{"id":2666,"date":"2016-09-22T22:06:59","date_gmt":"2016-09-22T20:06:59","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2666"},"modified":"2016-09-22T22:57:54","modified_gmt":"2016-09-22T20:57:54","slug":"gifberg-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2016\/09\/gifberg-2016\/","title":{"rendered":"Gifberg 2016"},"content":{"rendered":"<div id=\"attachment_2667\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/09\/IMG_7249.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2667\" class=\"wp-image-2667 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/09\/IMG_7249-584x389.jpg\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/09\/IMG_7249-584x389.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/09\/IMG_7249-300x200.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/09\/IMG_7249-768x512.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2016\/09\/IMG_7249-450x300.jpg 450w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2667\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Piet Smit<\/p><\/div>\n<p><strong><em>\u2018n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong>Gifberge (3-7 September 2016)<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 1 (3 September):<\/strong><\/p>\n<p>Na ingenieurs- en Brek week is min slaap al \u0149 gewoonte. Daarom is dit maklik om 4uur op te staan, reg vir nog \u0149 BTK toer. Of so het almal gedink, maar dit was duidelik nie die geval vir Fritz Buhrmann nie. Na \u0149 klomp oproepe en Janneman se ouers wat na sy huis toe gery het, kan die bus uiteindelik kwart oor vyf vertrek.<\/p>\n<p>Ons stop langs die pad en maak reg om te begin stap. Wilma verjaar en die eerste toeriste word sommer vining bekend gestel aan \u0149 paar BTK tradisies. Ons jongste liefde, Tanja en Jandr\u00e9, verduidelik skiet. Christiaan vertaal vir ons internasionale studente en David doen gebare taal. Dit is wonderlik om vir \u0149 slag \u0149 toerma te h\u00ea vir die ordentlikheidspraatjie en daar word geKoning.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Ons het skaars begin stap, toe het ons al klaar verdwaal. Wat anders kan mens dan nou verwag van die BTK? Die eerste dag se stap het bestaan uit die Gifberge uitklim. Dit klink soos \u0149 eenvoudige ding, maar aangesien ons Jandr\u00e9 en Zandr\u00e9 erens langs die pad verloor het en ons bene gelyk het asof ons in \u0149 oorlog was, was dit duidelik nie so eenvoudig nie. Na baie krapmerke en middagbroodjies wat soos aandete gevoel het, kom ons uiteindelik bo by die grot aan.<\/p>\n<p>Almal het vining die geleentheid aangegryp om die rotspoele te gaan verken. Ons Swis het toe sommer ook sy eerste bloed in Suid-Afrika getrek, toe hy verkeerd inspring. Tainton en Anri het ook \u0149 bietjie seergekry met die inspring.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Fritz begin sommer dadelik met Ballade van \u0149 sterwende bok. Kort op sy hakke doen Janneman dit weer.<\/p>\n<p>Marianne, Mari-Alet, Elandr\u00e9, Santi, Lun\u00e9 en Delene doen Big Jill \u2013 Little Jill. Die groepie hardloop op \u0149 temalied, neem meer game breaks as die BTK en het vir Santi wat rap.<\/p>\n<p>Soos gewoonlik word almal die eerste aand aan die blou yskas voorgestel. Louw het die oomblik aangegryp om te skree so hoog soos wat hy kan. Ek dink Inus se woorde beskryf die aaitem die beste: \u201cLouw was die vlam van die aaitem. Ons weet nie of dit sy rooi hare was nie, maar hy was aan die brand.\u201d<\/p>\n<p>Daarna praat oom Simon op RSG, en die onderwerp vir die aand is familie verhoudings.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Marianne wil by Petro Rossouw weet hoekom sy vir Janneman gevra het of sy aan sy blokkies kan vat. Sy het \u0149 bietjie gesukkel om die innerlike fisio te onderdruk toe sy Janneman se maagspiere gesien het.<\/p>\n<p>Zandr\u00e9 wil by Tainton hoor hoekom hy vir Delene ges\u00ea het: \u201cJy sal alles van die by\u2019tjies en blommetjies weet.\u201d Blykbaar studeer sy die by\u2019tjies en die blommetjies.<\/p>\n<p>Hoekom het Simon gevra: \u201cWie is daai meisie saam met David, wat ingenieurswese swot? Is dit sy sussie?<\/p>\n<p>Dan wil Hanno by Neil weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het: \u201cParty mense gaan na drugs toe. Ek gaan na High School Musical toe.\u201d Neil gee \u0149 lang verduideliking wat aan almal bewys dat hy Regte swot.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dag 2 (4 September):<\/strong><\/p>\n<p>Vandag was dit \u0149 rustige dagstappies, so ons kon ons sakke by die kampplek los. By game break soek Dan\u00e9 met Kobus skoor. Nadat sy Kobus papnat gegooi het, hardloop sy met haar skoene in die water in om te ontsnap. Defnitief nie haar slimste oomblik nie. Kobus het toe die geleentheid gebruik om haar behoorlik nat te maak. Dan\u00e9 het om Kobus terug te kry, Flippie se sokkies nat gemaak.<\/p>\n<p>Ons verken toe ook \u0149 bergskeur, waar \u0149 groot geelhoutboom groei. \u0149 Paar het ook die skeur dieper gaan verken. Daar is weereens lank vir Fritz gewag om klaar te klim.<\/p>\n<p>Ons het middagete hoog in die lug ge\u00ebet. Jana het probeer om die tuna sous by die berg af te gooi, toe waai dit terug in haar gesig. Praat nou van anti-parachute. Dit was absolute chaos toe Louw die uitkykkring betree. Die hele bestuur was daar vir die geleentheid. Kobus het staan en kwyl met \u0149 stokkie in sy mond, Pieter het bokdrolle gekou en Louw het net gelag en gelag en gelag. Praat nou van min respek.<\/p>\n<p>Die res van die middag het die internasionale studente met verwondering na die boesmantekeninge gekyk en daar is ook geswem. Simon het eers met aandete agtergekom dat Petro van Eck nie sy kok is nie, maar eintlik Mari-Alet.<\/p>\n<p>WRAAKkonsert<\/p>\n<p>Die groep begin deur die verjaarsdagliedjie baie mooi te sing. Die ouens het egter, toe hulle begin op en af spring, die woorde heeltemal vergeet. Nerina het baie mooi voorgevat by die meisies en daarna kry die ouens tyd om hulle naam ter ere te herstel.<\/p>\n<p>Daarna sing hulle \u0149 effens hartseer weergawe van De Magtige Koning.<\/p>\n<p>Die eerste toeriste bring iets nuuts na die tafel en dit is tyd vir Survivor (Christmas special). Nicola is die aanbieder van die program en Christine die kersboom en Jeandr\u00e9 die houtkapper help om die deelnemers te elimineer. Ons deelnemers is Bart Simpson, Pippie langkous, Nicolas Louw voor sy stem gebreek het, \u0149 olimpiese duiker, \u0149 ou deurmekaar eerstetoeris en Leroi de Wet. Die gelukkige wenner stap weg met \u0149 wonderlike vakansie by Nerina, ag ek bedoel Minerva.\u00a0 Die eerste uitdaging is Kokkedoor, of eerder Kokkegoor, waar al die deelnemers Kerrievis moet eet. Daarna moet hulle Alex the Lion jag en laaste moet hulle My Sarie Marais sing. Hanna (en haar bene Jan-Ryno) het Leroi briljant nagemaak. Tim kondig in sy beste Afrikaans die wenner aan. Daarna is dit tyd vir die WRAAK. Oom Piet verduidelik mooi dat dit \u0149 groot geheim is en dat Oom Andr\u00e9 na 26 jaar \u00a0van getroud wees, nog steeds nie geweet het wat dit is nie.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Marianne en Fritz (ook bekend as Fratsie) sukkel om \u0149 legkaart te bou.<\/p>\n<p>Net voor die volgende aaitem gaan Kobus, die blou sleerower op die verhoog. Die volgende oomblik het David in sy spiderman pakkie hom getackle. Ons weet nou nog nie wie was meer deurmekaar nie, Kobus of die gehoor.<\/p>\n<p>Voordat Neil die gedroggie moet aanskou s\u00ea hy selfversekerd: \u201cEk is al so gewoond aan lelike goed, Janco bly langs my.\u201d<\/p>\n<p>Simon doen toe \u0149 briljante ballade van \u0149 sterwende bok en daarna sing hy \u0149 liedjie wat beslis uit die sangbundel uitgehaal moet word.<\/p>\n<p>Jan-Ryno kon nie ophou om te lag nadat hy Flippie se toon gelek het nie. So gepraat van tone, Jacomien het Marianne se tone in die slee gebyt en Simon het \u0149 paddavis saam met sy soetwyn gesluk.<\/p>\n<p>Oom Simon en Dan\u00e9 eindig die aand af met nog \u0149 RSG program. Vanaand praat hulle oor liefde soos die Gifberg.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Ons wil almal by Santi weet wat sy bedoel het toe sy ges\u00ea het: \u201cWie is Leroi de Wet?\u201d.<\/p>\n<p>Wat het oom Piet bedoel toe hy ges\u00ea het: \u201cMeisies moet leer om vinniger te strip.<\/p>\n<p>Hoekom wil Marianne haar broek aftrek en wat het Fritz bedoel toe hy ges\u00ea het: \u201cEk is nog nooit gehekel nie.\u201d Kort daarna ontvang Fritz sy tweede hekel en moet hy verduidelik wat hy bedoel het, toe hy ges\u00ea het: \u201cEk wil jou game h\u00ea.\u201d<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 3(5 September):<\/strong><\/p>\n<p>Almal staan die oggend windverwaaid en deurmekaar op. Ricus het benoud vir iemand vertel: \u201cEk het vanoggend wakker geword met \u0149 ou langs my, saam met wie ek nie gaan slaap het nie. Sy naam is blykbaar, Neil.\u201d Ons groet die oggend vir Oom Andr\u00e9, Tainton en Matt wat eerder huis toe gaan.<\/p>\n<p>Dit was maar \u0149 koue stappie. By game break het David en Louw begin om die monkey te doen. Na almal warm gespring is, is ons weer reg om te stap.<\/p>\n<p>Ons het die middag vroeg by die kampplek uitgekom, met die mooiste poele. \u0149 Paar brawes het gaan swem, maar die res het alles in hulle vermo\u00eb gedoen om warm te word. Die sangbundel is, soos dit hoort, \u0149 paar keer deur gesing. Janneman het vriende gemaak deur pannekoek te bak en die res het in die grotte skuiling gesoek.<\/p>\n<p>Almal het in spanning gewag vir Silja om damesskiet oop te maak. Flippie probeer toe vir Jandr\u00e9 oorreed om in die water in te spring as skiet oopmaak, net om te sien hoe graag Tanja hom regtig wil h\u00ea. Skiet is oop en Jandr\u00e9 besluit dat hy nog nie reg is om hulle verhouding te toets nie. Kobus, aan die ander kant, het sommer vining in die water gespring om van Chelaine af weg te kom. Delene het baie ver gehardloop om vir Zandr\u00e9 te intercept.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Suzaan en Marianne skop aaitems af met \u201cYou come here to die\u201d en daarna word Julika die ligtoring aangeskakel.<\/p>\n<p>Dit is weer tyd vir oom Simon en tant Eloff, met Ricus wat hulle geselskap hou. Ricus het vir ons \u0149 baie lang storie van sy vriend Mos vertel.<\/p>\n<p>Janneman soek Petro se boutjies en daarna doen hy saam met Fritz hambush.<\/p>\n<p>Andr\u00e9, maak \u0149 uitsondering vir sy laaste toer deur te aaitem. Sy Tolla van der Merwe grappies gaan beslis gemis word.<\/p>\n<p>Janneman voel dat sy troepe te veel gevoelens het en oom Piet leer die eerste toeriste \u0149 Chinese liedjie.<\/p>\n<p>Laaste, op RSG, wys Simon vir ons hoe \u0149 makkepan se roep klink.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Edelagbare oom Piet wat het Hanno bedoel toe hy ges\u00ea het: \u201cEk het jou ribbes gevryf.\u201d Hanno bieg toe dat hy \u0149 swak oomblik gehad het.<\/p>\n<p>Janco vra toe baie mooi dat hulle hekels toe moet maak. Fritz wil toe weet wat Janco wegsteek.<\/p>\n<p><strong>Dag 4 (6 September):<\/strong><\/p>\n<p>Die oggend sukkel die dames om die ouens te hoor sing. Dit is \u0149 heerlike sonnige oggend en Kobus gee ons toe 4 ure om in die poele te baljaar. Janco daag toe sommer vinnig vir David uit om met hom te stoei in die vlak waters. Toe ons weer sien is David in die water met sy blou onderbroek wat almal se aandag trek.<\/p>\n<p>\u0149 Paar dames het hulle vrese vir hoogtes oorkom en almal het heerlik die poele verken. Oom Piet het natuurlik ook die geleentheid gebruik om dit vas te vang met sy lens.<\/p>\n<p>Ongelukkig het elke toer ook maar sy slegte oomblikke en so is dit tyd om \u0149 paar mense maan toe te stuur. Andr\u00e9 moedig almal aan dat dit nooit te laat is om iets nuut te probeer nie, siendende dat hy eers met sy Meesters begin BTK het. Daarna is dit tyd vir ons geliefde voorsitter om maan toe te gaan. Kobus deel stories oor die jaar en hoogte punte soos Amatola. Dit gaan defnitief vreemd voel om nie meer vir Kobus en sy flou grappies en sy blou sleerower pakkie op toere te h\u00ea nie. Christiaan gryp die geleentheid aan om met ons van sy wysheid te deel. Laaste vertel Silja dat daar altyd iets goed uit die BTK uit kom. Selfs wanneer jy papsop nat re\u00ebn en elke oomblik om wens (sy verwys hier na haar trouman).<\/p>\n<p>Middagbroodjies is op die mooiste plek met die mooiste uitsig. Op pad af by die krans stop almal om te swem onder die waterval. Carli, die meermin, het gewys koue water skrik haar nie sommer af nie, terwyl die res soos dassies droog gebak het op die rotse.<\/p>\n<p>Ons kom toe die middag by ons laaste kampplek, waar almal lekker warm stort en Frisbee speel. Christiaan en sy sleutels het egter gevoel dat hulle nie ver genoeg gestap het nie en het \u0149 bietjie verkeerd gestap om die huis op die rots te verken.<\/p>\n<p>Oom Piet en Kobus werk saam aan \u0149 komplot om te keer dat David met Mari-Alet slee. Kobus roep al die groepieleiers bymekaar. Oom Piet gebruik toe die geleentheid om sy dogter te skiet en David tackle vir Kobus toe hy besef wat aangaan.<\/p>\n<p>Flippie het probeer om vir Kobus terug te kry vir sy nat sokkies van die tweede dag, so toe sit hy \u0149 klip in Christiaan se sak. Inus en Jacie het ook klippe in oom Piet se sak gesit. Oom Piet het natuurlik gedink dat dit David was.<\/p>\n<p>Aaitems<\/p>\n<p>Groepie 1 voer klippies op met tannie Madelelein en tannie Mariet wat rook.<\/p>\n<p>Marianne en haar Fratsie is op hulle wittebrood. Hoe kouer Marianne gekry het, hoe vinniger het Fratsie se naam na Frats verander.<\/p>\n<p>Silja gee vir dogter Anerosa raad vir haar eerste BTK toer en Kobus doen vir oulaas No Lights as \u0149 Chinese man.<\/p>\n<p>Hanno voer \u0149 onderhoud met Julika en haar hande oor haar ervaring van Suid-Afrika. Dit is duidelik dat daar \u0149 bietjie miskommunikasie tussen haar brein en haar hande is soos sy Hanno se vrae antwoord.\u00a0 Kobus vra dat Julika vir die gehoor wys hoe sy haar hare so mooi kry. Julika het omtrent angsbevange gelyk toe haar hande (Simon) begin om haar hare vas te maak.<\/p>\n<p>Dit is weer tyd vir oom Simon en tant Eloff, die keer met baie advertensie breuke. Hulle word eerste onderbreuk deur Laubscher van der Merwe wat \u0149 ooi-ooi-jessica-hybrid sing en toe deur Santi, Wilma en Elandr\u00e9 met die woorde: \u201cBrand nou af, stap later, werk nooit!\u201d<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Fritz wil weet wat Janco bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201cDaar is regtig fout met my, maar dis goed fout.\u201d Kort op sy hakke wil Hanno by hom hoor wat hy bedoel het toe hy vir Petro Rossouw ges\u00ea het: \u201cJou lyf, jou alles.\u201d Janco s\u00ea dis baie onregverdig, aangesien hulle net helfte van sy sin aangehaal het.<\/p>\n<p>Laaste wil ons weet hoekom Silja ges\u00ea het dat haar sleedate kaal was. Sy het bedoel om te s\u00ea hy was kaalkop.<\/p>\n<p>Nag dames.<\/p>\n<p><strong>Dag 5(7 September):<\/strong><\/p>\n<p>Ons het opgestaan en opgepak, reg om te ry. \u0149 Vraag wat baie uitgestaan het op die toer is weer gevra: Waar is Louw? Louw is toe sommer vir \u0149 tweede keer uitgekyk.<\/p>\n<p>Dit was sommer \u0149 vinnige stappie na die tweede waterval. Almal is toe vinnig in die water, met die hond wat ook ingeval het. Onder die waterval het ons toe om warm te word \u201cWe are the champions\u201d gesing.<\/p>\n<p>Terug by die kamp, is dit toe tyd vir die gentleman\u2019s challenge. David is eerste, Janneman tweede en Jandr\u00e9 het gewen. Die eerste twee moes ongelukkig gediskwalifiseer word vir vuil spel.<\/p>\n<p>By Piketberg stop ons by die Spur vir terrush. Simon wys hoe om sonder jou hande te eet en dan ook so te verseker dat dit nie die Bok- en Trou Klub vir jou sal wees nie. Jandr\u00e9 wen die burger challenge.<\/p>\n<p>Baie dankie aan ons toerouers en dan ook die toer antie en \u2013oom. Oom Andr\u00e9 was regtig \u0149 sport om op 50 geWRAAk te word. Dit is so lekker om so \u0149 voorbeeld van gesonde familie-verhoudings te sien en dit maak ons almal opgewonde vir die toekoms. Dankie aan al ons stapmaters, wat \u0149 oormaat stories vir die skets gegee het en wat elke oomblik op die toer spesiaal gemaak het. En dan laaste dankie aan Kobus. Jy is regtig \u0149 rolmodel van Jesus se liefde vir ons almal. Ons bid regtig dat jou pad vorentoe gese\u00ebn sal wees en onthou, dat daar altyd \u0149 pendeltuig van die maan af terug is, as die verlange te groot raak. Lank lewe die BTK!<\/p>\n<p>Toer video:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=Sy-PDU2HzAM\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=Sy-PDU2HzAM<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach Gifberge (3-7 September 2016) Dag 1 (3 September): Na ingenieurs- en Brek week is min slaap al \u0149 gewoonte. Daarom is dit maklik om 4uur op te staan, reg vir nog \u0149 BTK toer. Of so het almal gedink, maar dit was duidelik nie die geval vir Fritz [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2666","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2666","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2666"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2666\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2674,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2666\/revisions\/2674"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2666"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2666"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2666"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}