{"id":2756,"date":"2017-05-17T09:32:55","date_gmt":"2017-05-17T07:32:55","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=2756"},"modified":"2017-05-17T09:40:37","modified_gmt":"2017-05-17T07:40:37","slug":"hexrivierberge-2017","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2017\/05\/hexrivierberge-2017\/","title":{"rendered":"Hexrivierberge 2017"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/IMG_1960.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-2757 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/IMG_1960-584x350.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"350\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/IMG_1960-584x350.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/IMG_1960-300x180.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/IMG_1960-768x460.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/IMG_1960-500x300.jpg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Hexrivierberge 2017 \u2013 \u2018n Skets van gebeure (8 \u2013 12 April)<\/p>\n<p><em>Dan\u00e9 Eloff<\/em><\/p>\n<p><strong><u>Dag 1: 8 April<\/u><\/strong><\/p>\n<p>Ons karre tel die sand so stuk-stuk op, en ons voete begin weer onthou hoe dit voel om gereed te maak vir \u2018n stap&#8230; \u2018n klomp studente, dro\u00eb sponse baie gereed om lekkerte na so \u2018n kwartaal op te suig.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Om ons wag die berge in spanning dat ons moet begin, en toe val ons sommer in die pad by \u2018n bult op. Ons het eintlik ook vergeet hoe dit is om swaar rugsakke optraande te dra, maar in elk geval.<\/p>\n<p>Ons kom by \u2018n sementdam en die swart water sit die waaghalsiges nie af om \u2018n swempie te vat nie. Dit is ook sommer die gekose geleentheid vir kringetjies met die ordentllikheidspraatjie, de machtige Koning en twee verjaarsdae, waaronder Marianne en Christiaan van der Walt. Laasgenoemde kry toe ook \u2018n goeie stukkie grond vir sy verjaarsdag, aangesien die manne nog nie mooi kon vang so vroeg in die dag nie.<\/p>\n<p>So elke nou en dan kry jy vir Tommy wat langs die pad sit en glimlag, en oor die algemeen is gesprekke nog by akademie. Mari-Alet en Christoph is ewe diep aan die wonder oor hoe studies jou denkwyses verander, terwyl oom Piet foto\u2019s eenstryk deur neem.<\/p>\n<p>Toe ons vroegmiddag by ons kampplek aankom, kon jy net \u2018n klip kies, en afkyk op hoe Ceres prentjiemooi, veilig tussen die berge l\u00ea.<\/p>\n<p>Na die eerste sarsie tente staande is en Jandr\u00e9 mense van sy slaapsak tekort begin inlig het, is almal af poele toe. Die koue het so bietjie gevat en onder luide toejuiging en <em>assistance <\/em>is Shanje uiteindelik by die water in. En die meisies het begin om die ouens weg te jaag sodat hulle kon skoon kom.<\/p>\n<p>Na die vreedsame middag, kom daar vroegaand \u2018n baie onverwagte wind en re\u00ebnsessie \u2018n draai maak. Soveel so, dat meisiestente in alle rigtings trek (hoekom is dit altyd meisies se tente?) en die seuns hulle soos helde gedra, terwyl oom Piet \u201ckarakterbou!\u201d skree.<\/p>\n<p>Net so vinnig soos dit opgedaag het, is die donderbui weg en iemand roep uit \u2018n tent uit \u201cslee..?\u201d met \u2018n vraagteken.<\/p>\n<p>Van mannekamp kom \u201cSummer of \u201869\u201d aangesweef op note wat dit nog nie voorheen getref het nie, en ewe plegtig is daar toe \u2018n dieretuin-namaking van die <em>sogenaamde <\/em>dameskamp af.<\/p>\n<p>Later hoor jy net kitaarklanke en groepies wat sit en gesels die nag in.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><u>Dag 2: 9 April.<\/u><\/strong><\/p>\n<p>\u201cCarla..\u201d<\/p>\n<p>\u201cCarla?<\/p>\n<p>\u201cCarla!\u201d<\/p>\n<p>&#8230;<\/p>\n<p>\u201cJaaaaa..?\u201d<\/p>\n<p>\u201cUhm. Gaan jy kom eet? Ons wil al die water afsit&#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cO. Eet mens al?\u201d<\/p>\n<p>Dit was geduldige groepieleier David wat vir Carla-wat-drama-doen spesiaal gaan wakker roep het, aangesien sy na \u2018n kommerwekkende rukkie nog nie verskyn het nie.<\/p>\n<p>En ons pak op met Maria Smith wat opmerk: \u201cEverytime I\u2019m finished packing, there is something lying around glaring at me.\u201d<\/p>\n<p>Janneman besluit dit is die regte tyd om slee te verduidelik en Fritz en Marianne moet demonstreer. Christiaan van der Walt moes natuurlik die <em>t-option <\/em>gee, wat dalk die Engelse toeriste van die wal af reguit sloot toe gegooi het.<\/p>\n<p>Game break is by \u2018n mooi gesig van berg en veld, iewers oppad \u00f3p. En Carla, wat intussen wakker geword het, verduidelik aan Nicola en ander hoe Humarga werk: \u201cas jy \u2018n movie daar kyk, dan jaag hulle jou nie weg nie \u2013 hulle kom kyk saam!\u201d<\/p>\n<p>Uitkyk is reeds in volle swang en iemand rapporteer uit die kringetjie uit \u2013 Leroi en Zandr\u00e9 het \u2018n <em>Lady and the Tramp <\/em>oomblik gehad en basies redelik naby aan mekaar gekom vir twee seuns.<\/p>\n<p>Ons klim steiler en Louw lig ons in, dat ons van die 500m nog 300m van die klim oor het&#8230; dit was dalk subideaal om te hoor, aangesien ons reeds moeg genoeg gevoel het.<\/p>\n<p>Jandr\u00e9 wil ewe voor op die wa by Jani hoor, wat die inhoud van haar slee lekkers is. Haar antwoord was die van iemand goed geleer: \u201cjy moet maar uitvind.\u201d<\/p>\n<p>So klim ons verder, kry \u2018n asemskep by \u2018n mooi uitsig, en \u2018n paar eenhede aan, het ons by middagbroodjies, poele en sowaar ons kampplek uitgekom. Die Smith-groepie verkondig luid hoe oulik hulle is, terwyl Leroi nederig noem dat groep een die EENVOUDIGES is.<\/p>\n<p>Janneman maak skiet oop, ouer toeriste trek in alle rigtings en Mari-Alet bly sit&#8230; David kla oor sy nie meer weghardloop nie.<\/p>\n<p>Sakkie en Louw kom in \u2018n armdruk betrokke, en Dan\u00e9 plaas haar en Louw se verhouding op die spel. Die uiteinde gaan om etiese redes nie genoem word nie&#8230;<\/p>\n<p>Die poele word goed benut en Jakobus en Christiaan van den Heever pak op die klippe uit, met erkenning dat die witheid aan hulle lywe met \u2018n bietjie bruin kan doen.<\/p>\n<p>Charlene probeer gewaagde passies om haar hare te was en so min as moontlik met koue water te doen te kry, terwyl Anchen sommer net daar besluit dat dit liewers eers \u2018n saak vir\u00a0 m\u00f4re moet wees.<\/p>\n<p>So met die laatmiddagson en bergwind kom die kitare kuier, en Hanno en Leroi bak pannekoek. Die wat rondstaan, kon proe.<\/p>\n<p>Die son begin sy sak, en dit is so mooi dat almal stop&#8230; en Dan\u00e9 vir haar kamera hardloop en \u201cdit is die moeite werd,\u201d gil. \u201cDameskamp? Haha&#8230;\u201d kom dit, as antwoord, van Leroi.<\/p>\n<p>Ons sing vir ete en mens wonder of dit al ooit so mooi was&#8230; ons woorde en die berge wat God so prys soos dit sekerlik aan die begin moes wees \u2013 ongerep.<\/p>\n<p>Later die aand roep ons die maan en hou die singery aan, met \u2018n koor onder leiding van Lisa, Sakkie, Hanno en nog vele ander, asook die lipsangeres Carla.<\/p>\n<p>WRAAK-aand:<\/p>\n<p>Die eerste toeriste stel bekend: the BTK. <em>Best Tour (C)ouples.<\/em><\/p>\n<p>\u201cSal julle stilbly dat ons asseblief kan begin?\u201d Jani.<\/p>\n<p>Die spreker van die aand, is Anchen, as SuzelleDIY, en stel aan ons die volgendes voor:<\/p>\n<p>Christoph en Christiaan, as Dan\u00e9 en Louw.<\/p>\n<p>Nicholas Cage&#8230; letterlik daar voor ons o\u00eb.<\/p>\n<p>Heidi en Petrus (wat Reece en Heidi was)<\/p>\n<p>\u2018n Vinnige advertensie breek: Joke en Charlene met Ou Ryperd, Eugene wat die NatAlbert storie vertel, in \u2018n vyfster weergawe \u2013 wat selfs Albert sou wou hoor, met \u2018n dro\u00eb Donna wat tot sy redding moes kom, in die verhaal.<\/p>\n<p>Hercules en sy vrou, Jani daag ook op<\/p>\n<p>En Rupunzel maak haar verskyning as Maria, Charlotte en Elze<\/p>\n<p>Daarna kom Shanje West sowaar in die prentjie, met haar geliefde Kim-Kardashian-agterstewe-ingesluit-Eugene.<\/p>\n<p>Die sangitems was \u2018n bietie chaoties &#8211; as jy die hoeveelheid woorde wou tel, sou dit dalk aan die skraler kant wees.<\/p>\n<p>Aaitims<\/p>\n<p>Fritz verduidlik aaitims \u2013 met Hanno wat die T-option gee<\/p>\n<p>Daarmee word die vloer oopgemaak en die geliefde, gesogte \u201cBallade van \u2018n sterwende bok\u201d word voorgedra deur Fritz.<\/p>\n<p>Maria word <em>mighty fine<\/em> Maria van Mario en Luigi (Janneman en Fritz)<\/p>\n<p>Petro van Eck bring \u2018n nuwe gehalte aaitim na vore met haar Wiskundige gedig: <em>Prime Spot <\/em>en die gehoor se handeklap was \u2018n vraag vir nog.<\/p>\n<p>D\u00ede doen sy toe ook en Harry Baker se <em>Paper People <\/em>is voorgedra met net soveel kwaliteit.<\/p>\n<p>Hanno maak vri hom 10 eerste toeriste bymekaar en kweek \u2018n groentetuin, wat later gehalte smoothies opgelewer het.<\/p>\n<p>Louw, Pieter, Jakobus trek vir Eugene en Christoph \u2018n netjiese streep toe hulle moes verduidelik hoe om \u2018n veltie te vang \u2013 in terme van \u2018n <em>rollercoaster<\/em>.<\/p>\n<p>Volgende is die gedroggie <em>lelik <\/em>skrik gemaak deur Christiaan die eerste toeris.<\/p>\n<p>Aaitims kry \u2018n nuwe draai toe twee miere besluit die w\u00eareld uit hulle o\u00eb te verduidelik en \u201cFgikkie en Sagel\u201d word \u2018n gehoorgunsteling.<\/p>\n<p>Die vliegtuig met \u2018n blou yskas en \u2013tuimeldroe\u00ebr het ook natuurlik sy verskyning gemaak<\/p>\n<p>En laastens is David en Pieter ewe opreg besig om \u201ctssssicken\u201d met \u2018n t te spel.<\/p>\n<p>Die jikkels het as volg gelyk:<\/p>\n<p>Schalk wou by Carla hoor wat sy bedoel het toe sy opgemerk het: \u201cIn my eerste jaar was ek die meeste reg om kinders te baar&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Neil wou by Gerdus hoor hoekom hy genoem het dat \u201cCoreen pragtige hoendervleis het\u201d.<\/p>\n<p>David wou by Joke hoor hoekom sy gedink het \u201cChristiaan vdW is 31.\u201d<\/p>\n<p>Hanno wou by Leroi hoor hoekom hy gevra het, toe Eugene kitaar speel \u201cis hier dan niemand wat mooi kan kitaar speel en sing nie?\u201d<\/p>\n<p>Laastens wou David by Sakkie hoor wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, hy sal David se tas dra&#8230; aangesien dit nie gebeur het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><u>DAG 3, 10 April.<\/u><\/strong><\/p>\n<p>Die oggend maak ons wakkker, met wolke en natheid. Ons eet moeg-moeg en kry dit reg om te bly sit en gesels na muesli, langer as gewoonlik.<\/p>\n<p>Toe Janneman ons later nog nie roep om te gaan stap nie, kom die kitaar vanself. Hoeveel minute later, sit ons nog so, met die misweer en note.<\/p>\n<p>Melinda, Michael, Johan, Petro, Marli en Tainton toets of die frisbee oor die water en in die koue kan beweeg.<\/p>\n<p>En \u2018n ander groepie, waag dit om weer te gaan inkruip.<\/p>\n<p>Toe die blou lug veel later iewers begin uitloer, gee Janneman ons 25min. om reg te maak vir stap. Tente en sakke bly agter, en ons dra lekker lig aan watookal saam moet gaan. Die gras kielie aan ons bene en die varsheid van die dag klou oral om. Tot bo begin ons klim, en na middagbroodjies op die nek, daag ons die roete uit boontoe.<\/p>\n<p>Wat ons bo groet, is \u2018n ongelooflike gesig. <em>Waar die kranse antwoord gee&#8230;<\/em><\/p>\n<p>\u201cAs ons so klein lyk van hierbo af, hoe klein moet ons nie veronderstel wees om voor God te lyk nie..\u201d het dit van Carla gekom.<\/p>\n<p>Sonder om teveel woorde te gebruik sal ek s\u00ea: dit was baie hoog, en baie mooi.<\/p>\n<p>Na \u2018n ruk is ons en die klankgrens se stilte met Nicholas se sweepslae gebreek. Herkulaas skiet met sy <em>imaginary <\/em>masjiengeweer en ons was veronderstel om te wonder of d\u00edt einlik die oorsaak van die plofgeluide was. Ons skree en tel die eggo\u2019s: twee, drie, sowaar \u2018n vier.<\/p>\n<p>Party het aangestap na \u2018n verdere piek en het \u2018n botteltjie met name daar gevind \u2013 sowaar \u2018n BTK-toerlys van 2005! Hulle het \u2018n 2017 een daar ingedruk&#8230; 12 jaar, sowaar!<\/p>\n<p>Oppad af, het Marli op \u2018n elegante manier grond gekoop en terwyl mens gewoonlik uit ander se foute leer, val Marianne toe ook maar op dieselfde plek.<\/p>\n<p>Neil begin berekeninge maak toe ons onder kom: Laubscher en Shanje het nie sy rugsak nie, Janneman-hulle ook nie&#8230; en Leroi ook nie.<\/p>\n<p>Die logiese gevolg dan&#8230; sy rugsak is nog bo. Bo, bokant die nek, bo.<\/p>\n<p>Manalleen is hy toe terug, vergeet die <em>walkie-talkie <\/em>onder, en ons kon maar net toekyk hoe sy liggie die aand in die berg rond robber.<\/p>\n<p>Maar selfs hy was betyds terug vir slee!<\/p>\n<p>En die aaitims lyk soos volg:<\/p>\n<p>Die Jills het hulle verskyning gemaak met Mari-Alet, Marianne, Marli, Jani en Joke<\/p>\n<p>Daarna het die kopwinkel oopgemaak, waarin oom Piet sowaar vertoon het&#8230; en aangesien Donna se kop op die toonbank was, was daar natuurlik \u2018n verwysing na <em>Nat<\/em>albert.<\/p>\n<p>Janneman en sy span het volgende die Bacon Tree aangevat<\/p>\n<p>En daarna was \u2018n matig chaotiese vertelling van die storie van Maria se sleesous en die diereryk, deur Leroi, Laubscher, Louw, Christiaan, Neil en Jakobus.<\/p>\n<p>Volgende is ligtoring Elze aangeskakel deur Neil, Laubscher, Leroi en Pieter.<\/p>\n<p>Die tweede vertelling van Fgikkie en Sagel het verskyn&#8230; en \u2018n blou yskas het hulle onverwags gevang.<\/p>\n<p>Jani en Christiaan van der Walt is volgende aan die beurt, op hulle eerste <em>date.<\/em><\/p>\n<p>Hans en Mans het opgedaag en is goed geblou-yskas deur Leroi en Christiaan vdW.<\/p>\n<p>Marianne en haar <em>liefie <\/em>Fritz het probeer legkaart bou<\/p>\n<p>En daarna het Maniere in die boom gaan wegkruip in \u2018n nuwe aaitim.<\/p>\n<p>Die manne in formele drag, David, Leroi, Reuben, Christiaan van den Heever en Janneman het \u2018n gesin voorgestel en ook die longdrop buite hulle huis.<\/p>\n<p>Leroi het toe ook die geleentheid gebruik om die legende van M.B. Greyling en sy pak oor te vertel.<\/p>\n<p>Daarna het Petro weer verskyn met twee gedigte: <em>perfect prey <\/em>en \u2018n liefdesgedig.<\/p>\n<p>Jikkels:<\/p>\n<p>Jandr\u00e9 is gebraai oor sy kommentaar van Carla \u2013 \u201csy is meer baster as Portugees&#8230;\u201d<\/p>\n<p>Louw wou by Christoph hoor hoekom hy ges\u00ea het \u201cEk slee sommer eerder saam met julle vanaand\u201d<\/p>\n<p>Zandr\u00e9 wou by Laubscher hoor hoekom hy ges\u00ea het: \u201cMeisies by die BTK moet nie gestreel word nie&#8230; hulle moet gevat word.\u201d<\/p>\n<p>Neil wou by Dan\u00e9 hoor wat sy in gedagte gehad het toe sy vir Christiaan as haar boeite aangespreek het.<\/p>\n<p>Tainton vir Jani; \u201calmal sal in my kwyl verdrink&#8230;\u201d<\/p>\n<p>En Neil wou baie graag by Schalk weet wat hy ges\u00ea het met \u201cek sal na jou sak kyk, Neil.\u201d<\/p>\n<p>Om ons het die berge en koue aand saamgelag.<\/p>\n<p>Nag, dames.<\/p>\n<p><strong><u>Dag 4: 11 April.<\/u><\/strong><\/p>\n<p>Christiaan van den Heever vra hardop of dit <em>wivey Wednesday <\/em>is.<\/p>\n<p>Tommy verjaar! Cecile vat \u2018n yskoue swem in haar besluit om wakker te raak (was dit na \u2018n rustelose nag, soos die res van ons?).<\/p>\n<p>Op en op en op stap ons \u2018n ander piek, en die slotgroep hou aan groei. Gamebreak is weer op \u2018n punt soos gister, met \u2018n dit-kan-netsowel-bo-wees mooi uitkyk. Taintin besluit dat dit tyd is om die frisbee te gooi tot waar Michael dit nooit weer gaan sien nie. Woeps! <em>gone with the wind. <\/em>Dit was bioafrbreekbaar, moet nie bekommerd wees nie.<\/p>\n<p>Ons probeer weer die eggo: en die derde en vierde antwoord het maar sag terug geantwoord.<\/p>\n<p>Jakobus besluit na na \u2018n oorweging om eerder nie vir Christiaan by die berg af te blou yskas nie.<\/p>\n<p>Janneman kies koers, op, piek toe, en ons sluk maar ons kla en lus vir middagbroodjies, want ons sien die afstand, hoogte en tyd alles ver buite ons bereik. Vandag sal ons nie verder rondspeel nie, en Louw-die-slot jaag sy stadige sleutels aan.<\/p>\n<p>Jacques besluit later dat hy gaan op hardloop, sodat die bopunt net tog nader kan kom. Sy hardloop het later wel weer stap, en draf geword.<\/p>\n<p>Maar die gesig van bo was die moeite werd.<\/p>\n<p>Hierdie keer kon ons nog meer kranse en pieke om ons sien en buiten die lieflike bergwind, was ons plek-plek stil oor die uitsig.<\/p>\n<p>Later het Nicholas weer sy sweep uitgehaal en die keer het Sakkie, Janneman en Herkulaas ook probeer.<\/p>\n<p>Skiet is toe sommer ook oopgemaak en ho\u00eb hoogtes is bereik. Lizelle hardloop een goeie slakkepas, en Reuben maak dit net-net om sy slee<em>date <\/em>vir die aand los te slaan.<\/p>\n<p>Ons neem \u2018n groepsfoto en Maria-met-die-hare maak regte sketse van die mooi oral om.<\/p>\n<p>Later is ons moeg-moeg af, darem aansienlik vinniger as op, en teen die goue uur is ons onder by die tente.<\/p>\n<p>Aaitims<\/p>\n<p>Eugene, Fritz en Marianne skop die aand op hulle wittebrood af<\/p>\n<p>Troepe: Neil, Christiaan vdH, Jakobus, Schalk, Janneman en Sakkie. En op \u2018n baie klassieke \u201ctroep van den Heever&#8230; wat de * dink jy doen jy?!\u201d is die slee-area in \u2018n lagsessie gedompel.<\/p>\n<p>Nicola en Leroi trek vir Christoph, Jani, Anchen, Donna en Eugene \u2018n lelike, of eerder, taai streep met \u2018n vreemde kombinasie van peanutbutter en Leroi se tone.<\/p>\n<p>En vir die laaste keer kom Frikkie en Sarel tevoorskyn. In \u2018n baie magiese oomblik&#8230; verskyn die magtige \u201cSPOETERMIER\u201d wat vir Leroi, wat toe ook in die item moes verskyn, kon platduik.<\/p>\n<p>Lisa, Janneman en Zandr\u00e9 vat ons op \u2018n verduideliking van die ware betekenis van \u201cboudjies\u201d &#8230; en hoe om \u2018n karwiel om te ruil.<\/p>\n<p>Hierna kom Jani en Jakobus, pasgetroud, tevoorskyn&#8230; en moes weens familiekwale vreemde raad van hul ouers, Pieter en Cecile navolg.<\/p>\n<p>Cecile en Tana pak mekaar aan met <em>yesterday<\/em>.<\/p>\n<p>Petro, onder luide toejuiging, maak weer haar verskyning met Paper people.<\/p>\n<p>David, Christiaan vdH, Louw, Laubscher, Hercules en Leroi besluit om die <em>monkey <\/em>te doen, en spring daarnaa oor na hulle <em>kan\u00f3\u00e9s <\/em>toe.<\/p>\n<p>Weens risiko aan \u2018n te lang skets, en glad nie om ander redes nie, is geen jikkels aangeteken nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><u>Dag 5: 12 April.<\/u><\/strong><\/p>\n<p>Chelaine se kommentaar oor die dag: <em>it\u2019s going to be a good day. <\/em>En Carla groet ons met, \u201cWeet julle hoeveel mense kan verniet roomys by Spur kry vandag?\u201d<\/p>\n<p>Ons pak vir die laaste keer op, tente gelukkig droog en die berge wat so half hartseer kyk hoe ons nou gaan verdwyn en hulle alleen los.<\/p>\n<p>Vandag verjaar Louw, so eg op die BTK manier &#8211;\u00a0 nie volgens kalender, maar erg volgens tradisie. En net Dan\u00e9 mag hom op die wang soen, terwyl oom Piet besluit om maar ook nader te staan.<\/p>\n<p>Iewers oppad raak \u2018n groep met Hercules, oom Piet en Christoph verdwaald, en Janneman moes eers gaan help. Neil hou die slotgroep geselskap, omdat hy nogsteeds opsoek is na iets is van hom \u2013 die keer sy selfoon, wat hopelik nie op die berg agtergebly het nie.<\/p>\n<p>Terwyl ons l\u00ea en wag vir die groepe om uitgesorteer te word, word die BTK sangbundel van voor na agter beskou en die liedjies het van alle kante gekom. Sakkie-sakkie-sakkie Boeredans se skrywer draai seker in sy graf om van opgewondenheid.<\/p>\n<p>Ons kon ook Jesus prys, sonder musiek, en die natuur om ons saam.<\/p>\n<p>\u201cIs dit al middagbroodjies?\u201d wou ons na \u2018n rukkie se stap weet.<\/p>\n<p>\u201cAlles wat oor is,\u201d kom dit van Janneman \u201cons stop nie weer nie.\u201d<\/p>\n<p>En so is dit ons laaste ete met alles wat oorgebly het&#8230; party groepies het, vreemd genoeg, min oorgehad in vergelyking met ander.<\/p>\n<p>Die wat so gevoel het, vat \u2018n swem in die poele en Leroi pas deur \u2018n gat wat net vir Jani se grootte bedoel was.<\/p>\n<p>Met ligte sakke, ligter gemoede en aftraande gaan dit vinniger as gewoonlik, en ons stop by die damwal waar ons begin het. Nog \u2018n swem en <em>wivey<\/em>-foto word ingewerk.<\/p>\n<p>Die karre en stof wag ons onder in en daarmee saam word die laaste bietjie energie gebruik vir die <em>gentleman\u2019s challenge, <\/em>waarvan Pieter (wel, in hierdie geval SAKkie) as die wenner wegstap.<\/p>\n<p>Op daardie noot, stuur ons toe vir Charlotte en Melinda maan toe.<\/p>\n<p>En so is dit toe die einde, en ons klim terug in die w\u00eareld van verantwoordelikhede, selfone en tyd.<\/p>\n<p>\u201cJy het heelpad hiernatoe vir my ges\u00ea <em>ek sal sien<\/em>, dit was al antwoord vir my vrae oor BTK&#8230;\u201d beskuldig Hercules vir Tommy.<\/p>\n<p>Tommy glimlag.<\/p>\n<p>\u201cJy het mos gesien.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_2758\" style=\"width: 594px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-2758\" class=\"wp-image-2758 size-large\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251-584x489.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"489\" srcset=\"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251-584x489.jpg 584w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251-300x251.jpg 300w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251-768x643.jpg 768w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251-358x300.jpg 358w, https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/05\/skets-e1495005943251.jpg 1867w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/a><p id=\"caption-attachment-2758\" class=\"wp-caption-text\">Tekening: Maria Stallmann<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hexrivierberge 2017 \u2013 \u2018n Skets van gebeure (8 \u2013 12 April) Dan\u00e9 Eloff Dag 1: 8 April Ons karre tel die sand so stuk-stuk op, en ons voete begin weer onthou hoe dit voel om gereed te maak vir \u2018n stap&#8230; \u2018n klomp studente, dro\u00eb sponse baie gereed om lekkerte na so \u2018n kwartaal op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-2756","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2756","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=2756"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2756\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2764,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/2756\/revisions\/2764"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2756"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=2756"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2756"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}