{"id":2731,"date":"2017-02-20T18:11:15","date_gmt":"2017-02-20T16:11:15","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2731"},"modified":"2017-02-20T18:16:48","modified_gmt":"2017-02-20T16:16:48","slug":"gala-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2017\/02\/gala-2016\/","title":{"rendered":"Gala 2016"},"content":{"rendered":"<div id=\"attachment_2667\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/02\/IMG_0245.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2667\" class=\"aligncenter wp-image-2741 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/02\/IMG_0245-584x876.jpg\" width=\"584\" height=\"876\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/02\/IMG_0245-584x876.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/02\/IMG_0245-200x300.jpg 200w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/02\/IMG_0245-768x1152.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2667\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Dan\u00e9 Eloff<\/p><\/div>\n<p><strong><em>Gala: 18 November tot 24 November<\/em><\/strong><\/p>\n<p><em><strong>\u2019n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff.<\/strong><\/em><\/p>\n<p><em><strong>Dag 1 (Busrit van Stellenbosch tot Gouritzmond):<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Dit is dag een en duidelik dat ons die vakansie voel, jy weet, die manne dra kiste aan en sit net hand hier en daar by (dra tog vir ou Koos met respek). En die meisies bondel en ontmoet en kort-kort skiet plesierkrete in die lug op, eie aan \u2019n meisiemens, oor \u2019n Tygerberger en Stellenbosser mekaar weer sien.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>\u2019n Uur en twintig minute later is die bus aan die vertrek en toe is dit regtig asof die eksamen finaal agter ons gelos, of gegooi, word.<\/p>\n<p>Ons stop vir roosterkoeke, kort voor Gouritsmond. Jannes het alreeds opgewarm aan sy <em>puns, <\/em>want hy hou sy roosterkoek bo sy kop en vertel ons dat hy onder die <em>breadline\u00a0<\/em>is.<\/p>\n<p>Tannie Pat wonder hardop of sy nou reg aan een van die uitruilstudente verduidelik het- dit is mos nog net \u2019n halfuur weg, n\u00e9? Ons lag toe maar, want met die BTK en sy eenhede weet mens gewoonlik nie. \u2019n 45minute halfuur, besluit sy toe.<\/p>\n<p>Ons kom in Gouritz se kampterrein aan en die kostrokkie se drie lede &#8211; \u2019n kosma, haar kosdogter en die skets &#8211; klim nat uit.<\/p>\n<p>Die manne, al 9 uit die 70 van ons, word benodig vir tente opslaan en ander hulp, en die meisies begin al met die rustyd, reguit oppad see toe.<\/p>\n<p>Veel later, terwyl ons vir ete wag, is dit o.a. Janneman en Hannes wat die kitare begin opwarm het.<\/p>\n<p>Uitkyk begin toe in sy volle glorie en die eerste toeriste besef dat daar \u2019n paar vreemde dinge op die onskuldige stappie langs die see gaan plaasvind.<\/p>\n<p>Dit was ook die gedagtes toe aaitims daardie aand afskop met Pieter, Suzaan en Dan\u00e9 wat die hele saak \u00a0van \u2018skiet\u2019 met erns probeer verduidelik.<\/p>\n<p>Daarna kom speel Gatiep en Verenzo (Pieter en Janneman) die immergewilde \u201cI Spy\u201d. Kort op hulle hakkie, al die pad van Itali\u00eb, kom Mario en Luigi (Jannes en Janneman) ingeroei en interessant genoeg is Maria se regtervinger kort na verdwyning weer op haar hand te vinde.<\/p>\n<p>Toe kom die geliefde vliegtuig met sy blou yskas (Lisa) en eienaar (Dan\u00e9). Trump (Duan) en \u2019n rugbyspeler (Schalk) wil graag saamvlieg en Karel en sy blou tuimeldroe\u00ebr (Margot) klim ook in. Cathanja, die uitermatig gekalmeerde siel, <em>vlieg <\/em>toe maar ook saam.<\/p>\n<p>Hekels word verduidelik en \u2019n enkele een volg: Hanja wil doodonskuldig by Carla hoor wat sy bedoel het toe sy oor haar ouers as vrugbaar praat. Carla moes mooi verduidelik.<\/p>\n<p>Die Magaliesbergse aandlied klink maar flou in die aandlug en die ouer toeriste dink met soete denke aan hoe die 60 eerste toeriste wel na \u2019n paar aande saam sal kan sing.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Dag 2 (19 November):<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die oggend begin met die Tygerbergers wat \u2019n foto neem, nuwes en oues almal, en Marizaan wonder hardop of dit \u2019n tipe verwelkoming is, terwyl almal Irmilee se deurskynende <em>trailrunnig <\/em>\u00a0hoed bestudeer.<\/p>\n<p>Ons klim weer bus, en Carla (jy weet, die een wat drama doen) herinner ons sommer gou aan die 2000\u2019s se goue treffers.<\/p>\n<p>Ons begin op \u2019n baie spesifieke punt, net links van die grondpad by daai bossie en stukkie veld, en \u2019n paar het besluit dat dit eerder plakkie-w\u00eareld is, die stapskoene vergete.<\/p>\n<p>Ons stop by \u2019n huisie iewers waar daar nie karre kom nie en Suzaan wil eensklaps weet hoe laat dit is en &#8211; hoe toevallig &#8211; is dit 09:50 en Christiaan is die gelukkige wenner wat moet sak vir 20.<\/p>\n<p>Sonroom word blink gesmeer en dies wat slim genoeg was om vanoggend piesangs te vat, pluk nou die vrug van goeie keuse. Heel onskuldig vra Suzaan of sy tog van daardie spesifieke waterbottel &#8211; wie s\u2019n dit ookal is &#8211; \u2019n slukkie kan kry. Wel, so het Duan gedog, want hy antwoord doodeerlik dat dit SYNE is en dat sy gerus moet kry. Die lag van oral oor laat hom besef hy het \u2019n tragiese fout begaan en sy arms moes heel moedswillig gewees het om weer te sak &#8211; aangesien hy skaars drie minute terug ook in daardie posisie was.<\/p>\n<p>\u2019n Goeie 50\/50-toneel vind skielik voor ons in die bosse plaas en \u2019n paar van ons kry \u2019n <em>unlucky <\/em>mol innig jammer toe \u2019n slang hom onverwags beetpak.<\/p>\n<p>Oor \u2019n randjie neem ons gou \u2019n groepfoto en die see se uitnodiging vir swem word aanvaar.<\/p>\n<p>Verder loop ons kaalvoet oor die sand en kyk hoe lank ons dit oor die klippe kan uithou. \u2019n Uitgespoelde haai maak sy verskyning en agter merk Jannes, die obserwerende slot, droogweg op, \u201c<em>let\u2019s hope they didn\u2019t FIN-nish the lunch already.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Middagbroodjies is gou klaar, met Peanutbutter as die nommer een kandidaat en Melrose op tweede plek. Jy weet dit was lekker as daar nog hopies om die middagbroodjie-matjies gestaan word, om die le\u00eb bottels nog le\u00ebr te maak.<\/p>\n<p>Die son kom haal ons en ons stap en stap en Stilbaai-wat-daar-anderkant-l\u00ea kom ook nie nader nie. Maar eindelik is ons daar en die kampterrrein se paar boompies bied koelte en die wat nie gaan swem of roomys koop nie, bly pap in hulle skadu l\u00ea.<\/p>\n<p>Seeswem, roomys, son en lekker mense. Wat \u2019n goeie kombinasie!<\/p>\n<p>Asof dit nie beter kan nie, word die kitare later uitgehaal, met Haydn, Hannes en Janneman wat bietjie die hartsnare roer, en vure word aangesteek vir snoekbraai. Dirkie, Nicola, Suzaan, Boyd, Dewald en Jeanette staan en kyk of die kole reg is, en lyk heel asof hulle weet hoe dit moet lyk. Die kosma en -dogter dra die verwagte voorskote, hare in die wind en gedagtes gefokus op vanaand se kos.<\/p>\n<p>En Cathanja en Jennimi word goe geleer hoe \u2019n mens nou eintlik \u2019n rugbybal pass. Dit is glo alles in die heupaksie.<\/p>\n<p>Aaitims<\/p>\n<p>Pieter doen Ballade vir \u2019n sterwende bok, opgedra aan Fritz.<\/p>\n<p>Duan en Schalk beduie vir die gehoor hoe \u2019n mens die hele ding met veltie-vang moet aanpak, en dit lyk nogals baie na \u2019n rollercoaster vertoning.<\/p>\n<p>Dan is daar ook die Kopwinkel met sy interssante pryse, gemeet in BTK-eenhede, met Marizaan, Felix, Cecile, Tanja, Marietjie, Johan, Carla. Die gehoor word ook verras toe daar \u2019n blou tuimeldroe\u00ebr (Pieter) uit die lug val en Tanja beetkry.<\/p>\n<p>Haydn, Matthew, Pieter en Jaco loop en dra vir Dirkie rond, en tot die gehoor se vermaak begin hulle sing, \u201cDon\u2019t drop that durka Dirk\u2026\u201d<\/p>\n<p>Die susters, Maatje en Jacomien, maak hul verskyning met <em>All that jazz <\/em>en kry \u2019n groot applous.<\/p>\n<p>Kort op hulle hakke, die tweede gesinspaar, kraai Janneman en Wilmarie dit uit met Hans en Mans.<\/p>\n<p>Hulle twee verander toe ook van hoenders na wyse ou mense met raad oor familiegeheime vir die jong paartjie, Pieter en Petro.<\/p>\n<p>Daarna is dit weer Janneman en Pieter, Carel, Jaco, Haydn en gaskunstenaars Leroi en DC met die immergewilde <em>canoe! <\/em>en Jannes maak gebruik van die geleentheid vir \u2019n goeie blou yskas. Schalk die skaaptjoppie, kom maak ook \u2019n draai in die verhaal.<\/p>\n<p>Tanja en Wilmarie skop die volgende een af met hulle karate-skills in <em>yesterday.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Laaste aan die beurt wys Cathanja hoe blond haar hare eintlik is, toe sy haar manlief, Pieter, moes bel om te kom help met haar Kellogg\u2019s legkaart.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Schalk wil by Nicola hoor wat sy bedoel het, toe sy vir Hannes gevra het om sy boude te laat sak. Nicola het geslaap en Hannes kom tot haar redding met \u2019n verduideliking.<\/p>\n<p>Renske vra aan Ron\u00e9 wat op aarde die hele saak was met \u201cdie vissie moet <em>pfff <\/em>gaan\u201d. Nee, kom dit vies van Ron\u00e9, sy het uitgevind daar is nie \u2019n woord vir as \u2019n vis wat moet opblaas nie.<\/p>\n<p>Laastens vra Cecile vir Carla waarom sy ges\u00ea het \u201cdie goggas klim in my liggaam in\u201d. Carla, die slapende, antwoord vaagweg van grotgoggas en Ron\u00e9 s\u00ea wat meeste moes gedink het: \u201cHaar antwoord maak minder sin as die hekel self.\u201d<\/p>\n<p>Nag, dames. En ons gaan slaap met \u2019n goeie gemoed, m\u00f4re sing die manne eers 8uur vir ons om wakker te raak!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Dag 3 (20 November) BTK-Sondag:<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die ligte wind kom haal ons saam met die son, en doodrustig is ons aan die opstaan en \u2019n lekker broodjie en bokspap kombinasie begin die dag. Van eet af word daar skaars van die sitvlakke beweeg en oom Hein, die toerpa, deel met ons uit die Bybel uit. Tanja en Wilmari sing \u201cThe Sound of Silence\u201d en die ukele klanke val soos \u2019n glimlag op Stilbaai se kampterrein. Oom Hein praat oor die krag van stilte, stilbly wat soms die beste antwoord kan wees. Hoe stilte tyd en \u2019n tyd om stil te wees voor God verskil, en dat albei nodig is.\u00a0 Die natuur is \u2019n geleentheid, \u2019n <em>crazy<\/em> kans, om te hoor van God &#8211; ons moet dit aangryp! Here, maak ons o\u00eb en ore oop om te h\u00f3\u00f3r.<\/p>\n<p>Ons sing \u2019n paar liedjies saam en die dag is skielik heldermooi.<\/p>\n<p>Middagete.<\/p>\n<p>Pieter skep baie min slaai in vir die eerstes in die ry en kom later agter dat daar wel nog \u2019n bak is, en so word die agterosse deeglik met slaai belaai. Janneman verdwyn om pruime te gaan koop. Met sy terugkoms is die teleurstelling egter groot &#8211; die pruime het dan geen pitte nie. Nicola is toe heel verbaas &#8211; \u201cdie pakkie het dan ges\u00ea <em>pitted<\/em>?\u201d<\/p>\n<p>Die toeriste moes maar aan haar verduidelik wat <em>pitted <\/em>beteken. Die onbeantwoorde vraag is egter of Janneman dit geweet het.<\/p>\n<p>Rosyne word as plaasvervangers vir die spoegkompetisie gebruik, onthou, waarsku Pieter, moet net nie vir die pitte soek nie. En, eindig hy die verduideliking in BTK Engels af, die een wat die <em>farrest <\/em>spoeg, wen.<\/p>\n<p>Janneman, die huidige kampioen, demonstreer hoe \u2019n mens \u2019n wenner spoeg moet gee. Dit blyk om alles in die voorbereiding, die wind en die <em>claim<\/em> te wees!<\/p>\n<p>Die meisies probeer ywerig en na \u2019n paar rondtes breek die finaal aan. Die dames staan gereed. Almal hou hulle asems op. En toe is dit die groot oomblik (of spoeg) en rosyne spat, min of meer in alle rigtings. Iewers wen \u2019n rosyntjie en die stilte bevestig wat ons almal wonder &#8211; wie die wenner is. Annemarie gebruik die goue re\u00ebl en <em>claim <\/em>dit. Nou toe nou, \u2019n wenner inderdaad.<\/p>\n<p>Daarna breek die seuns se beurt aan en die erns daarmee saam.<\/p>\n<p>Weer \u2019n paar rondtes, waaronder push-ups vir voorbereiding, en die eindelike finaal. \u2019n Aardige aanloop word gemaak, ons hoor die <em>Chariots of fire<\/em> liedjie iewers in ons agterkoppe\u2026 en\u2026 en rosyne tr\u00e9k.<\/p>\n<p>Jaco Abel tree as wenner van die stryd uit.<\/p>\n<p>Die twee wenners kry hulle pryse, \u2019n pot en deksel, en Annemarie maak van die geleentheid gebruik om in die pot te klim. Ons wonder oor vanaand se kos, maar in elk geval, sy is gelukkig met haar prys.<\/p>\n<p>Janneman se Voorsitter Broekie (let wel, hoofletters) word toe oorhandig. \u2019n Paar wonder hardop hoe daardie wyd gerespekteerde broekie vroe\u00ebr jare vir Leroi gepas het, maar dit word nie geantwoord nie en bly \u2019n raaisel.<\/p>\n<p>Hierna word tannie Elsa poeding se verhaal vertel en Wilmarie verseker ons &#8211; dis \u2019n \u00f3nverbeterlike poeding <em>wat 9000 keer getoets is<\/em>. In blou pakke word aan ons demonstreer hoe om jou bakkie poeding te verdedig en daarna kry ons tyd om te proe. Dit smaak werklik vorentoe, selfs Lisa, wat agter in die ry was, kan getuig.<\/p>\n<p>Die son speel wegkruipertjie en vergeet om uit te kom, en die wind wen. Almal maak hulself gemaklik, miskien is dit tannie Elsa wat praat, en die laatmiddag begin met Dirkie op kitaar en <em>praise en worship<\/em>. Dit is asof harte weer Hart ontmoet.<\/p>\n<p>Later kom Tanja by en die broer-suster kombinasie laat vele wonder of hulle nie dalk Idols moet gaan doen nie.<\/p>\n<p>In die koue weer wat opgesteek het, sien ons Suzaan, Cecile, Lisa en Cathanja wat vol bravade \u2019n swem gaan vat.<\/p>\n<p>Aatims<\/p>\n<p>Jannes los ons en homself asemloos met sy alfabet rap.<\/p>\n<p>Pieter, Lisa, Carel stel ons voor aan die ouetehuis en sy liggie.<\/p>\n<p>Annabel <em>trick <\/em>ons met haar hande en party snap \u2019n bietjie laat wat die kruks van die saak is.<\/p>\n<p>Jannes verskyn weer, sommer \u2019n afvertenisiebreuk, en vertel \u2019n grappie.<\/p>\n<p>Dirkie die kitaarman daag Jannes se rap uit en die gehoor val later in.<\/p>\n<p>Daarna is die nou gewilde susterpaar (Maatje en Jacomien) op met <em>Sister Act no. 2: Roleplay. Pause Play.<\/em><\/p>\n<p>Die ouetehuis blyk om \u2019n gewilde plek te wees vanaand en \u2019n volgende item hieruit geskied met Pieter, Nicola, Janneman en Suzaan &#8211; die nuwes in die ouetehuis wat die oues se aandag wil trek.<\/p>\n<p>Gedroggie en sy eienaar (Dan\u00e9 &#8211; wat voor die item moes sak vir 9 + 1) met Tanja, Marietjie (die item se stigter), Cecile en Annamarie, is volgende. En Duan is natuurlik die gekose kandidaat wat die gedroggie laat skrik.<\/p>\n<p>Troepe maak vir \u2019n slag verskyning met Jannes, Pieter, Janneman, Hannes, Fanie en Johan. Gericke se opwarmingsessie het \u2019n nuwe draai gemaak toe die bus as hulpmiddel gebruik word.<\/p>\n<p>\u2019n Helder blou lig begin volgende skyn met Cecile, Carla en gaskustenaar Christiaan.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Tanja vra vir Hanja oor haar opmerking: \u201cnoem my sommer joune.\u201d Hanja meen dit was deel van \u2019n <em>pick-up line <\/em>(dit is mos immers ook bekend as die Berg- en Trouklub hierdie).<\/p>\n<p>Jaco wil by Fanie hoor wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat Shannon se o\u00eb helderder as die toekoms is. Fanie: \u201cHerre is \u2019n realiteit en het jy al Shannon se o\u00eb gesien?\u201d<\/p>\n<p>Anerosa wil by Dan\u00e9 hoor wat haar bedoeling was met die woorde, \u201cek is nie \u2019n winderige mens nie.\u201d<\/p>\n<p>Nag, dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Dag 4 (21 November):<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Bewolk, windstil en bustyd.<\/p>\n<p>Carla en Lisa sing ons by die bus in. Ons ry verby \u2019n rob, sodat Carla skree, \u201cHoutbaai!\u201d<\/p>\n<p>Al met die stap langs, hou dolfyne ons geselskap en luister saam hoe die eerste toeriste De Machtige Koning. Tanja maak net seker dat die Duits, o die Duits! tog reg gesing word.<\/p>\n<p>Jaco Abel tel \u2019n <em>cartridge <\/em>op en meen hy weet nou waar die seekatte hulle ink vind. Felix en Carel neem bietjie dryfhout op hulle skouers, sodat Jannes gimnastiek kan oefen. Felix moet ongelukkig vir 20 sak, toe hy vir Jannes opreg \u2019n 10 uit 10 gee.<\/p>\n<p>Die slotte vind \u2019n rob wat Uitkyk se baas is.<\/p>\n<p>Rustyd is waar die klippe by die see insny. Die branders stoot skuim tot bo-op die klippe en b\u00eare dit daar vir ander om te bewonder.<\/p>\n<p>Mens kyk en kyk en wonder of mens ooit genoeg van die vrede kan indrink.<\/p>\n<p>Die pad verder bestaan so te s\u00ea uit mooiheid: rooi klippe, see en bewolkte weer. Clarina kou aan haar neute en deel ons mee: \u201cek haat dit as hulle s\u00ea dis <em>mixed nuts <\/em>en dan is dit net <em>peanuts<\/em> met \u2019n verdwaalde <em>almond<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Jongensfontein l\u00ea ons rustig en inwag en knipoog toe ons aankom. Ook maar goed, want \u2019n onrustige hongerte vir middagbroodjies het ons beetgekry en wou nie los tot die peanutbutter eindelik verskyn nie.<\/p>\n<p>Die bewolkte weer is geen geesdemper nie en die roomyswinkeltjie word drasties ondersteun. \u2019n <em>Touchies <\/em>game kom aan die beweeg, die speelplek word benut en die brawes vat \u2019n swem.<\/p>\n<p>Dit is WRAAK-aand.<\/p>\n<p>Carla die Convenor vra dat ons die nuus wat volg asseblief moet geniet.<\/p>\n<p>En het ons dit inderdaad geniet! Die nuuslesers het verskeie gebeure aan ons voorgestel:<\/p>\n<ol>\n<li>YouTube se huidige <em>trending <\/em>videos met advertensies.<\/li>\n<li>Fanie Veldmuis skakel toe in, met \u2019n nuusberig, Suicide Squad is gans te ersntig opgeneem in \u2019n sekere deel van die land en depressie getalle is hoog. Beeldmateriaal het gevolg. Een van die lyers was oppad om selfmoord te pleeg oor \u2019n tekort aan Steri Stumpi\u2019s\u2026 en ontvang gelukkig (of ongelukkig) een van die gehoor.<\/li>\n<\/ol>\n<p>\u2019n Begrafnisondernemer was op die ou end met \u2019n geldmaakskema besig.<\/p>\n<ol>\n<li>Jonathan van Radio Raps het vir ons kom wys hoe om \u2019n <em>date <\/em>te kry. In hierdie geval het hy \u2019n ogie gehad op Suzelle DIY, en sy en haar geliefde Marianne verskyn toe op die toneel.<\/li>\n<\/ol>\n<p>\u201cDaar vat hy,\u201d s\u00ea Jonathan. Gereeld.<\/p>\n<ol>\n<li>Nicholis Louw sing \u2019n gunsteling \u201cMaia hie&#8230; maia hoe\u2026 Maia ha. Maia ha ha ha\u2026\u201d<\/li>\n<li>Sport Nuus. Na die kandidate op is, het Berta Broccoli (Hanja lyk ene broccoli &#8211; van groen slaapsak onder, tot hare in \u2019n hoop bo) hulle begelei in \u2019n lied. Die dirigente is ook op en het aanmoediging verskaf. Nederland se volkslied, De Machtige Koning, is uit volle bors probeer. Die hokkiewedstryd het in volle swang begin, met \u2019n paar intersessante verwikkelinge, waaronder \u2019n bipol\u00eare groep die verjaarsdaglied begin sing. Toe daag die universiteitskoor sommer ook op en die Magaliesbergse aandlied word gesing. Die voorste rytjie van d\u00ede koor is maar yl, al blyk hulle om die topsangers te wees en die agterste bondel is miskien vir dekor doeleindes daar.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Aaitims<\/p>\n<p>Jannes, Dirkie, Janneman en Pieter is dadelik op soek na die skakelaar van ligtoring Hanja.<\/p>\n<p>Volgende word Pieter se toon gebruik om \u2019n paar eerste toeriste te vermaak, en verbasing het nuwe hoogtes in sekere uitroepe gekry.<\/p>\n<p>Lisa, Haydn en Hanja was kort en kragtig op en af, om ons voor te stel aan <em>the talking muffin.<\/em><\/p>\n<p>En toe het Carel, Shannon, Lijan en Johan in Cecile se klas aangekom, laat as gevolg van Klippies. Onverwags daag Jannes ook op in die klas en moes in die hoekie gaan sit. \u2019n Druppende, druipnat Klippies verskyn toe oplaas, en Tanja kry \u2019n BTK &#8211; Oscar vir <em>commitment<\/em>.<\/p>\n<p>Die kreatiwiteit hou aan om hoog te loop en Petro en Hannes sit as ouma en oupa op die stoep. Toe sien jy net stof spat.<\/p>\n<p>Volgende het Nicola en Janneman, met Sakkie as pa, vir ons van boudjies en woordspeling wysgemaak, met weereens \u2019n onverwags opgedaagde Jannes.<\/p>\n<p>Daarna moes Schalk en Duan deure wees vir die eend en sy <em>bar<\/em>-verhale, en \u2019n stewige blou yskas of twee het geval.<\/p>\n<p>Laastens roep Nicola en Pieter 15 eerste toeriste, en \u2019n baie veelsydige groentetuin is gekweek.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Wilmari wou by Jannes hoor waarom hy vir Lizelle jammer ges\u00ea het. Dit was toe a.g.v \u2019n traumatiese uitkyksessie.<\/p>\n<p>Carmel wou by Christiaan hoor oor hoekom perde vir hom lekker ruik, en hy wou by haar hoor waarom die naam <em>Caramel.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Verder het Maatje <em>pansy <\/em>en <em>panty <\/em>amper omgeruil.<\/p>\n<p>Onskuldige Wilmari wou by Scott hoor wat sy eie <em>white stuff <\/em>is wat hy saambring. Hy moes erken dat hy sy eie toiletpapier saamdra.<\/p>\n<p>Cathanja het vir Schalk konfronteer oor sy woorde, \u201cdie kosma bevoel my soos \u2019n stuk vleis.\u201d Nee, die kosma het sonroom aan hom gesmeer, hy was rooi, en sy moes sy <em>biceps <\/em>ook natuurlik insmeer.<\/p>\n<p>Jannes wou toe op sy beurt by Jacomien hoor waarom sy ges\u00ea het, \u201cNothing like a break-up to lose weight&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Nee kyk, die gevoelens n\u00e1 een is mos in elk geval nie te puik nie en dis mos goed om iemand nuut te be\u00efndruk.<\/p>\n<p>\u2019n Harder aandlied en nag, dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Dag 5 (22 November):<\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u2019n Duidelike sonnige dag wag. Dit is toe ook sommer die ideale geleentheid vir sing en Albert verjaar, onverwags vir hom ook.<\/p>\n<p>SAKKE OP<\/p>\n<p>Pieter glimlag breed, want d\u00ede slot het niks minder as vier sleutels ingeryg nie. \u2019n Kombinasie slot, merk iemand op.<\/p>\n<p>Ons sien yskaste langs die pad, nie blou nie, maar dit was heel toevallig uitgespoel in die andersins mooi pad. Johan tel net mensekonneksies op waar hy gaan en kom agter dat die w\u00eareld al die tyd maar klein is.<\/p>\n<p>Verder stap ons en voel hoe die son ons al hoe rooier, in plaas van mooier, maak.<\/p>\n<p>Middagbroodjies en die slotgroep kom geheimsinnig nat daar aan.<\/p>\n<p>Sake verwikkel bietjie, toe Cyril \u2019n goeie selfie wou neem en \u2019n ongelukkie maak. Sy enkel het hy toe erg beseer in die proses. Die manne maak beurte om hom te dra en die beste paaie te kies. Dit was \u2019n mooi spanpoging en die meisies het selfs rugsakke gevat en motivering verskaf. Dit was, soos die Engelse sou s\u00ea, iets baie <em>noble <\/em>om te aanskou.<\/p>\n<p>Om dinge bietjie te vererger, het die wind ook opgesteek en die pad was redelik soos \u2019n 4 x 4 -roete, op en af in die sand. Rebecca s\u00ea, \u201cdit voel of ek in \u2019n <em>movie-scene <\/em>is.\u201d (Sy het dit eintlik oor die natuurskoon bedoel, maar dit verskaf die nodige dramatiese gevoel, dankie.)<\/p>\n<p>Om ons is dit tonele wat hardop praat van God se grootheid\u2026 kollosale branders daag die wind uit en wit skuim val oor die rotse. Dit laat mens aan daai liedjie dink: <em>Daar is mag in Sy Woord, soos die waters druis Sy Stem\u2026<\/em><\/p>\n<p>Ons bereik eindelik die Jeep-track en \u2019n brawe Pieter en Carel hardloop terug om twee vergete rugsakke te gaan vind. In twee groepe is ons Jongensfontein toe geneem, en dit is \u2019n baie moe\u00eb, honger, stofbesmeerde groep mense wat die kampterrein beset. Die storte word gepak en die groenteskillers kry gou werk.<\/p>\n<p>\u2019n Ligte misre\u00ebn daag op.<\/p>\n<p>Ons hou nie slee nie, daar was sprake van sokkie, maar die leiers is dit eens dat die uitputting in die groep te groot is.<\/p>\n<p>Ons kom toe maar ons sosiale verpligtinge na en sosialiseer soos regte Stellenbosch studente. David en Reuben het kom hallo s\u00ea en kondensmelk in die kostent word deeglik klaargemaak.<\/p>\n<p>Die stilte kom haal ons, en sou jy jou o\u00eb toemaak, verskyn daai brander reuse nog voor jou.<\/p>\n<p>Vandag was 18km die aanvanklike doel en ons het hom op 21km gevoel. Dankie aan Janneman.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Dag 6 (23 November);<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Misre\u00ebn. Baadjies uit en K-Way word goed adverteer.<\/p>\n<p>Ons ry weer met die busse en Dirkie en sy ukelele sing die re\u00ebn weg. Gister se Jeep-track ontmoet ons met \u2019n skewe glimlag. Die see vertoon onskuldig en sag toe ons begin stap en die wat al so voel, vat \u2019n swem.<\/p>\n<p>Carel deel broodjies uit wat vanoggend oorgebly het en ons is hom diep dankbaar.<\/p>\n<p>Vandag is \u2019n lang stap en die sand vat-vat branderig aan ons kuite. En bobene. Later leerken ons die geheim: jy trap in die spore van die een voor jou en dan voel jy hom nie so kwaai nie.<\/p>\n<p>Middagbroodjies en \u2019n swem in \u2019n baie rowwe see gebeur padlangs. Die weer speel ook rond en later kom die re\u00ebn heel ongenooid. Soos ons in die donker wolke en blink rotse instap, verrys berge groen langs ons. Dit is \u2019n baie mooi prentjie, ten spyte van ons bene wat alweer, of nogsteeds, brand.<\/p>\n<p>Carla sing vir ons, \u201cwil jy of wil jy nie\u2026\u201d en iemand vra vir Jaco, \u201cdra my, dan dra ek jou rugsak?\u201d<\/p>\n<p>en Johan sluit saam met die singende Carla aan.<\/p>\n<p>Ons bereik daai punt waar die sand ophou en jy vorentoe kan gaan, slegs as jy klim.<\/p>\n<p>Kayla moet sak vir 30 <em>push-ups, <\/em>oor sy verduidelik hoeveel Rand sy aan springmielies bestee het.<\/p>\n<p>\u2019n Fotosessie vat vlam en <em>wiveys <\/em>word gewys, en om dies tevrede te stel wat nie BTK-<em>wiveys <\/em>aan het nie, n\u00f3g \u2019n <em>wivey <\/em>foto, oor dit Woensdag is en so. Die Tygerbergers wil ook een neem, en die wat graad vang. Lun\u00e9 bekyk laasgenoemde foto so en s\u00ea: \u201cKyk. Ek het nog nie eers \u2019n sesde van myne nie.\u201d<\/p>\n<p>Toe is dit ons en die bult en jy klim s\u00f3 dat jy weet jy gaan m\u00f4re styf wees. Die laaste paar kilometers toets ons vertroue aan Jannes se amper-daar boodskap en dit re\u00ebn high-fives en uitroepe in die middagson, toe ons die busse kry.<\/p>\n<p>Na \u2019n rukkie stop die busse onverwags en Scott glimlag, \u201cokay everyone, we walk from here.\u201d<\/p>\n<p>Nee-nee tjom, dink ons, en gelukkig was dit toe ook \u2019n grappie.<\/p>\n<p>Aaitims<\/p>\n<p>Janneman en Jannes: Mario en Luigi no. 2: the Bacon Tree.<\/p>\n<p>Nicola, Dan\u00e9, Pieter, Janneman die papegaai, Jannes en Wilmari maak \u2019n draai in die troeteldierwinkel.<\/p>\n<p>Daarna is dit <em>Simon se stories <\/em>met tant Anna en tant Loffie.<\/p>\n<p>Die drie varkies grappie van Tolla, word deur Carla, Lisa, Johan, Hanja en Gina voorgestel.<\/p>\n<p>Gina en Erika is sommer dadelik daarna met die ambulans besig.<\/p>\n<p>Lun\u00e9, beter bekend as Suzelle DIY, gee ons \u2019n doen-dit-self <em>Bie Tie Kay<\/em> episode. (Woorde aan die einde aangeheg) &#8211; \u2019n groot treffer.<\/p>\n<p>Lisa en Pieter volg met \u2019n aatim oor daai eerste <em>date<\/em>.<\/p>\n<p>En die treffers hou nie op nie, want Fanie en Carla verskyn toe met \u2019n lied wat vandag uit hulle penne verskyn het. Die woorde van \u201c24 &#8211; \u2019n ellendige dag\u201d, verskyn ook agterin en moet glo met \u2019n sak sout ingeneem word.<\/p>\n<p>Oom Hein roep die ou toeriste wat graadvang en \u2019n koppie word op hulle geklink.<\/p>\n<p>Hierna daag Pieter, Janneman, Duan, Fanie, Jaco en Hendrik met broekies op.<\/p>\n<p>En die suksesvolle aand sluit op \u2019n hoogtepunt af met Pieter, Wilmari en Albert wat illustreer hoe vroumense praat.<\/p>\n<p>Hekels<\/p>\n<p>Hanja moes vir Jannes verduidelik dat die kos in liefde voorberei is, op een van Jannes se vreemde vra.<\/p>\n<p>Daar was nog een vir Hanja, waarom het sy ges\u00ea, \u201cek hou van hoe hy lyk, nie hoe hy voe nie\u201d?\u00a0 &#8211; die <em>hy <\/em>was toe die see.<\/p>\n<p>Scott vra vir Carla waarom sy genoem het dat sy amper \u2019n ma is en sy moes mooi verduidelik dat sy haar klein boetie basies grootgemaak het.<\/p>\n<p>Hanja is vas vanaand, want nou wil Johan by haar hoor waarom sy ges\u00ea het, \u201cmeeste lekker en snaakse dinge gebeur in die badkamer\u201d en sy moes \u2019n vreemde insident verduidlik met \u2019n vreemde tannie.<\/p>\n<p>Jannes wou by Tanja hoor waarom sy dink dat sy soos sjampanje is &#8211; <em>sweet and bubbly.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Wilmari wou by Suzaan weet waarom die tannie oor die foon vir haar gevra het, \u201cis this Janneman\u2019s wife?\u201d<\/p>\n<p>Nee, nee, die tannie wat blyplek vir die busdrywers gegee het, het maar net Janneman se huwelikstatus verkeerd gehad.<\/p>\n<p>Nag, dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em><strong>Dag 7 (24 November) Laaste dag:<\/strong><\/em><\/p>\n<p>In sirkels word die dag begin met \u2019n paar vinnig rondtes op die rondtomtalie en Jasmin val af, sonder om seer te kry. Die naarheid het vlak kom sit en mens sou kon s\u00ea, dit was <em>siek <\/em>lekker.<\/p>\n<p>Verder kry Dirkie en Cathanja elkeen \u2019n verjaardagbeurt en die baie entoesiastiese sangers wens hulle \u2019n luide, lekker verjaarsdag toe.<\/p>\n<p>Toe stap ons op die strand tot\u2026 tot watter BTK-eenheid ookal en draai om om terug te kom. \u2019n Paar wag by die bus en mis die stapsessie, omdat \u2019n swem op daai oomblik meer aanloklik as \u2019n Janneman drafstappie was.<\/p>\n<p>Padlangs wys Pieter hoe \u2019n haai-embrio lyk, en Johan en Carel besluit om op hulle beurt vir Pieter te wys hoe \u2019n blou yskas in die see in lyk.<\/p>\n<p>Son word lekker gevang en ons laaste middagbroodjies word by die busse geniet, tewryl \u2019n kenmerkende rooiheid weer op \u2019n paar se velle sigbaar is.<\/p>\n<p>Vir oulaas maak ons \u2019n sirkel en ons stuur vir Scott, Julika, Maatje, Lieschen, Diane, Jasmin en Bj\u00f6n met seer harte maan toe. Hulle herinner ons om vroe\u00ebr te toer en bedank die BTK vir lekker tye en lekker mense.<\/p>\n<p>So is dit toe ook die afsluiting van nog een van daai \u2018lekker tye\u2019 en ons eindig dit af met die <em>burger-challenge <\/em>en Lisa en Carla wat die Spur op hol het met hulle nuutste gunsteling &#8211; \u201c\u2026i\u2019m gonna be your number one\u2026\u201d<\/p>\n<ol>\n<li><em> Fanie en Carla: 24 \u2013 \u2018n ellendige dag<\/em><em>\u00a0<\/em><\/li>\n<\/ol>\n<p><em>\u201cSoos ons stap op die wit wit sand<\/em><\/p>\n<p><em>Dink ek terug na my tuisteland<\/em><\/p>\n<p><em>Ek hoor die branders in die agtergrond<\/em><\/p>\n<p><em>En proe droe peanutbutterbroodjies in my mond<\/em><\/p>\n<p><em>Ek sien twee kolle op die grens<\/em><\/p>\n<p><em>En baklei teen die klanke van my pens<\/em><\/p>\n<p><em>Met hulp in lied, gaan ons aan<\/em><\/p>\n<p><em>As gevolg van Olimpiese naeler Janneman<\/em><\/p>\n<p><em>Dan dink ons terug na gelukkige Cyril <\/em><\/p>\n<p><em>Terwyl ons swoeg en sweet geniet hy \u2018n verdowingsmiddel<\/em><\/p>\n<p><em>Op die diep trap duine, vergader ons trane poele <\/em><\/p>\n<p><em>Ons almal verdien iets baie sterker as Amarula<\/em><\/p>\n<p><em>Nou staan ons hier, met \u2018n seer regter hak<\/em><\/p>\n<p><em>Ons wil net s\u00ea dat 24km is maar baie &#8230;sleg.\u201d<\/em><\/p>\n<ol start=\"2\">\n<li><em> Lun\u00e9 Smith: Suzelle\u2019s DIY to the BTK<\/em><\/li>\n<\/ol>\n<p><em><br \/>\nThe Berg en Toer Klub is known as the BTK in afrikaans or MTC in English. Much like with MTN or Cell C, there is very few signal whenever stapping with the BTK.<\/em><\/p>\n<p>To join the BTK, you have to study B.Rek, be an Engineer or have escaped from Robben Island &#8211; I mean Tyger Island &#8211; I mean Tygerberg! In some special cases, you can also repeatedly join if your brother is frontsitter.<\/p>\n<p>At the BTK, it is important to let everyone know whether you are a mans or dames. So when introducing yourself, say it as such: &#8220;Hi, I am Lisa-vrou&#8221; or &#8220;Hi, I am Janneman&#8221;.<\/p>\n<p>Now that you know the basics of BTK joining, let&#8217;s get on with the terminologie! Please onthou, very few of the BTK terms actually mean what they say they do &#8211; so luister mooi.<br \/>\n&#8211; When you are walksing the BTKaners shouts &#8220;Here are damskamp and here are manskamp&#8221;. This is not where you kamps. Here is where you vang a veltie but PLEASE NOT like our good friends showed us. That is unhygienic and unsafe.<br \/>\n&#8211; You will see many a strange thing when walksing like the makapan, tchikens and the rare pfffoooot fish (which also unfortunately doesn&#8217;t pfffooot).<br \/>\n&#8211; For some or other hartseer reason, the BTK people like playing the Game of Life. I think it is called like that because it sucks the life out of you. For me, I call it the Game of Death because I see my death fastly approaching when playing. If you play this game, when you says 9 + 1 or the selfish word, you must do 9 + 1 pushups (sies). Now I will quickly give a DIY on how to die, \u00a0\u00a0\u00a0I mean do pushups. Place your hands on the ground as far apart as the amount of pain you think you can handle. Your feet must be as far apart as the amount of complaing\/shouts of pain and suffering you intend on giving. (Dan was dit maar net die demonstration). As you go lower, your happiness also goes lower. You also get closer to the grave you have diggen for yourself.<\/p>\n<p>Next, we move on to how one walks on the BTK.<br \/>\n&#8211; If you ever get lost on the BTK, don&#8217;t worry. Dane&#8217; will just laugh and you will find us chop-chop!<br \/>\n&#8211; In the ou dae, one used to do fitness tests before every tour. Apparently they took that away but don&#8217;t let the lies fool you! The fitness test is now only disguised in the form of middagbroodjies. You see, when you are walking oh so lekker and you see theeeeere in the distance the middagbroodjies are being made, you dadelik pick up your pace and your strides become looooong to make sure you can get food. See, they see if you can run like dat! And if you don&#8217;t hurry up, you will be part of the unlucky buddies who don&#8217;t get broodjies, don&#8217;t eat, starve and die. It is the BTK form of natural selection actually, to get rid of the weak!<br \/>\n&#8211; The group that walks will have a frontpuller in the front and a backpuller in the back.<br \/>\n&#8211; Our frontpuller is also our BTK leader, JanTheMan. This means our frontpuller is a frontsitter who never sits so he is more of a frontwalker. Make sure to never come too close to the frontsitter. I think he gets very scared because he suddenly picks up speed and goes from frontwalker to frontsprinter. Please don&#8217;t do that to the rest of the group, we can barely keep up already.<br \/>\n&#8211; Our backpuller is known as the slot. As everyone knows, a slot usually has 1 sleutel (a person who walks with them). Except if the slot is Pieter, also know as Baggie. I think it is because he forgot to stop growing and is now so tall he needs many sleutels, so he is more of a sleutelhouer than a slot.<\/p>\n<p>And that, dams and mans, is Suzelle&#8217;s DIY to the BTK, part 1.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gala: 18 November tot 24 November \u2019n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff. Dag 1 (Busrit van Stellenbosch tot Gouritzmond): Dit is dag een en duidelik dat ons die vakansie voel, jy weet, die manne dra kiste aan en sit net hand hier en daar by (dra tog vir ou Koos met respek). En die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2731","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2731","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2731"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2731\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2743,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2731\/revisions\/2743"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2731"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2731"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2731"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}