{"id":2496,"date":"2014-09-21T13:22:05","date_gmt":"2014-09-21T11:22:05","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2496"},"modified":"2017-10-02T18:07:48","modified_gmt":"2017-10-02T16:07:48","slug":"die-sleerowers-van-die-wildekus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2014\/09\/die-sleerowers-van-die-wildekus\/","title":{"rendered":"Wildekus 2014"},"content":{"rendered":"<div id=\"attachment_2499\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/09\/Wildekus.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2499\" class=\"wp-image-2499 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/09\/Wildekus-584x389.jpg\" alt=\"Wildekus\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/09\/Wildekus-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/09\/Wildekus-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/09\/Wildekus-449x300.jpg 449w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2014\/09\/Wildekus.jpg 1687w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2499\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Johan Wiid<\/p><\/div>\n<p>deur Anchen van Dyk<\/p>\n<p>Hierdie toer begin met \u2018n lang busrit; eintlik nee, dit begin met \u2018n toerlys wat Karen en Gerkie laat aand besig hou, dit begin met \u2018n \u2018sleepover\u2019 van 7 mense in \u2018n 2 man flat. Okay, almal weet dit het eintlik begin al lank voor die vakansie, voor daar eers \u2018n toerlys was, begin dit met Elizabet Swaan, Captain Hook en Langjan Silwer wie ons uitdaag om by hulle te kom kuier \u00a0in die Transkei.<!--more--><\/p>\n<p>Die scouting party is al weg met die wilde wax bakkie, kort op die hakke van die Come and see Exactly whY bakkie. Die brawe duitse vaarder Silja Kiessling met Johan Wiid is blitsvinnig op pad. Die wax kom agter na met sterkman Jaco-Chris Koorts, bo-baas mesvegter Magriet Muller, liefdadigheids werker Gerhard Fouche en musikant Carike Byker\/Baker. Daar is \u2018n stilte oor die Transkei voor die wit gevaar hulle tref. Die voortrekkers van die ou Transvaal, Anton Kramer en Gerrit Coetzee maak saam \u2018n span.<\/p>\n<p>In Stellenbosch om 05:00vm is dit \u2018n ander stories terwyl die laaste 60 mense op de bus klouter. Ongelukkig moet ons vir MD Greyling agterlaat en Klara seil weg verby hom, saam met die bus. Weer slaaptyd op die bus, nie gesels tyd nie. Hugo en Charl bullie vir Anchen uit haar sitplek uit en steel ook sommer haar kombers.<\/p>\n<p>Slaaptyd en geselstyd oorvleuel soos mense mekaar leer ken en vakanasie stories ruil. Ander is nog te skaam om eers \u2018n kussing te wil leen. Effektief Retief maak ook seker almal sien die sonsopkoms en voel die koue oggend luggie.<\/p>\n<p>Hierdie is nie \u2018n gewone busrit nie; dit is \u2018n BTK busrit. Dus sal ons oor middagete in ons groepies eet, ons swaai, te hoog vir Klara se senuwees en maak \u2018n paar maatjies in die parkie in PE, by Jacomien Hauman se ou skool. In die saal speel ons touchies. Ons verduidelik ook sommer skiet en hekels met die gebruik van Alex Nel en sy fyn uitgedinkte woorde.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<h2><strong>Dag 2: Ry nou<\/strong><\/h2>\n<p>04:00 is ons almal weer op die bus en weer aan die slaap. Dit is nie net enige oggend nie &#8211; dit is my verjaarsdag a.k.a. Anchen van Dyk! Dit is nou vir jou hoe \u2018n partytjiiebus moet wees. 60 van my beste maatjies &#8211; al ken ek hulle nie almal nie. Jokes! Ek\u2019t al almal geken teen die tyd! Julle mense is regtig amazingly awesome en ek wil dankie se aan elkeen van julle wie my dag so uiters spiesiaal gemaak het.<\/p>\n<p>Te danke aan Retief mis ons nie een sonsopkoms nie. Ons is dankbaar vir jou, al moes jy ons wakker maak. Toe ons middagete kry is die hotdog worsie nie genoeg vir Harry Vogel nie en hy vang sommer\u2019n bok. Nee nie Ria nie. \u2018n Regte bok. Na nog lang draaie deur die Transkei kom ons aan in Port St. Johns. Ons het so baie reverse dat ons eintlik bang was ons kom weer in die Kaap aan.<\/p>\n<p>So deel Leroi ons in die regte mans en dames kamp in. \u00a0Ons kan tente opslaan, en stort en kos kry. Nou moet die kos uitgedeel word. Wat \u2018n proses! Kos-pa Leroi is op \u2018it en deel al die kos uit. As jy nie gekry het nie dan was jy nie daar nie.<\/p>\n<p>Die wit-gevaar sleeorwers is ook nou hier en so kan daar meer orde wees soos die groepies vol raak. Toe ons klaar ge\u00ebet is en koek uitgedeel is gaan kyk ons die sokker finaal! Silja Deutchland teen Argentina. Daar is so \u2018n paar mense wie nie hier is nie. Ria Marias, Harry, Stephen de Goede, Alex en Theuns Botha gaan soek hulle eie TV-skerm wat hulle op \u2018n groot avontuur vat deur die dorp tot in \u2018n barmhartige tannie se huis met komberse en warm-sjokolade. Aan die einde het sokker gewen. Jokie. Deutsland wen en so wen Silja ook. Indirek wen Anchen ook want die hele kroeg sing vir my geluk met my verjaarsdag.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<h2>Dag 1! Stap nou! Wildekus se golwe<\/h2>\n<p>Nikse ver ryery vandag nie. Net nogsteeds \u2018n bietjie te veel reverse. Ons almal kry ons mooi skoon sakke en Charl kry sy bollie sak. Wa-laaiers julle moet kyk wat julle doen. O nee wag dis nie gala nie, hier is nie wa-laaiers nie. Maar dit voel soos gala. Ons sakke het net ons middagete in en Boganie ons toergids vertel ons dat dit meestal strand stap is en ons kan kaalvoet stap as ons wil. So ja. Dit is soos gala maar met \u2018n groot rugsak. Die toer-groep is ook groot &#8211; so nog meer gala-agtig. Magriet met haar dagsakkie het die regte idee. En so stap ons al langs die eindelose strand en oor beespaadjies al langs die rand.<\/p>\n<p>Fouchee en Coetzee vermaak ons by gamebreak met boere sports met die hulp van Juffrou Carike Byker. Padda-spring, eenbeentjie spring en \u2018n drie-been resies. Charl en Anton sukkel maar met die kruiwastoot. Gerrit en Gerhard is nog nie te oud om te wen nie.<\/p>\n<p>Van die ho\u00eb kranse kan ons kyk vir Gerrit se Zambezi haaie. Ons sal maar moet gaan Zyl in plaas van Dyk, neh Magdaleen?<\/p>\n<p>Karen is wraak kaptein, na jare se stoei en hard aan die uitkyk by middagete en eerstetoeris convenor Ria is reg om haar eerste toeriste so gou as moontlik in orde te kry. Hier speel ons touchies, ultimate frizbee en die brawe manne gaan duik deur die branders.<\/p>\n<p>Almal eet \u2018n sand broodjies behalwe groepie 5 waar Harry vir ons \u2018n blaar tafel bou, en hy kry genoeg tyd om sy hangmat te hang. Wat \u2019n man.<\/p>\n<p>Die laaste deel van die stap is so \u2018n vinnge draai deur bosluisgrasvelde. Dit is nog lekker vroeg en ons almal ontspan rustig op die gras. Met die pragtige stem van Magdaleen van Zyl word daar gestook en kom sing almal saam. Ons ken mekaar nou al 3 dae lank en dis gemaklik om sommer lekker saam te sing.<\/p>\n<p>Die mense in die groepies gebruik hierdie tyd om mekaar te leer ken, groepie sewe kry \u2018n lewe. Daar is vrae van die Scanel familie (Jack en Ina) hoekom ons nie braai nie? Sleerower Fouchee se groepie word bederf met speserye wat hy gegaps het van die East India Trading Company. Die maan en vuurvliegies maak \u2018n spotlight vir ons blikwassers en ons bondelslee items!<\/p>\n<p>Item!<\/p>\n<p>Outoeriste breek die ys vanaand. Daar is \u2018Gerhard, die blou yskas, en\u2019n vliegtuig wat gehighjack word deur Johan Wiid. Die radio man Gerrit is in \u2018n paniek toe Gerkie hom Jack noem.<\/p>\n<p>Die eendjie Gerrit soek \u2018n stukkie brood by die Bella bar tender JCK<\/p>\n<p>Hekels is oop!<\/p>\n<p>Gerhard Fouchee wil weet wat Amadea Alberts bedoel het toe sy vir hom gese het: \u201cek wil jou afskud,\u201d hy was nie seker van wat af was nie, maar sy het gepraat van die sand.<\/p>\n<p>Francois wil vir Natalie help om haar puzzle te bou net om vrede in sy verhouding te he. Hy kry advies by Hugo.<\/p>\n<p>JCK en Gerkie is slakke terwyl Gerrit die skilpad slagoffer is van sleerowers. Dit het net alles so vining gebeur. Gelukkig het hulle Gerrit se dop uitgelos en liewers Gerki se whiskey opgedeel.<\/p>\n<p>Die bondel slee van sleerowers is baie woelig van die rum en whiskey. JCK laat ons ook weet dat every tree is a lavoratry veral in sy bar, Maar eendjie Gerrit quack op teen die verkeerde boom en Theuns geniet heel ontskuldig \u2018n bietjie sleesous in die bar.<\/p>\n<p>Hans Magriet en Mans Ernst kom maak ook draai saam die eendjie Gerrit in die bar.<\/p>\n<p>Die troepe kom ook aan die beurt met kwaai Majoor Chritiaan wie net te graag \u2018n bietjie Cherry wil he. Francois, Leroi en Ryan-hulle is reg vir aksie; not todaai but yesterdaai.<\/p>\n<p>Die volgende weermag troepe val in en Johan is hulle senior. Francois, Gerhard, Gerhard, Gerrit, Leroi, en Anton. Anton se neus is belangrik: hy het dit onderstreep en dit is hoogtyd dat Gerhard, ander Gerhard, \u2018n bietjie kuite ontwikkel. Carike dink ook dit is hoogtyd. Ebola breek uit onder die troepe se moeders, en hulle sterf \u00a0een vir een af behalwe JCK se ma wie genoeg lewe het vir twee. Magriet: \u201cJou ma is swanger.\u201d<\/p>\n<p>Kobus ChiTang van Vuuren en sy toer groep is in die donker; toe hef hulle hande na bo, want vele hande maak ligte werk.<\/p>\n<p>Ernst en Reinhardt het \u2018n busmaatskappy wat lei onder die val van die blou yskas.<\/p>\n<p>Op daardie blouslag gaan ons oor na hekels toe. Leroi se wyse woorde word gesoek.<\/p>\n<p><strong>Hekels is oop<\/strong><\/p>\n<p>Gerhard wil weet wat Karen bedoel het toe hy vir haar se: \u201cLaat ek net my bene oop maak dan ka jy le.\u201d<\/p>\n<p>Magriet wil weet wat Karen bedoel het toe sy se: \u201cEk was so voorbeeldig, ek het sulke goeie vriende gehad, en toe word julle my beste vriende, beste fout van my lewe. Karen on sweet: jy was nooit voorbeeldig nie.<\/p>\n<p>Karen wil weet wat Gerhard bedoel het toe hy se: \u201c\u2019n Meisie le soos sy gese word.\u201d<\/p>\n<p>Karen wil ook weet wat Magriet bedoel het toe sy se : \u201cEk wil net onder \u2018n matras inval.\u201d<\/p>\n<p>Esme wil weet wat Bogani bedoel het toe hy gese het : \u201cF U F U.\u201d<\/p>\n<p>Ernst wil weet wat Johannes Scribante bedoel het toe hy gese het: \u201cNou weet ek hoe dit voel om \u2018n swanger vrou te wees.\u201d<\/p>\n<p>Toe Hugo vir Charl knyp en se: \u201cnee nie nou nie.\u201d Het Michelle begin wonder wat hy bedoel.<\/p>\n<p>Leroi wou weet wat Petro bedoel het toe sy gese het: \u201cChristiaan kort alkohol.\u201d Sy wou maat net sekker maak dat hy ook \u2018n bietjie cherry\/sjerrie kry.<\/p>\n<p>Ernst wil weet wat JCK bedoel het toe hy \u2018n storie vertel vir Gerki en se: \u201cEn toe speel hulle altwee met hulle vingers.\u201d Hoe anders moet jy kitaar speel?<\/p>\n<p>Magdaleen wil weet wat Leroi bedoel het toe hy vir Ryan voorstel: \u201c Ek wil onder jou arms le.\u201d Wie wil nou nie daar le nie?<\/p>\n<p>En op so \u2018n veilige noot sluit ons hekels onder die aand se maanskyn en sterre met die magaliesbergaand lied.<\/p>\n<p>Nag dames, sterkte wagte.<\/p>\n<h2><strong>Dag 2: Eindelose Strand<\/strong><\/h2>\n<p>Mans in dames kamp! O wag, dis net die stokers wie sing en groepie leiers wie wakker raak. Gelukkig is Hugo verloof. Die son is al op en ons hou lekker Goddiens. Arme Magdaleen se vingers is al deur gespeel maar Anchen, Linda, Natalie, Renee, Nicola en Alice wil net nog dans voor ons stap. Boganie geniet die Goddiens ook baie en roep ons almal nader om te vertel van die pad voor-en-toe\/vorentoe.<\/p>\n<p>Daar is dadelik \u2018n rivier kruissing. Anton soek hoog en laag vir vlakwater maar hy is amper oral kop-onder. Die meeste van ons draai maar terug na die eerste plek toe. Die water is so heup diepte maar vir ander soos Emse is dit meer skouer hoogte. Magriet en Karen word oorgedra\u2026Gerki Rousou is die eerste toon besering van die river crossing en so begin die bloed loop. Dit is net die ouens wie erge bloedvoet beserings het. Geen wonder hulle lewesverseking is so duur nie. Af tone en al, hardloop die manne agter die dames aan. Skiet is oop. Die eerstetoeriste gaan vanaand bondel slee, so net die ou toeriste skiet.<\/p>\n<p>Ons stap nie baie ver vandag nie en by middagete is ons al klaar by ons kampplek. Daar was genoeg tyd op die stap vir Anchen om terug te hardloop vir haar nou, \u00a0dubbelle wonderwerk-kamera, \u2018n keppies teen koppies game van ultimate frisbee by gamebreak en \u2018n rivier kruissing. Well done mense. Die gala kaalvoet vibes hou voort, ten spyte van die al-hoe-minder-pleisters, en aanbevellings vir skoene, van Dr.Zietsman en Dr. Hannekom.<\/p>\n<p>Ons gaan \u2018n lekker groot vuur op die strand maak en dit is tyd vir houtsoek. Retief herinner ons dat in die Transkei is dit eintlik die vrouens se werk om die hout te gaan haal.<\/p>\n<p>Hier kan ons nou regtig ontspan. Daar word geswem in die haai waters. Magdaleen is bewus daar is nie poeding vanaand nie en sit vir Francois agterna toe hy haar koekies steel. Pajamas en al. Groepie 6 moet altyd so 3 mense roep vir kos en sukkel nogsteed om by mekaar te kom by die kosmaak proses.<\/p>\n<p>Twee punte van orde vanaand: Dit is wraakaand, en almal moet asseblief mekaar deeglik ondersoek vir bosluise en dan eers, mag jy in die slee klim.<\/p>\n<p><strong>Wraak!<\/strong><\/p>\n<p>En welkom in op KYKNET. Ja ons gaan net kyk. Die boer Nicola soek \u2018n man op haar plaas. Sy het na die regte plek gekom by die BTK want man is man. Wellington gym junkie Reuben wil net ysters rondgooi. Hy sal maar moet leer om skape rond te gooi.<\/p>\n<p>Koos, Koosi hou van trekkers en kan ook trekkers ry. Ria boer is ook opsoek na \u2018n man wie meer \u2018n voorman\/slaaf kan wees.<\/p>\n<p>JJ de Bruin is radio BTK baps raps. Hier langs die Wildekus bru, we do some babe watching, there are sharks nibbling. Daar is baie bounce en alles gebeur baie stadig.<\/p>\n<p>Op Mnet is Kobus en Marias besig om Gerbrand die ligtorring aan die brand te steek. En toe kom Frihan 300 aan in Sparta en red vir Gerbrandina.<\/p>\n<p>Hoofnuus vanaand van Lize en Adri is dat: Stephen de Goede van Riebeeck kom aan in die Wildekus, en bring vir Suid Afrika die Deutchland wereld beker.<\/p>\n<p>Alex, Alice, Maria Mary en Harry Potgieter Vogel. Harry expect petroleum vir sy besem toe attack Allen Alex. Hulle wil baie graag Alice Hermonini se rokkie laat opwaai.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n trotse BTK kayway all the way advertensie. Anerosa beveel net Kayway aan vir Inus Coetzee wie nou op \u2018n staptoer gaan.<\/p>\n<p>\u201cI now pronounce you man and wife\u201d wil Jack net dood seker maak dat Anerosa met Theuns wil trou. Sy wil sy wife for life wees want hy gebruik Old Spice.<\/p>\n<p>I see the moonshsine a rising sing Theuns terwyl hy en Alex sy lekker peaches moonshine geniet Okay. Noudat almal ontspanne is, kom ons sing.<\/p>\n<p>Eerste sing hulle lekker verjaar. Die meisie, they gots this. Kosbus die ventriloquist doen iets vreemd en die gesing vat \u2018n rukkie maar hulle kry die goed reg. Die woorde is reg maar die Helshoogste wysie is verkeerd. Na \u2018n mooi dekonning maak hulle reg vir die wraak.<\/p>\n<p>Die stokers is ook op en aan die kook met die bietjie water wat ons oor het. Mmmmmm dit gaan lekker soet wees. Ek weet met my hele hart dat die res van die toer net so lekker en nog beter gaan wees as die eerste 4 dae. Opstaan tyd vir alle toeriste is moreoggend 05:00!<\/p>\n<p>Dit is uiters belangrik dat die wraak \u2018n geheim bly want dit is wat dit spesiaal maak. As almal daarvan weet dan kan dit maar net sowel nie daar wees nie.<\/p>\n<p>Terug in die slees!<\/p>\n<p><strong>Item!<\/strong><\/p>\n<p>Gustav en Gerrit het \u2018n groot groentetuin vol vreemde vruggies en veggies. Theuns die 10ton tamatie<\/p>\n<p>Willemien die wonderlike wortel<\/p>\n<p>Stephen die sapige strawberry<\/p>\n<p>Alex die asosiale avontuurlustige aartappel<\/p>\n<p>Viljoen die vuil vy<\/p>\n<p>Nicola die nare naartjie<\/p>\n<p>Mattie die magtige mango<\/p>\n<p>JJ die jolige jalapeno<\/p>\n<p>Lize die liewe lawwe lensies<\/p>\n<p>Klara se tone is nog heel na die stap maar Reuben sal nie eers daaraan proe nie. Ai, tim, ek bedoel Francois.<\/p>\n<p>Dit is donker langs die Wildekus en dit is seerowers, Leroi,Francois, Charl, JCK, Reinhardt en Anton se werk om die vuurtoring te gaan aansteek voor nog skepe teen die rotskastele vasvaar. Dit is \u2018n moderne vuurtorring met \u2018n mishorring en roltrap wat Reinhardt dub \u2018excavator\u2019. Toe hulle uiteindelik die anti-valskerms kry om te werk het daardie vure darem helder gebrand.<\/p>\n<p>Welkom by Gerrit se kom koop \u2018n kop winkel. Gerhard Fouchee se kop raas. Hy kan kies tussen tossel kop Theuns, messy kop Magriet, joke kop JJ en \u2018n nog nooit gebruikte kop: Lize!<\/p>\n<p>Toe van nerens af nie, val daar \u2018n blou yskas en kraak Gerhard se kop.<\/p>\n<p>Alex en Stephen hou \u2018n gesprek oor lang e-posse en skryf in die bos. Harry Vogel dink ook die sleesous loop lekker.<\/p>\n<p>Hasie Gerrit kom maak \u2018n draai by Kobus se bar waar Gerbrand kuier. Die bar se blou ysskas was duidelik op die tweede vloer en val op hasie.<\/p>\n<p>Michelle is kwaai met Ernst Polly wie vreeslik ombeskof is met haar kliente, wie almal net die papegaai wil koop. Daar vind \u2018n ninja battle plaas: \u2018n eend kom kuier. Pauline sit vir Polly in die blouysskas wat toe val.<\/p>\n<p>Okay laat hy val waar hy wil.<\/p>\n<p><strong>Hekels is oop<\/strong>!<\/p>\n<p>Anchen wil weet wat Gerki bedoel het toe hy gese het: \u201cgelukkig ken ons mekaar al goed so ons is nie bang nie.\u201d<\/p>\n<p>Karen wil weet wat Nicola bedoel het toe sy vir Gerhard vra: \u201cKan ek maar oor die lyn gaan?\u201d<\/p>\n<p>Karen wil ook weet wat Silja bedoel het toe sy gese het: \u201cAnton is oop.\u201d<\/p>\n<p>Johan wil weet wat sy ma (tannie Erica) bedoel het toe sy vir hom gese het: \u201cJy moet dalk gaan help by die waentjie. Dit is mos bobejaan-proof.\u201d<\/p>\n<p>Gerki wil weet wat Reinhardt bedoel het toe hy gese het: \u201cMagriet is \u2018n maklike slee date.\u201d<\/p>\n<p>En ons het almal( weet nie van maklik nie, maar) \u00a0\u2018n gemaklike slee gehad. Ons sluit hekels. Baie van ons kuier nog om die vuur en die manne prober die wag tye uitwerk.<\/p>\n<p>Nag dames, sterkte wagte.<\/p>\n<h2><strong>Dag 3: Beeste paadjies wat sukkel oor die rand<\/strong><\/h2>\n<p>Goeie more my maanskyn. Dit is pik donker toe die stokers ons groet. Retief se vuurtjie brand en rook nog so effens en daar gaan bondel ons vir hitte. Ons was gewaarsku oor hierdie dag. Dit is \u2018n lang dag se stap, met byna niks water nie so ons moet spaarsamig wees. Stap nou.<\/p>\n<p>Na so 2km se stap, stop ons by \u2018n paar huisies waar ons water kan kry. Almal kry so 500ml vir die res van die dag of tot ons weer water kry. Jy raak sommer dadelik dors net as jy weet jy het so min water.<\/p>\n<p>Die slag van Bloed Rivier!<\/p>\n<p>Hierdie rivier kruissing\u00a0 morsig. Voortrekker Gerrit Coetzee is beseer en se toon wil net nie ophou bloe nie. Dit lyk soos Paarl Hospitaal noodgevalle op \u2018n Vrydagaand. Net implaas van messteke is dit klipsteke. Hy wil nie he ons moet vir hom steke in sit nie. Ten minste kan almal nog stap. Natuurlik die dag met die minste water is die warmste, verste en uitdagendste. Gelukkig kom ons af op \u2018n ikwiki i\u2019Spar in die Transkei. Karen ontvoer amper die man se waghond. Meeste van ons dra nie geld saam op \u2018n toer nie so ons kwyl maar oor die lekker bederfies wat mense koop. Aangesien water so skaars is gaan meeste maar bier drink.<\/p>\n<p>By lunch kan ons lekker swem en \u2018n wifey foto neem. Anchen staan wag op die strand en kry kos aangedra en \u2018n vars bottel water! Een laaste eindelose strand en in die verste sien ons vir Frodo of ek bedoel Charl deur die gebrande Mordor aankom.<\/p>\n<p>Na die gebrande gras kom ons aan by ons pragtige bosluisgrasveld waar ons gaan kamp. Toe almal skoon is en ons die dag se beserings klaar ondersoek het, kan ons in vrede stook. Charl onderbreek die vrede toe hy die bosluise in die gras probeer dood brand. Iets vreemd gaan aan met daardie groepie. Hulle wil net brande stig en het altyd kos oor.<\/p>\n<p>Dit is tyd vir arrrr tims..<\/p>\n<p><strong>Item!<\/strong><\/p>\n<p>As jy vanaand item is jy braaf want daar is sleerowers. Niemand se lekkers of sleesous is veilig nie. Wie is hierdie sleerowers? Niemand sal weet nie maar ek het so \u2018n gevoel hulle gaan alweer heelaand item.<\/p>\n<p>Eerste is Francois en Reinhardt &#8211; who are trying to pull Maria back together.<\/p>\n<p>Ersnt vertel vir ons \u2018n ernstige storie oor \u2018n brief of \u2018n lang e-pos wat toe net weg gewaai het. Magdaleen Zyl daar uit die slee uit met \u2018n grappie: \u201cJou broekie is cooler as die storie.\u201d<\/p>\n<p>In die skool is die Mnr. Kobus met sy spesiale klas. Asian Johan sukkel met wiskunde en JCK knows the words but he forgot the tune in musiek klas.<\/p>\n<p>Kobus en Gerbrand dink terug aan die \u2018n lekke camping trip that was intents.<\/p>\n<p>Kobus laat val so \u2018n paar flouros blondiene grappies wat vir Linda ontstel. Ryan se: \u201cjy kan nie stry teen die werklikheid kommentaar.\u201d Maak haar nie meer gelukkig nie.<\/p>\n<p>G4. Gerhard, Gerhard (Gerki), Gerrit en Gerbrand. Hoe ry die boere sit sit so. Die ouer manne sukkel maar om hulle perde aan die hardloop te hou en toe val die blou ysskaste\u2026gelukkig het hulle geval op little G se houtbeen.<\/p>\n<p>Ina en Gustav hou \u2018n bietjeie honeymoon by JCK se hotel maar vind dat Michelle slaap klaar in hulle enkel bedjie.<\/p>\n<p>Amper slaaptyd, ons moet net eers luister na al die strooi praat van die dag.<\/p>\n<p><strong>Hekel is aan die beurt!<\/strong><\/p>\n<p>Groepie 6 wil graag by Anton hoor wat hy bedoel het toe hy vir Ria \u2018n Riabata noem. Adri Lochner verduidelik mooi toe sy se: \u201cRia, dit is \u2018n kompliment, want ouens is altyd honger.\u201d \u2026.Hekel.<\/p>\n<p>Anchen wil weet wat Gustav bedoel het toe hy gese het: \u201cMamma weet va niks, alles is reg.\u201d Hy \u201cWiid\u201d van niks.<\/p>\n<p>Linda wil weet wat Ernst bedoel het toe hy gese het: \u201cEk hou daarvan om aan ander mense se lywe te druk.\u201d<\/p>\n<p>Michelle wil weet wat Jack bedoel het toe hy gese het: \u201c Ja, sy flash vir hom terug.\u201d Dit was die begin van die star wars battle.<\/p>\n<p>Kobus wil weet wat Reuben bedoel het toe hy vir Esme gese het: \u201cEk gaan jou piets.\u201d Hierdie is net \u2018n deurmekaar storie, en so los ons dit maar daar.<\/p>\n<p>Francois wil weet wat Anchen bedoel het toe sy gese het: \u201cDie hoender het gebrul.\u201d Sy word gese sy moet brul soos \u2018n hoender. Sy kan dit nie so goed doen soos die hoender dit gedoen het nie.<\/p>\n<p>Carike wil weet wat Johan bedoel het toe hy gese het: \u201c2 x 2 is 4.\u201d<\/p>\n<p>Christiaan wil weet wat Johan bedoel het toe hy gese het: \u201cIndiese kinders maak baie foute.\u201d<\/p>\n<p>Michelle kry die laaste drie hekels toe Ernst vra wat sy bedoel het toe sy gese het: \u201c Ek wens ek was \u2018n man.\u201d En Ryan wil ook weet wat sy bedoel het toe sy se: \u201cMy boesmankant het darem nog nie uitgekom nie.\u201d<\/p>\n<p>Dis die sleerowers se slaaptyd en hulle kan gaan le waar hulle niemand se slaapsakke en matrassies kan skade doen nie.Van ons le nog en hou die wag wakker. Nog \u2018n mooi aand langs die mooiste kuslyn.<\/p>\n<p>Nag dames, sterkte wagte.<\/p>\n<h2>Dag 4: Rotskastele, watervalle na benede<\/h2>\n<p>Charl het die veld aan die brand gesteek. Nee wag dit is net die son wat oor die rotse opkom of altans die veld. Dit is die mooiste sonsopkoms met rooi, pienk en oranje wat deur die wolke kruip.<\/p>\n<p>Vandag is \u2018n speel stap dag met na gister se lang stap dag. Ons wag te gou vir Michelle.<\/p>\n<p>Voor ons eers regtig begin stap stop ons by \u2018n waterval wat direk in die see inval. Dit is 1 van die 2 wat ons gaan sien. Daar is 4 in totaal op die Ooskus van Suid Afrika en net 9 in die wereld. Wow. Stukkie kennis net daar vir julle.<\/p>\n<p>Die volgende stop is gamebreak\u2026die volgende meer belangrike stop is Katedraal Rots\/Cathedral Rock. Anton gaan soek die ingang onder by die see. Hy\u2019s mal! Ryan Reed wys vir Magdaleen hoe sterk jy kan wees as jy nie chocolate eet nie en doen een arm pull-ups op die rotse.<\/p>\n<p>Laaste is vir seker die lekkerste. By Bull Falls val Anchen amper in die see in. Gelukkig is Frihan daar om haar te red. Die vars water wat val is heerlik. Dit val ook hier direk in die see in.<\/p>\n<p>Boganie vertel ons by \u2018n laaste punt van die Grosvener wat gestrand het daar langs die kus. Die skip was blykbaar vol diamante en goud wat maatskapye in die hande wou kry. Een het prober om \u2018n tonnel te bou onder die see deur tot by die skip. Hier is net \u2018n groot gat in die grond en die rotse staan daar om. Die mense wie onderdeur die seebed wou grawwe vir \u2018n skatkus is van hulle sinneberoof&#8230;Daar was 123 mense wie op die strand beland het die aand van 3 Augustus 1782. Van die mense het net 18 dit gemaak tot in die Kaap. Daar was bewerings dat die Kaap net 110km verweg was. Ons weet nou hierdie is nie heetemal reg nie.<\/p>\n<p>Gelukkig hoef ons nie Kaaptoe te stap nie.Net bus toe.<\/p>\n<p>Vir so \u2018n kort dag se stap kom ons nogal laat aan by Johan Wiid se Kaptein bome. Die geelhoutwoud is vanaand se slaap plek saam die geelhoutspoke. Esme is oortuig daar is \u2018n walvis reg langs die rotse. Leroi en Ryan is seker dat dit is net \u2018n rots.<\/p>\n<p>Grootbek Retief bied aan om al die meisies se tente op te slaan en Charl stig weer \u2018n brand.<\/p>\n<p>Dit is vining donker in die woud, en te donker vir dames skiet, so daar sal maar bondelslee wees. Eintlik nee; wag dit is mans skiet!\u00a0 Almal is deurmekaar. Dit is die eerste sing en eet saam aand al die pad tot in die slee.<\/p>\n<p><strong>Item!<\/strong><\/p>\n<p>Christiaan soek Petro se boudjies en Francois is nie gelukkig met dit nie.<\/p>\n<p>Reuben soek toe ook sy hondjie. Lyk my mense het maar goed verloor oppad vandag.<\/p>\n<p>Alex is private eye van der merwe. G rated.<\/p>\n<p>Gloeilamp Anchen laat vir baas Magriet en Nandie in die donker.<\/p>\n<p>Karen bring skande op iemand anders se huis en Mamma Magriet is nie baie trots nie.<\/p>\n<p>Hasie hoekom is jou stert so kort soos die harde skaduwees op die bome dans. Intussen kom Frihan (Broekies), Marias, Gerbrand en hulle general Kobus wie sukkel om die manne se broekies af te kry.<\/p>\n<p>Gerrit, Gerhard, Gerki en JCK deel die kar toe hulle gaan staan in die duine van die wilde weskus. Teminste sal die oop venster vir JCK kan koel hou. Stay cool JCK en Gekri is gelukkig met die boudjies.<\/p>\n<p>Stefan sit al heelaand in die kraaines boom maar eers gaan hy, Silja, Anton, Hugo en Leroi iets oor die Deutchland sokker s\u00ea, maar vertaler-Francois maak alles net te deurmekaar.<\/p>\n<p>Gustav, Reinhardt, Alex en Stephen is almal op pad Timbuktu toe maar op verskeie maniere.<\/p>\n<p>Dis \u2018n moerse sleerower skip wat moet kan Zyl, met Gerki as kraaines een, Hugo as kraaines twee, daar is \u2018n kroegman Gerhard wie net pink drinks maak, koershouer Alex wie nie veel hoef te doen nie, kerrie kok JCK, Reinhardt die kanarie, Ernst die kaaitknaap, Francois die kreef duiker. Hy hou van Dyk. Anton die kanonier en Kaptein Gerrit. Ek dink die bruinbroek het voor die punchline op die skip aangekom.<\/p>\n<p>Kobus is baie lief vir sy pragtige dogters blommetjie Lize, blaartjie Lize en baksteen Esme.<\/p>\n<p>Toe val die baksteen, ek bedoel blouysskas.<\/p>\n<p>Hekels is oop!<\/p>\n<p>Gerhard wil weet waar die pouhok is waar Reinhardt sommer wil sit.<\/p>\n<p>Reinhardt het blykbaar vir Gerhard deurmekaar gehad en antwoord maar net dat die wind sy woorde gedraai het. Waai weste winde waai.<\/p>\n<p>Ernst wil weer wat Maria (a.k.a the virgin Marry) bedoel het toe sy gese het dat: \u201cLize gaan eendag \u2018n non wees.\u201d<\/p>\n<p>Linda wil weet wat Gerhard (ander Gerhard) Fouchee bedoel het toe hy gese het: \u201cKlop is lus.\u201d\u2026ons wil nog steeds weet,en hy wil seker ook nou teen die tyd weet wat hy bedoel het<\/p>\n<p>Linda wil weet by Ernst wat hy bedoel het toe hy gese het: \u201c Ek versamel seels.\u201d Dit is \u2018n hobby Linda.<\/p>\n<p>Ernst wil weet wat Johan bedoel het toe hy vir Francois gevra het of hy vanaand gaan kinders maak?<\/p>\n<p>Christiaan wil weet wat Leroi bedoel het toe hy gese het: \u201c Ek wil vanaand asseblief \u2018n vuil slee date he.\u201d Varkie aand!<\/p>\n<p>En JCK wil net weet wat Magriet se plan was toe sy nooit skiet oopgemaak het nie.<\/p>\n<p>So sluit ons hekels na \u2018n lekker aand met \u2018n baie goeie Kaptein, sonder dat iemand uit die boom moes val in \u2018n vuur in. Dit is die laaste aand wat die volle sleerower bende by mekaar gaan wees en een laastekeer sing ALMAL die Magliesberg se Aandlied saam. Dit was \u2018n lekker sing aand.<\/p>\n<p>Nag dames, sterkte wagters!<\/p>\n<h2>Dag 5: Liedjie vir jou<\/h2>\n<p>Diesonverreismethelderglanshoerahoerahoera. Sing die meisies vir die ouens wakker. Dit is die laaste dag van \u2018n ongelooflike lekker toer en ons begin onseker aanstap na ons laaste bestemming toe. Dit is moeilik om te weet wanneer ons kan stap en aangesien Leroi nie voor stap nie, weet niemand nooit regtig wanneer hulle kan stap nie. Ons kom by \u2018n rivier kruissing maar ons het die keuse om om te stap of deur te swem soos Anton. Die ou wie hierdie huis gebou het het dalk die Grosvenor se skatkus gevind.<\/p>\n<p>Later hou Anton en Charl \u2018n ekslusief gentlemen\u2019s challenge. Anchen en Mattie is eintlik die wenners, toe hulle sakke vir hulle opgedra word by die bult. Anton is die ultimate challenge wenner.<\/p>\n<p>Leentjie, Natalie, Linda, Mattie en Anch hou \u2018n ladies challenge. Linda en Leenitjie draf \u2018n bietjie verder as die afdraai, of nie.<\/p>\n<p>By Msikaba hou ons die official gentleman\u2019s challenge. Daar is \u2018n paar uitdinne en so hardloop ons manne deur die witgoud wenstreep.<\/p>\n<p>Die laaste deel van die aand word gebruik om te gaan swem en te gaan stap op die laaste eindelose. Die miljoene trappe wat jou laat dink jy eintlik verkeerd stap is die moeitewerd waneer jy onder kom. As dit maar net nader was kies ek die strand bo Hartenbos enige dag. Ons groet die Wax en exactly why bakkies. Die maanwandelaars neem ook vir Gerhard Fouchee saam met hulle maan toe voor hulle ry. Hulle laat ons agter met die woorde: \u201cToer so baie soos jy kan, moenie ophou toer nie en behou jou vriende!\u201d Lewe lank, lewe lank BTK!<\/p>\n<p>Vanaand se penisilien biltong gereg is oorgenoeg vir al die groepies en almal kuier lekker saam met mekaar en die bosluise. Hier is die meeste bosluise.<\/p>\n<p>Ons gaan le tussen die bosluise in die slee en nou kan ons rustig item sonder die sleerowers.<\/p>\n<p><strong>Items!<\/strong><\/p>\n<p>Die laaste aand se items se punchlines het maar gesukkel maar ons het nog steeds baie gelag vir Mamma Lize wie vir haar dogters Esme, Linda en Natialie winkel toe vat. Moeder Maria se rokke is asemrowend so langs die vuur.<\/p>\n<p>Verpleegster Natalie, vegter Esme, Vlieenieer Linda en voedselverskafer Anchen se vliegtuig val vvvreeslik vvvinnig en hulle kort vvverversings. Die noodhulp is ook leeg so vepleegster Natalie kan niks meer help nie. Tttone is toe.<\/p>\n<p>Jack en Michelle diep slee maar Michelle het vrot tande en Jack het vrot voete van te min tone behandeling na die rivier kruissings en loop sonder skoene. Ma Esme en Pa Ernst kan ook net so baie advies gee.<\/p>\n<p>Kobus se hy het hierdie Transkei plat geloop en nerens \u2018n wilde-kus gekry nie.<\/p>\n<p>Ernst lig on in ons is in \u2018n rooilig distrik.<\/p>\n<p>Reinhardt Kopenhol is die kampeelperd repair man en help kameelperd Linda ontslae raak van al die sand wat sy eet en Anton moet sy kameel agternasit.<\/p>\n<p>Stephen, Harry en Jack het almal mooi nuwe klere by Mr. Price gekry en Alex wil ook he, maar toe kom hy verby met net nog Ernst se broekie oor.<\/p>\n<p>Flippie en Stefan Wahl praat Russies met mekaar in Rusland so hard dat Kubus dit al die pad in Suid Afrika kan hoor.<\/p>\n<p>Anton vang \u2018n Zambezi haai by Port. St. Johns. Die Zambezi haai is eintlik maar \u2018n skaam haaitjie en ook useless want toe hy die haai prober terug gooi toe verdrink Gerrit die haai.<\/p>\n<p>En so sluit ons \u2018n laaste aand af met ai,tims so tussen die bosluise.<\/p>\n<p><strong>Hekels, een laaste keer<\/strong>.<\/p>\n<p>Ernst wil weet wat Stephen bedoel het toe hy gese het: \u201cEk het nie my ma daar ontmoet nie.\u201d<\/p>\n<p>Ernst wil ook weet wat Anton bedoel het toe hy gese het :\u201dWie het \u2018n vrou nodig as jy \u2018n haai het.\u201d<\/p>\n<p>Flippie wil weet wat Stefan bedoel het toe hy vir Nicola gese het: \u201cJy hoef nie vir my dienste te betaal nie.\u201d<\/p>\n<p>Linda wil weet wat Reuben bedoel het toe hy vir Esme gese het: \u201cEk soek asseblief \u2018n rustige slee.\u201d<\/p>\n<p>Kobus wil weet wat Marias bedoel het toe hy gese het: \u201cMy cherry is game.\u201d Hy het meer bedoel daar was \u2018n cherry in sy game.<\/p>\n<p>Inus wil weet wat Stefan bedoel het toe hy vir hom gese het: \u201cJy is lekker.\u201d<\/p>\n<p>Flippie wil weet hoekom Stefan vir Michelle gevra het of sy Listerine gebruik het?<\/p>\n<p>Ria wil weet wat Adri bedoel toe sy gese het: \u201cEk hou nie van klein slangtjies nie.\u201d Jy hou ook dan sekker nie van groot slange nie?<\/p>\n<p>Gerki wil weet wat Reinhardt bedoel het toe hy gevra het: \u201cWat gebeur wanneer \u2018n mens verval?\u201d<\/p>\n<p>Flippie wil weet wat JJ bedoel het toe hy gese het: \u201cEk doen wat ek wil en dan gaan ek.\u201d Toe hy nie atwoord nie toe se Stefan: \u201cEk dink hy het gegaan.@<\/p>\n<p>En laaste wil Jack weet wat Michlle bedoel het toe sy vir hom gese het: \u201cJy gaan nou sien wat diep slee is.\u201d Sy antwoord toe ook nie en Stefan s\u00ea sy praat soos sy hier diepslee.<\/p>\n<p>Ons gaan moreoggend vroeg op die bus klimb so dit is bed toe vir ons almal.<\/p>\n<p>Nag dames, ja wakker bly wagte.<\/p>\n<p>Terug ry: Woorde sou verstaan<\/p>\n<p>Ons is vroeg op die bus en beleef een laaste pragtige sonsopkoms oor die grasvelde van die Transkei. Om elke draai kan jy die wereld op \u2018n nuwe manier raaksien en die pad het baie draaie!<\/p>\n<p>Die bus is baie gesellig en singerig terwyl ons die pad aandurf na PE se Spur toe. Ons het 11 manne by die Spur Challenge en Alex Nel is die vinnigste met \u2018n tyd van 1min en 50sekondes.<\/p>\n<p>By die skoosaal is ons maar moeg en almal is vinning lights out.<\/p>\n<p><strong>Laaste 800km: Somtyds net aan jou<\/strong><\/p>\n<p>Die laaste dag, die laaste Sondag. En die Van Zyl sussies sing ons deur tot in die Kaap.<\/p>\n<p>Een laaste groet en almal spat koshuis toe en huis toe. Nog \u2018n toer is verstreke, lewe lank lewe lank BTK!!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Anchen van Dyk Hierdie toer begin met \u2018n lang busrit; eintlik nee, dit begin met \u2018n toerlys wat Karen en Gerkie laat aand besig hou, dit begin met \u2018n \u2018sleepover\u2019 van 7 mense in \u2018n 2 man flat. Okay, almal weet dit het eintlik begin al lank voor die vakansie, voor daar eers \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2496","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2496"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2496\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3257,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2496\/revisions\/3257"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}