{"id":2647,"date":"2016-04-23T20:56:58","date_gmt":"2016-04-23T18:56:58","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2647"},"modified":"2016-08-06T13:20:42","modified_gmt":"2016-08-06T11:20:42","slug":"tsitsikamma-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2016\/04\/tsitsikamma-2016\/","title":{"rendered":"Tsitsikamma 2016"},"content":{"rendered":"<div id=\"attachment_2649\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2649\" class=\"wp-image-2649 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016-584x303.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"303\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016-584x303.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016-300x156.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016-768x398.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016-500x259.jpg 500w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/04\/tsitsikamma-2016.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2649\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Hein Gericke<\/p><\/div>\n<p><strong><em>\u2018n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 1, 19 Maart 2016<\/strong><\/p>\n<p>Op \u0149 Saterdagoggend vieruur is die normale\u00a0 Stellenbosch student besig om die stres van ingenieursweek en ander toetse af te slaap, maar die BTKners is besig om die bus te laai. Vandag maak ons defnitief geskiedenis, want die bus vertrek twintig minute vroe\u00ebr as beplan. Ons maak wel op vir die tyd wat ons gewen het, want ons stop in elke dorp om al die verlore skapies op te tel.<!--more--><\/p>\n<p>Ons eet middagbroodjies by Natures Valley. Dis skaars sakke op, toe daag ons klaar by die Kalanderhut op. By die hut word daar geswem, Frisbee gespeel en duidelik was die 3km nie ver genoeg nie aangesien \u0149 paar mense dadelik \u0149 berg klim.<\/p>\n<p>In die Uitkykkring is Janneman besig om \u0149 grassie baie ernstig te kou toe Kobus dit uit sy mond uit steel. Die Uitkykkring kon hul lag nie onderdruk nie, maar Patsy wys regtig dat as jy lag is jy sag.<\/p>\n<p>Die aand verduidelik Mabru en Reuben slee. Die vlugvoetige Mabru het skoon vir Gustav deur die gesig geskop soos sy weghardloop vanaf Reuben.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>David en Gustav open Aaitems met Mario en Luigy. Elandr\u00e9 word ingespan as \u0149 lewensreddersbaadjie en Gustav vang \u0149 groot vis, anders bekend as Janneman. Dit is chaos soos die legendariese blou yskas uit \u0149 vliegtuig gegooi word en tussenin s\u00ea David \u0149 paar keer: \u201cBaie, baie dankie vir daardie bruin klavier\u201d.<\/p>\n<p>Kobus dra sy oorlede vrou se tande en vra ook later dat dogter Petro asseblief dogter Esm\u00e9 se koek sal eet aangesien sy dat kan bekostig.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Magdaleen verduidelik Hekels terwyl Elandr\u00e9 haar bystaan met gebare taal.<\/p>\n<p>Edelagbare oom Hein, ek wil graag weet wat Elandr\u00e9 bedoel het toe sy ges\u00ea het dat sy David se gesig wil optjop en in pasta sit. Elandr\u00e9 verduidelik dat David se gelaatskleur presies soos die pasta gelyk het.<\/p>\n<p>Petro wil by Nicola hoor hoekom sy soos \u0149 stort voel en Jannes is nie daar om te verduidelik hoekom hy ges\u00ea het: \u201cLosing your soul hurts.\u201d Ons sal\u00a0 more aand hoor hoe hy sy siel verloor het.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Dag 2, 20 Maart 2016<\/strong><\/p>\n<p>Die sakke is vroeg gepak en ons stap af strand toe om te Koning. In die ordentlikheidpraatjie l\u00ea die dames soos hulle lag vir tannie Corla se ingenieursgrappie. Ons begin negeuur sommer met \u0149 groot bult, gelukkig word ons bo beloon met \u0149 pragtige see uitsig. Ons eet middagbroodjies by \u0149 waterval waar \u0149 paar ook lekker swem. In die Uitkykkring vra Kobus baie ernstig met \u0149 pot op sy kop vir \u0149 eerstetoeris: \u201cWhy are you laughing? Is it because I\u2019m a pothead?&#8221; Ek dink nie dis eers nodig van my om te s\u00ea dat die Uitkykkting weereens uitgebars het van die lag nie.<\/p>\n<p>Na middagbroodjies is daar net so 4km oor en soos ons by die Blauwkranshut opdaag word ons asems weggeslaan met die prentjiemooi uitsig. \u0149 Paar van die dames stort koud terwyl die res eerder in die rivier gaan was. Lang Pieter en Kobus vermaak almal met \u0149 sjampoo advertensie.<\/p>\n<p>Mabru daag vir lang Pieter uit in \u0149 plank kompetisie. Om vir lang Pieter die verleentheid te spaar kondig hulle eerder nie \u0149 wenner aan nie. Mabru het vandag miere in haar broek, want na haar oorwinning vat sy tone tot op \u0149 volgende vlak soos wat sy Robin se rug masseur.<\/p>\n<p>Vir aandete geniet ons \u0149 SMASHing ete en kort daarna bou al die ou toeriste slee onder die lapa. Die eerste toeriste spring weg met de Magtige Koning op My Sarie Marais se wysie. Gelukkig is die ou toeriste daar om hulle in goeie gees reg te help \u2013 dis nou toe hulle klaar gelag het.<\/p>\n<p>In die WRAAKkonsert chat ons \u0149 bietjie bol met Reghardt as Jonathan van die Oosrand. Sy eerste spreker is Lizelle wat vir almal wys hoe \u0149 Reuben bry reggedoen word. Sy stel ons ook bekend aan haar nuwe oefenprogram: Leef groot, wees groot. Frans Kleinepas praat sy beste Afrikaans om buffelsfontein baardolie te adverteer. Santi, Cilie kokketiele en Riis die aap stel vir Kobus bekend aan die gedroggie &#8211; defnitief \u0149 aaitem wat ons weer wil sien. Laaste het ons Magrietjie Swaaiboude al die pad van George af met Patsy as Patric Starfish. Na die konsert geniet ons die soetheid van die WRAAK! Dit is baie lekker om nog 8 tot die BTK te verwelkom.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Janneman frustreer vir majoor Kobus in broekies.<\/p>\n<p>Marianne Spaarwiel Breytenbach sukkel om \u0149 legkaart te bou. Manlief Fritz herinner haar dat 3-4 jaar nie die tyd is wat dit moet neem om die legkaart te bou nie.<\/p>\n<p>Chinaman Kobus voer met hulp No lights op. Jannes Oppit Reddig verras ons almal met sy ongelooflike rap sessie.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Jannes Oppit Reddig verduidelik dat die soul wat hy verloor het, nie sy siel was nie, maar eerder \u0149 soort vis.<\/p>\n<p>Fritz wil by Esm\u00e9 weet wat sy bedoel het toe sy s\u00ea: \u201cEk soek Janco se lyf\u201d en toe 2 minute later: \u201cEk het Janco se lyf gekry\u201d. Esm\u00e9 verduidelik dat sy haar stoker nodig gehad het.<\/p>\n<p>David is vanaand onder kruisverhoor. Hy moet eerste aan Delene WRAAkkaptein Bezuidenhout verduidelik hoekom Mari-Alet nie so rof mag slee nie. Net daarna moet hy aan Petro verduidelik wat hy bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cJulle het my nou uit \u0149 baie lekker slee kom haal.\u201d<\/p>\n<p>Lang Pieter s\u00ea dat Kobus die onverwagte blokkie chocolate in \u0149 boks chocolates is. Laaste moet Marianne spaarwiel Breytenbach haar naam probeer red deur te verduidelik wat sy bedoel het toe sy \u0149 groepie mense gevra het om saam met haar te kom bad.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Dag 3, 21 Maart<\/strong><\/p>\n<p>Ons begin die re\u00ebnerige oggend sommer vroeg deur vir Frans Kleinepas te sing. Ons \u201cverjaarsdagmaatjie\u201d s\u00ea dat hy nie sal omgee om elke dag te verjaar as hy soveel soene kry nie. Petro vertel ons dat almal bang is vir haar, oor sy baie intimiderend is. Ons neem groepsfoto\u2019s en begin die pad aandurf. Ons het skaars begin stap voor dit sous. Teen middagbroodjies is die meerderheid van die groep baie mismoedig en al wat die re\u00ebn draagbaar maak, is Magdaleen se stem.<\/p>\n<p>By die hut is Jannes Oppit Reddig \u0149 hele paar mense se held. Vir die ouens steek hy \u0149 vuur aan en vir die dames kook hy warm water vir die storte. Almal probeer droog word en in die proses smelt Kalvyn en Scott hulle skoene by die vuur.<\/p>\n<p>Petro, Mabru, Esm\u00e9, Reuben, Nicola en Janneman het besuit om \u0149 nuwe-ou-gerespekteerde tradisie te implimenteer, gelei deur Lazerus. Die groep het besluit om die nuwe voorsitter uit te kyk. Na sy naam deur die kringetjie uitgeroep is, is daar lank kat-en-muis gespeel voordat hy in die kringetjie toegelaat is. Die uitkyk was maar \u0149 gesukkel om \u0149 straight face te hou. Die koe\u00ebl is egter deur die kerk toe Kobus vanaf Reuben na Petro aangestuur is en Reuben toe sy kop teen Petro se kop kap. Daarna het die kringetjie uitmekaar gespat soos hulle lag.<\/p>\n<p>Ons nuwe voorsitter veroorsaak net moleste waar hy gaan. Op \u0149 stadium trek hy sy broek af met volle vertrou in sy long john. Ongelukkig het hy vergeet van die gat in sy long john op sy boud.<\/p>\n<p>Groepie 4 bederf die cuddle puddle met hulle heerlike Nutella pannekoek. Jannes Oppit Reddig se steel van sy tandeborsel het afgebreek. Gelukkig het die Duitser sy bynaam vir \u0149 rede. Hy het toe maar sy tandeborsel aan sy vinger vas geducktape. Wat ons nie als vir ons sleedates sal doen nie.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Gustav, Janneman, Reuben, Flippie en Kobus tree troepe op. In die aaitem word game of life tot \u0149 volgende vlak gevat. David vang vol selfvertroue vir Kobus uit: Jy het 10 ges\u00ea, ek ook.\u201d Die manne moes maar sak vir hulle 9 plus 1 pushups. Samajoor Janneman skroei Lazerus se hare en daarna sing hulle hul temalied: supertrooper.<\/p>\n<p>In Ligtoring kondig Kobus aan dat hy soos Simba voel, want hy het sy bril verloor. Laaste voer Kobus, Esm\u00e9, Elandr\u00e9 en Mabru, Kobus se nuutuitgedinkte zebra grappie op.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Ons almal is baie dankbaar dat Reuben nie tone is nie, aangesien amputasies sy ding is.<\/p>\n<p>Edelagbare oom Hein, ek wil graag weet wat Reuben bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cAs ons die toiletpapier vergeet, sal ons net die baba se wetwipes gebruik.\u201d Reuben het nie woorde om homself te verdedig nie.<\/p>\n<p>Lang Pieter vertel lang stories van \u0149 prostaatbeen. Mabru dink dit is nodig dat iemand vir hom moet s\u00ea dat dit eintlik \u0149 prostese been is.<\/p>\n<p>Esm\u00e9 vra of iemand haar kyt wil suig nadat wiskey daaroor uitgeloop het.<\/p>\n<p>Marianne wil by Santi Gedroggie Turner hoor wat sy bedoel het toe sy s\u00ea: \u201cAndr\u00e9 het blykbaar lekker sweeties en dit lyk of hy lekker kan cuddle.\u201d<\/p>\n<p>Laaste verduidelik Jannes Oppit Reddig wat hy bedoel het toe hy s\u00ea: \u201cThese are not puppies, they are german shephards.\u201d Blykbaar kom sy arms ook met \u0149 byt.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Dag 4, 22 Maart 2016<\/strong><\/p>\n<p>Dit is \u0149 groot verligting toe ons wakker word en sien dat daar nie \u0149 wolkie in die lug is nie. Sakke word gepak, ons sing lofsange aan die Here en oom Hein open die dag met \u0149 Psalm. Santi is duidelik baie goeie geselskap, aangesien sy vir die tweede keer op die toer sleutel is.<\/p>\n<p>By die eerste rivieroorkruising val Marianne stadig agteroor. Gelukkig red Loubser haar voordat sy gedoop word.<\/p>\n<p>Vir game break stop ons ekstra lank en baljaar in die rivier. Gustav en lang Pieter het die laaste bult vooruit gehardloop, net sodat hulle kan terug hardloop vir ons toerouers se rugsakke. Ons eet by die hut middagbroodjies, geniet \u0149 heerlike swem\/badsessie in die rivier en l\u00ea die res van die middag lui rond.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Magdaleen en Elandr\u00e9 wys vir ons die oorsprong van die bruin klavier. Ons wil net weer s\u00ea: Baie, baie dankie vir daardie bruin klavier.<\/p>\n<p>Mari-Alet, Marianne, Mabru, Lizelle en Toto wys dat hulle nog nooit perd gery het in Big Jill \u2013 Little Jill nie.<\/p>\n<p>David en Gustav voer Mario take 2 op. Hulle het ons amper in die aaitem verloor soos hulle mekaar begin slaan het.<\/p>\n<p>\u0149 Paar eerste toeriste kry die voorreg om aan Flippie se toon te lek. Frans Kleinepas sak in \u0149 hopie ineen toe hy Flippie se toon sien. Hy het daarna sy mond met branewyn gaan uitspoel. Ek weet nie of dit juis \u0149 verligting was toe hy uitvind dat dit Fritz se vinger was nie.<\/p>\n<p>Petro en Esm\u00e9 kry dit reg om na \u0149 lang gewag \u0149 paar manne te blou yskas in kaptein. David en Reuben voer eendjie op. David het sy rol ter harte geneem en \u0149 geel ponshu aangetrek met \u0149 stuk bas as sy bek.<\/p>\n<p>En wat sal \u0149 toer dan wees sonder dat Gustav en Anerosa blommetjie en by\u2019tjie opvoer?<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Edelagbare oom Hein, wat het Riis bedoel toe hy s\u00ea: \u201cI was looking at Jannes, he was mighty impressive.\u201d<\/p>\n<p>Na \u0149 lang verduideliking stem almal saam met Elandr\u00e9 dat dit interessant sal wees om piekniek te hou in Kobus se brein.<\/p>\n<p>Wat het Santi bedoel toe sy s\u00ea dat Loubser se spiere glinster in die son?<\/p>\n<p>Mari-Alet wil by Marianne Spaarwiel Breytenbach hoor hoekom sy s\u00ea dat Janco \u0149 lekker lyfie het. Om verdere hekels te vermy, het sy eerder nie geantwoord nie.<\/p>\n<p>Voor Nag dames, glip Mari-Alet en David weg sodat David haar kan vra om sy meisie te wees. Daar sal nooit \u0149 matchmaker soos die BTK wees nie.<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Dag 5, 23 Maart 2016<\/strong><\/p>\n<p>Vandag staan die stokers al half 5 op en sing die dames wakker met shosholoza. Ons moet vandag al voor 1 by die bus wees, sodat Kobus \u0149 bet met Reuben kan wen.<\/p>\n<p>Voor sakke op sing al die stappers in \u0149 kringetjie om ons nuwe paartjie \u201cCan you feel the love tonight.\u201d Ons sal nooit weet wie meer bly was oor die paartjie nie, Reuben of die twee self.<\/p>\n<p>Vandag is die enigste tyd vir foto\u2019s neem bo op die tweede bult. Verder word daar net gestap. Silja is baie ryk, na al die grond wat sy gekoop het. Ons stop 12uur vir \u0149 10 minute middagbroodjies. Daar kry Petro en Kobus elkeen \u0149 klip in hul sak wat David daar vir hulle gelos het. Ons kos is skaars gesluk, toe is dit al weer sakke op. Talitha dink dit is nodig dat ons die BTK se naam moet verander na die Stap- en Draf Klub<\/p>\n<p>Kobus is vreeslik in sy noppies, aangesien al die stappers by die bus was teen 1uur. Almal kry \u0149 kans om skoner klere aan te trek en daarna durf ons die lang pad terug na Stellenbosch aan.<\/p>\n<p>Ons groet ons toerouers in Plettenbergbaai, baie dankie vir al die liefde, omgee en wysheid op die toer. In George stop ons by die Spur vir terrash. Te danke aan Nicola kan elkeen \u0149 burger en \u0149 bier\/milkshake geniet. Pieter wen terrash met 1 minuut en 54 sekondes. Ons arriveer die aand 10uur veilig in Stellenbosch, dus wen Kobus die bet.<\/p>\n<p>Baie dankie maters vir \u0149 ongelooflike toer. Mag die kwartaal gese\u00ebn wees vol grappies soos Kobus s\u2019n, liefde soos Gustav en Anerosa s\u2019n en vriende soos die BTK. Lank lewe die BTK!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach Dag 1, 19 Maart 2016 Op \u0149 Saterdagoggend vieruur is die normale\u00a0 Stellenbosch student besig om die stres van ingenieursweek en ander toetse af te slaap, maar die BTKners is besig om die bus te laai. Vandag maak ons defnitief geskiedenis, want die bus vertrek twintig minute vroe\u00ebr [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2647","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2647","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2647"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2647\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2652,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2647\/revisions\/2652"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2647"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2647"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2647"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}