{"id":2661,"date":"2016-08-06T13:07:59","date_gmt":"2016-08-06T11:07:59","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2661"},"modified":"2016-09-22T22:20:22","modified_gmt":"2016-09-22T20:20:22","slug":"amatola-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2016\/08\/amatola-2016\/","title":{"rendered":"Amatola 2016"},"content":{"rendered":"<div id=\"attachment_2662\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Amatola-2016.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2662\" class=\"wp-image-2662 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Amatola-2016-584x389.jpg\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Amatola-2016-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Amatola-2016-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Amatola-2016-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/08\/Amatola-2016-450x300.jpg 450w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2662\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Piet Smit<\/p><\/div>\n<p><strong><em>\u2018n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 1 (9 Julie): Busrit in die aand<\/strong><\/p>\n<p>Daar is \u0149 miete dat BTKners daarvan hou om op te staan nog voordat die son op is. Die miete is verkeerd bewys toe al die toeriste een vir een 4 uur die oggend aangesluip kom. Ons bid vir die pad en dit voel skoon vreemd soos 22 studente in \u0149 60 sitplek bus klim. Vir die ou toeriste is die busrit die perfekte geleentheid om in te haal op al die vakansie stories en so hou hulle die hele bus ook wakker.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Ons stop vining in Buffeljagsrivier om \u0149 paar verlore skapies op te tel en ontbyt te eet. 1 Mal Frisbee game, 2 mechanics, 3 roosterkoeke, 4 flou grappies van Kobus, 5 naartjies en UITEINDELIK 6 ure later het ons weer in die pad geval. Baie dankie aan almal wat positief gebly het ongeag oor die bus wat gebreek het en dankie vir die roosterkoeke wat Paarl Rocks aan ons geskenk het.<\/p>\n<p>Die res van die dag het ons gery, mense opgelaai en nogmaals gery. Die hoogtepunt (of eerder laagtepunt) van die dag was toe die dames R2 moes betaal om badkamer toe te gaan. Die volgende oggend 1 uur het ons in Stutterheim arriveer waar die koshuismoeder ons vriendelik verwelkom het.<\/p>\n<p><strong>Dag 2 (10 Julie): Ons stap nou met hoera?<\/strong><\/p>\n<p>Om die dag vining op te som: Ons het gestap, verdwaal, gestap, verdwaal, gestap en toe erg verdwaal. Dit het alles begin toe ons besluit het om die \u201cclos\u201d pad te volg. Ons het later besef dat \u201cclos\u201d heelmoontlik <em>closed<\/em> beteken. Dit was \u0149 dag wat die manne van muise geskei het.<\/p>\n<p>Tog kry \u0149 paar verkeerde draaie en boendoe-bashing nie die BTKners onder nie en so het ons later die hut gevind met ons kopflitse om die pad te wys. Daar is vining ge\u00ebet en daarna verduidelik Marianne en Flippie skiet in slowmo.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Janneman en David skop soos gewoonlik aaitems af met Mario en Luigy. Vir \u0149 verandering is hulle op die \u201cMighty salt river\u201d en kry hulle ook kans om \u0149 vissie te vang.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>\u201cEdelagbare oom Pieter, wat het Edelagbare oom Pieter bedoel toe Edelagbare oom Pieter ges\u00ea het dat my kok ruik lekker?\u201d Die edelagbare het toe verduidelik dat dit eintlik sy kok se kos was.<\/p>\n<p>Kort op Janneman se hakke begin David ook om vir oom Piet te hekel. Hy het egter gou besef dat sy verhouding met skoonpa Pieter nog nie heeltemal al reg is om so getoets te word nie. Nou sal ons altyd wonder, waaroor sou hy hom hekel? Oom Piet: 1, David: 0<\/p>\n<p>Nag dames<\/p>\n<p><strong>Dag 3 (11 Julie): Makkepanne en ander dinge<\/strong><\/p>\n<p>Ons is die oggend vroeg weg om die 19km aan te durf. Ons is skaars aan die stap toe Marianne en David begin gesels oor die makkepan wat hulle gesien het. Dit veroorsaak baie verwarring, aangesien niemand weet wat \u0149 makkepan is nie. In die uitkykkring is nog verwarring geskep toe Jason en Flippie \u0149 voet-tik kompetisie aangewend het. Skoolbrood Jakobus word nie so maklik geintimideer nie en toe WRAAKkaptein Janco begin giggel, het hy streng hom getug met \u0149 huh-uh. By middagbroodjies word daar gekoning en dis net hoedjies wat trek deur die lug. Ons slot Janneman het iewers die walkie talkie verloor en moes terug hardloop om dit te soek.<\/p>\n<p>Dit is \u0149 nuwe ervaring om by ons slaapplek aan te kom terwyl dit nog lig is en dit word behoorlik benut deur die hut te verken en te stort. Aangesien die dames baie minder as die mans is, is skiet maar \u0149 stresvolle tyd. Frans was so desperaat vir \u0149 sleedate dat hy, toe skiet oopmaak, in die storte ingehardloop het om vir Suzaan te kry.<\/p>\n<p>Die aand skop af met die eerste toeriste wat De Magtige koning sing. David en Marianne het dit goed gedink om hulle te help, wat gemaak het dat hulle die liedjie \u0149 paar keer oor moes sing. Alex en Petro het die liedjies baie mooi gesing, hopelik ken die res die liedjies teen hulle tweede toer.<\/p>\n<p>WRAAKkonsert<\/p>\n<p>Die konsert het afgeskop met Jakobus die makkepan jagter en Lelani as Liewe Heksie wat vir Jana vertel oor hulle ekspedisie. Die twee was opsoek na \u0149 makkepan wat tussen die rietjies woon waar die water so kabbel, kabbel, kabbel maak. Op hulle reis sluit Alex, Ben, Madelein en Tana ook by die ekspedisie aan. Petro die paashaas sluit ook aan by die groep. Alex sukkel \u0149 bietjie om te hoor en in plaas van paashaas hoor hy \u201cmy pa se haas\u201d. Daarna vermaak Petro ons met \u0149 hasie grappie. Na \u0149 lang soektog kry hulle uiteindelik die makkepan (Christian) en steek hulle hom aan die brand. Gelukkig is brandweerman Alex met sy tuinslang (Emma) daar om die brand te blus. Die konsert word be\u00ebindig met Jason wat \u2018Rock daai lyfie\u2019 sing terwyl die res sokkie. Na so \u0149 wonderlike vertoning weet almal hoe om \u0149 makkepan uit te ken en wat om te doen wanneer jy die gedierte iewers raakloop.<\/p>\n<p>Daarna is dit tyd vir die WRAAK en ons almal geniet die soetheid saam.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>David verduidelik die groter prentjie agter game of life. Die idee is dat hulle pushups doen wanneer hulle myne s\u00ea om hulle te help om minder selfgesentreerd te wees en dan word hulle ook sterker in die proses. Dis \u0149 wen-wen situasie.<\/p>\n<p>Kobus kry vir Madelein en Jana om \u0149 asemtoets te doen in liggie. Hy bevestig dat hulle asems stink en kom tot die gevolgtrekking dat Toto en Katrien nie hard genoeg werk in die tandepasta fabriek nie.<\/p>\n<p>David, Mari-Alet, Jakobus, Zandr\u00e9 en Emma gooi alles uit die gebreekte vliegtuig uit behalwe vir Jaco die blou yskas. Die dronk vlie\u00ebnier, David, het sommer eerste sy mede-vlie\u00ebnier Zandr\u00e9 uitgegooi. Gelukkig is Zandr\u00e9 \u0149 regte kan-nie-dood en het hy minute later aan die vliegtuig se ruit geklop. Die item is be\u00ebindig toe die blou yskas die vliegtuig begin stuur het.<\/p>\n<p>Kobus, Flippie, Janneman en JJ reis ver om vir ligtoring Petro aan te skakel. Toe hulle later bespiegel of dit werklik \u0149 ligtoring is, stap Kobus baie ernstig na Petro toe, tel haar op en s\u00ea: \u201cYes, it is a pretty light house.\u201d<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Kobus wil by Tana weet, wat sy bedoel het toe sy vir JJ ges\u00ea het: \u201cJammer, jammer, ek het niks gesien nie.\u201d Blykbaar het Tana nie besef dat JJ besig was om te stort nie.<\/p>\n<p>Wat het Alex bedoel toe hy ges\u00ea het: \u201cIn these circumstances I wish I had child-baring hips.\u201d<\/p>\n<p>Laaste moet David verduidelik dat hy eintlik iemand gevra het om te item toe hy ges\u00ea het: \u201cAre you willing?\u201d<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dag 4 (12 Julie): Burning down the house<\/strong><\/p>\n<p>Dit is duidelik dat Kobus nog nie oortuig is dat BTKners hou van laat slaap nie, aangesien die dames al half 6 wakker gesing is met \u2018Stop, wag, l\u00ea nog \u0149 bietjie\u2019. Be careful what you wish for.<\/p>\n<p>Soos dit \u0149 BTK toer betaam, is daar natuurlik \u0149 verjaarsdagmaatjie. Vandag is die gelukkige wenner Jakobus en word hy oorval deur soene. Soos wat hy probeer koes het van al die soene af, is hy amper op die mond gesoen deur die pragtige Suzaan. Die ouens kan lesse by hom kry oor hoe om strategies te koes.<\/p>\n<p>Emma is deur \u0149 by gesteek, gelukkig was dit nie nodig om die adrenalien uit te haal nie. Ons almal is baie beindruk deur Emma wat deur haar allergie steeds aanhou stap het. Ek dink dis veilig om te s\u00ea dat Emma defnitief die taaiste persoon op die toer was.<\/p>\n<p>By middagbroodjies het \u0149 paar brawes geswem. Groepie 1 oorpresteer soos gewoonlik en smul lekker aan biltong en avo broodjies. \u0149 Groot deel van die dag het ons tussen die riete gestap, wat die perfekte terrein vir die makkepan is. JJ het die oomblik aangegryp en \u0149 paar stappers verras deur tussen die rietjies te l\u00ea en kliphard te \u201cKabbel, kabbel\u201d.<\/p>\n<p>Op die berg is daar klomp groepsfoto\u2019s geneem waar David probeer het om vir oom Piet te blou yskas. Oom Piet: 2, David: 0.<\/p>\n<p>By die hut was daar omtrent opwinding. Jannes het die benzene oor die vuur gegooi wat veroorsaak het dat die hele gasbottel aan die brand steek. Om brandwonde te vermei laat val hy toe die gasbottel waarna dit toe onder die hut inrol. Die volgende oomblik was daar net vlamme onder die hut. Gelukkig was Janco daar om die vlamme te blus.<\/p>\n<p>Na aandete het \u0149 groepie dit goedgedink om vir oom Piet weer uit te kyk. Nadat hy in die middel soos \u0149 ballerina gedans het, s\u00ea David baie benoud: \u201cHierdie was nie \u0149 goeie idee nie.\u201d Soos wat Janneman hom uitkyk s\u00ea die psigiater baie ernstig: \u201cHoe langer ek na hom kyk, hoe meer verander sy diagnose.\u201d Marianne kon nie die spanning van oom Piet se staar hanteer nie en voor sy haar o\u00eb kon uitvee het sy binne die uitkykkring beland. That escalated quickly.<\/p>\n<p>O ja, oom Piet: 3, David: 0.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Katrien bel met \u0149 bewerige lippie haar Boepsie bapsie baby, anders bekend as Flippie oor sy sukkel om \u0149 legkaart te bou.<\/p>\n<p>Marianne doen \u0149 Suzelle DIY: How to get a slee date en breek omtrent Jakobus se tande soos sy vir hom sleepille voer.<\/p>\n<p>David en Mari-Alet voer \u0149 romantiese item op met oom Piet wat wag hou. Toe dinge begin intiem raak het Jakobus vining ingespring om sy sussie te red. Oom Piet: 4, David: 0.<\/p>\n<p>In Broekies s\u00ea Kobus benoud dat hy die kaptein se dogter date. \u201cDis nooit \u0149 goeie ding nie\u201d, was David se reaksie uit die gehoor uit.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Marianne probeer om vir David te hekel, maar word vining daaraan herinner dat sy op \u0149 vorige toer van Janco se lekker lyfie gepraat het.<\/p>\n<p>Tana moet verduidelik hoekom sy nooit by haar slot gestap het nie. Sy s\u00ea dat hy al klaar genoeg spaarsleutels gehad het. Ben erken ook dat hy nogals teleurgesteld was toe Gerius hom nie as sy sleutel gekies het nie.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dag 5 (13 Julie): \u0149 Stukkie hemel op aarde<\/strong><\/p>\n<p>Ons groet die oggend 6uur vir Christian wat eerder besluit het om terug te gaan Stutterheim toe om sy knie te beskerm. Daarna begin ons met \u0149 lied in ons hart te stap aan die 13.5km. By game break ontdek Flippie, Janco, Jannes en Kobus almal klippe in hul sakke. Janco plaas almal onder kruisverhoor, aangesien dit baie onregverdig was sienende dat hy al klaar 2 sakke gedra het. Toto merk op dat dit baie verdag is dat David so laat gekom het toe ons groepsfoto\u2019s wou neem.<\/p>\n<p>Dit was \u0149 ongelooflike mooi dag met uitsigte wat vir altyd in ons gedagtes vasgevang sal wees. Ons het die middag vroeg by die hut aangekom, waar almal gebad het in die rivier, kaart gespeel het en lekker middagslapies gevat het. Kobus en David het arme Petro se voete aanmekaar vas geducktape terwyl sy geslaap het.<\/p>\n<p>Soos gewoonlik veroorsaak damesskiet groot opwinding. Emma het vir Jannes probeer skiet, maar Jannes was so bang dat hy 1.5km in manskamp in weggehardloop het. Toe hy 15 minute later terug kom, het Emma hom ingewag en hom by die ander kant van die kamp uitgejaag. Toe Jannes die tweede keer terug kom, staan Jana hom die keer ingewag. Die keer spring hy toe van \u0149 3m ho\u00eb balkon af. Hy sal darem enige iets doen om \u0149 sleerower te bly. Dit was alles snaaks, maar ons het almal groot geskrik toe ons hom die eerste dag van klas op kampus raakgeloop het in \u0149 rolstoel.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Ben en Lelani het beide vir Flippie geklap toe hulle besef het dat hulle sy toon gelek het. Tana aan die anderkant het net skril geskree.<\/p>\n<p>Gerius verras almal as \u0149 Chinese man. Dis so jammer dat ons die verskuilde talent eers op sy laaste toer ontdek het.<\/p>\n<p>Laaste word David vorentoe geroep vir \u0149 hofsaak. David word deur Janco aangekla vir al die klippe wat onverklaarbaar in almal se sakke beland het. Die beskuldigde begin toe die Bybel aanhaal om homself te verdedig en later vou Zandr\u00e9 onder die druk en erken dat hy vir David die daad sien doen het.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>David wil by Janco weet hoekom hy s\u00ea dat hy \u0149 underwear model is. Daarna wil hy ook hoor wat Janco bedoel het toe hy ges\u00ea het dat as iemand hom hekel dat hy al sy klere sal uittrek.<\/p>\n<p>Laaste wil ons weet hoekom Zandr\u00e9 ges\u00ea het dat hy sy sleedate super dronk gaan maak.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dag 6 (14 Julie): Pushups <\/strong><\/p>\n<p>Dit was \u0149 mooi rustige stap met klomp arende wat bo ons koppe gesweef het. Middagbroodjies is by die mooiste poel gehou waar \u0149 paar natuurlik ook \u0149 ogie geknip het. Jannes en sy sleutels het die afdraai vanaf die jeep track gemis. 2km Later toe hulle besef dat hulle verdwaal het, het Frans genoem dat hy die afdraai al lank terug gesien het.<\/p>\n<p>Ons slaap die aand by die mooiste hut, waar Alex homself besig hou deur in die riete te spring. Katrien span \u0149 koor in en begin die sangbundel deur te sing. Haar danspassies is beslis iets wat weer gesien wil word. Na ete wys Zandr\u00e9 hoe om \u0149 regte pushup te doen. Twee hande, een hand, met iemand op sy rug, noem dit, hy kan dit doen.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Katrien, Jannes en Alex speel <em>Who\u2019s line is it anyway? <\/em>Waar hulle mekaar moet antwoord deur \u0149 vraag te vra. Dinge het vining diep geraak toe Katrien vra: \u201cWhat is the meaning of life?\u201d Die nerd in Alex het geantwoord met: \u201cIsn\u2019t it 42?\u201d<\/p>\n<p>Gerius gee Chinese klasse aan Ben, Jason, Jana, Jakobus, Cecilia en Tana. Oom Piet, David en Jakobus probeer die toilet skuif. David is toe baie ongemaklik om vir oom Piet \u201cPa\u201d te noem en halfpad deur besluit hulle om eerder rolle te ruil.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Ons wil by Marianne weet hoekom sy s\u00ea dat Janco se regter hand lekkerder krap.<\/p>\n<p>Wat het gebeur toe Alex s\u00ea: \u201cDis weird, dis weird, moenie daar vat nie.\u201d Blykbaar wou iemand sy maagspiere voel.<\/p>\n<p><strong>Dag 7 (15 Julie): Oorwinnaars<\/strong><\/p>\n<p>Die oggend vroeg, is dit tyd om 4 toeriste maan toe te stuur. Gerius verlaat ons na 3 toere. JJ erken dat hy defnitief dankbaar is om afskeid van BTK muesli te neem. Katrien lewer \u0149 baie motiverende toespraak en Jaco vertel ons van sy eerste toer toe hy nie geweet het dat hy \u0149 tent moes saamdra nie.<\/p>\n<p>Die dag het bestaan uit \u0149 groot opdraand en toe een groot afdraand. Aan die einde het ons klomp foto\u2019s geneem om te bewys dat ons die Amatola oorwin het en daarna is ons terug Stutterheim toe. By Stutterheim het Christian ons ingewag. Die aand het ons \u0149 heerlike lasagne ge\u00ebet met \u0149 vars slaai.<\/p>\n<p>Jana se voete jeuk om te dans en na \u0149 groot gesukkel om musiek te kry, \u00a0skoffel \u0149 klompie in die koshuis se eetsaal<\/p>\n<p><strong>Dag 8 (16 Julie): Busrit in die dag<\/strong><\/p>\n<p>Ons het die oggend 5uur in die bus geklim, reg vir die lang pad na Stellenbosch. In George het ons by die Spur gestop vir terrash. Jason het net-net vir Ben gewen in \u0149 moeilike stryd. Jason, die goeie vriend wat hy is, het maar toe sy tweede burger vir Ben gegee om te eet. Ons neem afskeid van oom Piet en Jakobus. Dit was regtig \u0149 voorreg om saam met hulle te stap. Oom Piet het baie gehelp met die noodhulp en dit was goed om so \u0149 voorbeeld van positiewe verhouding met sy kinders te sien.<\/p>\n<p>Ons het die aand half 8 in Stellenbosch aangekom, waar ons reis tot \u0149 einde moes kom. Baie dankie aan almal. Dit was regtig \u0149 toer waar vreemdelinge vriende geword het. Mag ons die stories eendag vir ons kinders vertel en glimglag as ons terug dink aan die Amatola: \u0149 Stukkie hemel op aarde.<\/p>\n<p>Toer video:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=ezqUVK6VFM4\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=ezqUVK6VFM4<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach Dag 1 (9 Julie): Busrit in die aand Daar is \u0149 miete dat BTKners daarvan hou om op te staan nog voordat die son op is. Die miete is verkeerd bewys toe al die toeriste een vir een 4 uur die oggend aangesluip kom. Ons bid vir die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2661","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2661","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2661"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2661\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2672,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2661\/revisions\/2672"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2661"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2661"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2661"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}