{"id":2390,"date":"2014-03-13T10:44:19","date_gmt":"2014-03-13T08:44:19","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2390"},"modified":"2017-10-02T18:10:51","modified_gmt":"2017-10-02T16:10:51","slug":"maskamberge-september-2013","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2014\/03\/maskamberge-september-2013\/","title":{"rendered":"Maskamberge 2013"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1274734_10202157679162974_1490751356_o.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-large wp-image-2445\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1274734_10202157679162974_1490751356_o-584x389.jpg\" alt=\"1274734_10202157679162974_1490751356_o\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1274734_10202157679162974_1490751356_o-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1274734_10202157679162974_1490751356_o-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1274734_10202157679162974_1490751356_o-450x300.jpg 450w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/03\/1274734_10202157679162974_1490751356_o.jpg 1920w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a>\u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman, vir oulaas<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Saterdag, 7 September<\/span><\/b><\/p>\n<p><i>Thousands of tired, nerve-shaken, over-civilized people are beginning to find out going to the mountains is going home; that wilderness is a necessity<\/i>&#8230;<\/p>\n<p>\u2015\u00a0<a href=\"http:\/\/www.goodreads.com\/author\/show\/5297.John_Muir\">John Muir<\/a><\/p>\n<p>Dis die einde van die sogenoemde sosiale kwartaal. Dit was \u2018n kwartaal van huisdanse, ser-kyk, HK-verkiesings, baie re\u00ebn en sneeu op die berge. Die kwartaal was vol dinge, toetse, koffiedates, laataandkuiers en sperdatums, en maak nie saak hoeveel plakkate of e-posse daar was nie, jy\u2019t nog steeds vergeet om kwota op te laai voor die 30ste Augustus.<!--more--><\/p>\n<p>Die klem natuurlik, in hierdie paar sinne, val op die woordjie was, want ja, die kwartaal is verby en dis weer tyd om te gaan ontlaai en herlaai in \u2018n stukkie van God se geskenk aan ons. Sakke en kiste word vroegoggend by die Neelsie gelaai en plekkies in bus word uitgekies vir verder slaap. Nadat toerleier, MD \u2018Klaar-daar\u2019 Greyling, almal verwelkom het, sy naam in engels probeer verduidelik het en ons vir \u2018n uur plus gewag het vir verlore toerlid, Paul Saaiman, word daar besluit dat daar in die pad geval gaan word. Daar word laer in die banke geskuif en die eerste post-toetsweek of post-kwartaal slapie word ingewerk.<\/p>\n<p>Lyk my daar is net iets anders aan die lug by Piketberg, want soos soveel kere vantevore, word die bus wakker en kry toerlede bietjie meer volume soos wat ons deur die dorpie ry. Dis ook duidelik dat dit nie meer winter is nie, met temperature wat styg in die bus. Jy\u2019t al stories gehoor dat Vanrhynsdorp klein is, maar nadat ons al verby twee drankwinkels en \u2018n hele paar koffiewinkels gery het, begin jy wonder, totdat die storie van voor kom en jy besef dat ons net al twee keer om die dorp gery het. Ons kry uiteindelik weer rigting en ry met \u2018n grondpad tot waar ons gaan begin stap. Sakke word gepak, verstellings word gemaak en in die warm son gewag vir die bakkie wat ons toerouers en kossakke bring.<\/p>\n<p>Die geleentheid word sommer gebruik om \u2018n paar goed te verduidelik. Peter \u2018M\u00fclste\u2019 M\u00fcller en Madilien \u2018Kleinrosie\u2019 Roos verduidelik hoe skiet werk, gevolg deur Johannes \u2018Oupa\u2019 Rabie, Charl Ellis, Gustav Wiid en Gerhard \u2018Waar\u2019s-my-boekie\u2019 Rossouw wat \u2018n item verduidelik.<\/p>\n<p>Johan Wiid en toerouers Hans \u2018M\u00fcl\u2019 en Anneke \u2018M\u00fcller\u2019 M\u00fcller kom ook uiteindelik aangery met die wit bakkie en dis nie lank nie, of ons val in die pad met rugsakke en wandelstok. Kyk, die BTK is vir seker \u2018n plek wat jy opnuut dankbaar word vir die mense rondom jou en hoe hulle jou help, selfs al is dit nou net Engela van Schalkwyk wat s\u00ea: \u201cDit is warm\u201d, vir ingeval jy nog nie self agter gekom het nie.<\/p>\n<p>Met \u2018n ritme wat net begin werk, word daar weer gestop vir middagete. Groepies kamp uit onder verlate bosse en geniet heerlike middagbroodjies, terwyl waterdraers met groot moeite by water probeer uitkom. Een so \u2018n waterdraer is Jaco Delport en toe hy uiteindelik terug is kan slot Gustav en sy sleutel, Heleen Malan, ook by die res van die toergroep aansluit wat al begin styg het, dankbaar vir die windjie vir \u2018n bietjie afkoeling. Naude van der Merwe bewys dat man is man deur Christine Rozema se sak vir haar te dra, terwyl Christine en Rensa Pronk vinnig reggedokter word met \u2018n rehydrate teen die lighoofdigheid. Anchen \u2018Angen\u2019 van Dyk wil ook net seker maak dat ek verstaan dat sy nie \u2018n foto van my gaan neem met haar onderwaterkamera nie, iets waarop ek nog steeds nie seker is hoe om te reageer nie.<\/p>\n<p>Mens wil begin in jou skik raak oor die feit dat jy gaan terugkeer na Stellenbosch met bruingebrande bene, maar met bosse wat digter raak, is dit maar \u2018n pynlike ervaring. Oom Dave sluit by ons aan en ons hou aan met styg, want een klim in \u2018n dag is mos nie genoeg nie. Gelukkig is Johan se voet daar om aan te hang met Rainer Graefe se uitgestrekte hand om jou op te help by van die moeilike plekke. Na nog \u2018n paar optrekke en strekke kom ons ook uiteindelik bo aan, waar tannie Anneke erken dat sy vir Magriet \u2018Kosouma\u2019 Muller en haar nonsens praat mis. Met herinneringe wat klaar vasgel\u00ea is, kan mens net saamstem met Greg Child as hy s\u00ea: <i>Somewhere between the bottom of the climb and the summit is the answer to the mystery why we climb<\/i>.<\/p>\n<p>Ons moet \u2018n rivier oorsteek en die geleentheid word gebruik om sommer vinnig in te spring, af te koel en die stof van die dag af te spoel. Met verfrisde gemoedere stap ons verder tot waar die bakkie in die grondpad staan en wag. Dis ook met groot vreugde wat daar verneem word dat Paul by ons aangesluit het, en sommer nog \u2018n toermaat, Sebastiaan le Roux saamgebring het \u2013 hoe meer siele, hoe meer vreugde!<\/p>\n<p>Van hier af word daar met \u2018n stewige pas gestap tot by die kampterrein onder die hange wat uitkyk op die mooi vallei. Dit het sterk gere\u00ebn in hierdie w\u00eareld en plan moet gemaak word vir die nie-waterdig-skoene om oor die water te kom, Anton \u2018<i>guess who\u2019s back<\/i>\u2019 Kraemer help graag. Ja, deur te probeer om \u2018n paadjie te maak om droogvoets te kan oorkom\u2026 maar meer deur die vermaak wat hy verskaf toe hy nie een, nie twee maar dri\u00e9 keer op dieselfde plek gly. Rensa Pronk se skoen begin ook sommer saam lag en gesels.<\/p>\n<p>Nadat \u2018n modderbad ook oorgesteek is, kom ons by die kampterrein en elke hoekie word eers verken om vas te stel waar wat gaan gebeur. Toe re\u00eblings deurgegee word, verduidelik MD sommer ook hoe stortverdeling gaan werk, met \u2018n praktiese les en arms wat rondwaai vir mans links en dames regs, net sodat dit op die ou end in elkgeval omgeruil word! Mens sal ook nie dink dit is \u2018n rugsaktoer met almal wat in \u2018n ry gaan staan vir stort nie, wat nog te s\u00ea w\u00e1rm stort nie!<\/p>\n<p>Die dag word gegroet en terwyl dit donker word, word kitare en stofies uitgehaal. Ag, daar heers sommer net \u2018n spesiale atmosfeer van sing, gesels en lag. Net jammer dat Groepie 3, of die \u2018beste vla\u2019 shakergroepie, Johan, Katrien, Rainer, Peter Kempton-Jones, Silja Kiessling, Anneke \u2018M\u00fcller\u2019 M\u00fcller, Katelyn Mullon, Melinda Loubser en Hans \u2018M\u00fcl\u2019 M\u00fcller, se geskree die rustigheid so versteur. Ek l\u00ea maar terug en luister en skryf verder, net om deur Sebastiaan gevra te word of ek besig is met Sudoku, want blykbaar konsentreer ek baie hard. Ons sit aan vir \u2018n lekker spekgereg, afgerond met warm vla.<\/p>\n<p>Dit vat maar lank om in die slee te kom en net toe almal rustig l\u00ea en gesels, word die rus versteur deur die oorlogskrete van ninja, Jacomien en samurai, Anna-Marie \u201c<i>Making history<\/i>\u201d<i> <\/i>M\u00fcller wat sommer die kloof ook wakker skree. Dit word gevolg deur \u2018n minder interessante insetsel van 50\/50 se veldfokus oor een of ander insek in die amasone, en iets wat meer relatief, ag relevant is \u2013 die pou se vliegpatrone afhangende van waar die son is. Jacomien en Magriet begin ook met \u2018n eerste rondte van Wallie, net om gegroet te word deur \u2018n hele paar uitroepe van frustasie. Ons beweeg na die paradegrond waar troepe, Anton, Naude, Gustav, Johan en Peter, wie se identiteite \u00earens tussen Captain Morgan en can-can danse gekry word, wag om nuus van generaal MD via sersant Hendrik \u2018<i>Singalong<\/i>\u2019 Smith te kry. Laastens word daar bietjie vermaak verskaf deur die hond wat hier tussen ons kom snuffel en aandag soek.<\/p>\n<p>MD probeer met sy engels-vermo\u00eb verduidelik wat hekels is, met die volgende: \u201cWe encounter quite a few funny stuff\u201d, baie waar. Soos byvoorbeeld, Anchen wat by middagete ges\u00ea het dat hulle mekaar maar in die slee gaan moet ondersoek, Johan wat vir Madilien ges\u00ea het sy kan maar enige plek vat. Anton vra ook vir Katrien hoekom sy sou vra: \u201cIs ek te geklee?\u201d, en Paul wat so opgewonde was met sy nuus aan Sebastian: \u201cDude, I found the perfect place for slee!\u201d. Hendrik hekel vir Anton oor sy besorgdheid oor grotskiet wat \u2018n gevaar in die donker is, en Katrien wat vir Katelyn vra oor haar opmerking: \u201cCan somebody feed Johan, cause I want his hands free.\u201d<\/p>\n<p>Ons sing die Magaliesbergse aandlied en dan word daar nes geskrop vir \u2018n slaapplekkie vir die aand.<\/p>\n<p>Die kamp word vinnig stil, en soos wat ek terugl\u00ea, my slaapsak ho\u00ebr optrek, luister na Hendrik wat speel op sy kitaar en opkyk na die hemelruim en \u2018n verskietende ster of twee, kan ek voel hoe die eerste bietjie spanning van die kwartaal begin verdamp en wil ek sommer uitroep: nou toer ons!<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Sondag, 8 September<\/span><\/b><\/p>\n<p>Ons word wakker met die bekende gesing van <i>die son verrys met helder glans<\/i> en alles voel heel normaal totdat iemand \u00earens op \u2018n blokfluit begin speel. Die vreemdheid word net meer omdat daar nie die gewone skarrel is om \u2018n rugsak gepak te kry nie. Nadat daar lekker gesing is terwyl ons uitkyk oor die vallei, lees MD vir ons uit Jakobus 1.<\/p>\n<p>Daar word seker gemaak dat al die middagbroodjie en ekstra baadjies \u00earens in \u2018n sak is en ons val met \u2018n ekstra huppel in ons stap in die pad. Die eerste groepfoto word geneem, wat ook maar net die begin van hierdie foto-mal dag is. Ek was nogals redelik seker dat ons op die hoogste punt is, maar nee, daar word nog \u00f3p beweeg met die rivier. Die eerste keer wat daar gestop word, gebruik wraakkaptein, Johan, sommer die geleentheid om \u2018n paar eerste toeriste uit te kyk. Daar is vir seker meer energie sonder die sakke, en daar word lekker gesing en sommer baie nonsens gepraat.<\/p>\n<p><i>Game break<\/i> word geniet in een van die skeure, nadat almal eers \u2018n foto by die boom geneem het. Die uitkykkring se skree weergalm teen die rotse, waarna Paul sy kommer uitspreek oor die glimlagte en glinsterende o\u00eb van die ou toeriste. Ons stap met groot verwondering, en so \u2018n bietjie verwarring vir die wie se rigting nie so goed is nie, weer verby die boom wat so in die skeur groei, om verder te gaan verken.<\/p>\n<p>Terwyl ons verder stap, tussendeur of bo-oor die fynste fyn blommetjies en verby kranse wat in goud en glans getooi is, besef mens: <i>Climbing <\/i>(of seker <i>hiking<\/i> ook)<i> is one of the few sports in which the arena (the cliffs, the mountains and their specific routes) acquire a notoriety that outpopulates, outshines and outlives the actual athletes<\/i>, soos wat Jonathan Waterman s\u00ea.<\/p>\n<p>Ons stap \u2018n hele stuk langs \u2018n afgrond en geleenthede word ook gebruik om groepiefoto\u2019s te neem. Middagete word dan ook geniet op \u2018n punt wat uitkyk oor die vallei en ons word bederf met agtergrond musiek van die eerstetoeriste wat hulle liedjies oefen o.l.v. Katrien Smut en eerstetoeris konvenor, Caru \u2018Artikel 37\u2019 Coetzee.<\/p>\n<p>En so staan die dag ook einde se kant toe, en kry ons weer koers na die kampterrein in ordelike enkelgelid. Ons volg oom Dave oor fyn plantjies, tussen deur bosse en onderdeur klippe en stap ook \u2018n hele stukkie weer langs \u2018n riviertjie \u2013 en natuurlik word die kans aangegryp om te swem ook. Dit laat my dink aan \u2018n Checkers advertensie \u2013 <i>better and bettaaaa. <\/i>Ons is weer terug op die vlaktes, en MD kies ook hierdie oomblik om skiet oop te maak, net sodat ons kuite ook getoets kan word soos wat almal laat spaander oor die sand.<\/p>\n<p>Ons val weer in die pad en dit voel of ons skaars aandie gang is of ons is skielik weer by die kampterrein waar oom Hans en tannie Anneke ons verwelkom. \u2018n Hele paar van die meisies besluit sommer hulle is eerstens lus om \u2018n regte BTK-bad te gaan vat in die rivier, en tweedens, seker ook nie lus om te wag vir die stort wat verstel moet word nie. Met die terugkeer na die kampterrein word mens begroet deur \u2018n vrolike deuntjie op kitare, stemme wat saamsing en skaterlag.<\/p>\n<p>Dit word goed gedink om \u2018n vanaand \u2018n kookkompetisie te hou, potte val om en tannie Anneke probeer haar bes om ander groepies te saboteur, maar dis groepie Uno Einz, met Jessica Alderman en Imke Bekker as kokke, stoker Johannes en hulle geheime wapen wat wegstap met die louere.<\/p>\n<p>Nadat almal se wonde gelek is, en ons so bietjie bedreig is deur \u2018n paar re\u00ebndruppels, word daar in die slees geklim en kan ons terugl\u00ea en kyk na die eerstetoeriste konsert. Caru begin deur ons te verwelkom in die hel, wat my heel positief maak oor dit wat kom. Sebastiaan is die aanbieder van die BTK powerrangers kompetisie, in gebroke Engels en Afrikaans, met Patricia Lewis, Katelyn en Maatje Pienaar as beoordelaars. Christine is rooikappie en Paul die wolf wat haar jaag. Vervolgens bied Saskia \u2018<i>I-found-my-twin<\/i>\u2019 Thomas \u2018n pilates klas aan, Peter Kempton-Jones is \u2018n bobbejaan, en die Natani\u00ebl Tineke du Plessis wil net laat hoor dat dit swak teater etiket is. Remert Erasmus is \u2018n <i>two stroke lawnmower, <\/i>en Saskia en Katelyn, of eerder Saslyn sing in die re\u00ebn. Katelyn se Afrikaans laat haar ook in die steek as sy praat van elmboge. Paul wys vaardighede met gogel en dan is dit \u2018n klomp dappermuise, met Janneke Hofmeyer wat voorvat. Met die sing val Peter M\u00fcller hulle in die rede met Nkosi Sikilela. En daarmee is die eerste toeris vertoning, vir eers verby en word hulle gewraak.<\/p>\n<p>Die soetheid word geniet en ons keer terug na die slee. Johan en Hendrik probeer \u2018n storie stilhou, terwyl Naude, Janneman Geicke, Peter en Hendrik vir vuurtoring Heleen aan die brand steek.<\/p>\n<p>Die eerste toeris groentetuin bestaan uit:<\/p>\n<p>Caru the cool carrot, saskia die skitterende spanspek, Sebastian spinasie, paul die portly potato, Maatje die moerse mango en Tineke die tawwe tamatie. Remert is ook die kop wat verkoop word wat nog nooit gebruik is nie.<\/p>\n<p>Peter hekel vir Gerhard oor sy haas om te hardloop om by die groep te kom vir skiet. Marnelia het ook vandag opgemerk dat sy nou al haar klere moet uittrek, en Hendrik vra haar hieroor uit. Melinda vra vir Saskia wat haar bedoeling was toe sy vir Katelyn sou s\u00ea: \u201cJy is dan my nooi!\u201d, dit was na afloop van hulle afrikaanse lessie. Laaste wil Anton ook net uitklaar hoekom Peter nie sou hou van die klim en stop, klim en stop nie, aangesien dit maar is hoe ons rol by die BTK.<\/p>\n<p>Ons skuif bed se kant toe, party sterk manne is onder \u2018n grand gespande seil tent, en ander BTK-meisies sommer net styf onder \u2018n opslaantafel vir weerstand teen die dou.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Maandag, 9 September<\/span><\/b><\/p>\n<p>Ek het al \u2018n hele paar keer op toere begin twyfel oor stokers se intelligensie, en vanoggend se \u201c<i>Daar kom die Alibama<\/i>\u201d bring ook nie sekerheid nie, want ek wil net weet: waar sien julle die see?! \u00a0Nietemin, ons is wakker en die oppakkery begin.<\/p>\n<p>Ons kyk weer oor die vallei uit met vanoggend se lofprysing, en volgende pas vir my so mooi: <i>Mountains are not Stadiums where I satisfy my ambition to achieve; they are the cathedrals where I practise my religion.\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/i>\u2015\u00a0<a href=\"http:\/\/www.goodreads.com\/author\/show\/68714.Anatoli_Boukreev\">Anatoli Boukreev<\/a><\/p>\n<p>Klara van Zyl lees vanoggend vir ons uit Romeine 8.<\/p>\n<p>Kyk, die mense van die BTK hou daarvan om flink en vinnig te stap, maar gee nou vir ons \u2018n tweespoorpad, en jy sien ons nie sommer weer nie. Ons moet omtrent vandag remme vasdraai om te keer dat ons nie teen <i>game break <\/i>by ons volgende slaapplek is nie. Maar die gemaklike stap met baie stoppe gee ook kans om mekaar beter te kan leer ken en vuurmaakhout vir die eendag se onthou bymekaar te maak.<\/p>\n<p>Ons hou <i>game break <\/i>op klipbanke, met <i>fruit danties<\/i> en allerhande lekkernye wat uitgedeel word. Reg om weer te begin stap, is helfte van die groep so opgewonde, dat hulle sommer in die verkeerde rigting begin stap. MD en die res van die toergroep lag maar net saggies in hulle mou en roep die mense terug. Met so \u2018n gestap-stop, stap-stoppery is daar baie tyd om foto\u2019s te kan neem in die verskillende blombosse en om nonsens te praat voordat ons begin afsak in die kloof. Na \u2018n stuk stap op die voetpaadjie, kom ons by die rivier aan.\u00a0 Dit is ook ons kampplek vir die aand. Almal ondersoek eers die interessante maalgate, terwyl \u2018n middagete plek vasgestel word. Tente word eers opgeslaan en dan beweeg ons af met die rivier tot by \u2018n swemgat.<\/p>\n<p>Daar word geswem en van plekke afgespring, maar daar word nou nie sommer baljaar in die water nie. Johan neem \u2018n groep op met die rivier van waar hulle weer afswem, terwyl die res \u00earens op die sand of rotse uitkamp, \u2018n middagslapie inwerk en \u2018n bietjie van \u2018n rooi skynsel kry. Party gebruik sommer die geleentheid om te bad voordat ons laatmiddag terugkeer na die kampterrein.<\/p>\n<p>Terug by die kamp word die kitare oudergewoonte uitgehaal, terwyl stofies aangesteek word om pannekoek te bak. Anja Smit maak sommer namens Madilien damesskiet oop. Janneman Gericke weet nie wat hom tref toe Engela, Katelyn en Saskia hom begin jaag nie, hy kies sommer koers op by die rotse. Maar Saskia sien sy plan en dis sy wat hom aan die hemp gryp. Melinda en Hendrik kry sommer hulle oefensessie vir die dag ook in en na \u2018n lang ge-jagerige, kan Melinda met haar voet op Hendrik ook haar slee<i>date <\/i>vir die aand eis.<\/p>\n<p>Die son sak in \u2018n skouspel van rooi, oranje, pienk en pers en mens kan net terugsit met \u2018n lekker sug terwyl die stokery begin. Dis \u2018n yskoue wind wat waai vanaand, maar gelukkig is ons mos nie skaam om styf te sit totdat die tuna gereg gereed is.<\/p>\n<p>Ons staan lekker naby mekaar en sing \u2018n paar lofliedere waarna Johannes vertel dat ons met groot afwagting moet wag vir die dag wat Jesus gaan terugkeer, net soos wat \u2018n bruid wag vir haar groot dag.<\/p>\n<p>Items begin vanaand met spinnies Kara Muller, Jacomien, Christelle \u2018Op-die-nippertjie\u2019 Leuvenink, Rensa, Magriet, Karen van der Linde en Anna-Marie in haar afwesigheid wat die BTK-meisie item doen. Dis egter nie die gewone prentjie van \u2018n item wat voor jou afspeel nie, aangesien hulle almal geklee is in rokkies en hakskoene \u2013 ook maar lekker laf om so rond te loop in hierdie koue.<\/p>\n<p>Dit word gevolg deur Jacomien en Gerhard wat \u2018n liedjie sing van twee klein bytjies in \u2018n tuin. Blonde Jacomien, mal gloeilamp Christelle en kwaai Magriet werk in \u2018n fabriek, waarna Magriet haar dogter Karen waarsku oor slee en skandes wat op die huis se naam gesit kan word. Natuurlik swem Wallie ook weer verby. Jaco\u00a0 en Katelyn vermaak ons met \u2018n stukkie skadu-spel op die oorkantse wal en Caru en Johannes bespreek \u2018n stout kind se lot. Kara vat haar seuntjie, Pokkeltjie-MD om \u2018n skilpad te koop in \u2018n dierewinkel wat nagapies, hadida\u2019s, katte en hase verkoop \u2013 ja nee kyk, BTK-items maak min sin. \u2018n Blondine soek burger en tjips in \u2018n biblioteek, terwyl Anton-Mario en Gustav-Louigi betrap word in \u2018n <i>hambush. <\/i>Ons is terug in die tuin met Janneman en Gustav wat die blommetjie en bytjie item doen en laastens roei Anton en Gustav rivier-af en vra vir mekaar: <i>Isn\u2019t that your wife\u2019s, Maria, arm driving down the river? <\/i>\u2026 Wat?<\/p>\n<p>Hekels begin met Johan wat vir Hendrik uitvra oor die beste slee wat hy in \u2018n lang tyd gehad het, terwyl Hendrik by Janneman wil hoor hoekom hy vir Marnelia Scribante sou s\u00ea dat sy enigiets kan wees, solank sy net in sy groepie is. Jacomien wil by Kara hoor hoekom sy vir haar sou s\u00ea dat sy (Jacomien) haar oor die rant se kant lei. Charl vra vir Anton uit oor sy vraag of dit trouringe is, wat gevolg word deur MD wat ook vir Anton vra hoekom hy s\u00ea dat mens niks anders as trouringe op \u2018n BTK-toer sal bring nie\u2026 Sjoe.<\/p>\n<p>Hiermee is hekels ook toe en die planne vir m\u00f4re word deurgegee.<\/p>\n<p>Met die koue wind wat waai, vat dit nie lank nie voordat die kamp stil raak en mens rustig aan die slaap kan raak met die gedruis van die rivier in jou ore.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Dinsdag, 10 September<\/span><\/b><\/p>\n<p>Ek l\u00ea en luister na die stokers wat <i>Jan Pierewiet <\/i>sing en dit wil my voorkom asof die wakkersing in die oggende net meer belaglik word\u2026 Maar kyk, dis nog steeds beter as om te moet wakker word met die elektroniese deuntjies van selfone \u2013 dankie julle!<\/p>\n<p>Ons tree omtrent soos dassies op en soek sonkolletjies uit om lekker te kan sit en koffie drink. Daar word met baie asemsnakke en kommentaar toegekyk hoe Johannes sy koppie uitvis en dan spoor Paul en Sebastian mekaar aan om nie net een keer nie, maar sommer twee keer in te spring vir \u2018n vroegoggend swemmetjie.<\/p>\n<p>Terwyl daar rustig opgepak word, breek daar weereens chaos uit by Groepie 4 wat mekaar probeer besmeer met kondensmelk \u2013 dat mens nou die kondensmelk so sal mors! En bo op die klippe sit Naude en Melinda rustig en sing terwyl die toneel daar onder afspeel. Die dgeselskap bo-op die klip raak stadigaan groter soos meer hul stem kom byvoeg tot die lofprysing. Kara lees vir ons uit 1 Johannes 4 en spoor ons aan om die liefde wat nou tussen ons is, ook tussen ons en ons medemens te laat bly wanneer ons terugkeer Stellenbosch toe.<\/p>\n<p>En dan, dan word daar \u2018n kringetjie gemaak rondom die wie se laaste toer dit is. Ons groet vandag vir Johannes, Hendrik, Gerhard, Kara, Anna-Marie, Rensa, Jacomien, Christelle, Johan, Anton en Magriet. Of, dalk vir Anton net tot die volgende toer. Almal spreek hulle dankbaarheid uit oor dit wat die BTK vir hulle beteken het, en probeer met woorde vasvang wat dit is wat mens terugbring \u2013 selfs 17 keer soos vir Magriet wat nie een toer gemis het vanaf haar eerstejaar nie. Hulle moedig toerlede aan om betrokke te raak by die BTK, baie te toer, te sing, stil te word, maar ook te item en nog avonture aan te pak. Hulle word die ruimte ingestuur, gevolg deur \u2018n Koning. \u2018n Klipstapel word ook gemaak om die plek te merk, met die boodskap van Genesis 31:49 : <i>Mag die Here wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie. <\/i>Tot die volgende re\u00fcnie natuurlik.<\/p>\n<p>Ons val in die pad en begin met die rivier afstap. Dis ook nie lank nie, of almal se skoene hang agterop hulle rugsakke. Ons is weereens nie haastig om \u00earens te kom nie en stap teen \u2018n rustige, gemaklike pas. Voordat daar afgesak word in \u2018n kloof, staan ons eers op die afgrond om die uitsig te geniet, en natuurlik word die geleentheid aangegryp om \u2018n toerfoto en meer te neem. Ons stap al geselsend af met \u2018n wye verskeidenheid van aksente en los sommer ons rugsakke in die paadjie om af te draai na die waterval toe vir middagete.<\/p>\n<p>Kyk, jy het al baie van watervalle gehoor, en dalk \u2018n mooi prentjie \u00earens in Windows se <i>Sample Pictures <\/i>gesien, maar as jy by die voet van hierdie 140m waterval staan, staan jy stil, in verwondering. Soos wat Albert Einstein s\u00ea:<i> <\/i><a href=\"http:\/\/thinkexist.com\/quotation\/he_who_can_no_longer_pause_to_wonder_and_stand\/12637.html\"><i>He who can no longer pause to wonder and stand rapt in\u00a0awe, is as good as dead; his eyes are closed.<\/i><\/a><\/p>\n<p>Ons geniet provitas terwyl die sonkolle al hoe minder word. Die brawes onder ons durf ook die koue water aan. Toe daar n\u00earens meer \u2018n bietjie son is om te kan warm word nie, stap ons die laaste stukkie sommer tjoef-tjaf tot by die kampterrein. Daar gekom, word sakke omtrent net neergegooi en uitgespan op die groot grasperk. Daar word gestort, ge<i>slackline<\/i><i> <\/i>en \u2018n poging tot \u2018n <i>massage garage<\/i> word aangewend.<\/p>\n<p>Daar\u2019s groot planne vir vuurmaak vanaand en die ouens sleep net takke en dalk selfs halwe bome, nader. Peter is selfs oor die rivier om hout te gaan soek met sy eie ontwerp van \u2018n draagbaar. Rem word geluk gewens met sy verjaarsdag en in die chaos word skiet sommer ook oopgemaak. Na die opwinding word die drinkgoedjies wat Johan geborg het, verder geniet en vier ons &#8211; met kitare wat uitgehaal word\u00a0 &#8211; sommer Rem se verjaarsdag en nog \u2018n toer wat op sy einde staan.<\/p>\n<p>Mens sou ook nie s\u00ea dat daar \u2018n groot grasperk is as jy kyk hoe almal so op mekaar begin stook, behalwe dalk vir Groepie 4, Hugo Minnaar, Anchen, Charl, Paul, Caro Nel, Karen, Tineke, Janneke, Anna-Marie en Anton wat daar doeeeer sit. Met al die pannekoek wat weer gebak en uitgedeel word, is dit moeilik om vanaand se rysgereg op te kry. Terwyl koffie en tee geniet word, sing ons weer lekker verder met \u2018n hele paar FAK-treffers.<\/p>\n<p>Dis omtrent chaos om in die slee te kom, dalk omdat die sleekring sommer in die stookarea is. Dis in die middel van hierdie geskarrel wat ek vir Johannes s\u00ea: \u201cOntspan jy net jou boude\u201d waarop hy reageer: \u201cMy liewe vriendin, as hulle enigsins meer ontspanne is, sal hulle begin hande klap,\u201d \u2013 ek onthou dit maar vir later se hekels.<\/p>\n<p>Soos wat dit die laaste aand betaam, loop itemgees weer hoog. Die aand word begin deur Wallie en haar agtervolger wat verbyswem, sommer terwyl MD nog sy re\u00eblings vir m\u00f4re deurgee. Net om deur nog meer uitroepe van \u201cJulle twee!\u201d of \u201cEk vang dit nie!\u201d gegroet te word vanuit die gehoor. Hendrik en Gustav doen die vry in die donker item, met Caru wat hulle slagoffer is. Paul, Sebastian, Katelyn en Saskia dra <i>The Cup song <\/i>op aan al die maangangers, gevolg deur Saslyn se meer verspotte <i>The Musicman <\/i>met hulle verskillende aksente en gereelde onderbrekings van Johan en Hendrik. Heleen sing \u2018n liedjie van wasgoed was, en dan skuif ons na die klaskamer waar Jacomien, Anna-Marie, Katrien, Marnelia, Gustav, Janneman en Anchen wag vir Klippies, of Anton. Rensa en Kara probeer visvang op die ysskaatsbaan en dan probeer Peter om sy woepsie wapsie, boeksie woeksie Jacomien te help met haar Kellog\u2019s legkaart.<\/p>\n<p>Johan, Caru, Gustav, Anton en Hendrik is volgende aan die beurt. Uhm, ek het probeer byhou, maar met Gustav se <i>phi phi pho phum<\/i> as \u2018n wolf, en Kara se skaterlag hier langs my, is dit bietjie moeilik. Heleen, Johannes en Magriet kry oproepe van die man met die bloederige vingers, Jess. Johannes bly sommer op die verhoog en roep vir Katrien nader om hom te help met sy vertoning van <i>The King, <\/i>wat groot vermaak verskaf. Peter is \u2018n kroegman agter die Marnelia-en-Maatje-deur wat gepla word deur \u2018n eend, Jacomien, en hasie, MD, wat onderskeidelik \u2018n hamer en wortels soek. Rensa en MD is die besorgde ouers van Paul en Madilien wat op trou staan, en gee raad oor stink voete en asem.<\/p>\n<p>Ons bly by troues, en Heleen en Gustav is \u2018n nuutgetroude paartjie wat ontvang deur Johannes ontvang word by die hotel. Anchen en Johannes, wat probeer <i>sexy <\/i>lyk, doen \u2018n uitbeelding van \u2018n eerste <i>date. <\/i>Anna-Marie, Rensa, Kara en Jacomien ry in die woestyn\u00a0 en moet dan uitmekaar uit spat as die kar breek. Die items word afgesluit met Jacomien en Magriet wat vir oulaas verby swem en uiteindelik die <i>punch line<\/i> gee.<\/p>\n<p>Hekels is maar dun gesaai en begin met Hendrik wat vir Imke vra wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cJy kan enigiets speel, solank jy net nie \u2018n vrou speel nie,\u201d en hy vra sommer ook vir Johan van wie hy praat as hy s\u00ea gladde lippe. Heleen wil weet wat Johannes se bedoeling was toe hy vir fisio Jess s\u00ea dat sy plesier kan verskaf, en mense funksioneel maak. Anja wil by Jacomien hoor hoe haar <i>saugage popped out on the other side<\/i> en Christelle vra vir Caru oor haar opmerking dat Paul se verjaarsdag nie te ver is nie.<\/p>\n<p>En dan is hekels toe, die aandlied word gesing en daar word terug gel\u00ea in die slees. Die groot planne vir vuur maak realiseer toe en almal kuier sommer verder so in die slees met Peter en sy kitaar wat die atmosfeer ekstra spesiaal maak.<\/p>\n<p>Nag Dames.<\/p>\n<p><b><span style=\"text-decoration: underline;\">Woensdag, 11 September<\/span><\/b><\/p>\n<p>Ons word wakker met die son wat opkom in die mooiste kleure, en mens kan net saamstem met Donald Miller as hy s\u00ea: <i>And if these mountains had eyes, they would wake to find two strangers in their fences, standing in admiration as a breathing red pours its tinge upon earth&#8217;s shore. These mountains, which have seen untold sunrises, long to thunder praise but stand reverent, silent so that man&#8217;s weak praise should be given God&#8217;s attention.<\/i><\/p>\n<p>Soos wat dit ook gepas is vir die laaste dag, word <i>The Rose <\/i>gesing om die wat nog l\u00ea, wakker te kry. Ons stook vir oulaas water vir koffie en muesli, terwyl daar w\u00e9\u00e9r pannekoek gebak word.<\/p>\n<p>Al die goed word opgepak, en die BTK-toerusting word terug besorg. Ons kom weer bymekaar met die kitare en sing lekker saam. Maatje lees vir ons Romeine 14:7&amp;8 en Jacomien lees Psalm 91 uit dankbaarheid vir \u2018n veilige toer, en dan ook Kolosense 3:12-17 as se\u00ebngebed vir die nuwe kwartaal wat kom.<\/p>\n<p>Ons stap op na die tweede waterval met die vriendelike bemoediging van Anchen, Anja en Madilien wat wil h\u00ea dat ons die blommetjies langs die pad moet ruik. Bo gekom word die koue weereens deur die ekstreme avontuurlustiges onder ons trotseer, daar word uitgeswem na die waterval, vinnig stilgestaan vir \u2018n foo en dan jaag hulle weer terug om ook \u2018n plekkie in die son te kry.<\/p>\n<p>Terug by die kampterrein word die son verder geniet terwyl ons wag vir die bus. Daar word rondgel\u00ea, kitaar en sokker gespeel en nadat die reels vir omtrent \u2018n halfuur lank bespreek is, word daar darem \u2018n rondetjie of twee kaart ook gespeel. As mens nie van beter geweet het nie, sou jy regtig kon begin dink dat ons op \u2018n Gala is.<\/p>\n<p>Toe die bus uiteindelik opdaag, vat dit ook maar \u2018n rukkie om aan die gang te kom. En natuurlik, moes ons wag totdat die bus hier is, voordat <i>gentlemen\u2019s challenge<\/i> gehou kan word. Hulle probeer vasstel tot waar hulle nou gaan hardloop \u2026 en ek dink \u2018n paar van hulle was self nog onseker hiervan toe die resies begin. Almal behalwe Johannes, wat nie op hom laat wag nie en met \u2018n stink spoed die resies lag-lag wen \u2013 sy sak moes omtrent lig gewees het!<\/p>\n<p>Ons klim op die bus en besef dat ons dalk ons waterbottels by ons moes gehou het. Ons ry verby \u2018n skouspel van blommetjies wat die lente en nuwe lewe aankondig, en raak eintnlik ook so \u00a0\u2018n bietjie negatief omdat daar nie gestop kan word vir \u2018n fotosessie of twee nie. Maar kyk, daar\u2019s ook \u2018n Spur burger wat wag, en vanoggend se muesli l\u00ea ver.<\/p>\n<p>Ons groet vir Sebastian en Paul by Vanrhynsdorp en dan ook vir Maatje by Klawer. En dan is dit voet in die hoek tot op Piketberg, waar ons oudergewoonte die Spur oorneem. Dit is \u2018n paar brawe ouens wat aansit vir die <i>burger challenge, <\/i>maar toe Anton eers begin, besef hulle hul staan geen kans nie, en dit is dan ook hy wat die eer wen.<\/p>\n<p>Met magies vol, klim ons weer op die bus, ons is al amper uit by Piketberg toe Marnelia aangehardloop kom met haar koppie koffie, vele dank aan die \u201cKyk of jou maatjie hier is\u201d-oefening. Met die toergroep weer volledig, mae wat gelukkig is, loop die gees weer hoog soos wat daar aan die agterkant van die bus begin sing word. Dit sukkel maar met die tekort aan boekies, maar ons kry dit gedoen so met \u2018n geneurie of \u2018n uit volle bors saamsing.<\/p>\n<p>En, soos gewoonlik is die pad tussen Piketberg en Stellenbosch heeltemal te kort en kry ek sommer \u2018n hol kol op my maag. Ons sing vir oulaas <i>Cotton fields<\/i> en <i>Ons travel in staail<\/i>, en dan is ons by die Neelsie.<\/p>\n<p>Sakke word afgelaai en ons staan nader om af te sluit. Dankies word ges\u00ea, Nog \u2018n toer is verstreke en Koning word met groot heimwee gesing.<\/p>\n<p>Hiermee is dit ook die einde van nog \u2018n toer en nog \u2018n skets. Die dae en jare het vir seker snel verbygegaan, maar die soet herinneringe sal steeds bly. Ek het opnuut die waarde van vriendskap, die natuur, die saamwees en God se mooiheid en ongelooflike se\u00ebn besef.<\/p>\n<p><i>The greatest gift of life on the mountain is time. Time to think or not think, read or not read, scribble or not scribble &#8212; to sleep and cook and walk in the woods, to sit and stare at the shapes of the hills. I produce nothing but words; I consume nothing but food, a little propane, a little firewood. By being utterly useless in the calculations of the culture at large I become useful, at last, to myself.<\/i><\/p>\n<p>&#8211;\u00a0<a href=\"http:\/\/www.goodreads.com\/author\/show\/865749.Philip_Connors\">Philip Connors<\/a><\/p>\n<p>Ons het saam gelag, gefilosofeer, gedroom, lawwe oomblikke beleef, treffer liedjies en mooi uitsigte gedeel en geniet. Vaarwel toermaters, vaarwel, sien julle eendag weer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman, vir oulaas &nbsp; Saterdag, 7 September Thousands of tired, nerve-shaken, over-civilized people are beginning to find out going to the mountains is going home; that wilderness is a necessity&#8230; \u2015\u00a0John Muir Dis die einde van die sogenoemde sosiale kwartaal. Dit was \u2018n kwartaal van huisdanse, ser-kyk, HK-verkiesings, baie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2390","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2390","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2390"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2390\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3263,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2390\/revisions\/3263"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2390"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2390"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2390"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}