{"id":2655,"date":"2016-08-01T21:46:28","date_gmt":"2016-08-01T19:46:28","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2655"},"modified":"2016-08-06T13:18:05","modified_gmt":"2016-08-06T11:18:05","slug":"twee-riviere-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2016\/08\/twee-riviere-2016\/","title":{"rendered":"Twee Riviere 2016"},"content":{"rendered":"<div id=\"attachment_2657\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2657\" class=\"wp-image-2657 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016-584x389.jpg\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016-450x300.jpg 450w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Twee-Riviere-2016.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2657\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Wolfgang Erb<\/p><\/div>\n<p><strong><em>\u2018n skets van die sameLOOP van gebeure deur Delene Bezuidenhoudt in samewerking met Miriah Smith<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong><\/p>\n<p>Ons begin weereens ons toer vroeg-oggend op die Neelsie se parkeerterrein met \u2018n geskarrel in die donker aangesien almal se kopliggies reeds ingepak is. Kospakkies moet verdeel word en laatkommers \u00a0moet wakker gebel word, maar uiteindelik daag Frederik op en val ons vrolik in die pad. So tussen die gesels en gespot en gelag, ontvang Suzaan en Cathanja \u2018n les oor wat \u2018n goeie pun is en probeer almal maar \u2018n laaste uiltjie knip &#8211; party om die vloer, ander dwarsoor die paadjie en meeste heel normaal op hul bus-buddy se skouer. Die bus laai ons net na Vanwyksdorp af, in die hart van die Klein Karoo. Almal se rugsakke word reggeskuif, skoene word vas geveter en Kobus roep almal bymekaar. Jandr\u00e9 verjaar, soos die hele bus afgelei het van sy oorvloed padkos, en daar moet darem eers ordentlik volgens tradisie geluk gewens word. <!--more--><\/p>\n<p>Kort voor lank val ons in die dro\u00eb rivierloop van die Groot Rivier en begin ons afstap. Die warm sonnetjie en dro\u00eb lug laat ons die winter en eksamen vinnig-vinnig vergeet. Ons stoei met verskeie soorte bos-gedrogte en kort voor lank moet Malan vir Delene uit &#8216;n besitlike doringbos se kloue red. Die water is maar lekker brak en ons leer vinnig dat waterpilletjies al genade is. Dis nie lank of Fritz gaan sit vir \u2018n wyle om sy voete te rus, terwyl Kous die kaart konsulteer. By middagbroodjies besluit Annika en Marli om konfyt te deel, \u2018n paar brawe of miskien meer desperate siele om die vuil water aan te durf en die uitkyk begin! Miriah is natuurlik die eerste-toeriste convenor en vra ewe waar die spek is as die uitkykkring haar wil inSPEKteer. Na die breuk is dit darem koeler en die stap sommer lekkerder. Charl deel ook vrylik stuk-stuk sy stokers toerusting, sakke appels, bottels wyn, sleepille, slaapsak en badkamersakkie uit \u2013 galababas kan glo ook nie eers brood dra op \u2018n rugsak toer nie. Ons eerste kampplek is op \u2018n groot sandbank met genoeg water vir swem. Nicola en Delene lig die dames in oor bos-higi\u00ebne en Leroi deel sy raad oor ordentlikheid met die manne en die manne lag lekker vir Jannes se brak PUN. Slee word sommer in \u2018n bondel gedoen vanaand &#8211; Charl en Nicola verduidelik en demonstreer hoe skiet werk, dis ook waar Johannes die geleentheid raaksien om die intercept-konsep uit te beeld en na \u2018n deurmekaar gesirkel word Nicola darem uiteindelik gevang en aaitems kan afskop! Leroi, Kobus en die ander entoesiastiese dames van groepie 5 (of groepie \u2018Legend\u2019 soos hulle hulself gedoop het) gee nuwe betekenis aan die ou s\u00ea-ding, \u201cMany hands make light work.\u201d Toe is Fritz aan die beurt met die \u2018Ballade van \u2018n sterwende bok\u2019. Fritz stel ook sy baie lelike \u2018gedroggie\u2019 voor aan Patsy, Regardt en Janneman wat die aansig van die gedierte glad nie kan \u00a0hanteer nie, maar arme gedroggie kan nie die aansig van Jandr\u00e9 oorleef nie! Hierna vermaak Jacques en Johannes ons met hulle hande se skaduwees teen die krans oorkant die rivier. Albert vertel \u2018n paar BA -grappe voor die vliegtuig \u2018n blou-yskas-Flippie en tuimeldro\u00ebr-Patsy\u00a0 laat uitval, maar Kobus se filosofiese \u201cmagic jelly bean\u201d en wilde bos krulle gooi die aaitem heel deurmekaar! Hekels is oop en Janneman tree in ter verduideliking. Delene gee gretig \u2018n voorbeeld deur vir Charl te vra wat hy bedoel het toe hy vir Nicola ges\u00ea het dat sy hom net oral moet vashou en Charl verduidelik dat die koue gebyt het en Nicola moes help. Jannes wil by Flippie weet wat hy bedoel het met: \u201cHou sy ore vas dan trek ek hom uit.\u201d Flippie verduidelik iets van \u2018n pot wat iewers vasgesit het, daarna vra Jannes vir Dan\u00e9 hoe sy kon s\u00ea \u201cI am <strong>for<\/strong> animal cruelty.\u201d Dit was toe \u2018n Afrikaanse nooi se stryd met die Engels, Dan\u00e9 is nie regtig wreed nie. Scott wil by Kobie hoor watter \u2018soul\u2019 sy wil eet en sy verduidelik dat sy eintlik lus gehad het vir vis. Tommy vra vir Delene wat sy bedoel het toe sy vir Johannes ges\u00ea het: \u201cHou jou hande van my lyf af!\u201d Die woorde van \u2018n kielie-slagoffer. Janneman wil toe dadelik by Johannes weet hoekom hy vir Delene ges\u00ea het om \u2018n goeie verskoning uit te dink vir daardie vorige hekel en Johannes kan maar net s\u00ea, \u201cDit is wat dit is.\u201d Op die noot word hekels toegemaak en die slaapsakke word toe gerits.<\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong><\/p>\n<p>Die stokerstemme bekoor die kamp met hulle pragtige \u201cSave tonight\u201d, maar die koue byt en \u2018n klein koor van meisies antwoord met \u2018n \u201cons weier!\u201d Tydens ontbyt verkondig Simon dat hy \u2018n rewolusie wil begin, maar kamp word wel opgeslaan en ons kan lekker praise en worship op die sand saam met Malan Bosman, die BTKitaar en Psalm 19 se pragtige woorde in ons harte. Ons stap weer in die Groot Rivier af oor sand, klippe en hekke. Natuurlik moet \u2018n paar brawe manne die koue water aandurf, voor iemand nog kon vra of iemand Game het. Claire kry \u0149 bobbejaan skedel en besluit dat hierdie aandenking uit Afrika moet saamgaan Frankryk toe en dit word ingepak. Na \u2018n ruk verlaat ons die rivier en loop teen \u2018n steil bult uit &#8211; bo word groepfoto\u2019s, wifey-foto\u2019s en snor foto\u2019s geneem. Toe is ons weer anderkant af, deur die dorings en al glyend in \u2018n nou klofie tot by die rivier waar ons kan swem en eet. Leroi bewys weereens dat hy die ultimate BTK man is: hy kan \u2018n sleedate vang en nege-plus-een push-ups doen, alles op een slag en Cathanja gee vir Jacques \u2018n goeie \u201crun for his money\u201d deur die Kraai se chase-vermo\u00eb te toets. Verder in die rivierloop kry ons \u2018n trop bobbejane en Miriah is seker dat hulle verwant is aan party van haar vriende. Ons kamp is weer \u2018n sandbank teen die rivier en Chrisjan se ukelele maak \u2018n verskyning en daar is lekker musiek in die agtergrond van die aand se gewone bedrywighede.<\/p>\n<p>Die aand se aaitems skop af met Mario en Luigi (Kobus en Leroi) wat Miriah se vingers en tone en so aan in die rivier sien dryf. Janneman en Charl word Hans en Mans wat kompl\u00e9\u00e9t om die vrot vis trippel. Oom Simon deel vreemde, maar wyse liefdes raad en beantwoord \u2018n paar vrae met die hulp van tant Anna (Annemarie), dis nou wanneer haar gehoorstukkie aan is en die onttrekking-simptome van die koffietjies nie te erg is nie. Wolfgang vat ons op \u2018n reis deur die Wild West met al sy vreemde gediertes en geluide. Dirkie adverteer Dirkie-kondensmelk voor hy en Leroi hul bes probeer om Cathanja, Suzaan, Frederik, Georgina, Dan\u00e9 en Miriah se koppe aan Scott en Annika af te smeer, aangesien Annika \u2018n paar skroewe los het.<\/p>\n<p>Hekels skop af met Jannes wat uitvind by Petro hoekom sy s\u00ea dat Jacques alles is wat sy nodig het. Petro verduidelik dat hy die middagbroodjie bestanddele gehad het. Miriah wil by Albert weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk het gehoop Joe verbeter met tyd.\u201d Hierop kan Albert maar net s\u00ea: \u201cHy is wat hy is\u2026\u201d Dirkie wil by Miriah weet wat sy bedoel het toe sy aangebied het om sy Dirkie te wees en ons kry \u2018n vae antwoord oor kondensmelk. Jandr\u00e9 word oor onderbroeke en hemde gehekel maar niemand is eintlik seker wat aangaan nie, veral omdat hy die heeltyd verwys na CG&#8230;Wie is CG?? Hekels word toegemaak, maar voordat ons die aandlied kan sing, is Simon weer op die verhoog. \u201cHierdie is nie \u2018n aaitem nie! Hierdie is die realiteit! Kobus, kies jou wapen!\u201d Leroi is die gekose wapen en Simon moet die aftog blaas. Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dag 3:<\/strong><\/p>\n<p>Die dag begin met \u2018n fotosessie van wilde hare en Jannes, dan dreun die verjaardagliedjies deur die kranse &#8211; Flippie en Annemarie verjaar! Die oggend is koeler as meeste van die voriges en ons vorder flink, selfs al dra Nathan twee rugsakke. By middagbroodjies word die laaste eerste toeriste uitgekyk en Henlo maak geskiedenis deur in die water te val toe sy naam geroep word \u2013 eerste toeriste is maar altyd so effe nat agter die ore. Natuurlik het Nat Albert ook in die water geval en moes hy die res van die dag kaalvoet loop omdat sy skoene en kouse sopnat was. Dirkie en Tanja verstom ons met hulle pragtige duet en daar word sommer \u2018n sokkie-sessie, gedoop die broodjie-dans, op die sand ingewerk en Leroi sien dit as geleentheid om twee dames gelyk om hom te laat dans . Nicola, Janneman, Leroi, Nathan, Carmel, Gerben en Burger loop agter en sing al die liedjies van 1-88 in die bundel en toe is ons by die kamp! Ons slaan tent-op waar die Groot Rivier in die Gourits Rivier in vloei en dit was vroeg genoeg vir almal om te swem en te ontspan. Delene grawe \u2018n reuse doring uit Leroi se voet terwyl Charl en Erik \u2018n koekie-eet kompetisie hou en Nicola haar verby-die-rak-datum-neute-botter uitdeel. Jacques was sy lang lokke met biodegradable conditioner en hou Wilgenhof se naam hoog deur \u2018n water-chase, terwyl Henlo en Jana die mooi uitsig bewonder. Albert ontdek \u2018n klein swart sakkie in sy rugsak en vind by sy groepie uit dat dit eintlik seep in het vir blikke was en almal wonder hoe skoon Groepie 1 se blikke regtig die vorige paar dae was. Soos altyd is daar \u2018n lekker massage-garage, met die oefen geluide van die eerste toeriste se stemme as agtergrond musiek.<\/p>\n<p>Dit is die aand van die wraak en die eerste toeriste stel ons voor aan die Berg en Vlug Klub. Die aaitem skop af Donald Trump(Greg), sy vroulief-Miriah en hulle Rugrat-baba Dan\u00e9 wat baie vir Suzaan, die greeny in die kajuit, irriteer en Ben-10 Nathan en lugheer-Albert doen deurlopend 9-plus-een-push-ups tot die gehoor se vermaak. Donald dink dit goed om bietjie te campaign, aangesien hy glo hy kan Afrika weer \u201cGreat\u201d maak. Donald se Tom-Cruise-lyfwag, wat deur Zandr\u00e9 vertolk word, vra knaend of hy iemand kan skiet. Hulle beweeg na die kajuit waar Pippie Langkous Tanja by pilot-Hanno leer dat \u201cdik\u201d en \u201cversadig\u201d sinonieme is en Tanja trots voel om versadige oom Donald se aankoms aan te kondig. \u2018n Hewige poker-game is aan die gang is met die beroemde speler, Hotdog-Burger, wat baie mooi kan blaf en Kumien is baie angstig dat een van die spelers besig is om te bluff en Michaela verseker almal dat syself \u2018n blaf-probleem het. Donald deel van sy hare uit, maar die pokerspelers stel nie juis belang nie. Albert, wat tussendeur push-ups doen omdat hy die verbode getal heeltyd s\u00ea, vergesel Donald na die ekonomiese klas, waar Zandr\u00e9 \u2018n dramatiese entrance het met \u2018n bollemakiesie en die veiligheid van die kajuit ondersoek. Frederik, met \u2018n uitstekende Kaapse-aksent het \u2018n paar vrae vir Donald wat hom verkyk aan Frederik se waterslang-Cathanja wat seil op \u201cMy Annaconda don\u2019t\u201d. Die passasiers is nie baie be\u00efndruk met Trump se Engels nie en gooi sy besigheidskaartjie uit by die vliegtuig venstertjie wat glo kan oopmaak. Donald verklaar hy het \u2018n droom om die koning van die w\u00eareld te wees \u2013 Burger sien dit as gulde geleentheid om sy koor se laat sing en \u2018n goeie poging word aangewend vir De Machtige koning. Donald onthou skielik dat dit ook sy verjaarsdag is en die dames serenade die Amerikaner in goeie BTK-Afrikaans. Annemarie se dogter was lig almal in dat dit haar ma se verjaarsdag ook is en die manne probeer regtig om die oue dame spesiaal te laat voel met hulle mooi lied, maar hulle ken eenvoudig net nie die woorde goed genoeg nie. Hanno verloor een van die radio\u2019s deur die singery en skarrel in die sand rond opsoek na die radio, Tommy en die res van die bachelors vind arme Hanno se soeke skreeu snaaks! Claire spring op en met \u2018n gedrapeerde swart serp om haar kop en verklaar dat sy \u2018n terroris is en Zandr\u00e9 s\u00ea: \u201dLaat hy val waar hy wil!\u201d<\/p>\n<p>Hierna mag die eerste toeriste die soetheid smaak terwyl voete weer gewas word en daar om verskoning gevra word vir moontlike beserings tydens die wraak. Johannes wat lekker in die slee gel\u00ea en slaap het probeer vir \u2018n goeie tien minute uitwerk hoeveel van die aand hy gemis het en is heeltemal geskok toe hy hoor dat hy als gemis het! \u00a0Die aand se aaitems skop af met Corine wat legkaart bou met haar Kellogs tot Fritz se frustrasie en die arme man word ook gered van die blou yskas. Charl plant vir hom \u2018n groentetuin met \u2019n paar onkundige eerste toeriste en Claire leer vir ons \u2018n Franse kreet. Fritz, Flippie, Jacques en Tommy marsjeer rond met Dirkie op die maat van \u201cDon\u2019t drop that Dirkie-Dirk\u201d. Hanno en Zandr\u00e9 kom met \u2018n paar nuwe skiet-metodes uit en maak in die proses kennis met die blou yskas. Annika, Annemarie en Tanja steel Nutella en Annemarie doen haarself voor as \u2018n sak aartappels om weg te kruip vir Miriah net nadat almal getuimeldro\u00ebr is. Leroi en Janneman probeer onder groot gelag, gekielie, blou yskas en genoeg sleepille, kano\u2019s uit Kobus, Charl en Flippie maak. In die chaos kom Claire by om haar mede-Fransman te red en bevel die \u2018savages\u2019 om eerder \u2018that British man\u2019 (dis nou Kobus en sy jelly beans) te eet. Toe is oom Simon en sy wyse raad weer aan die beurt, die keer oor kinderopvoeding. \u2018n Paar druppels re\u00ebn begin val en party mense gaan broei in hulle slaapsakke. Die res slee egter vrolik voort en Wynand dra weer die ballade van \u2018n sterwende bok voor. Jacques, Leroi, Charl en Flippie sukkel om korporaal Kobus naam hoog te hou met hulle broekies laag op die grond. Leroi speel onderwyser en leer vir Jacques en Miriah oor blommetjies en bytjies &#8211; Miriah is baie ontsteld en verduidelik mooi vir die bytjie en onderwyser wat sy van hulle dink, waarop Leroi die water van voor kry, Jacques \u2018n skop en Miriah nog \u2018n gesigwas.<\/p>\n<p>Hekels is skaars oop of Fritz wil by Charl weet wat hy bedoel het met: \u201cSpeel my in my mond.\u201d Leroi vra vir Carli hoekom sy ges\u00ea het: \u201cGee my wat ek nodig het.\u201d Die volgende rondte hekels looi vir Miriah: Zandr\u00e9 wil weet wat sy bedoel het toe sy vra: \u201cKan ek maar hier uittrek?\u201d Jandr\u00e9 wil weet hoekom sy s\u00ea dat sy verwag en Charl vra wat sy bedoel het toe sy vir Jandr\u00e9 s\u00ea dat sy hom soek. Toe wil Hanno by Charl hoor hoekom Claire hom \u2018baby\u2019 noem en vir Johannes vra hy wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cEk was nog nooit kaal nie.\u201d Ons sluit die aand af met die aandlied en gaan klim op ons opblaas-matrasse.<\/p>\n<p><strong>Dag 4:<\/strong><\/p>\n<p>\u0149 Salige stilte en sagte re\u00ebndruppels rus op die tentedorp en die wind is ons wekker terwyl \u2018n paar mense wakker word \u00a0in \u2018n plas water. Toe die ergste re\u00ebn ophou kan ons ontbyt geniet, waar Leroi dit goeddink om Kobus se baie pap te help eet en die geroep van visarende dans in ons ore. Ons begin sommer met die eerste river crossing van die dag en Leroi dra vir Delene, Erika en Miriah met hulle rugsakke en al oor die rivier sodat hulle nie hulle skoene hoef uit te trek nie. Die stap vorder flink en vrolik, want dis lekker koel en daar is vir \u2018n verandering baie water. By Game-break durf \u2018n klomp brawes, Charl uitgesluit wat tot by een sokkie uitgetrek het en toe van plan verander het, die ysige water aan en swem oor die rivier. Almal is hoogs be\u00efndruk met hulself, maar is gou spyt toe \u2018n ysige wind \u2018n ruk later van voor af begin waai. Weer moet die rivier oorgesteek word en die keer wys die manne hulle staal en maak \u2018n treintjie oor die rivier om die sake oor te vat, Jandr\u00e9 en Jacques het beide amper \u2018n plas water in die proses gekoop. Dit vat twee meisies om Kobus se rugsak tot by die treintjie te karwei en Charl is baie in sy noppies met sy rugsak wat \u2018n handvatsel het. Toe almal oor is, begin dit re\u00ebn en die wind raak sterker en \u2018n paar survival bags vlieg saam met die wind weg. Na \u2018n wilde geklim en geklouter oor die kranse met skrape en bloukolle en nog river crossings en gevriesde voete kan ons uiteindelik sit vir middagbroodjies. Die ergste wind en re\u00ebn is minder en die laaste stukkie pad word aangepak. \u2018n Entjie verder is daar \u2018n klein stroompie met regte vars water. Almal stop en die waterdraers spring letterlik oor die rivier om almal se bottels vol te maak, behalwe vir Jandr\u00e9 wat sy waterdigte trappers se waterdigtheid wil toets. Elke groepie moedig luidkeels hulle eie waterdraer aan en die manne moet uithaal en hol! Erik slaan ongelukkig neer en Dirkie met sy kaal voete wen. Tot slot Flippie se groot frustrasie is daar \u2018n groepie mense wat lekker in \u2018n bondeltjie sit en warm word en weier om die laaste 100m kamp toe te loop; \u2018n massage-garage vat pos, grappies word oor die radio\u2019s gemaak en Leroi word as nuwe slot aangewys! Maar uiteindelik kom die agterosse ook in die kraal en al die klam tente is voor donker op. Dis dames-skiet en Annemarie gaan haal vir Frederik uit sy tent uit, Miriah hardloop vir Leroi in en Nathan en Albert is verlig dat hulle die hele skietery gemis, maar kort voor lank is hulle ook ingepalm. Aandete word lekker jolig toe Voshaarnooi deur die Eiffelkoor: Malan, Burger, \u00a0Kobus en Johannes, met sy pragtige voordrag deur sy buff, vir groepie Legends kom serenade inruil vir \u2018n blik kerrievis. Die koue druppels laat ons besluit om eerder nie te slee nie, maar niemand is te teleurgesteld nie en onder leiding van Dirkie het ons \u2018n praise en worship aand, terwyl Marlie en Johan styf teen mekaar sit vir hitte. Die versoeking was net te groot vir Kobus om nie vir Jandr\u00e9 te hekel oor wat hy bedoel het toe hy vir Tanja ges\u00ea het \u201cKom ons wees skelm\u201d en Jandr\u00e9 antwoord uit sy tent dat hulle nie aan hierdie Game of life wil deelneem nie. Kobus vertel ons \u2018n baie kort weergawe van die Zebra-grappie en oom Simon vermaak ons met sy weergawe van \u201cBallade van \u2018n sterwende bok\u201d waarop NP Van Wyk Louw trots op sou wees. Almal l\u00ea op die grond in \u2018n warm hopie en sing tot laat saam met die BTKitaar onder die sterre.\u00a0 Wat \u2018n laaste aand!<\/p>\n<p><strong>Dag 5, 23 Maart 2016<\/strong><\/p>\n<p>Die son verrys met helder glans, hoera, hoera, hoera! Dan\u00e9 en Marietjie gaan soek die eerste sonstrale op teen die berg en ons sing gou vir oom Simon, wat nie eintlik verjaar nie en ook nie eintlik \u2018n toespraak voorberei het nie en val dan in die pad. Die pad is styl en bebos, maar ons is gemoedere is hoog! Ons klim en klouter, Jacques verloor sy hoed as gevolg van \u2018n boomstomp-gooiery, maar Johannes red darem die rooi hoofbedekking. Johannes, Cathanja, Annika, Miriah en Dan\u00e9 begin sokkie treffers sing en Simon vergeet waar hy sy rugsak neergesit het om vir Cathanja en Dan\u00e9 skrik te maak. Ons trek ons skoene uit vir die laaste river crossing met\u00a0 die letterlike en figuurlike vooruitsig van middag-provitas, Wolfgang was \u2018n bobaas trap-aanwyser en handvashouer in die proses! Oorskiet sleepille word verslind en waterdraers maak hulle sakke leeg vir die laaste stretch. Die rivierwater word van hoog en laag beskou soos ons op en afklim en die bus, wat ons op die brug begin gewaar, wink-wink ons nader. Ons bundu-bash ons weg op teen die laaste koppie, waar Marietjie en Miriah die gebruik van Alwyn deel met Charl en Frederik wonder hoe \u2018n koei se mis so hoog op \u2018n berg beland het. Dan\u00e9-met-die-kamera koop \u2018n kleinhoewe en dis danksy Nathan se wysheid dat sy vooraf haar kamera in haar rugsak gesit het, anders was sy Dan\u00e9-sonder-kamera. Die sonnetjie bak en die windjie hou ons lekker koel terwyl Zandr\u00e9 peperment-toffies deel en stukkies van Charl se blou slaapsak-sak agter los. Die gentlemens\u2019 challenge het nooit plaasgevind nie, maar Albert het wel Claire se tas gedra, Gina het ook ligvoets die stap kon afsluit en Fritz en Flippie het \u2018n aflos gestap met Miriah se rugsak as gevolg van \u2018n enkel swik, gelukkig het Charl belowe om vir haar \u2018n SINGLE te koop by die Spur (single, enkel\u2026dis \u2018n PUN!) Kobus se stapskoen se duct tape gee die gees en Leroi koop \u2018n stuk grond berg af net terwyl hy besig is om oor die radio te vra \u201cWat het die grond vir Leroi ges\u00ea\u201d, maar hy, Dane, Dirkie, Cathanja en Johannes gaan swem stof af, terwyl van die voor stappers warm kon gaan stort het by Oom Jannie.<\/p>\n<p>By die Spur wen Burger van Rooyen loshande die Beste-gemanierde-eter-toekenning &#8211; hy het meestal met mes en vurk eet! Flippie wen met \u2018n tyd van 2 minute en 8 sekondes , maar Charl, wat met etlike sekondes verloor het, is baie skepties en gaan sit dikmond langs Dan\u00e9-met-die-kamera om die video te kyk. Op die bus word daar rugby geluister, baie gelag en Jandr\u00e9 en Tanja sit hulle skelmstreke voort in die agterste hoek. Terug op die Bos stuur ons vir Wolfgang maan toe wat vyf toere gedoen het \u2013 hy moedig ons aan om aan te hou toer en prys die BTK wat vir elke persoon \u2018n plek het; ons groet vir Claire wat haar eerste en laaste toer voltooi het en dankie-s\u00ea vir ons Suid-Afrikaanse vriendelikheid. Kobus en die bestuur word bedank en laaste, maar nie die minste, Die magtige Koning! (\u2026dit was \u2018n pun, ons het gebid \u00e9n gesing)<\/p>\n<p>Toermaters, dit was \u2018n fees &#8211; \u2018n eerlike nege plus een uit nege plus een!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n skets van die sameLOOP van gebeure deur Delene Bezuidenhoudt in samewerking met Miriah Smith Dag 1: Ons begin weereens ons toer vroeg-oggend op die Neelsie se parkeerterrein met \u2018n geskarrel in die donker aangesien almal se kopliggies reeds ingepak is. Kospakkies moet verdeel word en laatkommers \u00a0moet wakker gebel word, maar uiteindelik daag Frederik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2655","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2655","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2655"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2655\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2658,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2655\/revisions\/2658"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2655"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2655"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2655"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}