2018n hele paar \u201cen so aan\u201d\u2019s, verstaan almal ook nou waaroor skiet gaan. Vervolgens verduidelik Reinhardt en Hendri, of altans, Antonio en Gesepe, wat \u2018n item is. Hulle roei \u00earens op en af op \u2018n rivier, nou nog nie seker of dit in Itali\u00eb of Frankryk was nie, terwyl dele van Maria en ook \u2018n billy verby dryf.<\/p>\n<p>Aangesien daar nie toerouers is nie, word hekels gerig aan grote koning Gerrie, wat verreweg die mees senior toerlid is. Christiaan vra sommer dadelik vir Reinhardt hoekom hy vir Jacomien ges\u00ea het sy moet haar ore op die grond hou. Julian wil weet hoekom Anton vir hom ges\u00ea het dat hy maar sy klere kan uittrek, nadat hy wat Julian is vir hom gevra het of Hendri daar is. Hendri vra vir Maryna Eksteen wat van haar ouers loperig, maar gaar hou en Jacomien vra Lindie Coetzee uit oor haar verwarring rondom hoekom die ou wat v\u00f3\u00f3rstap nie ook so &#8216;n oulike naam soos slot en sleutel het nie. Hendri word ook uitgevra oor hoekom hy sou s\u00ea dis Gustav se tipe skiet waar hy agter niemand aan hardloop nie. Anton vra vir Alta-Mari\u00e9 hoekom sy vir Gerrie sou s\u00ea sy hou daarvan as hy haar misbruik, wat volg met Hendri wat ook by haar wil hoor wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het sy gaan nie gehekel word nie. Terwyl almal nog aan die lag is, vra Grietjie skielik uit die bloute vir Gerrie of hy onthou het dat hul ma vandag verjaar.<\/p>\n<p>Die vloer word weer oopgemaak vir \u2018n paar items. Jaco besluit om sy episode met die billy van vanmiddag vir ons te probeer demonstreer. Troepe Grietjie, Thys Delport en Phillipe du Preez tree aan, en toe die twee le Roux\u2019s hul woorde onthou, word sy uitgeskel oor haar afwesigheid by die kamoefleersessie. Gerrie leer Thys om push-ups te doen, terwyl Philippe sommer vir homself hande klap wanneer hy dit regkry. Magriet, wat word \u2018n slag Sanmarie genoem deur Gerrie, en Jacomien is weer Hans en Mans en \u2018n Ninja en Samurai wat oor die gras rol. Reinhardt is die kroegman by Mikes drive-in bar met Johannes Rabie as sy deur. Besoekers is Pieter Retief wat op die ou end \u2018n goeie les vir die Japannees Anton leer met \u2018n Toyota spanner, wat ook in Japan gemaak is. En hiermee is items vir die aand eers klaar.<\/p>\n<p>Daar word geskuif na die stoep waar Alta-Mari\u00e9 vir ons Jesaja 51:16 en Markus 11:22 lees en ons aanmoedig om ons eie waarde te ontdek, waarna die Magaliesbergse aandlied gesing word.<\/p>\n<p>Die vure word vir nog so tydjie geniet totdat almal bed toe gaan vir \u2018n goeie nagrus.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Dinsdag, 16 Julie\u2026 Op berge en in dale<\/span><\/b><\/p>\n<p>Dit is net vier mansstemme wat ons vanoggend wakker sing, gevolg deur Julian wat dadelik uitroep dat Groepie 4 se water reg is. Dis heel vreemd, maar tog lekker, met die son wat hier so vroeg opkom en die toergroep kom sit stuk-stuk op die stoep.<\/p>\n<p>Charl Ellis lees vanoggend vir ons Matteus 11:32-39 en getuig van die liefde wat daar is tussen ons as BTK-ners en dat die oorvloed geniet en gedeel moet word.<\/p>\n<p>Vandag begin ons deur op te stap in die kloof met \u2018n hele paar rivier-kruisings. Gerrie vereis dat die eerste toeriste voor moet stap, sodat hy daar vir hulle die liedjies kan leer \u2013iets wat nie eintlik deur die res van die toergroep verwelkom word nie. Ons vat die afdraai om te gaan kyk na die kastieg groot waterval, en maak gebruik van die geleentheid om \u2018n groepfoto te neem.<\/p>\n<p>Ons stap verder in die woud met die son wat hier en daar wil deurkom. Ons sak af om te kan opkyk na \u2018n 40m-ho\u00eb (volgens Anton en Christiaan) waterval met sproei wat elke nou en dan oor ons waai. <i>Game break <\/i>word \u2018n entjie verder gehou by \u2018n koue poel wat Eleonore Slabbert en Lonel Steyn aandurf \u2013 lekker meisies van die BTK.<\/p>\n<p>Van hier af styg ons weer om uit die woud te kom. Dit is ook toe ons amper uit die ruigte is wat die boodskap van agter kom dat Charl besig is om krampe te kry. Gustav bied dadelik aan om die pligte van slot oor te vat, dit het natuurlik niks met sleutel, Carmin, uit te waai nie. Dit voel omtrent soos \u2018n oorwinning om bo uit te kom en \u2018n gemaklike pas word weer gehandhaaf op die grondpad.<\/p>\n<p>Ons vat vir die tweede keer vandag \u2018n afdraaipad op pad na \u2018n waterval toe. Ons stap oor groen grasveldvlaktes, met zebra\u2019s en elande in die verte en \u201cBTK 2013\u201d word darem ook op een van die klippe in die klipbaken geskryf.<\/p>\n<p>Die padjie loop verby \u2018n lekker poel, ideaal vir middagete, maar Christiaan besluit nee, ons stap aan. Net om 200m later weer terug te draai en te s\u00ea ons kan maar daar ons kerrievis-middagete geniet. Daar word lekker geswem en ook van ho\u00eb klippe afgespring, daar\u2019s selfs \u2018n paar wat bad en \u2018n middagslapie inkry. Ons val weer in die pad en kort voor lank is ons by die tweede hut, Stables.<\/p>\n<p>Dit is \u2018n vreemde gevoel om so vroeg by die hut te wees, en Ernst, Christiaan, Gerrie, Hendri, Simon, Jacomien, Grietjie, Eleonore, Reinhardt en Jaco herleef weer hul kinderdae van albaster speel in die sand, terwyl die res bad of oefen vir die Wraak. Die albaster-speel gaan natuurlik gepaard met lopende kommentaar van die toeskouers, en re\u00ebls wat die heeltyd verander, aangesien die geheue ook maar bietjie verroes is. Die res van die middag word daar uitgespan op matrasse en stoute middagslapies word ingewerk.<\/p>\n<p>Net soos wat almal goed aan die stook is en reg is vir hulle lekker koppie sop, begin Christiaan met \u2018n storie dat daar Boesmantekeninge is om te gaan kyk, voordat die son sak. Jy\u2019s nog so besig om onderlangs te mompel dat hy dit wraggies maar vroe\u00ebr vanmiddag kon gedoen het, of selfs te wonder of hier in Mpumalanga Boesmantekeninge kan wees&#8230; wanneer Christiaan uitroep: \u201cSkiet is oop!\u201d Dis maar \u2018n verle\u00eb groep wat terugstap na \u2018n n\u00f3g meer verle\u00eb groepie wat agtergebly het om aan die stook te bly, of net nie lus was vir Boesmantekeninge nie. Daar word verder gestook en weereens baie lekker ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Johannes Rabie lees vanaand vir ons uit Matteus 28 en dan word daar na die sleekring geskuif.<\/p>\n<p>Eerste toeris konvenor, Anchen van Dyk, verwelkom almal by die eerste toeriste se aand, almal\u2026 elke moontlike portefeulje\u2026behalwe die sketsskrywer. Daarna volg Benjamin wat sy kitaar, Maryna, probeer tune om die deuntjie vir vanaand se sangkompetisie te speel. Beoordelaars vir hierdie kompetisie sluit in Natani\u00ebl, Vernon Koekemoer en Dowwe Dolla wat onderskeidelik deur Lerise Strydom, Philippe en Lonel vertolk word. Die deelnemers is Lindie as Paris Hilton, Sanmarie as Hannah Montana, Devon Morillion as Jack Parrow en Marli du Toit as \u2018n Telly Tubby. In \u2018n advertensiebreuk is dit Thys wat sy grassnyers, Michelle Gous en Johannes probeer verkoop, met Benjamin wat die gras is.<\/p>\n<p>Hierna is die ou toeriste nog nie tevrede nie en eis dat daar nog ge-item moet word. Dus doen Lonel en Anchen \u2018n Matilda weergawe, met lyf en bene wat nie heeltemal saamwerk nie. Ons skuif na \u2018n brandende huis met Johannes, Lindie, Sanmarie, Lerise, Marli.\u00a0 En Thys, wat seker die meeste praat wat hy nog op die hele toer gepraat het. En laaste is Philippe \u2018n eend wat die kroeg en kroegvrou, Anchen besoek.<\/p>\n<p>Met die singery, is dit omtrent \u2018n sing-off tussen Lindie en Thys. En die Sarais Marais-ge\u00efnspireerde Koning is so skokkend, dat Gerrie sommer skaam kry. Nadat die ou toeriste vir hulle Koning gesing het, word daar na die bome agter die hut geskuif vir die wraak.<\/p>\n<p>\u2018n Ruk later, is dit \u2018n groep volwaardige BTK-ners wat terugklim in die slees en items word voortgesit. Hollander Tim, dis nou Gerrie, en Nigel van die Cape Flats, dis nou Christiaan, verduidelik\u00a0 sommer dadelik waarvandaan die ai-tim nou eintlik kom, aangesien daar \u2018n hele paar eerste toeriste was wat daarna verwys het as ietems. Dit is ook h\u00falle twee wat later vir ligtoring Lonel aansteek, wat helder begin gloei. Drie kannibale, Anton, Pieter Retief en Hendri wag die foursome, Reinhardt, Ernst, Gustav en Carmin in wat elk \u2018n wens kan maak voordat hulle in kanoes verander, waarop Gustav wens dat Carmin saam met hom na Dagbreek se huisdans sal gaan \u2013 en toe s\u00ea sy ja&#8230; Tussendeur word daar ook treffers soos \u201cStaan op, staan op\u201d, \u201cAlleen, leen, leen\u201d en \u201cSpan die seile\u201d gesing. Grietjie, Magriet en Jacomien vervaardig tandepasta in \u2018n fabriek, totdat Grietjie begin dink sy\u2019s \u2018n gloeilamp.<\/p>\n<p>Gerrie kry die plaaswerf aan die gang met volgende diere: Lindie, die lekker skaap tjoppie, Marli, die melkerige koei, Thys, die haastige hoender, Johannes, die jong varkie en Philippe, die vryfbare eendjie\u2026 iets s\u00ea vir my hulle was nie te goed met hulle alliterasie op skool nie. Hierna vertel Ernst die lang uitgerekte storie van veerpenmaats in Amerika en Japan \u2013 net om nooit die einde te vertel nie. Gerrie probeer \u2018n nuwe tipe item deur papiertjies met woorde op uit te deel en almal wat dan moet bydra om \u2018n storie te vertel. Woorde soos lig van my lewe, bobotie, rooi lipstick, geboortemerk en sleutelbeen, veroorsaak bietjie verwarring, maar darem ook vermaak.<\/p>\n<p>Met vanaand se hekels loop Sanmarie en Ernst en hul verhouding goed deur met opmerkings wat heen en weer vlieg. Alta-Mari\u00e9 vra ook vir Ernst hoekom hy sou s\u00ea hy\u2019t Wilson toffies vir sy slee-date gebring, sodat sy nie baie praat nie. Thys word ook deur Christiaan gevra om sy one stroke enjin te verduidelik.<\/p>\n<p>Christiaan verduidelik die dag van m\u00f4re wat heewatl \u201crustiger\u201d gaan wees (volgens Madilien) en hiermee word die dag ook afgesluit en almal gaan l\u00ea rustig, veral nadat Magriet eers die mense by die vuur gaan stilmaak het.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Woensdag, 17 Julie\u2026 The hills are alive, with the sound of music<\/span><\/b><\/p>\n<p>Ons word wakker gesing met \u201cGoeie more my sonskyn\u201d en begin met die nou al gewoond-aan roetine van ontbyt eet, koffie drink en sak pak.<\/p>\n<p>Eleonore lees vanoggend uit Fillipense 2 en deel \u2018n getuienis van hoe belangrik dit is om daar wat jy is God se wil uit te voer en ook reg te wees om in gehoorsaamheid teenoor Hom te reageer.<\/p>\n<p>Met \u2018n BTK-wifey foto geneem, val ons in die pad. Met die eerste bult wat nie lyk asof hy ophou nie, is dit moeilik om te verstaan hoe Lindie genoeg asem kan h\u00ea om nog te kan sing ook. Maar ons kom tog bo en draai af op \u2018n paadjie wat oor die grasvelde loop. Daar word gestop om nog \u2018n groepfoto te neem, of \u2018n hele paar, met Hugo se fancy kamera wat elke 3 sekondes of iets een neem. Ons sak weer af om deur \u2018n klofie te gaan en water bottels vol te maak en stap dan verder deur die grasvelde. Middagete word geniet op \u2018n uitkykpunt met bobbejane wat net hieronder ons skree. Danksy Simon, eet Groepie 2 net saamgedrukte krummels vir middagete, terwyl Groepie 1 besluit om eerder een van hul pakkies provitas oop te maak.<\/p>\n<p>Ek begin die opsie oorweeg dat Ernst dalk net vir Voorsitter sal wil staan, sodat hy die bevele kan gee, soos wat hy elke keer as daar iets gedoen moet word dit uitroep\u2026 \u201cRus nou!\u201d, \u201cEet nou!\u201d of \u201cSwem nou!\u201d. Ons begin stap deur \u2018n gebrande deel en hier en daar probeer iemand heel terloops klink as hul benoud vra of die hut nie dalk ook afgebrand het nie.<\/p>\n<p>Dis nie lank nie, en ook nie laat nie, inteendeel, dis 14:45 toe ons by die hut aankom. Weereens word daar uitgespan op matrasse. Party gryp dadelik \u2018n pot of billy om skoon te kom. Een so iemand is Jaco wat net betyds gekeer is voordat hy seep in een van die billies gooi \u2013 en toe nog die water heeltemal te ver oor sy lyf gooi.\u00a0 \u2018n Massage garage word aan die gang gesit, terwyl die satellietfoon gebruik word om vir voorsitter, Anna-Marie M\u00fcller, in Amerika te bel. Die vet, ronde blaas op Karen se hak word ook behandel met opmerkings en kommentaar van omstanders, een so \u2018n omstander is Reinhardt wat sukkel om sy verbasing weg te steek en vra of sy met klompe stap. Gerrie, Pieter van Rooyen, Christiaan Scholtz en Johannes het nog heeltemal te veel energie en laat val \u2018n boom in die verte. Die mans se toiletgeriewe is ook heeltemal ontoeganklik en volgens Ernst gaan jy jou reuksintuig verloor as jy dit besoek.<\/p>\n<p>Toe daar begin word met die stokery ontstaan daar groot drama. Vervolgens Julian se weergawe van die gebeure: Groepie 4 het Groepie 2 se pasta saamgedra wat opgetel is, met die doel om dit te kan terugruil vir iets meer waardevol. Daar kan egter nie \u2018n ooreenkoms bereik word tussen die groepies nie, en Groepie 4 hou dus die pasta. Groepie 2 bied toe bacon kips aan, wat eintlik Groepie 3 s\u2019n is, met die gevolg dat 3, Gustav, vir 4 aanval om dit terug te kry. Julian gryp toe al Groepie 4 se sakke en staan in die hoek waar daar \u2018n groot gestoeiery ontstaan. Groepie 3 vat toe 4 se pasta, wat hul terugruil vir \u2018n boks bacon kips wat eintlik net \u2018n bottel Bovril inhet \u2013 dus wen Groepie vier. Ek sukkel maar om hierdie storie te verstaan \u2013 ek hoop dit maak vir jou sin. Met al die drama verby, word daar tog lekker ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Jacomien lees vanaand uit Psalm 8 en 1 Konings 19 en spreek waardering uit oor die stilte wat ons hier kan ervaar.<\/p>\n<p>Ons klim in die slees reg vir die aand se items. Christiaan begin die aand met die Wild West Show. Hendri, Julian en Anchen vry in die donker. Grietjie, Jacomien, Magriet en Alta-Mari\u00e9 doen vir die eerste keer in jare die BTK-meisie item, met Christiaan se line op die einde: En die ouens\u2026 hulle like dit. Reinhardt is nog steeds deurmekaar met sy aardrykskunde, en Pieter verkoop koppe, Thys, Sanmarie en Lerise, en die nooit-gebruik kop: Philippe. Jacomien, Christiaan, Grietjie en Gerrie doen Big Joe met die twee Le Roux\u2019s se gebroke engels. En natuurlik, as Anton toer, moet klippies ook in die water gegooi word. Johannes en Simon is in die hoof se kantoor oor Tommy se gedrag. En Faizel verkoop skoene langs die straat.<\/p>\n<p>Hekels begin met Jacomien wat vir Julian vra hoekom hy sou s\u00ea hy\u2019t ook hart. En daarna vir Ernst uitvra oor sy stelling: Ek\u2019t minus nul game. Hendri wil by Ernst hoor hoekom hy sou s\u00ea: Dis so lekker, onder in, bo uit. En dan vra Hendri ook vir Maryna oor haar erkenning: Daai meisie is so mooi dat ek ook kyk. Julian vra vir Reinhardt hoekom iets wat tuis van Japan, made in Taiwan sal wees, en ook hoekom hy as sy hand uitgesteek is sou s\u00ea: Speak to the face. Madilien wil ook by Ernst weet hoekom hy onder die slaapsak wil verdwyn met sy sleedate Alta-Marie as hekels begin. Gustav het ook vroe\u00ebr vandag erken dat jou stort partners jou op \u2018n ander manier leer ken \u2013 en hier by die BTK kan ons seker nie daarmee stry nie!<\/p>\n<p>Dit is al goed toegetrek toe ons gaan l\u00ea en jy\u2019s gelukkig as jy betyds in jou slaapsak kan kom voordat die re\u00ebn begin uitsak.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Donderdag, 18 Julie\u2026 Sing vir my saggies, sing van die re\u00ebn<\/span><\/b><\/p>\n<p>Die son verrys is skaars klaar gesing, of die ouens val weg met \u2018veels geluk liewe maatjie, omdat jy verjaar\u2026\u2019 vir Sanmarie wat vandag verjaar. Dit is maar moeilik om jou sak te pak en opgewonde te raak oor die dag se stap met die mistigheid en re\u00ebn hier om die hut.<\/p>\n<p>Lindie vertel van die Lewende Water wat in oorvloed vir ons elkeen beskikbaar is en onderstreep dit met Johannes 7:38 en 39.<\/p>\n<p>Met splash covers of poncho\u2019s oor die sakke getrek val ons teen \u2018n stewige pas in die tweespoor pad wat deur die plantasies loop. Met die herinnering van Christiaan dat ons bymekaar moet bly in die digte mis, kan jy nie help om weer jou kinderprentjie van Rooikappie en wolf in die woud op te roep nie. Dit is ook oor hierdie rede dat ek te bang is om agter te raak, en eerder besluit om te maak asof ek seergekry het sodat die groep kan stop terwyl ek gou my veter weer vasmaak.<\/p>\n<p>Ons volg \u2018n bospadjie deur die ruigtes om weer by \u2018n tweespoorpad uit te kom, en om uit te vind dat ons al 7km in \u2018n uur gestap het. Teen hierdie spoed van 4.8km\/h is ons ook al 11:45 by die MacMac hut en word die Gentlemen\u2019s challenge sommer dadelik gehou. Gerrie bewys dat hy dalk al oud is, maar vir seker nog nie koud nie, deur al die jong klonge weg te hardloop.<\/p>\n<p>Nadat middagbroodjies ge\u00ebet is, gaan l\u00ea pary \u2018n bietjie vir \u2018n middagslapie, ander kuier en sing om die gerookte vuur, en bestuurders stap Graskop toe om solank die motors te gaan haal. Hulle kom ook terug met \u2018n hele paar biere en bottels Muskadel en Rooiwyn wat dadelik geskink word in die blikbekers terwyl daar verder gesing word om die vuur met die hulp van: en die apie sit en droom. Net wanneer jy dink Gerrie se gesig kan nie nog rooier nie, kom die volgende liedjie en sing hy dit met nog meer passie en emosie. Dit wil voorkom asof die 163 liedjies in die sangbundel wel nie genoeg is nie en sommiges word herhaal, of ou volksliedjies word ook ingesit. Philippe en Hendri begin sommer ook \u2018n beatbox om bietjie aksie te kry. Ons kuier lekker man, lekker.<\/p>\n<p>Stokery begin, en w\u00e9\u00e9r ontstaan daar drama met biltong wat gesteel of weggesteek is. Twee oud BTK-ners, Retha Roos en Melissa Laubsher, kom kuier ook en bring lekker roomys saam, wat veroorsaak dat die beertjie-poeding in baie groepies tweede kom. Heeltemal gekant teen kos mors, voer Jacomien Groepie 4 se orige poeding aan die geselskap om die vuur, ook aan Gerrie &#8230; sy hele gesig loop deur.<\/p>\n<p>Daar word nog lank lekker om die vuur of op die stoep gekuier, terwyl tee of koffie gestook word voordat ons sommer in die hut slee vanaand. Items wat uitstaan is Gerrie, Pollie papegaai en Lindie in die Kleinhandelaars en Kie, met besoekers Anton, Marli, Eleonore en Johannes. Getroude paartjie Ernst en Sanmarie wat skoonpa Gerrie, wat vir die eerste keer choke in \u2018n item, besoek. Philippe wat een of ander been-oefening probeer demonstreer. En natuurlik Kaptein, met Pieter van Rooyen, Christiaan, Hugo, Johannes, Anton en kkkkk-kaptein Gerrie wat by tye vergeet dat hy nie meer \u2018n pappegaai is nie, en dus nie meer in so \u2018n stemmetjie hoef te praat nie. Reinhardt en Ernst neem deel in \u2018n gedigkompetisie en \u2018n blonde Grietjie word afgetrek deur \u2018n nog blonder Jacomien.<\/p>\n<p>Hekels val weg met Julian wat sy foon uitruk en die volgende by Reinhardt wil hoor: As hulle baba\u2019s toelaat, moet hulle honde ook toelaat. By Grietjie: Ernst is Sanmarie se hondjie. By Christiaan Rabie: lek eers klaar, dan praat ons en by Andr\u00e9: Nee ou, moenie daar gaan aan tafel nie. Hendri vra ook vir Andr\u00e9 hoekom hy sou s\u00ea hy\u2019t dit in die<i> heat of the moment <\/i>gedoen en vir Maryna hoekom sy sou s\u00ea: Moenie vir Philippe gaan nie, gaan vir my.<\/p>\n<p>Die planne van m\u00f4re word deurgegee en daar word uitgeskuif na die vuur vir godsdiens. Pieter lees uit 1 Korinti\u00ebrs 13, gevolg deur \u2018n gese\u00ebnde sessie lofprysing en aanbidding.<\/p>\n<p>Daar word tot vroegoggend gekuier om die vuur met \u2018n geskaterlag wanneer Reinhardt \u2018n pakkie jelly babies heeltemal verkeerd oopskeur sodat dit in alle rigtings vlieg, Benjamin wat (beter is as \u2018n noot-vir-noot deelnemer) deur liedjies wat ingesit is uit volle bors aan te hou sing, en Gerrie wat goed gatvol raak vir die vuur en tog te dankbaar is as Johannes uiteindelik inspring om te help.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Vrydag, 19 Julie\u2026 Time to say goodbye<\/span><\/b><\/p>\n<p>Die koor wat ons wakker sing vanoggend klink ietwat ho\u00ebr, en hou ook langer aan. Dit is ook asof almal wil vasskop teen die idee dat ons vandag klaar is, aangesien die oppakkery vandag ekstra lank vat.<\/p>\n<p>Alta-Marie en Philippe kom agter dat Thys nog baie min van die toerlede se name ken, en probeer die toerleier se van verduidelik met die leidraad: Dit begin met \u2018n R, en dit eindig met \u2018n \u2018abie\u2019 waarop Thys selfversekerd uitroep: \u201cJan Rabie\u201d.<\/p>\n<p>Dis met \u2018n swaar gemoed wat daar \u2018n kring gemaak word, want ons moet afskeid neem van Hendri, Eleonore, Julian, Grietjie, Christiaan, Pieter, Anton en Gerrie wat vandag maan toe gaan (nadat van hul al wel daar was). Ek sal eerder nie verder hieroor uitbrei nie.<\/p>\n<p>Ons sluit ons o\u00eb en dank God vir die nuwe dag en die toer wat sover gese\u00ebnd was en vra dan ook sy beskerming deur die dag.<\/p>\n<p>Die karre word gelaai en ons vertrek met Julian se musiek wat hard blaas. Ons ry tot by <i>God\u2019s window<\/i>, om die toeriste wat daar is se rus en vrede te versteur en dan ook \u2018n paar foto\u2019s te neem \u2013 min gepla oor hoe ons lyk met stokies en vuil klere.<\/p>\n<p>Ek neem aan die pad na Pretoria was maar stil met verlore slaap wat ingehaal word, want almal het weer baie energie toe ons by Atterbury bymekaar kom vir Terrash. Anton is heel teleurgesteld dat daar nie \u2018n burger challenge is nie, dit is nogals swak van die ouens, ek stem saam.<\/p>\n<p>Ons sluit die toer sommer in die parkeerterein af, met Pretori\u00e2ners wat ons heel vreemd aankyk wanneer ons begin Koning.<\/p>\n<p>By Karen se huis gekom word die groep weer verdeel, aangesien \u2018n hele paar karre al vanaand deurry Bloemfontein toe. Die wat agterbly, kuier lekker en kan ook uiteindelik steak braai wanneer die hout uitgebrand is.<\/p>\n<p>Na \u2018n lang dag se gery kom die Kaapse berge weer nader, met kleurvolle blommetjies langs die pad en sterk wattervalle teen die hange. Ons is veilig tuis na nog \u2018n toer van mooi uitsigte, soet herinnerings, nuwe grappies en vriende, reg vir die nuwe semester. Vaarwel toermaters, die toer was lekker man, lekker!<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">\u00a0<\/span><\/b><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Mengelmoes van liedjies\u2026 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman &nbsp; Sondag, 14 Julie\u2026 We are marching to Pretoria Of jy nou gevlieg het\u2026 1439km gery het van vanoggend 3:00 af en vinnig, soos Hendri Bruwer, jou burger moes afsluk as Julian windhond van Zyl wil ry en vir toerleier Christiaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2387","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2387","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2387"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2387\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3265,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2387\/revisions\/3265"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2387"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2387"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2387"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}